×
Spaanse nasionale rugbyspan

Die Spaanse nasionale rugbyspan verteenwoordig Spanje in internasionale rugby en staan ook bekend as Los Leones (Spaans vir: "die leeus"). Rugby in Spanje word bestuur deur die Spaanse Rugbyfederasie (Spaans: Federaçión española de rugby) en hulle speel sedert die 1920’s rugby, met die eerste internasionale wedstryd teen Italië in 1929. Hulle ding gereeld mee om die Europese Nasiesbeker. Spanje het vir die Rugbywêreldbeker 1999 gekwalifiseer, waar hulle in ’n poel saam met Suid-Afrika, Skotland en Uruguay was, maar hulle het op die laaste plek geëindig. Die Spaanse rugbyspan is tans (17 Desember 2019) 16de op Wêreldrugby se wêreldranglys gelys.

Spanje
Unie Spaanse Rugbyfederasie
Bynaam(e) Los Leones (Die leeus)
Embleem Leeu
Stadion Estadio Nacional Complutense, Madrid
Kapasiteit 12 400
Afrigter(s) Santiago Santos
Kaptein(s) Fernando López
Spankleure


Alt. kleure

Statistiek
Meeste toetse Jaime Nava de Olano (78)
Meeste punte Esteban Roqué Segovia (285)
Meeste drieë César Sempere (31)
Eerste internasionale wedstryd
Spanje 9–0 Italië
(Barcelona, Spanje; 20 Mei 1929)
Grootste oorwinning
Spanje 90–8 Tsjeggië
(Madrid, Spanje; 2 April 1995)
Grootste nederlaag
Spanje 10–92 Australië
(Madrid, Spanje; 1 November 2001)
Wêreldbeker
Verskynings 1/9 (Eerste in 1999)
Beste uitslag Laaste in poel in 1999
Unie webwerf

Aan die einde van 2013 het Spanje na Suid-Amerika gereis om teen Chili en Uruguay te speel waarna hulle na Spanje teruggekeer het om teen Japan te speel. Spanje het teen Chili gewen maar teen Uruguay en Japan verloor.

Inhoud

Vroeë geskiedenis en amateurtydperk

Die presiese beginpunt van rugby in Spanje is onbekend; in 1921 het die Katalaanse student Baldiri Aleu die speel uit Frankryk aan ’n Spaanse gehoor voorgestel, maar die speel is dalk vroeër op Spaanse bodem gespeel. Gedurende die 1920’s het die speel in universiteite van die land geleidelik gewild geword. Die eerste Copa del Rey de Rugby is in 1926 van stapel gestuur, en deur Barcelona gewen. ’n Nieamptelike Spaanse XV het in 1927 teen Frankryk, insluitende Yves du Manoir gespeel, maar die wedstryd is deur ’n rebellierende beheerliggaam aangebied.

Spanje het sy eerste amptelike wedstryd in 1929 gespeel, toe hulle Italië 9–0 op Estadi Olímpic de Montjuïc kon klop. Gedurende die 1930’s het die Spaanse rugbyspan onreëlmatig gespeel, en wedstryde teen Italië, Marokko, Duitsland en Portugal gespeel. Weens die Tweede Wêreldoorlog is rugbywedstryde in die grootste deel van Europa, insluitende Spanje, afgelas. Rugbybedrywighede in Europa is in die 1950’s voortgesit; gedurende hierdie dekade het die Spaanse span teen teenstanders soos Wes-Duitsland, Italië en Roemenië gesukkel. Dié patroon is in die 1960’s en 1970’s voortgesit; Spanje het tradisioneel teen meer gevestigde rugbynasies soos Roemenië en Italië gesukkel, maar kon spanne van aangrensende lande soos Portugal en Marokko klop. Alhoewel daar geen amptelike wedstryde tussen Spanje en die Tuisnasies of die SANZAR beslis is nie, het verskeie Spaanse spanne teen ander nasionale spanne uitgedraf.

Die 1980’s was ’n goue era vir Spaanse rugby; in November 1982 het Spanje vir die eerste keer wedstryde teen nie-FIRA-lede gespeel, en ’n toets teen beide die Māori All Blacks en die Suid-Amerikaanse krag Argentinië in Madrid gespeel. Die Spanjaarde kon die Māori 66–3 verneder, en was op die punt om die Argentyne te klop, maar het nogtans met 19–28 verloor. Spanje het ook Zimbabwe vir verskeie toetse gedurende die 1980’s gehuisves. Die Spanjaarde kon al verrassings behaal, en Zimbabwe in Harare in 1984 30–18 klop.

Begin van die Rugbywêreldbekertoernooie (1987–2009)

Spanje speel teen Tsjeggië op 3 November 2007
Spanje speel teen Duitsland op 15 November 2008
Die Spaanse nasionale rugbyspan in 2009

Die Spaanse span kon nog ’n indrukwekkende toer na Zimbabwe, ’n span wat aan die Rugbywêreldbeker 1987 deelgeneem het, onderneem, en hulle 28–16 en 14–9 in Bulawayo en Harare onderskeidelik klop. Ander destydse noemenswaardige resultate sluit ’n oorwinning oor Uruguay met 18–6, maar ook om die spanne van Engeland en Skotland skrik te maak, en hul afstand van binne tien punte om die Māori in 1988 amper te klop; Spanje is as een van die beste nie-Vyfnasies-spanne in Europa, net agter Roemenië, Italië en die Sowjetunie beskou. Spanje het in 1987 amptelik by die IRR aangesluit, nadat hulle nie vir die Rugbywêreldbeker 1987 genooi is nie, ten spyte van die USSR wat sy uitnodiging verwerp het.

Die 1990’s was gemeng met beide amper mislukkings en uiteindelike sukses. Tydens die Europese kwalifisering vir die Rugbywêreldbeker 1991 kon Spanje sy eerste groep, bestaande uit Nederland, Pole en België, maklik wen; al die wedstryde is tuis gespeel. Spanje het die Rugbywêreldbeker 1991 egter net-net misgeloop, nadat hulle deur Roemenië 19–6 geklop is, en derde agter Italië en Roemenië geëindig het. In 1992 kon Spanje Roemenië vir die eerste keer klop, nadat hulle die Roemene 6–0 verslaan. Spanje kon dieselfde jaar ook amper Argentinië klop, maar is in ’n naelbytery in Madrid 43–34 verslaan.

1995 het op soortgelyke wyse as die 1991-veldtog begin, nadat Spanje die eerste groep maklik kon wen. Spanje is egter ongelukkig in ’n groep met Wallis geplaas, en het die beslissende wedstryd met 54–0 verloor, en het vervolgens die Rugbywêreldbeker 1995 in Suid-Afrika misgeloop.

Spanje het sy kwalifisering vir die Rugbywêreldbeker 1999 in Poel 3 van rondte B begin. Hulle kon al vier wedstryde in die rondte wen, en die tabel as eerste bo Portugal afsluit. Hulle het, saam met Portugal, tot die volgende rondte met Skotland gevorder. Hulle het as naaswenner geëindig en vervolgens vir hul eerste rugbywêreldbekertoernooi gekwalifiseer.

Tydens die Rugbywêreldbeker 1999 is Spanje in Poel A, saam met Skotland, Suid-Afrika en Uruguay geloot. Hul eerste wedstryd tydens ’n rugbywêreldbekertoernooi was teen Uruguay, wat Spanje met 27–15 verloor het. Hulle het hul volgende wedstryde teen Skotland en die Springbokke met 40 punte verloor, albei wedstryde is op Murrayfield gespeel. Spanje kon as enigste gekwalifiseerde span nie daarin slag om ’n drie te druk nie.

Spanje het met die kwalifikasie vir die Rugbywêreldbeker 2003 in Mei 2002 begin. Hulle het tot rondte 3 gevorder, nadat Spanje Portugal kon klop. Hulle het egter teen beide Italië en Roemenië verloor, en het teen Rusland vir ’n plek in die uitspeelrondte te staan gekom. In teenstelling met hul 3–36-nederlaag in die eerste wedstryd in Madrid kon Spanje ’n verrassende oorwinning in die tweede wedstryd aanteken en met 38–22 wen. Ondanks hul nederlaag volgens algehele punte het Spanje tot die uitspeelwedstryd gevorder, nadat Rusland weens die inspanning van ongeskikte spelers gediskwalifiseer is. Hulle verslaan Tunisië en het teen die VSA te staan gekom. Spanje is in albei wedstryde 62–13 en 58–13 geklop, en het die rugbywêreldbekertoernooi weereens misgeloop.

Tydens die kwalifisering vir die Rugbywêreldbeker 2007 het Spanje eerste in Poel A van rondte 2 in die Europese kwalifisering geëindig en tot rondte drie gevorder, waar hulle in Poel A geloot is. Hier kon Spanje al sy vier wedstryde wen en as wenner van die poel eindig om sodoende tot die uitspeelwedstryd te vorder. Hulle het teen Duitsland te staan gekom, en hoewel hulle hul eerste wedstryd verloor het, kon hulle die tweede wen en ’n 42–28 volgens algehele punte behaal en hiermee tot rondte 4 vorder, waar hulle Tsjeggië kon klop om tot rondte 5 te vorder. Spanje het egter teen beide Roemenië en Georgië in Poel B verloor, wat hul hoop om die Wêreldbeker in Frankryk te haal, beëindig het.

2010–hede

Spanje speel teen Portugal op 16 Maart 2013 in Santiago de Compostela, Spanje

Spanje het die Rugbywêreldbeker 2011 in Nieu-Seeland misgeloop, nadat hulle tydens die kwalifisering gesukkel het. Spanje het agt van sy tien wedstryde verloor, en kon net Duitsland twee keer klop, en vervolgens nie tot die volgende kwalifiseringsrondte gevorder nie.

Spanje het in Februarie 2012 vir die eerste keer die top 20 in die IRR se ranglys behaal, nadat hulle die hoër geplaaste Georgië 25–18 kon klop, en Spanje kon die hele jaar onder die beste 20 spanne bly, en 2012 op die 18de plek afgesluit. Ondanks die prestasie was die veldtog vir die Rugbywêreldbeker 2015 teleurstellend, nadat Spanje net twee van sy wedstryde kon wen en in twee gelykop gespeel het. Dit het tot ’n herstrukturering en samestelling van die FER se strategieë gelei. Spanje het onlangs aan WêreldRugby se Nasiesbeker en die 2014 IRR Tbilisi-beker deelgeneem.

Spanje is, saam met België en Roemenië, nadat hulle tydens die kwalifisering vir die Rugbywêreldbeker 2019 ongeskikte spelers ingespan het, vir elke wedstryd met hierdie spelers met puntaftrekking beboet. Vervolgens kon die drie spanne nie vir die 2019-toernooi kwalifiseer nie.

Algehele rekord

Spanje het teen 17 Desember 2019 149 van hulle 369 toetswedstryde gewen, ’n wenrekord van 40,38%.

Spanje se toetsrekord teen alle lande: (Korrek op 17 Desember 2019)

Teen Gespeel Gewen Verloor Gelykop % Gewen
Andorra 3 3 0 0 100
Argentinië 4 0 4 0 0
Argentinië XV 2 0 2 0 0
Argentynse Jaguars 1 0 1 0 0
Australië 1 0 1 0 0
Australië A 1 0 1 0 0
België 16 13 2 1 81,25
Brasilië 1 1 0 0 100
Britse Lugmag 4 0 2 2 0
Britse Barbarians 1 0 1 0 0
Chili 5 3 2 0 60
Denemarke 1 1 0 0 100
Duitsland 13 9 3 1 69,23
Opkomende Engeland 1 0 1 0 0
Engeland o/23 2 0 2 0 0
Fidji 1 0 1 0 0
Frankryk XV 24 1 23 0 4,17
Franse Leër 4 1 2 1 25
Georgië 19 3 15 1 15,79
Hongarye 1 1 0 0 100
Italië 27 3 23 1 11,11
Opkomende Italië 1 0 1 0 0
Japan 3 0 3 0 0
Joego-Slawië 4 4 0 0 100
Kanada 2 0 2 0 0
Kenia 1 0 1 0 0
Kroasië 2 1 0 1 50
Māori All Blacks 2 0 2 0 0
Marokko 20 13 5 0 65
Moldowa 1 1 0 0 100
Namibië 7 5 2 0 71,42
Nederland 14 13 0 1 92,86
Oekraïne 2 2 0 0 100
Pole 16 10 6 0 62,50
Portugal 36 24 10 2 66,67
Roemenië 36 3 33 0 8,33
Rusland 21 5 16 0 23,81
Skotland 1 0 1 0 0
Skotland XV 4 0 4 0 0
Skotland A 1 0 1 0 0
Slowenië 1 1 0 0 100
Sowjetunie 7 0 7 0 0
Suid-Afrika 1 0 1 0 0
Swede 2 2 0 0 100
Switserland 1 1 0 0 100
Tonga 1 0 1 0 0
Tsjeggië 8 6 2 0 75
Tsjeggo-Slowakye 5 2 2 1 40
Tunisië 5 4 1 0 80
Uruguay 11 5 6 0 45,45
Verenigde State 3 0 3 0 0
Wallis 1 0 1 0 0
Wes-Duitsland 10 4 5 1 40
Zimbabwe 7 5 2 0 71,43
Totaal 369 149 205 15 40,38

Wêreldbekerrekord

Jaar Uitslag
1987 Nie genooi nie
1991 Nie gekwalifiseer nie
1995 Nie gekwalifiseer nie
1999 Poelfase
2003 Nie gekwalifiseer nie
2007 Nie gekwalifiseer nie
2011 Nie gekwalifiseer nie
2015 Nie gekwalifiseer nie
2019 Nie gekwalifiseer nie
2023 N.v.t.
  1. (en) . ESPNscrum. vanaf die oorspronklike op 28 Mei 2020. Besoek op17 Desember 2019.
  2. (en) . ESPNscrum. vanaf die oorspronklike op 28 Mei 2020. Besoek op17 Desember 2019.
  3. (en) . ESPNscrum. vanaf die oorspronklike op 6 Maart 2016. Besoek op17 Desember 2019.
  4. (en) . Wêreldrugby. vanaf die oorspronklike op 12 Mei 2020. Besoek op17 Desember 2019.
  5. (es) . Rugby de Calle. 17 September 2015. Geargiveer vanaf op 17 Mei 2017. Besoek op11 Maart 2016.
  6. (en) Richards, Huw (2006). A Game for Hooligans. Edinburg: Mainstream Publishing. p. 129. ISBN 978-1-84596-255-5. Hoofstuk 6, Gathering Storms
  7. (es) . Arquitectura Rugby. Geargiveer vanaf op 13 Oktober 2016. Besoek op11 Maart 2016. [dooie skakel]
  8. (es) Eurosport. 25 Februarie 2016. Geargiveer vanaf op 21 Januarie 2017. Besoek op10 Maart 2016.
  9. (en) . Wêreldrugby. 6 Junie 2018. vanaf die oorspronklike op 7 April 2019. Besoek op17 Desember 2019.
  10. (en) . ESPNscrum. 15 Mei 2018. vanaf die oorspronklike op 20 September 2019. Besoek op17 Desember 2019.
  11. (en) . ESPNscrum. vanaf die oorspronklike op 12 Februarie 2019. Besoek op17 Desember 2019.

Publikasie datum: September 27, 2021

spaanse, nasionale, rugbyspan, verteenwoordig, spanje, internasionale, rugby, staan, bekend, leones, spaans, leeus, rugby, spanje, word, bestuur, deur, spaanse, rugbyfederasie, spaans, federaçión, española, rugby, hulle, speel, sedert, 1920, rugby, eerste, int. Die Spaanse nasionale rugbyspan verteenwoordig Spanje in internasionale rugby en staan ook bekend as Los Leones Spaans vir die leeus Rugby in Spanje word bestuur deur die Spaanse Rugbyfederasie Spaans Federacion espanola de rugby en hulle speel sedert die 1920 s rugby met die eerste internasionale wedstryd teen Italie in 1929 Hulle ding gereeld mee om die Europese Nasiesbeker Spanje het vir die Rugbywereldbeker 1999 gekwalifiseer waar hulle in n poel saam met Suid Afrika Skotland en Uruguay was maar hulle het op die laaste plek geeindig Die Spaanse rugbyspan is tans 17 Desember 2019 16de op Wereldrugby se wereldranglys gelys 4 SpanjeUnie Spaanse RugbyfederasieBynaam e Los Leones Die leeus Embleem LeeuStadion Estadio Nacional Complutense MadridKapasiteit 12 400Afrigter s Santiago SantosKaptein s Fernando LopezSpankleure Alt kleureStatistiekMeeste toetse Jaime Nava de Olano 78 1 Meeste punte Esteban Roque Segovia 285 2 Meeste driee Cesar Sempere 31 3 Eerste internasionale wedstrydSpanje 9 0 Italie Barcelona Spanje 20 Mei 1929 Grootste oorwinningSpanje 90 8 Tsjeggie Madrid Spanje 2 April 1995 Grootste nederlaagSpanje 10 92 Australie Madrid Spanje 1 November 2001 WereldbekerVerskynings 1 9 Eerste in 1999 Beste uitslag Laaste in poel in 1999Unie webwerfwww ferugby es Aan die einde van 2013 het Spanje na Suid Amerika gereis om teen Chili en Uruguay te speel waarna hulle na Spanje teruggekeer het om teen Japan te speel Spanje het teen Chili gewen maar teen Uruguay en Japan verloor Inhoud 1 Geskiedenis 1 1 Vroee geskiedenis en amateurtydperk 1 2 Begin van die Rugbywereldbekertoernooie 1987 2009 1 3 2010 hede 2 Rekords 2 1 Algehele rekord 2 2 Wereldbekerrekord 3 Verwysings 4 Eksterne skakelsGeskiedenis WysigVroee geskiedenis en amateurtydperk Wysig Die presiese beginpunt van rugby in Spanje is onbekend in 1921 het die Katalaanse student Baldiri Aleu die speel uit Frankryk aan n Spaanse gehoor voorgestel maar die speel is dalk vroeer op Spaanse bodem gespeel 5 Gedurende die 1920 s het die speel in universiteite van die land geleidelik gewild geword Die eerste Copa del Rey de Rugby is in 1926 van stapel gestuur en deur Barcelona gewen n Nieamptelike Spaanse XV het in 1927 teen Frankryk insluitende Yves du Manoir gespeel maar die wedstryd is deur n rebellierende beheerliggaam aangebied 6 Spanje het sy eerste amptelike wedstryd in 1929 gespeel toe hulle Italie 9 0 op Estadi Olimpic de Montjuic kon klop 6 Gedurende die 1930 s het die Spaanse rugbyspan onreelmatig gespeel en wedstryde teen Italie Marokko Duitsland en Portugal gespeel Weens die Tweede Wereldoorlog is rugbywedstryde in die grootste deel van Europa insluitende Spanje afgelas Rugbybedrywighede in Europa is in die 1950 s voortgesit gedurende hierdie dekade het die Spaanse span teen teenstanders soos Wes Duitsland Italie en Roemenie gesukkel Die patroon is in die 1960 s en 1970 s voortgesit Spanje het tradisioneel teen meer gevestigde rugbynasies soos Roemenie en Italie gesukkel maar kon spanne van aangrensende lande soos Portugal en Marokko klop Alhoewel daar geen amptelike wedstryde tussen Spanje en die Tuisnasies of die SANZAR beslis is nie het verskeie Spaanse spanne teen ander nasionale spanne uitgedraf 7 Die 1980 s was n goue era vir Spaanse rugby in November 1982 het Spanje vir die eerste keer wedstryde teen nie FIRA lede gespeel en n toets teen beide die Maori All Blacks en die Suid Amerikaanse krag Argentinie in Madrid gespeel Die Spanjaarde kon die Maori 66 3 verneder en was op die punt om die Argentyne te klop maar het nogtans met 19 28 verloor Spanje het ook Zimbabwe vir verskeie toetse gedurende die 1980 s gehuisves Die Spanjaarde kon al verrassings behaal en Zimbabwe in Harare in 1984 30 18 klop Begin van die Rugbywereldbekertoernooie 1987 2009 Wysig Spanje speel teen Tsjeggie op 3 November 2007 Spanje speel teen Duitsland op 15 November 2008 Die Spaanse nasionale rugbyspan in 2009 Die Spaanse span kon nog n indrukwekkende toer na Zimbabwe n span wat aan die Rugbywereldbeker 1987 deelgeneem het onderneem en hulle 28 16 en 14 9 in Bulawayo en Harare onderskeidelik klop Ander destydse noemenswaardige resultate sluit n oorwinning oor Uruguay met 18 6 maar ook om die spanne van Engeland en Skotland skrik te maak en hul afstand van binne tien punte om die Maori in 1988 amper te klop Spanje is as een van die beste nie Vyfnasies spanne in Europa net agter Roemenie Italie en die Sowjetunie beskou Spanje het in 1987 amptelik by die IRR aangesluit nadat hulle nie vir die Rugbywereldbeker 1987 genooi is nie ten spyte van die USSR wat sy uitnodiging verwerp het Die 1990 s was gemeng met beide amper mislukkings en uiteindelike sukses Tydens die Europese kwalifisering vir die Rugbywereldbeker 1991 kon Spanje sy eerste groep bestaande uit Nederland Pole en Belgie maklik wen al die wedstryde is tuis gespeel Spanje het die Rugbywereldbeker 1991 egter net net misgeloop nadat hulle deur Roemenie 19 6 geklop is en derde agter Italie en Roemenie geeindig het In 1992 kon Spanje Roemenie vir die eerste keer klop nadat hulle die Roemene 6 0 verslaan Spanje kon dieselfde jaar ook amper Argentinie klop maar is in n naelbytery in Madrid 43 34 verslaan 1995 het op soortgelyke wyse as die 1991 veldtog begin nadat Spanje die eerste groep maklik kon wen Spanje is egter ongelukkig in n groep met Wallis geplaas en het die beslissende wedstryd met 54 0 verloor en het vervolgens die Rugbywereldbeker 1995 in Suid Afrika misgeloop Spanje het sy kwalifisering vir die Rugbywereldbeker 1999 in Poel 3 van rondte B begin Hulle kon al vier wedstryde in die rondte wen en die tabel as eerste bo Portugal afsluit Hulle het saam met Portugal tot die volgende rondte met Skotland gevorder Hulle het as naaswenner geeindig en vervolgens vir hul eerste rugbywereldbekertoernooi gekwalifiseer Tydens die Rugbywereldbeker 1999 is Spanje in Poel A saam met Skotland Suid Afrika en Uruguay geloot Hul eerste wedstryd tydens n rugbywereldbekertoernooi was teen Uruguay wat Spanje met 27 15 verloor het Hulle het hul volgende wedstryde teen Skotland en die Springbokke met 40 punte verloor albei wedstryde is op Murrayfield gespeel Spanje kon as enigste gekwalifiseerde span nie daarin slag om n drie te druk nie Spanje het met die kwalifikasie vir die Rugbywereldbeker 2003 in Mei 2002 begin Hulle het tot rondte 3 gevorder nadat Spanje Portugal kon klop Hulle het egter teen beide Italie en Roemenie verloor en het teen Rusland vir n plek in die uitspeelrondte te staan gekom In teenstelling met hul 3 36 nederlaag in die eerste wedstryd in Madrid kon Spanje n verrassende oorwinning in die tweede wedstryd aanteken en met 38 22 wen Ondanks hul nederlaag volgens algehele punte het Spanje tot die uitspeelwedstryd gevorder nadat Rusland weens die inspanning van ongeskikte spelers gediskwalifiseer is Hulle verslaan Tunisie en het teen die VSA te staan gekom Spanje is in albei wedstryde 62 13 en 58 13 geklop en het die rugbywereldbekertoernooi weereens misgeloop Tydens die kwalifisering vir die Rugbywereldbeker 2007 het Spanje eerste in Poel A van rondte 2 in die Europese kwalifisering geeindig en tot rondte drie gevorder waar hulle in Poel A geloot is Hier kon Spanje al sy vier wedstryde wen en as wenner van die poel eindig om sodoende tot die uitspeelwedstryd te vorder Hulle het teen Duitsland te staan gekom en hoewel hulle hul eerste wedstryd verloor het kon hulle die tweede wen en n 42 28 volgens algehele punte behaal en hiermee tot rondte 4 vorder waar hulle Tsjeggie kon klop om tot rondte 5 te vorder Spanje het egter teen beide Roemenie en Georgie in Poel B verloor wat hul hoop om die Wereldbeker in Frankryk te haal beeindig het 2010 hede Wysig Spanje speel teen Portugal op 16 Maart 2013 in Santiago de Compostela Spanje Spanje het die Rugbywereldbeker 2011 in Nieu Seeland misgeloop nadat hulle tydens die kwalifisering gesukkel het Spanje het agt van sy tien wedstryde verloor en kon net Duitsland twee keer klop en vervolgens nie tot die volgende kwalifiseringsrondte gevorder nie Spanje het in Februarie 2012 vir die eerste keer die top 20 in die IRR se ranglys behaal nadat hulle die hoer geplaaste Georgie 25 18 kon klop en Spanje kon die hele jaar onder die beste 20 spanne bly en 2012 op die 18de plek afgesluit 4 Ondanks die prestasie was die veldtog vir die Rugbywereldbeker 2015 teleurstellend nadat Spanje net twee van sy wedstryde kon wen en in twee gelykop gespeel het Dit het tot n herstrukturering en samestelling van die FER se strategiee gelei 8 Spanje het onlangs aan WereldRugby se Nasiesbeker en die 2014 IRR Tbilisi beker deelgeneem Spanje is saam met Belgie en Roemenie nadat hulle tydens die kwalifisering vir die Rugbywereldbeker 2019 ongeskikte spelers ingespan het vir elke wedstryd met hierdie spelers met puntaftrekking beboet 9 10 Vervolgens kon die drie spanne nie vir die 2019 toernooi kwalifiseer nie Rekords WysigAlgehele rekord Wysig Spanje het teen 17 Desember 2019 149 van hulle 369 toetswedstryde gewen n wenrekord van 40 38 11 Spanje se toetsrekord teen alle lande Korrek op 17 Desember 2019 11 Teen Gespeel Gewen Verloor Gelykop Gewen Andorra 3 3 0 0 100 Argentinie 4 0 4 0 0 Argentinie XV 2 0 2 0 0 Argentynse Jaguars 1 0 1 0 0 Australie 1 0 1 0 0 Australie A 1 0 1 0 0 Belgie 16 13 2 1 81 25 Brasilie 1 1 0 0 100 Britse Lugmag 4 0 2 2 0 Britse Barbarians 1 0 1 0 0 Chili 5 3 2 0 60 Denemarke 1 1 0 0 100 Duitsland 13 9 3 1 69 23 Opkomende Engeland 1 0 1 0 0 Engeland o 23 2 0 2 0 0 Fidji 1 0 1 0 0 Frankryk XV 24 1 23 0 4 17 Franse Leer 4 1 2 1 25 Georgie 19 3 15 1 15 79 Hongarye 1 1 0 0 100 Italie 27 3 23 1 11 11 Opkomende Italie 1 0 1 0 0 Japan 3 0 3 0 0 Joego Slawie 4 4 0 0 100 Kanada 2 0 2 0 0 Kenia 1 0 1 0 0 Kroasie 2 1 0 1 50 Maori All Blacks 2 0 2 0 0 Marokko 20 13 5 0 65 Moldowa 1 1 0 0 100 Namibie 7 5 2 0 71 42 Nederland 14 13 0 1 92 86 Oekraine 2 2 0 0 100 Pole 16 10 6 0 62 50 Portugal 36 24 10 2 66 67 Roemenie 36 3 33 0 8 33 Rusland 21 5 16 0 23 81 Skotland 1 0 1 0 0 Skotland XV 4 0 4 0 0 Skotland A 1 0 1 0 0 Slowenie 1 1 0 0 100 Sowjetunie 7 0 7 0 0 Suid Afrika 1 0 1 0 0 Swede 2 2 0 0 100 Switserland 1 1 0 0 100 Tonga 1 0 1 0 0 Tsjeggie 8 6 2 0 75 Tsjeggo Slowakye 5 2 2 1 40 Tunisie 5 4 1 0 80 Uruguay 11 5 6 0 45 45 Verenigde State 3 0 3 0 0 Wallis 1 0 1 0 0 Wes Duitsland 10 4 5 1 40 Zimbabwe 7 5 2 0 71 43Totaal 369 149 205 15 40 38Wereldbekerrekord Wysig Jaar Uitslag1987 Nie genooi nie1991 Nie gekwalifiseer nie1995 Nie gekwalifiseer nie1999 Poelfase2003 Nie gekwalifiseer nie2007 Nie gekwalifiseer nie2011 Nie gekwalifiseer nie2015 Nie gekwalifiseer nie2019 Nie gekwalifiseer nie2023 N v t Verwysings Wysig en Most matches ESPNscrum Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Mei 2020 Besoek op 17 Desember 2019 en Most points ESPNscrum Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Mei 2020 Besoek op 17 Desember 2019 en Most tries ESPNscrum Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Maart 2016 Besoek op 17 Desember 2019 4 0 4 1 en World Rugby Rankings Wereldrugby Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Mei 2020 Besoek op 17 Desember 2019 es Historia del Rugby Espana Rugby de Calle 17 September 2015 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Mei 2017 Besoek op 11 Maart 2016 6 0 6 1 en Richards Huw 2006 A Game for Hooligans Edinburg Mainstream Publishing p 129 ISBN 978 1 84596 255 5 Hoofstuk 6 Gathering Storms es 80 anos de historia Arquitectura Rugby Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Oktober 2016 Besoek op 11 Maart 2016 dooie skakel es Blog De la Calle Rugby espanol ni espanol ni Eurosport 25 Februarie 2016 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Januarie 2017 Besoek op 10 Maart 2016 en Independent Appeal Committee decision regarding Romania and Spain Wereldrugby 6 Junie 2018 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 April 2019 Besoek op 17 Desember 2019 en Russia handed 2019 World Cup spot ESPNscrum 15 Mei 2018 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 September 2019 Besoek op 17 Desember 2019 11 0 11 1 en International Rugby Union Statistics Spain ESPNscrum Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Februarie 2019 Besoek op 17 Desember 2019 Eksterne skakels Wysig Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Spaanse nasionale rugbyspan es Amptelike webwerf van die Federacion Espanola de RugbyOntsluit van https af wikipedia org w index php title Spaanse nasionale rugbyspan amp ol,