×
Sonkalender

’n Sonkalender is ’n kalender waarvan die datums die seisoene aandui of, amper gelykwaardig daaraan, die skynbare posisie van die Son relatief tot die sterre. Die Gregoriaanse kalender, wat wyd as die wêreldstandaard aanvaar word, is ’n voorbeeld van ’n sonkalender.

Die mees algemene ander kalender is ’n maankalender, waarvan die maande ooreenstem met die siklusse van die maanfases. Die Gregoriaanse kalender se maande stem nie met die siklusse van die maanfases ooreen nie.

Inhoud

Die oudste sonkalenders sluit die Juliaanse kalender en die Koptiese kalender (van die Kopties-Ortodokse Kerk) in. Albei het ’n jaar van 365 dae en ’n skrikkeljaar met 366 dae elke vier jaar, en het dus ’n gemiddelde jaar van 365,25 dae. Namate sonkalenders gewilder geraak het, het hulle tot twee soorte ontwikkel.

Tropiese sonkalenders

As die posisie van die Aarde in sy wentelbaan om die Son beskou word met betrekking tot die dag-en-nag-ewening, die punt waar sy wentelbaan die hemelewenaar kruis, dui sy datums die seisoene akkuraat aan; hulle is dus gesinchroniseer met die deklinasie van die Son. So ’n kalender word ’n tropiese sonkalender genoem.

Die duur van die gemiddelde kalenderjaar van so ’n kalender stem ooreen met ’n vorm van die tropiese jaar, gewoonlik óf die gemiddelde tropiese jaar óf die Maartnageweningsjaar.

Die volgende kalenders is tropiese sonkalenders:

  • Antieke Armeense kalender
  • Gregoriaande kalender
  • Bengaalse kalender
  • Iraanse kalender (Jalāli-kalender)
  • Indiese nasionale kalender (Saka-kalender)

Elk van dié kalenders het ’n jaar van 365 dae, wat per geleentheid met ’n skrikkeldag verleng word deur middel van ’n metode wat interkalasie genoem word.

Die Iraanse kalender begin elke jaar met die Maartnagewening en voeg sy interkalêre dae so by dat die volgende jaar weer met die Maartnagewening begin. Die oomblik van die Maartnagewening by Teheran word as maatstaf gebruik.

Sideriese sonkalender

As die posisie van die Son beskou word teenoor die vaste sterre, dui die datums die sterrebeeld van die diereriem aan waarnaby die Son hom bevind. So ’n kalender word ’n sideriese sonkalender genoem.

Die gemiddelde kalenderjaar van so ’n kalender stem ooreen met die sideriese jaar.

Indiese kalenders soos die Hindoekalender, Tamilkalender en niehersiene Bengaalse kalender is sideriese sonkalenders. Die Thaisonkalender was ook ’n sideriese sonkalender toe dit op die Hindoesonkalender gebaseer was. Hulle word bereken volgens die skynbare beweging van die Son deur die 12 sterrebeelde van die diereriem, eerder as die tropiese beweging van die Son.

Maansonkalenders is maankalenders met interkalasiereëls om hulle rofweg met die sonjaar, en dus die seisoene, te laat sinchroniseer. Omdat ’n tipiese maansonkalender se jaar uit volle maanmaande bestaan, kan dit nie die posisie van die Aarde in sy wentelbaan om die Son so goed aandui as ’n suiwer sonkalender nie.

  1. The Universal House of Justice (2014-07-10). . Besoek op2014-07-10.

Publikasie datum: Desember 04, 2021

sonkalender, kalender, waarvan, datums, seisoene, aandui, amper, gelykwaardig, daaraan, skynbare, posisie, relatief, sterre, gregoriaanse, kalender, wêreldstandaard, aanvaar, word, voorbeeld, sonkalender, mees, algemene, ander, kalender, maankalender, waarvan,. n Sonkalender is n kalender waarvan die datums die seisoene aandui of amper gelykwaardig daaraan die skynbare posisie van die Son relatief tot die sterre Die Gregoriaanse kalender wat wyd as die wereldstandaard aanvaar word is n voorbeeld van n sonkalender Die mees algemene ander kalender is n maankalender waarvan die maande ooreenstem met die siklusse van die maanfases Die Gregoriaanse kalender se maande stem nie met die siklusse van die maanfases ooreen nie Inhoud 1 Voorbeelde 1 1 Tropiese sonkalenders 1 2 Sideriese sonkalender 2 Maansonkalender 3 Verwysings 4 SkakelsVoorbeelde WysigDie oudste sonkalenders sluit die Juliaanse kalender en die Koptiese kalender van die Kopties Ortodokse Kerk in Albei het n jaar van 365 dae en n skrikkeljaar met 366 dae elke vier jaar en het dus n gemiddelde jaar van 365 25 dae Namate sonkalenders gewilder geraak het het hulle tot twee soorte ontwikkel Tropiese sonkalenders Wysig As die posisie van die Aarde in sy wentelbaan om die Son beskou word met betrekking tot die dag en nag ewening die punt waar sy wentelbaan die hemelewenaar kruis dui sy datums die seisoene akkuraat aan hulle is dus gesinchroniseer met die deklinasie van die Son So n kalender word n tropiese sonkalender genoem Die duur van die gemiddelde kalenderjaar van so n kalender stem ooreen met n vorm van die tropiese jaar gewoonlik of die gemiddelde tropiese jaar of die Maartnageweningsjaar Die volgende kalenders is tropiese sonkalenders Antieke Armeense kalender Gregoriaande kalender Bengaalse kalender Iraanse kalender Jalali kalender Indiese nasionale kalender Saka kalender Elk van die kalenders het n jaar van 365 dae wat per geleentheid met n skrikkeldag verleng word deur middel van n metode wat interkalasie genoem word Die Iraanse kalender begin elke jaar met die Maartnagewening en voeg sy interkalere dae so by dat die volgende jaar weer met die Maartnagewening begin Die oomblik van die Maartnagewening by Teheran word as maatstaf gebruik 1 Sideriese sonkalender Wysig As die posisie van die Son beskou word teenoor die vaste sterre dui die datums die sterrebeeld van die diereriem aan waarnaby die Son hom bevind So n kalender word n sideriese sonkalender genoem Die gemiddelde kalenderjaar van so n kalender stem ooreen met die sideriese jaar Indiese kalenders soos die Hindoekalender Tamilkalender en niehersiene Bengaalse kalender is sideriese sonkalenders Die Thaisonkalender was ook n sideriese sonkalender toe dit op die Hindoesonkalender gebaseer was Hulle word bereken volgens die skynbare beweging van die Son deur die 12 sterrebeelde van die diereriem eerder as die tropiese beweging van die Son Maansonkalender WysigMaansonkalenders is maankalenders met interkalasiereels om hulle rofweg met die sonjaar en dus die seisoene te laat sinchroniseer Omdat n tipiese maansonkalender se jaar uit volle maanmaande bestaan kan dit nie die posisie van die Aarde in sy wentelbaan om die Son so goed aandui as n suiwer sonkalender nie Verwysings Wysig The Universal House of Justice 2014 07 10 To the Baha is of the World Besoek op 2014 07 10 Skakels Wysig Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Sonkalender amp ol,