×
Sokker

Sokker, soms ook voetbal, is 'n spansport wat tussen twee spanne met elk elf spelers gespeel word, en dikwels as die gewildste sportsoort ter wêreld beskou word. Dit is 'n balspel wat op 'n reghoekige grasveld gespeel word. Die doel van die spel is om punte aan te teken deur die bal in die teenstanders se doelhok te skop. Een van die uitstaande kenmerke van die spel is dat geen spelers behalwe die doelwagter hul hande of arms mag gebruik om die bal te manipuleer nie. Die wenner is die span wat die meeste doele aangeteken het teen die einde van die wedstryd.

Piktogram wat Sokker aandui

Die moderne spel het in Engeland ontwikkel met die vorming van die Football Association, wie se reëls van 1863 die grondslag gelê het vir die manier waarop die sport vandag gespeel word. Sokker word internasionaal gereguleer deur FIFA. Die bekendste internasionale sokkerkompetisie is die Sokker-Wêreldbeker, 'n gewilde toernooi wat deur die meeste mense wêreldwyd dopgehou word.

Inhoud

Die afmetings van 'n sokkerveld
Die aanvaller (met die rooi trui) is verby die verdediging (in die wit truie) en is op die punt om 'n skoot na die doel te waag. Die doelwagter sal probeer om te keer dat die bal by die doelhok ingaan
'n Doelwagter verhoed 'n naby-skoot van binne in die strafgebied
'n Doelwagter duik om te keer dat die bal sy doelhok binnegaan

Sokker word gespeel volgens 'n stel reëls. Die spel word gespeel met 'n ronde bal en twee spanne van elf spelers elk en die twee spanne ding mee om die bal in mekaar se doelhokke in te kry om sodoende 'n doel aan te teken. Die span wat die meeste doele teen die einde van die wedstryd aangeteken het, is die wenner; as beide spanne ewe veel doele aangeteken het, eindig die spel gelykop. Let wel: In sekere toernooie waar daar uitkloprondtes gespeel word, word ekstra tyd en strafskoppe gebruik om te beslis wie die wenner is na 'n gelykopuitslag.

Die hoofreël is dat die spelers (buiten die doelwagter) nie doelbewus aan die bal mag raak met hul arms of hande tydens spel nie (hulle mag egter hul hande gebruik om 'n bal in te gooi). Alhoewel spelers hoofsaaklik hulle voete gebruik om die bal rond te beweeg, mag hulle enige deel van hulle liggame buiten hul arms en hande gebruik.

Tydens 'n tipiese spel probeer spelers om die bal na hul teenstanders se doelhok te beweeg deur indiwiduele beheer van die bal, soos om dit te dribbel (hardloop met die bal naby die voete), die bal na 'n spanmaat aan te gee en deur skote na die doel te waag wat deur 'n opponerende doelwagter beskerm word. Teenstanders mag probeer om die bal af te neem deur die bal te onderskep of deur die teenstander wat die bal beheer te aanval; die toelaatbare fisiese kontak tussen spelers word egter beperk. Sokker is oor die algemeen 'n vryvloeiende spel met die bal wat ten alle tye in spel is buiten wanneer dit die veld verlaat of wanneer die spel deur die skeidsregter gestop word.

Op professionele vlak word daar slegs 'n paar doele tydens 'n wedstryd aangeteken. Tydens die 2005/2006-seisoen in die Engelse Premier League is daar byvoorbeeld 'n gemiddeld van 2,48 doele per wedstryd aangeteken.

Die reëls van die spel spesifiseer nie spelerposisies buiten dié van die doelwagter nie, maar 'n aantal posisies het mettertyd ontwikkel. Hulle kan breedweg in drie kategorieë verdeel word: voorspelers (Engels: strikers) wie se hooftaak dit is om doele aan te teken; verdedigers (Engels: defender) wie se hooftaak dit is om te verhoed dat hul teenstanders doele aanteken en middelspelers (Engels: midfielders) wat poog om die bal by die teenstanders af te neem en dit na hul eie voorspelers aan te gee.

Daar kan verder tussen hierdie posisies onderskei word deur die kant van die veld waar die speler die meeste tyd spandeer. Daar is byvoorbeeld verdedigende senters asook linker en regtervleuels in die middelveld. Die tien spelers in die veld kan in enige van hierdie posisies gerangskik word (daar kan byvoorbeeld vier verdedigers, vier middelspelers en twee voorspelers of drie verdedigers, twee middelspelers en vier voorspelers wees) en die aantal spelers in elke posisie bepaal die spelpatroon van 'n span; hoe meer voorspelers daar is en hoe minder verdedigers hoe aggressiewer en aanvallend is die spel terwyl die teenoorgestelde opstelling gewoonlik lei tot 'n stadiger meer verdedigende styl. Die rangskikking van spelers op die veld word gewoonlik deur die spanbestuurder bepaal.

'n Episkyros-speler op 'n ou klipsnywerk van Antieke Griekeland
Kinders in die China van die Song-dinastie speel cuju
In die 17de-eeuse Florence is Calcio Storico, 'n soort sokker gespeel
Sokkerspeler op 'n muurskildery in Tepantitla naby Teotihuacán (ca. 6de eeu)

Speletjies wat berus op die skop van 'n bal is in baie lande in die geskiedenis gespeel. Die eerste aangetekende vorm is die Meso-Amerikaanse balspel wat deur die Olmeke reeds in 1500 v.C. gespeel is. Die Chinese spel cuju word ook in militêre handleidings uit die tydperk van die Qin-dinastie (255–206 v.C) genoem. Ander antieke balspele sluit in kemari uit Japan en die Romeinse spel Harpastum. Verskeie vorme van voetbal is ook in Europa tydens die Middeleeue gespeel.

Die reëls van sokker soos hulle vandag neergelê is, is gebaseer op pogings sedert die middel van die 19de eeu om die wyd uiteenlopende vorme van die spel te standaardiseer by privaatskole in Engeland. Die eerste stelreëls wat ooreenkomste toon met die moderne spel is by die Trinity College te Cambridge in 1848 tydens 'n vergadering wat bygewoon is deur verteenwoordigers van Eton College, Harrow School, Rugby School, Winchester College en Shrewsbury School aanvaar, maar die reëls was nie universeel aanvaar nie en het baie ander klubs hul eie stelreëls gevolg. Tydens die 1850's is baie klubs regdeur die Engelssprekende wêreld gestig wat nie verbonde was aan skole of universiteite nie. Baie van hiérdie klubs het hulle eie stel reëls saamgestel, soos onder ander die Sheffield Football Club wat in 1857 gestig is en gelei het tot die stigting van 'n sokkervereniging daar in 1867. In 1862 het John Charles Thring van die Uppingham skool in Engeland 'n stel reëls opgestel wat later baie invloed op die spel sou hê.

Hierdie deurlopende pogings het bygedra tot die stigting van die Football Association (die FA) in 1863 wat vir die eerste keer vergader het op 26 Oktober 1863 by 'n vrymesselaarslosie in Londen. Die FA het vyf verdere vergaderings gehou alvorens 'n volledige stel reëls saamgestel is. Op die laaste vergadering het die verteenwoordiger van Blackheath sy klub onttrek uit die FA oor die verwydering van twee voorgestelde reëls, die eerste hiervan het die dra van die bal in die hand toegelaat en die tweede sou die keer van 'n lopie deur 'n teenstander te pootjie of vas te hou toegelaat het. Ander voetbalklubs het ook as gevolg hiervan nie by die FA aangesluit nie en het toe die Rugby Football Union gestig. Die oorblywende klubs onder leiding van Ebenezer Cobb Morley het toe voortgegaan en die oorspronklike dertien reëls bekragtig. Hierdie reëls het die hantering van die bal deur sekere spelers toegelaat en daar was ook nie 'n dwarslat oor die doelhok nie, reëls wat baie ooreengestem het met Australiese voetbal wat op daardie tydstip in Australië in ontwikkeling was. Die Sheffield Voetbalvereniging het met hulle eie stel reëls bly speel tot die 1870's en het die FA baie van hul reëls ingelyf totdat daar uiteindelik bitter min onderskeid tussen die twee variante van die spel was.

Die reëls van die sport word tans deur die International Football Association Board (IFAB) bestuur. Die raad is in 1886 gestig na 'n vergadering te Manchester van die Football Association, die Scottish Football Association en die Football Association of Wales asook die Irish Football Association. Die wêreld se oudste sokkertoernooi is die FA Cup wat deur C.W. Alcock op die been gebring is en Engelse sokkerspanne ding al sedert 1872 om die beker mee. Die eerste amptelike internasionale wedstryd het in 1872 tussen Skotland en Engeland te Glasgow plaasgevind. Die Fédération Internationale de Football Association (FIFA) is in 1904 in Parys gestig. Die toenemende gewildheid van die spel het gelei tot die toelating van FIFA se verteenwoordigers tot IFAB in 1913. Die raad bestaan tans uit vier verteenwoordigers van FIFA en een elk van die vier Britse sokkerverenigings.

Vandag word sokker oral ter wêreld as 'n beroepsport beoefen. Miljoene mense vul die stadions van die wêreld om hulle gunsteling spanne te ondersteun, terwyl miljarde meer die sport op televisie volg. 'n Baie groot aantal mense speel die sport ook op amateursvlak. Volgens 'n FIFA-peiling wat in 2001 gepubliseer is, is daar meer as 240 miljoen mense uit meer as 200 lande wat gereeld sokker speel. Die eenvoudige reëls en minimale toerustingvereistes het ongetwyfeld 'n groot rol gespeel in die verspreiding en groei in die gewildheid van die sport.

  1. 30 Desember 2006 op Wayback Machine, FIFA se amptelike webwerf. Gelees op 13 Mei 2006.
  2. . Geargiveer vanaf op 6 November 2012. Besoek op24 April 2007.
  3. Harvey, Adrian (2005). Football, the first hundred years. London: Routledge. pp. pp.126. ISBN 0-415-35018-2.|pages= has extra text (help)
  4. Winner, David (28 Maart 2005). . The Times. Besoek op7 Oktober 2007.
  5. . Football Association website (in Engels). vanaf die oorspronklike op 19 Augustus 2019. Besoek op9 Oktober 2007.
  6. . FIFA. Besoek op2 September 2007. (webarchive)
  7. . Football League website. Besoek op7 Oktober 2007.
  8. Ingle, Sean and Barry Glendenning (9 Oktober 2003). (in Engels). Guardian Unlimited. vanaf die oorspronklike op 11 April 2008. Besoek op5 Junie 2006.
  9. . FIFA website (in Engels). vanaf die oorspronklike op 24 Februarie 2009. Besoek op2 September 2007.
  10. (PDF). FIFA website. Besoek op15 September 2006. (webarchive)
  • Stefan Szymanski and Tim Kuypers (1999), Winners and Losers: The Business Strategy of Football, Viking


Olimpiese somersporte

Somerspele: Atletiek · Basketbal · Boks · Boogskiet · Driekamp · Fietsry (Bergfietsry · BMX · Bergfietsry · Pad) · Gewigoptel · Gholf · Gimnastiek (Artistiek · Ritmies · Trampolien) · Handbal · Judo · Kanovaart (Slalom · Snel) · Moderne vyfkamp · Ruitersport (Dressuur · Driefasekompetisie · Spring) · Pluimbal · Roei · Seilvaart · Sewesrugby · Skermsport · Skyfskiet · Sokker · Stoei (Grieks-Romeins · Vrystyl) · Taekwondo · Tafeltennis · Tennis · Veldhokkie · Vlugbal (Strandvlugbal) · Watersport (Gesinchroniseerde swem · Sierduik · Swem · Waterpolo)

Voormalige Olimpiese sporte: Baskiese pelote · Bofbal · Jeu de paume · Krieket · Kroukie · Lacrosse · Motorbootresies · Polo · Rackets · Roque · Rugby · Sagtebal · Toutrek


Publikasie datum: September 03, 2021

sokker, soms, voetbal, spansport, tussen, twee, spanne, spelers, gespeel, word, dikwels, gewildste, sportsoort, wêreld, beskou, word, balspel, reghoekige, grasveld, gespeel, word, doel, spel, punte, teken, deur, teenstanders, doelhok, skop, uitstaande, kenmerk. Sokker soms ook voetbal is n spansport wat tussen twee spanne met elk elf spelers gespeel word en dikwels as die gewildste sportsoort ter wereld beskou word Dit is n balspel wat op n reghoekige grasveld gespeel word Die doel van die spel is om punte aan te teken deur die bal in die teenstanders se doelhok te skop Een van die uitstaande kenmerke van die spel is dat geen spelers behalwe die doelwagter hul hande of arms mag gebruik om die bal te manipuleer nie Die wenner is die span wat die meeste doele aangeteken het teen die einde van die wedstryd Piktogram wat Sokker aandui Die moderne spel het in Engeland ontwikkel met die vorming van die Football Association wie se reels van 1863 die grondslag gele het vir die manier waarop die sport vandag gespeel word Sokker word internasionaal gereguleer deur FIFA Die bekendste internasionale sokkerkompetisie is die Sokker Wereldbeker n gewilde toernooi wat deur die meeste mense wereldwyd dopgehou word 1 Inhoud 1 Aard van die spel 2 Geskiedenis en ontwikkeling 3 Sien ook 4 Verwysings 5 Verdere leesstof 6 Eksterne skakelsAard van die spel Wysig Die afmetings van n sokkerveld Die aanvaller met die rooi trui is verby die verdediging in die wit truie en is op die punt om n skoot na die doel te waag Die doelwagter sal probeer om te keer dat die bal by die doelhok ingaan n Doelwagter verhoed n naby skoot van binne in die strafgebied n Doelwagter duik om te keer dat die bal sy doelhok binnegaan Sokker word gespeel volgens n stel reels Die spel word gespeel met n ronde bal en twee spanne van elf spelers elk en die twee spanne ding mee om die bal in mekaar se doelhokke in te kry om sodoende n doel aan te teken Die span wat die meeste doele teen die einde van die wedstryd aangeteken het is die wenner as beide spanne ewe veel doele aangeteken het eindig die spel gelykop Let wel In sekere toernooie waar daar uitkloprondtes gespeel word word ekstra tyd en strafskoppe gebruik om te beslis wie die wenner is na n gelykopuitslag Die hoofreel is dat die spelers buiten die doelwagter nie doelbewus aan die bal mag raak met hul arms of hande tydens spel nie hulle mag egter hul hande gebruik om n bal in te gooi Alhoewel spelers hoofsaaklik hulle voete gebruik om die bal rond te beweeg mag hulle enige deel van hulle liggame buiten hul arms en hande gebruik Tydens n tipiese spel probeer spelers om die bal na hul teenstanders se doelhok te beweeg deur indiwiduele beheer van die bal soos om dit te dribbel hardloop met die bal naby die voete die bal na n spanmaat aan te gee en deur skote na die doel te waag wat deur n opponerende doelwagter beskerm word Teenstanders mag probeer om die bal af te neem deur die bal te onderskep of deur die teenstander wat die bal beheer te aanval die toelaatbare fisiese kontak tussen spelers word egter beperk Sokker is oor die algemeen n vryvloeiende spel met die bal wat ten alle tye in spel is buiten wanneer dit die veld verlaat of wanneer die spel deur die skeidsregter gestop word Op professionele vlak word daar slegs n paar doele tydens n wedstryd aangeteken Tydens die 2005 2006 seisoen in die Engelse Premier League is daar byvoorbeeld n gemiddeld van 2 48 doele per wedstryd aangeteken 2 Die reels van die spel spesifiseer nie spelerposisies buiten die van die doelwagter nie maar n aantal posisies het mettertyd ontwikkel Hulle kan breedweg in drie kategoriee verdeel word voorspelers Engels strikers wie se hooftaak dit is om doele aan te teken verdedigers Engels defender wie se hooftaak dit is om te verhoed dat hul teenstanders doele aanteken en middelspelers Engels midfielders wat poog om die bal by die teenstanders af te neem en dit na hul eie voorspelers aan te gee Daar kan verder tussen hierdie posisies onderskei word deur die kant van die veld waar die speler die meeste tyd spandeer Daar is byvoorbeeld verdedigende senters asook linker en regtervleuels in die middelveld Die tien spelers in die veld kan in enige van hierdie posisies gerangskik word daar kan byvoorbeeld vier verdedigers vier middelspelers en twee voorspelers of drie verdedigers twee middelspelers en vier voorspelers wees en die aantal spelers in elke posisie bepaal die spelpatroon van n span hoe meer voorspelers daar is en hoe minder verdedigers hoe aggressiewer en aanvallend is die spel terwyl die teenoorgestelde opstelling gewoonlik lei tot n stadiger meer verdedigende styl Die rangskikking van spelers op die veld word gewoonlik deur die spanbestuurder bepaal Geskiedenis en ontwikkeling Wysig n Episkyros speler op n ou klipsnywerk van Antieke Griekeland Kinders in die China van die Song dinastie speel cuju In die 17de eeuse Florence is Calcio Storico n soort sokker gespeel Sokkerspeler op n muurskildery in Tepantitla naby Teotihuacan ca 6de eeu Speletjies wat berus op die skop van n bal is in baie lande in die geskiedenis gespeel Die eerste aangetekende vorm is die Meso Amerikaanse balspel wat deur die Olmeke reeds in 1500 v C gespeel is Die Chinese spel cuju word ook in militere handleidings uit die tydperk van die Qin dinastie 255 206 v C genoem 3 Ander antieke balspele sluit in kemari uit Japan en die Romeinse spel Harpastum Verskeie vorme van voetbal is ook in Europa tydens die Middeleeue gespeel Die reels van sokker soos hulle vandag neergele is is gebaseer op pogings sedert die middel van die 19de eeu om die wyd uiteenlopende vorme van die spel te standaardiseer by privaatskole in Engeland Die eerste stelreels wat ooreenkomste toon met die moderne spel is by die Trinity College te Cambridge in 1848 tydens n vergadering wat bygewoon is deur verteenwoordigers van Eton College Harrow School Rugby School Winchester College en Shrewsbury School aanvaar maar die reels was nie universeel aanvaar nie en het baie ander klubs hul eie stelreels gevolg Tydens die 1850 s is baie klubs regdeur die Engelssprekende wereld gestig wat nie verbonde was aan skole of universiteite nie Baie van hierdie klubs het hulle eie stel reels saamgestel soos onder ander die Sheffield Football Club wat in 1857 gestig is 4 en gelei het tot die stigting van n sokkervereniging daar in 1867 In 1862 het John Charles Thring van die Uppingham skool in Engeland n stel reels opgestel wat later baie invloed op die spel sou he 5 Hierdie deurlopende pogings het bygedra tot die stigting van die Football Association die FA in 1863 wat vir die eerste keer vergader het op 26 Oktober 1863 by n vrymesselaarslosie in Londen 6 Die FA het vyf verdere vergaderings gehou alvorens n volledige stel reels saamgestel is Op die laaste vergadering het die verteenwoordiger van Blackheath sy klub onttrek uit die FA oor die verwydering van twee voorgestelde reels die eerste hiervan het die dra van die bal in die hand toegelaat en die tweede sou die keer van n lopie deur n teenstander te pootjie of vas te hou toegelaat het Ander voetbalklubs het ook as gevolg hiervan nie by die FA aangesluit nie en het toe die Rugby Football Union gestig Die oorblywende klubs onder leiding van Ebenezer Cobb Morley het toe voortgegaan en die oorspronklike dertien reels bekragtig Hierdie reels het die hantering van die bal deur sekere spelers toegelaat en daar was ook nie n dwarslat oor die doelhok nie reels wat baie ooreengestem het met Australiese voetbal wat op daardie tydstip in Australie in ontwikkeling was Die Sheffield Voetbalvereniging het met hulle eie stel reels bly speel tot die 1870 s en het die FA baie van hul reels ingelyf totdat daar uiteindelik bitter min onderskeid tussen die twee variante van die spel was Die reels van die sport word tans deur die International Football Association Board IFAB bestuur Die raad is in 1886 gestig 7 na n vergadering te Manchester van die Football Association die Scottish Football Association en die Football Association of Wales asook die Irish Football Association Die wereld se oudste sokkertoernooi is die FA Cup wat deur C W Alcock op die been gebring is en Engelse sokkerspanne ding al sedert 1872 om die beker mee Die eerste amptelike internasionale wedstryd het in 1872 tussen Skotland en Engeland te Glasgow plaasgevind 8 Die Federation Internationale de Football Association FIFA is in 1904 in Parys gestig Die toenemende gewildheid van die spel het gelei tot die toelating van FIFA se verteenwoordigers tot IFAB in 1913 Die raad bestaan tans uit vier verteenwoordigers van FIFA en een elk van die vier Britse sokkerverenigings Vandag word sokker oral ter wereld as n beroepsport beoefen Miljoene mense vul die stadions van die wereld om hulle gunsteling spanne te ondersteun 9 terwyl miljarde meer die sport op televisie volg 10 n Baie groot aantal mense speel die sport ook op amateursvlak Volgens n FIFA peiling wat in 2001 gepubliseer is is daar meer as 240 miljoen mense uit meer as 200 lande wat gereeld sokker speel 11 Die eenvoudige reels en minimale toerustingvereistes het ongetwyfeld n groot rol gespeel in die verspreiding en groei in die gewildheid van die sport Sien ook WysigAfrikanasiesbeker UEFA Europa beker Paralimpiese sokker Sokker Wereldbeker WereldbekerVerwysings Wysig 2002 FIFA Wereldbeker TV dekking Geargiveer 30 Desember 2006 op Wayback Machine FIFA se amptelike webwerf Gelees op 13 Mei 2006 Opsomming van die 2005 2006 Engelse premierliga argiefkopie Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 November 2012 Besoek op 24 April 2007 Harvey Adrian 2005 Football the first hundred years London Routledge pp pp 126 ISBN 0 415 35018 2 pages has extra text help Winner David 28 Maart 2005 The hands off approach to a man s game The Times Besoek op 7 Oktober 2007 History of the FA Football Association website in Engels Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Augustus 2019 Besoek op 9 Oktober 2007 The International FA Board FIFA Besoek op 2 September 2007 webarchive The History Of The Football League Football League website Besoek op 7 Oktober 2007 Ingle Sean and Barry Glendenning 9 Oktober 2003 Baseball or Football which sport gets the higher attendance in Engels Guardian Unlimited Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 April 2008 Besoek op 5 Junie 2006 TV Data FIFA website in Engels Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Februarie 2009 Besoek op 2 September 2007 FIFA Survey approximately 250 million footballers worldwide PDF FIFA website Besoek op 15 September 2006 webarchive Verdere leesstof WysigStefan Szymanski and Tim Kuypers 1999 Winners and Losers The Business Strategy of Football VikingEksterne skakels WysigWikimedia Commons bevat media in verband met Sokker Sien sokker in Wiktionary die vrye woordeboek Federation Internationale de Football Association FIFA Asian Football Confederation AFC Confederation of African Football CAF Confederation of North Central American and Caribbean Association Football CONCACAF Union of European Football Associations UEFA South American Football Confederation CONMEBOL Oceania Football Confederation OFC The Current Laws of the Game LOTG Geargiveer 7 Mei 2007 op Wayback Machine The Rec Sport Soccer Statistics Foundation RSSSF Association of Football Statisticians AFS Olimpiese somersporte Somerspele Atletiek Basketbal Boks Boogskiet Driekamp Fietsry Bergfietsry BMX Bergfietsry Pad Gewigoptel Gholf Gimnastiek Artistiek Ritmies Trampolien Handbal Judo Kanovaart Slalom Snel Moderne vyfkamp Ruitersport Dressuur Driefasekompetisie Spring Pluimbal Roei Seilvaart Sewesrugby Skermsport Skyfskiet Sokker Stoei Grieks Romeins Vrystyl Taekwondo Tafeltennis Tennis Veldhokkie Vlugbal Strandvlugbal Watersport Gesinchroniseerde swem Sierduik Swem Waterpolo Voormalige Olimpiese sporte Baskiese pelote Bofbal Jeu de paume Krieket Kroukie Lacrosse Motorbootresies Polo Rackets Roque Rugby Sagtebal ToutrekOntsluit van https af wikipedia org w index php title Sokker amp ol,