fbpx Slang (sterrebeeld)
Wikipedia

Slang (sterrebeeld)

Die Slang (Latyn: Serpens) is ’n sterrebeeld in die noordelike hemelruim. Dit is een van die 48 konstellasies wat deur die 2de-eeuse sterrekundige Ptolemeus beskryf is en is steeds een van die 88 moderne sterrebeelde.

Slang
Latynse naam Serpens
Genitief Serpentis
Afkorting Ser
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming Serpens Caput: 16h
Serpens Cauda: 18h
Deklinasie Serpens Caput: 10º
Serpens Cauda: -5º
Grootte 637 vk. grade (23ste)
Kwadrant Serpens Caput: NQ3
Serpens Cauda: SQ3
Besonderhede
Hoofsterre 9
Helderste ster Alpha Serpentis (Unukalhai)
Naaste ster GJ 1224
Sterre helderder as 3 m 1
Sterre met planete 11
Messier-voorwerpe 2
Bayer-/Flamsteed-sterre 57
Aangrensende sterrebeelde
Serpens Caput: Noordelike Kroon, Veewagter, Maagd, Weegskaal, Slangdraer, Hercules
Serpens Cauda: Arend, Slangdraer, Boogskutter, Skild
Portaal Sterrekunde

Dit is uniek onder moderne sterrebeelde deurdat dit uit twee nie-aangrensende dele bestaan: Serpens Caput (die Slang se Kop) in die weste en Serpens Cauda (die Slang se Stert) in die ooste. Tussen dié twee helftes lê die Slangdraer. Die lyf van die Slang word gewoonlik uitgebeeld as sou dit agter die Slangdraer lê. Al bestaan dit uit twee dele, word dit as een sterrebeeld beskou.

Inhoud

Johannes Kepler se tekening van die sterrebeelde Slangdraer en Slang.

Sterre

Die helderste ster in die Slang is Unukalhai of Cor Serpentis (die Slang se Hart), wat ’n skynbare magnitude van 2,63 het. Net een van die sterre in die sterrebeeld is helderder as 3 mag. Alpha Serpentis is in die kopgedeelte. Delta Serpentis, ook in die kop, is ’n dubbelster 210 ligjare van die Aarde af. Theta Serpentis, in die stert, is ook ’n dubbelster.

Diepruimtevoorwerpe

Hoag se Voorwerp is ’n ringsterrestelsel in die Slang se Kop.
Die bolvormige sterreswerm Messier 5 is ook in die Slang se Kop geleë.

Messier 5, ’n bolvormige sterreswerm, is in die kop.

Die Arend-newel (IC 4703) en sy sterreswerm, Messier 16, is sowat 7 000 ligjare van die Aarde af. Die newel is 70 x 50 ligjare groot en bevat die Skeppingspilare, drie stofwolke wat beroemd geword het nadat die Hubble-ruimteteleskoop ’n foto daarvan geneem het. Die sterre wat in die Arend-newel ontstaan, tesame met dié van ’n ouderdom van sowat 5 miljoen jaar, het ’n gemiddelde temperatuur van 45 000 Kelvin en vervaardig genoeg bestraling dat dit die stofpilare eindelik sal vernietig.

’n Deel van die Melkweg strek deur die stert.

Die Serpens-suid-sterreswerm is deur Nasa se Spitzer-ruimteteleskoop (SST) ontdek in die suidelike deel van die Serpens-wolk. Die ontdekking is danksy die infrarooi-waarnemingsfunksie van die SST omdat die sterre teen sigbare golflengtes feitlik heeltemal verberg word deur interstellêre stof in die Serpens-wolk.

Hoag se Voorwerp is ’n perfek gevormde ringsterrestelsel 59 miljoen ligjare van die Aarde af met ’n rooiverskuiwing van 0,00425. Die buitenste ring bestaan uit hoofsaaklik jong blou sterre, maar in die middel kom ouer, geel sterre voor. Die gewildste teorie vir die buitengewone vorm is dat dit ’n staafspiraalstelsel was waarvan die spiraalarms se snelheid te groot was om deel van die stelsel te bly en daarom losgekom het.

Arp 220 is nog ’n ongewone stelsel in die Slang. Dié prototipiese ultrahelder infrarooi-sterrestelsel is 250 miljoen ligjare van die Aarde af. Dit bestaan uit twee groot spiraalstelsels wat besig is om te bots, met hul kerns wat op ’n afstand van 1 200 ligjare om mekaar wentel. Dit veroorsaak uitgebreide stervorming in albei stelsels. Dit bevat ’n groot sterreswerm van meer as ’n miljard sterre wat gedeeltelik bedek lê onder dik stofwolke naby een van die sterrestelsels se aktiewe kern.

Seyfert se Sekstet is ’n groep van ses sterrestelsels, waarvan vier interaktief is. Die swaartekraggebonde stelsels is omtrent 190 miljoen ligjare van die Aarde af en is sowat 100 000 ligjare breed – dit is dus een van die digste bekende sterrestelselgroepe. Sterrekundiges voorspel die vier interaktiewe stelsels sal eindelik saamsmelt en een groot elliptiese sterrestelsel vorm.

Meteoorreëns

Daar is twee daglig-meteoorreëns wat oënskynlik uit die Slang kom, die Omega- en die Sigma-Serpentiede. Albei se hoogtepunt is tussen 18 en 25 Desember.

  1. Wilkins, Jamie; Dunn, Robert (2006). 300 Astronomical Objects: A Visual Reference to the Universe (1ste uitg.). Buffalo, New York: Firefly Books. ISBN 978-1-55407-175-3.|access-date= requires |url= (help)
  2. Jenniskens, Peter (September 2012). "Mapping Meteoroid Orbits: New Meteor Showers Discovered". Sky & Telescope: 24.


Die 88 moderne sterrebeelde

AgterdekAkkedisAltaarAndromedaArendBeeldhouerBekerBerenike se HareBoogskutterBulDolfynDraakDriehoekDuifEenhoringEridanusFeniksGraveerstifGroot BeerGroot HondHaasHerculesHorlosieIndiërJaghondeJagterKameelperdKameleonKielKlein BeerKlein HondKlein LeeuKoetsierKompasKassiopeiaKefeusKraaiKraanvoëlKreefNetLeeuLierLugpompMaagdMikroskoopNoordelike KroonNoordelike WaterslangOktantOondParadysvoëlPasserPerseusPouPylRamRooikatSeileSekstantSentourSkerpioenSkildSkilderSlangSlangdraerSteenbokSuidelike DriehoekSuidelike KroonSuidelike VisSuidelike WaterslangSuiderkruisSwaanSwaardvisTafelTeleskoopToekanTweelingVeewagterVisseVlieënde PerdVlieënde VisVliegVosVulWalvisWaterdraerWeegskaalWinkelhaakWolf

Slang (sterrebeeld)
slang, sterrebeeld, slang, latyn, serpens, sterrebeeld, noordelike, hemelruim, konstellasies, deur, eeuse, sterrekundige, ptolemeus, beskryf, steeds, moderne, sterrebeelde, slanglatynse, naam, serpensgenitief, serpentisafkorting, serwaarnemingsdata, epog, j200. Die Slang Latyn Serpens is n sterrebeeld in die noordelike hemelruim Dit is een van die 48 konstellasies wat deur die 2de eeuse sterrekundige Ptolemeus beskryf is en is steeds een van die 88 moderne sterrebeelde SlangLatynse naam SerpensGenitief SerpentisAfkorting SerWaarnemingsdata Epog J2000 Regte klimming Serpens Caput 16h Serpens Cauda 18hDeklinasie Serpens Caput 10º Serpens Cauda 5ºGrootte 637 vk grade 23ste Kwadrant Serpens Caput NQ3 Serpens Cauda SQ3BesonderhedeHoofsterre 9Helderste ster Alpha Serpentis Unukalhai Naaste ster GJ 1224Sterre helderder as 3 m 1Sterre met planete 11Messier voorwerpe 2Bayer Flamsteed sterre 57Aangrensende sterrebeeldeSerpens Caput Noordelike Kroon Veewagter Maagd Weegskaal Slangdraer Hercules Serpens Cauda Arend Slangdraer Boogskutter SkildPortaal Sterrekunde Dit is uniek onder moderne sterrebeelde deurdat dit uit twee nie aangrensende dele bestaan Serpens Caput die Slang se Kop in die weste en Serpens Cauda die Slang se Stert in die ooste Tussen die twee helftes le die Slangdraer Die lyf van die Slang word gewoonlik uitgebeeld as sou dit agter die Slangdraer le Al bestaan dit uit twee dele word dit as een sterrebeeld beskou Inhoud 1 Ruimtevoorwerpe 1 1 Sterre 1 2 Diepruimtevoorwerpe 1 3 Meteoorreens 2 Verwysings 3 Eksterne skakelsRuimtevoorwerpe Wysig Johannes Kepler se tekening van die sterrebeelde Slangdraer en Slang Sterre Wysig Die helderste ster in die Slang is Unukalhai of Cor Serpentis die Slang se Hart wat n skynbare magnitude van 2 63 het Net een van die sterre in die sterrebeeld is helderder as 3 mag Alpha Serpentis is in die kopgedeelte Delta Serpentis ook in die kop is n dubbelster 210 ligjare van die Aarde af Theta Serpentis in die stert is ook n dubbelster Diepruimtevoorwerpe Wysig Hoag se Voorwerp is n ringsterrestelsel in die Slang se Kop Die bolvormige sterreswerm Messier 5 is ook in die Slang se Kop gelee Messier 5 n bolvormige sterreswerm is in die kop Die Arend newel IC 4703 en sy sterreswerm Messier 16 is sowat 7 000 ligjare van die Aarde af Die newel is 70 x 50 ligjare groot en bevat die Skeppingspilare drie stofwolke wat beroemd geword het nadat die Hubble ruimteteleskoop n foto daarvan geneem het Die sterre wat in die Arend newel ontstaan tesame met die van n ouderdom van sowat 5 miljoen jaar het n gemiddelde temperatuur van 45 000 Kelvin en vervaardig genoeg bestraling dat dit die stofpilare eindelik sal vernietig 1 n Deel van die Melkweg strek deur die stert Die Serpens suid sterreswerm is deur Nasa se Spitzer ruimteteleskoop SST ontdek in die suidelike deel van die Serpens wolk Die ontdekking is danksy die infrarooi waarnemingsfunksie van die SST omdat die sterre teen sigbare golflengtes feitlik heeltemal verberg word deur interstellere stof in die Serpens wolk Hoag se Voorwerp is n perfek gevormde ringsterrestelsel 59 miljoen ligjare van die Aarde af met n rooiverskuiwing van 0 00425 Die buitenste ring bestaan uit hoofsaaklik jong blou sterre maar in die middel kom ouer geel sterre voor Die gewildste teorie vir die buitengewone vorm is dat dit n staafspiraalstelsel was waarvan die spiraalarms se snelheid te groot was om deel van die stelsel te bly en daarom losgekom het 1 Arp 220 is nog n ongewone stelsel in die Slang Die prototipiese ultrahelder infrarooi sterrestelsel is 250 miljoen ligjare van die Aarde af Dit bestaan uit twee groot spiraalstelsels wat besig is om te bots met hul kerns wat op n afstand van 1 200 ligjare om mekaar wentel Dit veroorsaak uitgebreide stervorming in albei stelsels Dit bevat n groot sterreswerm van meer as n miljard sterre wat gedeeltelik bedek le onder dik stofwolke naby een van die sterrestelsels se aktiewe kern 1 Seyfert se Sekstet is n groep van ses sterrestelsels waarvan vier interaktief is Die swaartekraggebonde stelsels is omtrent 190 miljoen ligjare van die Aarde af en is sowat 100 000 ligjare breed dit is dus een van die digste bekende sterrestelselgroepe Sterrekundiges voorspel die vier interaktiewe stelsels sal eindelik saamsmelt en een groot elliptiese sterrestelsel vorm 1 Meteoorreens Wysig Daar is twee daglig meteoorreens wat oenskynlik uit die Slang kom die Omega en die Sigma Serpentiede Albei se hoogtepunt is tussen 18 en 25 Desember 2 Verwysings Wysig 1 0 1 1 1 2 1 3 Wilkins Jamie Dunn Robert 2006 300 Astronomical Objects A Visual Reference to the Universe 1ste uitg Buffalo New York Firefly Books ISBN 978 1 55407 175 3 access date requires url help Jenniskens Peter September 2012 Mapping Meteoroid Orbits New Meteor Showers Discovered Sky amp Telescope 24 Ridpath Ian en Tirion Wil Stars and Planets Guide Collins Londen 2007 ISBN 978 0 00 725120 9 Princeton University Press Princeton ISBN 978 0 691 13556 4 Eksterne skakels WysigThe Deep Photographic Guide to the Constellations Serpens Star Tales Serpens Stellar Siblings in Serpens South Geargiveer 7 Junie 2010 op Wayback Machine Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Die Slang Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia Die 88 moderne sterrebeeldeAgterdek Akkedis Altaar Andromeda Arend Beeldhouer Beker Berenike se Hare Boogskutter Bul Dolfyn Draak Driehoek Duif Eenhoring Eridanus Feniks Graveerstif Groot Beer Groot Hond Haas Hercules Horlosie Indier Jaghonde Jagter Kameelperd Kameleon Kiel Klein Beer Klein Hond Klein Leeu Koetsier Kompas Kassiopeia Kefeus Kraai Kraanvoel Kreef Net Leeu Lier Lugpomp Maagd Mikroskoop Noordelike Kroon Noordelike Waterslang Oktant Oond Paradysvoel Passer Perseus Pou Pyl Ram Rooikat Seile Sekstant Sentour Skerpioen Skild Skilder Slang Slangdraer Steenbok Suidelike Driehoek Suidelike Kroon Suidelike Vis Suidelike Waterslang Suiderkruis Swaan Swaardvis Tafel Teleskoop Toekan Tweeling Veewagter Visse Vlieende Perd Vlieende Vis Vlieg Vos Vul Walvis Waterdraer Weegskaal Winkelhaak WolfOntsluit van https af wikipedia org w index php title Slang sterrebeeld amp ol,