×
Sonsverduistering

Soos van die aarde gesien, sal 'n verduistering of eklipsering van die son plaasvind wanneer die maan tussen die son en die aarde deurbeweeg, en die maan die skyf van die son ten volle, of gedeeltelik bedek, soos gesien van 'n ligging op die aarde. Dit kan slegs gebeur tydens 'n nuwemaan, wanneer die son en maan in konjunksie (of sameloop) is, soos van die aarde gesien. Minstens twee, en tot soveel as vyf sonsverduisterings kom jaarliks voor; hoogstens twee kan 'n volkome verduistering uitmaak. Totale sonsverduisterings is nietmin seldsaam by enige spesifieke ligging aangesien totaliteit slegs langs 'n noue band op die aardoppervlakte voorkom, naamlik die pad van die maan se umbra.

Skematiese meetkunde van 'n volkome sonsverduistering (nie volgens skaal nie)
Foto van 11 Augustus 1999 se volkome verduistering

Sekere mense, soms genoem "eklipsjagters" of "umbrafiele", is bereid om na afgeleë bestemmings te reis, ten einde 'n voorspelde sentrale verduistering gade te slaan. Die sonsverduistering van 11 Augustus 1999 in Europa het blykbaar meegewerk om publieke belangstelling in die fenomeen aan te wakker,[verwysing benodig] wat blykbaar gelei het tot 'n ongewoon groot getal reise wat spesifiek onderneem is na die annulêre (of ringvormige) verduistering van 3 Oktober 2005, en dié van 29 Maart 2006.

Die laaste volkome verduistering was op 9 Maart 2016; die volgende sal dié wees van 21 Augustus 2017. Die onlangse verduistering van 15 Januarie 2010, was 'n ringvormige verduistering; die volgende ringvormige verduistering sal voorkom op 26 Februarie 2017.

'n Volkome sonsverduistering is 'n natuurverskynsel. Nietemin is sonsverduisterings in antieke tye, soos in sekere kulture vandag, toegeskryf aan bonatuurlike oorsake of beskou as kwade voortekens. 'n Volkome sonsverduistering kan vrees inboesem by mense wat nie oor die sterrekundige verklaring daarvan beskik nie, aangesien die son oordag blykbaar verdwyn, en die lug verdonker binne 'n kwessie van minute.

'n Eklips vind plaas wanneer 'n liggaam verdwyn, of gedeeltelik buite sig verdwyn, òf weens 'n okkultasie, soos by 'n sonsverduistering, òf wanneer dit in die skadu van 'n ander liggaam inbeweeg, soos by 'n maansverduistering (daarom word beide gelys op ).

'n Okkultasie vind plaas wanneer 'n blykbaar groter liggaam voor 'n blykbaar kleiner liggaam inbeweeg.

'n Oorgang vind plaas wanneer 'n blykbaar kleiner liggaam voor 'n blykbaar groter liggaam verbybeweeg.

Eklipse, okkultasies en oorgange in die algemeen, is almal die effek van sieziegie (van Grieks: syzygia).

Oorgange en okkultasies van die son deur die aarde se maan word eklipse van die son genoem hetsy die son volkome of deels bedek word. By implikasie, kan oorgange voor die son, deur 'n satelliet of 'n planeet ook eklipse genoem word, soos met die oorgange van Phobos en Deimos aangedui, asook die deurgang van 'n satelliet deur die skaduwee van 'n planeet, soos met hierdie . Die term eklips word ook meer algemeen gebruik vir liggame wat voor mekaar verbybeweeg. As voorbeeld, sal van NASA se Sterrekundige Prent van die Dag afwisselend verwys na die maan se eklipsering en okkultering.

  1. Littmann, Mark; Espenak, Fred; Willcox, Ken (2008). Totality: Eclipses of the Sun. Oxford University Press. pp. 18–19. ISBN 0199532095.
  2. Vyf sonsverduisterings het in 1935 voorgekom. NASA (6 September 2009). . . Fred Espenak, Projek- en webbladbestuurder. Besoek op26 Januarie 2010.Eksterne skakel in |title= (hulp)

Publikasie datum: November 20, 2021

sonsverduistering, soos, aarde, gesien, verduistering, eklipsering, plaasvind, wanneer, maan, tussen, aarde, deurbeweeg, maan, skyf, volle, gedeeltelik, bedek, soos, gesien, ligging, aarde, slegs, gebeur, tydens, nuwemaan, wanneer, maan, konjunksie, sameloop, . Soos van die aarde gesien sal n verduistering of eklipsering van die son plaasvind wanneer die maan tussen die son en die aarde deurbeweeg en die maan die skyf van die son ten volle of gedeeltelik bedek soos gesien van n ligging op die aarde Dit kan slegs gebeur tydens n nuwemaan wanneer die son en maan in konjunksie of sameloop is soos van die aarde gesien Minstens twee en tot soveel as vyf sonsverduisterings kom jaarliks voor hoogstens twee kan n volkome verduistering uitmaak 1 2 Totale sonsverduisterings is nietmin seldsaam by enige spesifieke ligging aangesien totaliteit slegs langs n noue band op die aardoppervlakte voorkom naamlik die pad van die maan se umbra Skematiese meetkunde van n volkome sonsverduistering nie volgens skaal nie Foto van 11 Augustus 1999 se volkome verduistering Sekere mense soms genoem eklipsjagters of umbrafiele 3 4 is bereid om na afgelee bestemmings te reis ten einde n voorspelde sentrale verduistering gade te slaan Die sonsverduistering van 11 Augustus 1999 in Europa het blykbaar meegewerk om publieke belangstelling in die fenomeen aan te wakker verwysing benodig wat blykbaar gelei het tot n ongewoon groot getal reise wat spesifiek onderneem is na die annulere of ringvormige verduistering van 3 Oktober 2005 en die van 29 Maart 2006 Die laaste volkome verduistering was op 9 Maart 2016 die volgende sal die wees van 21 Augustus 2017 Die onlangse verduistering van 15 Januarie 2010 was n ringvormige verduistering die volgende ringvormige verduistering sal voorkom op 26 Februarie 2017 n Volkome sonsverduistering is n natuurverskynsel Nietemin is sonsverduisterings in antieke tye soos in sekere kulture vandag toegeskryf aan bonatuurlike oorsake of beskou as kwade voortekens n Volkome sonsverduistering kan vrees inboesem by mense wat nie oor die sterrekundige verklaring daarvan beskik nie aangesien die son oordag blykbaar verdwyn en die lug verdonker binne n kwessie van minute Eklipse okkultasies en oorgange Wysig n Eklips vind plaas wanneer n liggaam verdwyn of gedeeltelik buite sig verdwyn of weens n okkultasie soos by n sonsverduistering of wanneer dit in die skadu van n ander liggaam inbeweeg soos by n maansverduistering daarom word beide gelys op NASA se eklipsblad n Okkultasie vind plaas wanneer n blykbaar groter liggaam voor n blykbaar kleiner liggaam inbeweeg n Oorgang vind plaas wanneer n blykbaar kleiner liggaam voor n blykbaar groter liggaam verbybeweeg Eklipse okkultasies en oorgange in die algemeen is almal die effek van sieziegie van Grieks syzygia Oorgange en okkultasies van die son deur die aarde se maan word eklipse van die son genoem hetsy die son volkome of deels bedek word By implikasie kan oorgange voor die son deur n satelliet of n planeet ook eklipse genoem word soos met die oorgange van Phobos en Deimos hier aangedui asook die deurgang van n satelliet deur die skaduwee van n planeet soos met hierdie eklips van Phobos Die term eklips word ook meer algemeen gebruik vir liggame wat voor mekaar verbybeweeg As voorbeeld sal hierdie inskrywing van NASA se Sterrekundige Prent van die Dag afwisselend verwys na die maan se eklipsering en okkultering Verwysings WysigWikimedia Commons bevat media in verband met Sonsverduistering Littmann Mark Espenak Fred Willcox Ken 2008 Totality Eclipses of the Sun Oxford University Press pp 18 19 ISBN 0199532095 Vyf sonsverduisterings het in 1935 voorgekom NASA 6 September 2009 Sonsverduisterings oor vyf millenia NASA se Eklipsblad Fred Espenak Projek en webbladbestuurder Besoek op 26 Januarie 2010 Eksterne skakel in title hulp Eklipsjagtery in najaging van totale ontsag Hoekom ek nooit n eklips oorslaan nie Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Sonsverduistering amp ol,