×
Spesery

Speserye is gedroogde sade, vrugte, wortels, bas, of ander plantprodukte wat primêr gebruik word vir geur, kleur of preservering van voedsel. Soms word 'n spesery gebruik om slegte geur te verberg.

Speserye en kruie in 'n winkel in Goa, Indië

Speserye word onderskei van kruie, wat dele van groen blaarplante is en ook gebruik word vir geur en om geregte beter te laat vertoon.

Baie speserye het antimikrobiese eienskappe. Dit kan verduidelik waarom speserye meer algemeen gebruik word in die warmer klimaatsones, waar meer aansteeklike siektes voorkom, en waarom die gebruik van speserye prominent is in vleis, wat veral vatbaar is vir bederf.

Speserye het ook ander gebruike, insluitend godsdienstige rituele, medisinale, skoonheidsmiddel- of parfuumproduksie, of as 'n groente. Borriewortels word byvoorbeeld verbruik as 'n groente, en knoffel as 'n antibiotikum.

  1. Thomas, Frédéric; Daoust, Simon P.; Raymond, Michel (2012). "Can we understand modern humans without considering pathogens?". Evolutionary Applications. 5 (4): 368–379. doi:. ISSN .
  2. (in Engels). ACM Modern Drug Discovery April 2002 Vol. 5, No. 4, p 12. 1 April 2002. vanaf die oorspronklike op 10 April 2016. Besoek op23 Augustus 2010.

Publikasie datum: September 26, 2021

spesery, gedroogde, sade, vrugte, wortels, ander, plantprodukte, primêr, gebruik, word, geur, kleur, preservering, voedsel, soms, word, spesery, gebruik, slegte, geur, verberg, kruie, winkel, indië, word, onderskei, kruie, dele, groen, blaarplante, gebruik, wo. Speserye is gedroogde sade vrugte wortels bas of ander plantprodukte wat primer gebruik word vir geur kleur of preservering van voedsel Soms word n spesery gebruik om slegte geur te verberg Speserye en kruie in n winkel in Goa Indie Speserye word onderskei van kruie wat dele van groen blaarplante is en ook gebruik word vir geur en om geregte beter te laat vertoon Baie speserye het antimikrobiese eienskappe Dit kan verduidelik waarom speserye meer algemeen gebruik word in die warmer klimaatsones waar meer aansteeklike siektes voorkom en waarom die gebruik van speserye prominent is in vleis wat veral vatbaar is vir bederf 1 Speserye het ook ander gebruike insluitend godsdienstige rituele medisinale skoonheidsmiddel of parfuumproduksie of as n groente Borriewortels word byvoorbeeld verbruik as n groente en knoffel as n antibiotikum 2 Verwysings Wysig Thomas Frederic Daoust Simon P Raymond Michel 2012 Can we understand modern humans without considering pathogens Evolutionary Applications 5 4 368 379 doi 10 1111 j 1752 4571 2011 00231 x ISSN 1752 4571 Garlic A natural antibiotic in Engels ACM Modern Drug Discovery April 2002 Vol 5 No 4 p 12 1 April 2002 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 April 2016 Besoek op 23 Augustus 2010 Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Spesery amp ol,