fbpx
Wikipedia

Soenni

Soenni (Arabies: سُنِّي, Sunnī) is die grootste tak van Islam. Die naam kom van die woord "Soenna", wat as die voorskrifte van die profeet Mohammed beskou word.[2] Die verskil tussen Soenni en Sjia is dat hulle glo verskillende kaliefs het Mohammed opgevolg; dit het later groter politieke, teologiese en juridiese afmetings aangeneem.[3] Soenni word ook Soennisme genoem en hul aanhangers Soenni's of Soenniete.[4]

Lande met ’n Moslemgemeenskap van meer as 5%.[1]

   Soenni

   Sjia

   Ibadi

Verspreiding van die oorheersende Islamitiese regskole volgens lande en streke
Lande onder die gesag van die Ottomaanse Kalifaat in 1683

Volgens die Soennitiese tradisie het Mohammed nie ’n opvolger aangewys nie en sy volgelinge het dus ná sy dood sy skoonpa, Aboe Bakr, in ooreenstemming met die Soenna as die eerste kalief gekies.[5][3] Dit bots met die siening van die Sjiiete, wat glo Mohammed het sy skoonseun en neef Ali ibn Abi Talib tydens die gebeure by Ghadir Khumm as sy opvolger aangewys.[6][7][8][9]

Ali het eindelik die vierde kalief geword. Anders as die drie kaliefs voor hom, was hy van dieselfde clan as Mohammed, Banu Hashim. Die feit dat hy ’n bloedverwant van Mohammed was, is nog ’n rede hoekom die Sjiiete hom as die profeet se regmatige opvolger beskou.[10][11] Politieke spanning tussen die Soenniete en Sjiiete het deur die loop van die Islamitiese geskiedenis voortgeduur, met wisselende mates van intensiteit. Dit is in onlangse tye vererger deur etniese konflikte en die opkoms van Wahabisme.[3]

Soenniete maak 87-90% van die wêreld se Moslems uit.[12] Dit is die grootste godsdiensdenominasie, gevolg deur die Rooms-Katolieke Kerk.[13]

Die Koran en hadit vorm die basis van die geloof en sjaria-uitsprake word hoofsaaklik op grond van dié bronne gemaak.

Kalifaat

Die term "kalifaat" verwys na die eerste regeringstelsels in Islam en verteenwoordig die politieke mag en eenheid van die Moslemwêreld. Dit was aanvanklik bekend as die Rasjidoen-kalifaat en het ’n kalief aan die hoof gehad wat dikwels bekend was as Amir al-Mu'minin (أمير المؤمنين), "Aanvoerder van die Gelowiges". Die eerste vier kaliefs volgens die Soenniete was die sogenaamde "reggeleide" kaliefs: Aboe Bakr As-Siddiq, Omar ibn al-Khattab, Oethman ibn Affan en Ali ibn Abi Talib.[14]

Hierna het Soenni verskillende heersers as kalief erken totdat die kalifaat op 3 Maart 1924 in Turkye grondwetlik afgeskaf is. Die Ottomaanse Ryk was ses eeue lank die grootste Soennitiese ryk in die wêreld. Met sy val ná die Eerste Wêreldoorlog en die ontstaan van Turkye het die kalifaat tot ’n einde gekom. Dit het gelei tot Islamitiese protesbewegings soos die Kalifaatbeweging in Indië, wat ná sy onafhanklikwording van Brittanje in die Soenni-oorheerste Pakistan en die sekulêre Indië verdeel is. Pakistan is later weer verdeel in Pakistan en Bangladesj.

Die val van die Ottomaanse Kalifaat het ook gelei tot die opkoms van Saoedi-Arabië, ’n absolute monargie wat die steun gehad het van Brittanje en Muhammad ibn Abd al-Wahhab, die stigter van Wahabisme.[15][16][17][18] Dit het ’n aansienlike toename in aanhangers van Wahabisme, Salafisme en Djihadisme meegebring.

’n Gevolg van die Koue Oorlog was dat Afgaanse vlugtelinge in Pakistan aangespoor is om radikaal te raak. Hulle is opgelei en bewapen om te veg teen die kommunistiese regering, wat deur die Sowjetunie gerugsteun is, en dit het gelei tot die stigting van die Taliban. Die Taliban het die mag van die kommuniste in Afganistan oorgeneem en ’n regering saamgestel onder die leierskap van Mohammed Omar, wat aangespreek is as die "emir van die gelowiges", ’n eretitel vir die kalief. Die Talibanregering is deur Pakistan en Saoedi-Arabië erken tot nadat die aanvalle op 11 September 2001 deur Osama bin Laden, ’n Saoedi van geboorte wat deur die Taliban skuilplek aangebied is, gelei het tot ’n oorlog teen terreur en die Taliban.[19][20][21]

Die gebeure van die 20ste eeu het gelei tot gegriefdheid in sekere Soennitiese gemeenskappe oor die verlies in aansien in voorheen Soennities oorheerste gebiede soos die Levant, Mesopotamië, die Balkan, die Kaukasus en die Indiese subkontinent.[22] Die jongste poging deur ’n groep Salafi's om weer ’n Soennitiese kalifaat te vestig kan gesien word in die verskyning van die Islamitiese Staat, waarvan die leier, Abu Bakr al Baghdadi, onder sy volgelinge bekend is as kalief en Amir-al-maumineen ("Aanvoerder van die gelowiges").[23] Djihadisme word egter van binne die Moslemgemeenskap teengestaan.[24][25]

Volgelinge

Soenniete glo die volgelinge van Mohammed was die beste Moslems. Dié geloof is gebaseer op profetiese tradisies soos die een verhaal wat vertel word deur Abdullah, seun van Masoed, waarin Mohammed gesê het: "Die beste mense is my generasie, dan dié wat ná hulle kom, dan dié wat ná hulle kom." Soenniete glo ook die metgeselle was ware gelowiges, want dit was hulle wat die taak opgelê is om die Koran saam te stel. Verder word vertellings deur die metgeselle (hadit) deur die Soenniete beskou as ’n tweede bron van kennis oor die Islamitiese geloof.

In ’n studie waarvan die resultate in Januarie 2011 gepubliseer is,[26] is bevind daar is 1,62 miljard Moslems oor die wêreld heen, en daar word geraam 85-90% van hulle is Soenniete.[27]

Verwysings

  1. Die bron vir verspreiding is die CIA World Factbook. Sjiitiese/Soennitiese verspreding kom uit ander bronne. Sjiiete kan onderverteenwoordig wees in sommige lande waar hulle nie in die amptelike statistieke verskyn nie.
  2. "Sunni Islam". The Oxford Dictionary of Islam. (2014). Ed. John L. Esposito. Oxford: Oxford University Press. 
  3. 3,0 3,1 3,2 Tayeb El-Hibri, Maysam J. al Faruqi (2004). "Sunni Islam". The Encyclopedia of the Modern Middle East and North Africa (2de). Ed. Philip Mattar. MacMillan Reference USA. 
  4. "Soenni" in die Afrikaanse Woordelys en Spelreëls. Aanlyn by viva-afrikaans.org.
  5. "Caliphate and Monarchistic (Urdu) Khilafat o Malookiat of Modoodi" (in Engels). Urdu Movies. vanaf die oorspronklike op 5 Julie 2019 – via Google Books.
  6. Jafri, Syed Husain Mohammad (27 Augustus 1976). The Origins and Early Development of Shi'a Islam (Millennium (Series)) (The Millennium (Series).). Karachi, Pakistan: Oxford University Press (Eerste gepubliseer deur Longman Group Ltd en Librairie du Liban, 1979). pp. 19–21. ISBN 978-0-19-579387-1.
  7. "Beliefs: Did the Prophet (s) Appoint a Successor". Al-Islam.org (in Engels). vanaf die oorspronklike op 17 April 2019. Besoek op 25 Desember 2017.
  8. Mawlana Hazar Imam. "Imam Ali declared the Successor of Prophet Muhammad in Sunni Hadith Literature". Ismaili Gnosis (in Engels). Ismaili Gnosis. vanaf die oorspronklike op 1 Augustus 2019. Besoek op 25 Desember 2017.
  9. Harney, John (3 Januarie 2016). "How Do Sunni and Shia Islam Differ?". New York Times (in Engels). vanaf die oorspronklike op 11 Mei 2020. Besoek op 4 Januarie 2016.
  10. Triana, María (2017-03-31). Managing Diversity in Organizations: A Global Perspective (in Engels). Taylor & Francis. p. 159. ISBN 978-1-317-42368-3.
  11. Ja'fari, Sayyid Husayn Muhammad (22 September 2014). "The Origins and Early Development of Shia Islam p.14-24". OUP Pakistan. vanaf die oorspronklike op 4 Julie 2019 – via Google Books.
  12. "Mapping the Global Muslim Population" (in Engels). vanaf die oorspronklike op 25 Mei 2020. Besoek op 10 Desember 2014.
  13. Connie R. Green, Sandra Brenneman Oldendorf, Religious Diversity and Children's Literature: Strategies and Resources, Information Age Publishing, 2011, p. 156.
  14. Tore Kjeilen. "Lexic Orient.com" (in Engels). Lexic Orient.com. vanaf die oorspronklike op 1 Oktober 2018. Besoek op 5 Junie 2011.
  15. Gail Minault, The Khilafat Movement: Religious Symbolism and Political Mobilization in India (1982).
  16. Rogan, Eugene (26 February 2015). The Fall of the Ottomans. UK: Penguin UK. ISBN 978-0-14-196870-4.
  17. Ian Harris; Stuart Mews; Paul Morris; John Shepherd (1992). Contemporary Religions: A World Guide. p. 369. ISBN 978-0-582-08695-1.
  18. Bowen, Wayne H. (2007). The History of Saudi Arabia. ISBN 978-0-313-34012-3.
  19. Hitti, Philip K. History of The Arabs (Tenth Edition). Macmillan Education Ltd. pp. 689–741. ISBN 0-333-09871-4.
  20. Kepel, Gilles (2003). Jihad: The Trail of Political Islam. ISBN 978-1-84511-257-8.
  21. Wiktorowicz, Quintan (2005). (PDF). Studies in Conflict & Terrorism. 28: 83. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 2017-02-14 – via Taylor & Francis Inc. Onbekende parameter |deadurl= geïgnoreer (help)
  22. Minahan, James (2002). Encyclopedia of the Stateless Nations. p. 547.
  23. "Profile: Abu Bakr al-Baghdadi". BBC. 15 May 2015.
  24. Adam, Smith (2 Oktober 2017). "Thousands of Muslims protest against ISIS and terrorism in London". Metro News (in Engels). Londen. vanaf die oorspronklike op 28 Februarie 2020. Besoek op 5 Januarie 2018.
  25. Da Silva, Chantel (16 Junie 2017). . Independent (in Engels). Cologne. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Augustus 2019. Besoek op 5 Januarie 2018.
  26. "Region: Middle East-North Africa". The Future of the Global Muslim Population – Executive Summary (in Engels). Pew Research Center. vanaf die oorspronklike op 25 Julie 2013. Besoek op 3 April 2013.
  27. Sien:
    • Eastern Europe Russia and Central Asia"
    • "Religions". The World Factbook. Central Intelligence Agency (CIA). Besoek op 8 Desember 2011.
    • Iran, Israel and the United States
    • A dictionary of modern politics
    • "Mapping the Global Muslim Population: A Report on the Size and Distribution of the World's Muslim Population". Pew Research Center. 7 Oktober 2009. Besoek op 2010-08-24.
    • "Quick guide: Sunnis and Shias". BBC News. 2011-12-06. Besoek op 18 Desember 2011.
    • "Tension between Sunnis, Shiites emerging in USA" (in Engels). USA Today. 24 September 2007. vanaf die oorspronklike op 13 Julie 2012. Besoek op 18 Desember 2011.

Eksterne skakels

  • Die Koran in Afrikaans
  • Islam.org.uk
  • Koran
  • SunniPath – Study Islam Online
  •   Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Soenni.
  •   Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Soenni
soenni, arabies, sunnī, grootste, islam, naam, woord, soenna, voorskrifte, profeet, mohammed, beskou, word, verskil, tussen, sjia, hulle, verskillende, kaliefs, mohammed, opgevolg, later, groter, politieke, teologiese, juridiese, afmetings, aangeneem, word, ge. Soenni Arabies س ن ي Sunni is die grootste tak van Islam Die naam kom van die woord Soenna wat as die voorskrifte van die profeet Mohammed beskou word 2 Die verskil tussen Soenni en Sjia is dat hulle glo verskillende kaliefs het Mohammed opgevolg dit het later groter politieke teologiese en juridiese afmetings aangeneem 3 Soenni word ook Soennisme genoem en hul aanhangers Soenni s of Soenniete 4 Lande met n Moslemgemeenskap van meer as 5 1 Soenni Sjia Ibadi Verspreiding van die oorheersende Islamitiese regskole volgens lande en streke Lande onder die gesag van die Ottomaanse Kalifaat in 1683 Volgens die Soennitiese tradisie het Mohammed nie n opvolger aangewys nie en sy volgelinge het dus na sy dood sy skoonpa Aboe Bakr in ooreenstemming met die Soenna as die eerste kalief gekies 5 3 Dit bots met die siening van die Sjiiete wat glo Mohammed het sy skoonseun en neef Ali ibn Abi Talib tydens die gebeure by Ghadir Khumm as sy opvolger aangewys 6 7 8 9 Ali het eindelik die vierde kalief geword Anders as die drie kaliefs voor hom was hy van dieselfde clan as Mohammed Banu Hashim Die feit dat hy n bloedverwant van Mohammed was is nog n rede hoekom die Sjiiete hom as die profeet se regmatige opvolger beskou 10 11 Politieke spanning tussen die Soenniete en Sjiiete het deur die loop van die Islamitiese geskiedenis voortgeduur met wisselende mates van intensiteit Dit is in onlangse tye vererger deur etniese konflikte en die opkoms van Wahabisme 3 Soenniete maak 87 90 van die wereld se Moslems uit 12 Dit is die grootste godsdiensdenominasie gevolg deur die Rooms Katolieke Kerk 13 Die Koran en hadit vorm die basis van die geloof en sjaria uitsprake word hoofsaaklik op grond van die bronne gemaak Inhoud 1 Kalifaat 2 Volgelinge 3 Verwysings 4 Eksterne skakelsKalifaat WysigDie term kalifaat verwys na die eerste regeringstelsels in Islam en verteenwoordig die politieke mag en eenheid van die Moslemwereld Dit was aanvanklik bekend as die Rasjidoen kalifaat en het n kalief aan die hoof gehad wat dikwels bekend was as Amir al Mu minin أمير المؤمنين Aanvoerder van die Gelowiges Die eerste vier kaliefs volgens die Soenniete was die sogenaamde reggeleide kaliefs Aboe Bakr As Siddiq Omar ibn al Khattab Oethman ibn Affan en Ali ibn Abi Talib 14 Hierna het Soenni verskillende heersers as kalief erken totdat die kalifaat op 3 Maart 1924 in Turkye grondwetlik afgeskaf is Die Ottomaanse Ryk was ses eeue lank die grootste Soennitiese ryk in die wereld Met sy val na die Eerste Wereldoorlog en die ontstaan van Turkye het die kalifaat tot n einde gekom Dit het gelei tot Islamitiese protesbewegings soos die Kalifaatbeweging in Indie wat na sy onafhanklikwording van Brittanje in die Soenni oorheerste Pakistan en die sekulere Indie verdeel is Pakistan is later weer verdeel in Pakistan en Bangladesj Die val van die Ottomaanse Kalifaat het ook gelei tot die opkoms van Saoedi Arabie n absolute monargie wat die steun gehad het van Brittanje en Muhammad ibn Abd al Wahhab die stigter van Wahabisme 15 16 17 18 Dit het n aansienlike toename in aanhangers van Wahabisme Salafisme en Djihadisme meegebring n Gevolg van die Koue Oorlog was dat Afgaanse vlugtelinge in Pakistan aangespoor is om radikaal te raak Hulle is opgelei en bewapen om te veg teen die kommunistiese regering wat deur die Sowjetunie gerugsteun is en dit het gelei tot die stigting van die Taliban Die Taliban het die mag van die kommuniste in Afganistan oorgeneem en n regering saamgestel onder die leierskap van Mohammed Omar wat aangespreek is as die emir van die gelowiges n eretitel vir die kalief Die Talibanregering is deur Pakistan en Saoedi Arabie erken tot nadat die aanvalle op 11 September 2001 deur Osama bin Laden n Saoedi van geboorte wat deur die Taliban skuilplek aangebied is gelei het tot n oorlog teen terreur en die Taliban 19 20 21 Die gebeure van die 20ste eeu het gelei tot gegriefdheid in sekere Soennitiese gemeenskappe oor die verlies in aansien in voorheen Soennities oorheerste gebiede soos die Levant Mesopotamie die Balkan die Kaukasus en die Indiese subkontinent 22 Die jongste poging deur n groep Salafi s om weer n Soennitiese kalifaat te vestig kan gesien word in die verskyning van die Islamitiese Staat waarvan die leier Abu Bakr al Baghdadi onder sy volgelinge bekend is as kalief en Amir al maumineen Aanvoerder van die gelowiges 23 Djihadisme word egter van binne die Moslemgemeenskap teengestaan 24 25 Volgelinge WysigSoenniete glo die volgelinge van Mohammed was die beste Moslems Die geloof is gebaseer op profetiese tradisies soos die een verhaal wat vertel word deur Abdullah seun van Masoed waarin Mohammed gese het Die beste mense is my generasie dan die wat na hulle kom dan die wat na hulle kom Soenniete glo ook die metgeselle was ware gelowiges want dit was hulle wat die taak opgele is om die Koran saam te stel Verder word vertellings deur die metgeselle hadit deur die Soenniete beskou as n tweede bron van kennis oor die Islamitiese geloof In n studie waarvan die resultate in Januarie 2011 gepubliseer is 26 is bevind daar is 1 62 miljard Moslems oor die wereld heen en daar word geraam 85 90 van hulle is Soenniete 27 Verwysings Wysig Die bron vir verspreiding is die CIA World Factbook Sjiitiese Soennitiese verspreding kom uit ander bronne Sjiiete kan onderverteenwoordig wees in sommige lande waar hulle nie in die amptelike statistieke verskyn nie Sunni Islam The Oxford Dictionary of Islam 2014 Ed John L Esposito Oxford Oxford University Press 3 0 3 1 3 2 Tayeb El Hibri Maysam J al Faruqi 2004 Sunni Islam The Encyclopedia of the Modern Middle East and North Africa 2de Ed Philip Mattar MacMillan Reference USA Soenni in die Afrikaanse Woordelys en Spelreels Aanlyn by viva afrikaans org Caliphate and Monarchistic Urdu Khilafat o Malookiat of Modoodi in Engels Urdu Movies Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Julie 2019 via Google Books Jafri Syed Husain Mohammad 27 Augustus 1976 The Origins and Early Development of Shi a Islam Millennium Series The Millennium Series Karachi Pakistan Oxford University Press Eerste gepubliseer deur Longman Group Ltd en Librairie du Liban 1979 pp 19 21 ISBN 978 0 19 579387 1 Beliefs Did the Prophet s Appoint a Successor Al Islam org in Engels Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 April 2019 Besoek op 25 Desember 2017 Mawlana Hazar Imam Imam Ali declared the Successor of Prophet Muhammad in Sunni Hadith Literature Ismaili Gnosis in Engels Ismaili Gnosis Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Augustus 2019 Besoek op 25 Desember 2017 Harney John 3 Januarie 2016 How Do Sunni and Shia Islam Differ New York Times in Engels Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Mei 2020 Besoek op 4 Januarie 2016 Triana Maria 2017 03 31 Managing Diversity in Organizations A Global Perspective in Engels Taylor amp Francis p 159 ISBN 978 1 317 42368 3 Ja fari Sayyid Husayn Muhammad 22 September 2014 The Origins and Early Development of Shia Islam p 14 24 OUP Pakistan Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Julie 2019 via Google Books Mapping the Global Muslim Population in Engels Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Mei 2020 Besoek op 10 Desember 2014 Connie R Green Sandra Brenneman Oldendorf Religious Diversity and Children s Literature Strategies and Resources Information Age Publishing 2011 p 156 Tore Kjeilen Lexic Orient com in Engels Lexic Orient com Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Oktober 2018 Besoek op 5 Junie 2011 Gail Minault The Khilafat Movement Religious Symbolism and Political Mobilization in India 1982 Rogan Eugene 26 February 2015 The Fall of the Ottomans UK Penguin UK ISBN 978 0 14 196870 4 Ian Harris Stuart Mews Paul Morris John Shepherd 1992 Contemporary Religions A World Guide p 369 ISBN 978 0 582 08695 1 Bowen Wayne H 2007 The History of Saudi Arabia ISBN 978 0 313 34012 3 Hitti Philip K History of The Arabs Tenth Edition Macmillan Education Ltd pp 689 741 ISBN 0 333 09871 4 Kepel Gilles 2003 Jihad The Trail of Political Islam ISBN 978 1 84511 257 8 Wiktorowicz Quintan 2005 A Genealogy of Radical Islam PDF Studies in Conflict amp Terrorism 28 83 Geargiveer vanaf die oorspronklike PDF op 2017 02 14 via Taylor amp Francis Inc Onbekende parameter deadurl geignoreer help Minahan James 2002 Encyclopedia of the Stateless Nations p 547 Profile Abu Bakr al Baghdadi BBC 15 May 2015 Adam Smith 2 Oktober 2017 Thousands of Muslims protest against ISIS and terrorism in London Metro News in Engels Londen Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Februarie 2020 Besoek op 5 Januarie 2018 Da Silva Chantel 16 Junie 2017 Cologne rally As many as 10 000 Muslims to protest Islamic extremism Independent in Engels Cologne Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Augustus 2019 Besoek op 5 Januarie 2018 Region Middle East North Africa The Future of the Global Muslim Population Executive Summary in Engels Pew Research Center Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Julie 2013 Besoek op 3 April 2013 Sien Eastern Europe Russia and Central Asia Religions The World Factbook Central Intelligence Agency CIA Besoek op 8 Desember 2011 Sue Hellett U S should focus on sanctions against Iran Iran Israel and the United States A dictionary of modern politics Mapping the Global Muslim Population A Report on the Size and Distribution of the World s Muslim Population Pew Research Center 7 Oktober 2009 Besoek op 2010 08 24 Quick guide Sunnis and Shias BBC News 2011 12 06 Besoek op 18 Desember 2011 Tension between Sunnis Shiites emerging in USA in Engels USA Today 24 September 2007 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Julie 2012 Besoek op 18 Desember 2011 Eksterne skakels WysigDie Koran in Afrikaans Islam org uk Koran SunniPath Study Islam Online Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Soenni Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse WikipediaOntsluit van https af wikipedia org w index php title Soenni amp oldid 2215153,