×
Smeltingswarmte

Die smeltingswarmte (ook latente smeltingswarmte genoem) is die hoeveelheid warmte-energie wat 'n materiaal moet absorbeer om 'n bepaalde hoeveelheid massa van die stof van 'n vastestof tot 'n vloeistof en omgekeerd te verander. Die temperatuur waarteen hierdie omskakeling van toestand plaasvind word die smeltpunt genoem. Die warmte-energie wat afgegee word om die teenoorgestelde toestandsverandering te bewerkstellig is gewoonlik ewe veel en daar kan daarna verwys word as die stollingswarmte.

Wanneer 'n mens termiese energie van 'n vloeistof of 'n vastestof onttrek, val die temperatuur. Wanneer warmte-energie bygevoeg word styg die temperatuur. Wanneer die oorgangspunt tussen die vastestof- en vloeistoffases egter bereik word (die smeltpunt), bly die temperatuur vir 'n suiwer stof konstant met verdere toevoeging of onttrekking van energie totdat die toestandverandering voltooi is, voordat daar weer 'n verdere styging of daling respektiewelik in die temperatuur sal plaasvind. Dit is dan ook die rede waarom daar na die latente smeltingswarmte verwys word, aangesien die addisionele toegevoegde energie se impak "weggesteek" is in soverre dit die temperatuur betref. Om van 'n vloeistof- na 'n vastestoftoestand te verander moet die molekules van die stof meer georden raak en moet addisionele hitte verwyder word. In die teenoorgestelde rigting moet daar 'n groter wanorde tussen die molekules wees en moet hitte bygevoeg word.

Die eenhede waarin smeltingswarmte gewoonlik uitgedruk word is:

joule per mol (die SI-eenheid)

of

kalorieë per gram (ou metriese eenheid wat tans min gebruik word)

of

Britse termiese eenheid per pond (British Thermal Unit) of Btu per pond-mol (Nog in algemene gebruik in sekere Amerikaanse publikasies).

Die smeltingswarmte van water is

334.5 kilojoule per kilogram

Die smeltingswarmte van 'n paar ander algemene stowwe:

Stof Smeltingswarmte
(kJ/kg)
metaan: 58.41
etaan: 95.10
propaan: 79.96
metanol: 99.16
etanol: 108.99
gliserol: 200.62
mieresuur: 276.35
asynsuur: 192.09
asetoon: 97.99
benseen: 127.40
myristiese suur: 198.70
palmitiensuur: 163.93
steariensuur: 198.91

Hierdie waardes is afkomstig van die CRC Press se Handbook of Chemistry and Physics, die 62ste uitgawe.

Publikasie datum: September 27, 2021

smeltingswarmte, smeltingswarmte, latente, smeltingswarmte, genoem, hoeveelheid, warmte, energie, materiaal, moet, absorbeer, bepaalde, hoeveelheid, massa, stof, vastestof, vloeistof, omgekeerd, verander, temperatuur, waarteen, hierdie, omskakeling, toestand, . Die smeltingswarmte ook latente smeltingswarmte genoem is die hoeveelheid warmte energie wat n materiaal moet absorbeer om n bepaalde hoeveelheid massa van die stof van n vastestof tot n vloeistof en omgekeerd te verander Die temperatuur waarteen hierdie omskakeling van toestand plaasvind word die smeltpunt genoem Die warmte energie wat afgegee word om die teenoorgestelde toestandsverandering te bewerkstellig is gewoonlik ewe veel en daar kan daarna verwys word as die stollingswarmte Wanneer n mens termiese energie van n vloeistof of n vastestof onttrek val die temperatuur Wanneer warmte energie bygevoeg word styg die temperatuur Wanneer die oorgangspunt tussen die vastestof en vloeistoffases egter bereik word die smeltpunt bly die temperatuur vir n suiwer stof konstant met verdere toevoeging of onttrekking van energie totdat die toestandverandering voltooi is voordat daar weer n verdere styging of daling respektiewelik in die temperatuur sal plaasvind Dit is dan ook die rede waarom daar na die latente smeltingswarmte verwys word aangesien die addisionele toegevoegde energie se impak weggesteek is in soverre dit die temperatuur betref Om van n vloeistof na n vastestoftoestand te verander moet die molekules van die stof meer georden raak en moet addisionele hitte verwyder word In die teenoorgestelde rigting moet daar n groter wanorde tussen die molekules wees en moet hitte bygevoeg word Die eenhede waarin smeltingswarmte gewoonlik uitgedruk word is joule per mol die SI eenheid of kaloriee per gram ou metriese eenheid wat tans min gebruik word of Britse termiese eenheid per pond British Thermal Unit of Btu per pond mol Nog in algemene gebruik in sekere Amerikaanse publikasies Smeltingswarmte van bekende stowwe WysigDie smeltingswarmte van water is 334 5 kilojoule per kilogram Die smeltingswarmte van n paar ander algemene stowwe Stof Smeltingswarmte kJ kg metaan 58 41etaan 95 10propaan 79 96metanol 99 16etanol 108 99gliserol 200 62mieresuur 276 35asynsuur 192 09asetoon 97 99benseen 127 40myristiese suur 198 70palmitiensuur 163 93steariensuur 198 91 Hierdie waardes is afkomstig van die CRC Press se Handbook of Chemistry and Physics die 62ste uitgawe Sien ook WysigVerdampingswarmte WarmtekapasiteitOntsluit van https af wikipedia org w index php title Smeltingswarmte amp ol,