×
Skunk Works

Lockheed se Skunk works (Engels "skunk" beteken "muishond") verwys na vertroulik projekte (ook swartprojekte) wat hoofsaaklik vir die Amerikaanse Lugmag onderneem is/word. Die term word ook gebruik vir projekte wat werknemers sonder kennis van die maatskappy se bestuur uitvoer.

Montering van die SR-71 Blackbird in die Lockheed Skunk Works.

Oorspronklik was die naam Skunk Works deur Lockheed Martin gebruik as 'n semi-amptelike naam vir die navorsing- en ontwerpsafdeling Skunk Werke, wat 'n belangrike rol gedien het in die ontwikkeling van baie, soms geheime, vliegtuigprojekte.

Ben Rich en "Kelly" Johnson gee die oorsprong aan as Junie 1943 in Burbank, Kalifornië. Hulle verskaf basies dieselfde kronologie in hul outobiografieë, nou die amptelike Lockheed Skunk Works-storie:

Die "Air Tactical Service Command" (ATSC) van die U.S. Army Air Force het vroeg in 1943 aan Lockheed Aircraft Corporation sy behoefte vir 'n straaljagter verduidelik. 'n Vinniggroeiende Duitse stralerbedreiging het Lockheed die geleentheid gebied om 'n vliegtuig te ontwikkel met die kragtigste stralerenjin wat die geallieerde magte op daardie stadium toegang toe gehad het, nl. die Britse Goblin. Lockheed is gekies om die straalvegter te ontwikkel omrede sy vorige belangstelling in stralerontwikkeling en sy vorige kontrakte met die Amerikaanse Lugmag. Een maand na die ATSC-Lockheedvergadering, het die jong ingenieur Clarence "Kelly" Johnson en ander mede-ingenieurs die aanvanklike XP-80 voorstel per hand aan die ATSC afgelewer. Twee dae later is die groen lig aan Lockheed gegee om ontwikkeling te begin, en die Skunk Works is gebore, met Kelly Johnson aan die stuur.

Die formele kontrak vir die XP-80 het Lockheed eers op 16 Oktober 1943 bereik; sowat vier maande nadat werk reeds begin het. Dit blyk later 'n algemene praktyk by die Skunk Works te wees. Vele kere het 'n kliënt by die Skunk Works opgedaag met 'n versoek vir 'n produk, en met slegs 'n handdruk het die projek begin, met geen kontrakte in plek of enige amptelike voorleggingsproses nie. Kelly Johnson en sy span by Skunk Works het die XP-80 in net 143 dae ontwerp en gebou, sewe minder as wat vereis was.

Publikasie datum: Augustus 25, 2021

skunk, works, lockheed, skunk, works, engels, skunk, beteken, muishond, verwys, vertroulik, projekte, swartprojekte, hoofsaaklik, amerikaanse, lugmag, onderneem, word, term, word, gebruik, projekte, werknemers, sonder, kennis, maatskappy, bestuur, uitvoer, mon. Lockheed se Skunk works Engels skunk beteken muishond verwys na vertroulik projekte ook swartprojekte wat hoofsaaklik vir die Amerikaanse Lugmag onderneem is word Die term word ook gebruik vir projekte wat werknemers sonder kennis van die maatskappy se bestuur uitvoer Montering van die SR 71 Blackbird in die Lockheed Skunk Works Oorspronklik was die naam Skunk Works deur Lockheed Martin gebruik as n semi amptelike naam vir die navorsing en ontwerpsafdeling Skunk Werke wat n belangrike rol gedien het in die ontwikkeling van baie soms geheime vliegtuigprojekte Ontstaan WysigBen Rich en Kelly Johnson gee die oorsprong aan as Junie 1943 in Burbank Kalifornie Hulle verskaf basies dieselfde kronologie in hul outobiografiee nou die amptelike Lockheed Skunk Works storie Die Air Tactical Service Command ATSC van die U S Army Air Force het vroeg in 1943 aan Lockheed Aircraft Corporation sy behoefte vir n straaljagter verduidelik n Vinniggroeiende Duitse stralerbedreiging het Lockheed die geleentheid gebied om n vliegtuig te ontwikkel met die kragtigste stralerenjin wat die geallieerde magte op daardie stadium toegang toe gehad het nl die Britse Goblin Lockheed is gekies om die straalvegter te ontwikkel omrede sy vorige belangstelling in stralerontwikkeling en sy vorige kontrakte met die Amerikaanse Lugmag Een maand na die ATSC Lockheedvergadering het die jong ingenieur Clarence Kelly Johnson en ander mede ingenieurs die aanvanklike XP 80 voorstel per hand aan die ATSC afgelewer Twee dae later is die groen lig aan Lockheed gegee om ontwikkeling te begin en die Skunk Works is gebore met Kelly Johnson aan die stuur Die formele kontrak vir die XP 80 het Lockheed eers op 16 Oktober 1943 bereik sowat vier maande nadat werk reeds begin het Dit blyk later n algemene praktyk by die Skunk Works te wees Vele kere het n klient by die Skunk Works opgedaag met n versoek vir n produk en met slegs n handdruk het die projek begin met geen kontrakte in plek of enige amptelike voorleggingsproses nie Kelly Johnson en sy span by Skunk Works het die XP 80 in net 143 dae ontwerp en gebou sewe minder as wat vereis was Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Skunk Works amp ol,