×
Skotse nasionale krieketspan

Die Skotse nasionale krieketspan (Engels: Scotland national cricket team) verteenwoordig Skotland in die spel van krieket. Hulle speel hul tuiswedstryde op The Grange, Edinburg, maar soms word ook ander krieketvelde ingespan. Saam met Nederland is Skotland tradisioneel een van die sterker Europese nasionale krieketspanne na die toetsnasies Engeland en Ierland.

Skotland
Kenteken van die Skotse nasionale krieketspan
BynaamScottish Saltires (2010–2013)
KonferensieKrieket Skotland
Personeel
KapteinKyle Coetzer
Afrigter Shane Burger
Internasionale Krieketraad
IKR-statusAssosiaatlid met EDI-status (1994)
IKR-streekEKR (Europa)
IKR-ranglys Tans Beste rang tot dusver
EDI15de13de
T20I13de11de (op 31 Desember 2018)
Internasionale eendagwedstryde
Eerste EDIt Australië op New Road, Worcester; 16 Mei 1999
Laaste EDIt Verenigde Arabiese Emirate op Sharjah-krieketstadion, Sharjah; 15 Desember 2019
EDIs Gespeel Gewen/Verloor
Totaal11542/66
(1 gelykop, 6 geen uitslag)
Vanjaar00/0
(0 gelykop, 0 geen uitslag)
verskynings tydens wêreldbeker-toernooie3 (eerste in 1999)
Beste uitslagGroepfase (in 1999, 2007 en 2015)
verskynings tydens wêreldbeker-kwalifiserings6 (eerste in 1997)
Beste uitslagKampioen (in 2005 en 2014)
Twintig20s
Eerste T20It Pakistan op Kingsmead, Durban; 12 September 2007
Laaste T20It Indië op IKR-Academie-grond, Dubai; 30 Oktober 2019
T20Is Gespeel Gewen/Verloor
Totaal6529/32
(1 onbeslis, 3 geen uitslag)
Vanjaar00/0
(0 onbeslis, 0 geen uitslag)
Verskynings by T20-wêreldbeker-toernooie4 (eerste in 2007)
Beste uitslagGroepfase (in 2007, 2009 en 2016)
Verskynings by T20-wêreldbeker-kwalifiserings6 (eerste in 2008)
Beste uitslagKampioen (in 2015)
EDI- en T20I-klere

Tot in die vroeë 1990’s is Skotland nes Ierland in internasionale krieket amptelik deur die Engelse nasionale krieketspan verteenwoordig. Skotland het ná die verbreking van bande met die Engelse nasionale krieketspan twee jaar tevore in 1994 ’n medelid van die Internasionale Krieketraad geword. Sedertdien het hulle aan drie krieketwêreldbekertoernooie (in 1999, 2007 en 2015) en drie T20-wêreldbekertoernooie (in 2007, 2009 en 2016) deelgeneem. Hul eerste oorwinning in enige van hierdie gebeure het egter eers gekom nadat hulle Hongkong tydens die T20-wêreldbeker 2016 geklop het. Daarbenewens het Skotland twee wedstryde tydens die 1999-toernooi tuis gespeel en sodoende die eerste geassosieerde nasie geword wat wedstryde tydens ’n wêreldbekertoernooi aangebied het.

Skotland het aan elke IKR Interkontinentale Bekertoernooi deelgeneem, en ook die eerste toernooi in 2004 gewen. Tussen 2010 en 2013 het die span aan die ECB 40 as die Skotse Saltires meegeding. Wedywering met die Ierse nasionale krieketspan het begin toe in 1888 die eerste spanne teen mekaar gespeel het.

Kyle Coetzer het in November 2016 die kaptein geword nadat Preston Mommsen, wat vanaf September 2014 dié pos beklee het, bedank het. Die afrigter is die Suid-Afrikaner Shane Burger wat in Januarie 2019 aangestel is.

In April 2018 het die IKR besluit om aan al sy lede volle Twintig20-status toe te ken. Vervolgens sal elke T20-wedstryd wat Skotland ná 1 Januarie 2019 teen ander IKR-lede speel, as volle T20I erken word. Skotland is tans (25 Februarie 2020) 15de op die eendagranglys, en 13de op die Twintig20-wêreldranglys.

Inhoud

Voor IKR-lidmaatskap

Leslie Balfour-Melville, Skotse krieketkaptein en president van die Skotse Krieketraad, ca. 1891

Krieket is vanuit Engeland taamlik vroeg na Skotland geneem; die eerste bekende krieketwedstryd in Skotland is in 1785 in Alloa gespeel. Dit sou nog agt verdere jare neem voordat Skotland sy eerste volle wedstryd sal speel, teen Surrey in 1865, wat hulle met 172 lopies gewen het.

Die eerste Skotse Krieketunie is in 1879 gestig, en die nasionale span het Australië drie jaar later met 7 paaltjies verslaan. Die Skotse Krieketunie is in 1883 ontbind, en die Grange Krieketklub het tot in 1909 die beheerliggaam van krieket in Skotland geword. Die eerste wedstryd teen Ierland is in 1888 in Dublin gespeel, en Ierland het dié wedstryd gewen. Hulle het voor die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog ook teen Suid-Afrika, Wes-Indië, ’n All-Indiese span en Nieu-Seeland gespeel.

In 1948 het Australië, ná die einde van hul toer na Engeland, Skotland vir twee wedstryde besoek. Albei wedstryde, wat deur Australië gewen is, was die laaste internasionale wedstryde vir Don Bradman. Don het in sy tipiese styl gespeel, en ’n onoorwonne 123 lopies in sy beurt aangeteken.

Skotland het in 1980 vir die eerste keer aan Engelse plaaslike krieket deelgeneem, toe hulle vir die eerste keer aan die Benson & Hedges-beker deelgeneem het. Drie jaar later het hulle aan die NatWest-trofee deelgeneem. Hul eerste oorwinning tydens die Benson & Hedges-beker in in 1986 teen Lancashire aangeteken.

Skotse krieketspelers

Don Bradman met sy kolf, ca. 1932

Van die bekendste krieketspelers is waarskynlik die voormalige Engelse kaptein Mike Denness, Warwickshire se veelsydige Dougie Brown, en die voormalige Engelse toetsspeler Gavin Hamilton. ’n Ander bekende Skotse krieketspeler is Brian Hardie, wat gedurende die 1970’s en 1980’s belangrike bydraes tot die suksesvolle Essex-span gelewer het. Dalk een van die beste draaiers en later ’n welverdiende joernalis was Ian Peebles, wat in 1931 saam met Don Bradman as krieketspelers van die jaar aangewys is.

Die bekendste krieketspeler, Douglas Jardine, was ’n Skot en het die "lyfteorie", wat as "lyfkrieket" bekend geword het, uitgedink, waarvoor hy in Australië verguisde is. Jardine is in Brits-Indië gebore, het die meeste tyd van sy lewe in Engeland deurgebring en is in Switserland oorlede. Sy ouers was egter Skotte. Hy het gevra dat sy as in Skotland verstrooi word en het vir sy kinders Skotse name gegee.

IKR-lidmaatskap

In 1992 het Skotland sy bande met die Toets- en County-krieketraad en Engeland verbreek, en in 1994 ’n geassosieerde lid van die Internasionale Krieketraad op sy eie reg geword. Hulle het in 1997 vir die eerste keer aan die IKR-trofee deelgeneem, derde geëindig en sodoende vir die Krieketwêreldbeker 1999 gekwalifiseer, waar hulle al hul wedstryde verloor het. Tydens die IKR-trofee in 2001 het Skotland die vierde plek behaal, nadat hulle ’n uitspeelwedstryd teen Kanada verloor het, maar hulle het in 2005 die IKR-trofee gewen, en hul ou mededingers Ierland in die eindstryd verslaan. In 2004 het Skotland as een van die leidende assosiaatlede gevestig, nadat hulle die eerste Interkontinentale beker gewen het. Tydens die 2005-toernooi het hulle egter nie daarin geslaag om tot die tweede rondte te vorder nie.

2006

The Grange Club, Skotland se tuisstadion in Glasgow. Dit is tydens die Krieketwêreldbeker 1999 vir twee wedstryde van Skotland ingespan

In Maart 2006 het Skotland vir ’n voorseisoense toer na Barbados vertrek. Hulle het goed vertoon, alhoewel hulle net een – teen ’n Barbados-span – van hul ses wedstryde gewen het. Die meeste van hul sukses kan aan Dougie Brown toegeskryf word, wat in 2004 opnuut in aanmerking gekom het om Skotland op internasionale vlak te verteenwoordig. Hulle het aan die begin van die Engelse krieketseisoen in 2006 aan die C & G-trofee deelgeneem. Skotland het beter gevaar as verwag, en drie van hul nege wedstryde gewen, waardeur hulle op die agtste plek van die Noordelike konferensie geëindig het.

In Junie het Skotland sy eerste EDI-wedstryd sedert die Krieketwêreldbeker in 1999 gespeel, nadat hulle teen Pakistan in Edinburg te staan gekom het. Sonder die twee sleutelspelers Dougie Brown en Navdeep Poonia het hulle dié wedstryd met 5 paaltjies verloor. Skotland het tydens die Europese Kampioenskap in Augustus uiteindelik sy eerste EDI-oorwinning aangeteken en Nederland in ’n weens reën verkorte spel verslaan. Hulle het egter weer sleutelspelers vir ’n paar wedstryde in hierdie toernooi gemis, en weens hul verlies teen Ierland het hulle op die tweede plek tydens die toernooi geëindig.

In 2006 en vroeg 2007 het Skotland aan die derde Interkontinentale beker deelgeneem. Hulle het in Mei 2006 Namibië met ’n beurt verslaan, maar nadat hulle in Augustus teen Ierland en in Januarie 2007 die Verenigde Arabiese Emirate gelykop gespeel het, kon hulle nie tot die eindstryd vorder nie. In Desember 2006 het die Skotse span vir ’n EDI-reeks van twee wedstryde na die toetsnasie Bangladesj getoer – hul eerste buite die Verenigde Koninkryk – maar albei wedstryde duidelik verloor.

2007

Die Skot Ryan Watson teken op 16 Augustus 2007 ’n grenshou teen Indië op Glasgow se Titwood-grond aan
Skotland se John Blain boul Indië se Yuvraj Singh op Glasgow se Titwood-grond uit, 16 Augustus 2007

In Januarie 2007, ná die Interkontinentale bekerwedstryd teen die Verenigde Arabiese Emirate in Sharjah, het hulle na Kenia getoer, en in ’n driehoekige reeks teen beide Kanada en Kenia in Mombasa gespeel, en tweede geëindig. Dit is opgevolg deur afdeling een van die Wêreldkrieketliga in Nairobi, waartydens Skotland as naaswenner geëindig het.

Later die jaar het die Skotse span vir hul tweede krieketwêreldbekertoernooi na Wes-Indië vertrek. Hulle het weer al hul wedstryde verloor en versuim om tot die tweede rondte te vorder. Terug in die Verenigde Koninkryk het Skotland aan die Friends Provident-trofee deelgeneem; hul enigste oorwinning tydens dié toernooi was teen Lancashire. Hulle het ook tydens die Interkontinentale beker teen die Verenigde Arabiese Emirate gelykop gespeel en in Julie is ’n EDI-wedstryd teen Pakistan uitgereën.

In Julie het Skotland aan ’n vierhoekige reeks in Ierland teen die gasheer, Nederland en Wes-Indië deelgeneem. Hul verskynings was egter nie ’n sukses nie. Skotland het sy wedstryde teen beide Ierland en Wes-Indië verloor, terwyl die wedstryd teen Nederland weens reën afgelas is.

Aan die begin van Augustus was Skotland tydens die Interkontinentale beker meer suksesvol, nadat hulle teen Nederland met ’n beurt en 59 lopies gewen het. Hulle het later teen Ierland in ’n deur reën geaffekteerde wedstryd gelykop gespeel, maar net drie punte weens ’n swak vertoning tydens die eerste beurt verkry. In middel-Augustus was Indië Skotland se volgende EDI-teenstander, en dié wedstryd is regstreeks op BBC Skotland uit Titwood, Glasgow, gebeeldsend. Die wedstryd is ná ’n paar kort reënbuie effens na 46 boulbeurte verkort, maar Indië het met 7 paaltjies gewen.

Nadat hulle vroeër die jaar tot die eindstryd van die Wêreldkrieketliga gevorder het, het Skotland vir die eerste T20-wêreldbeker in Suid-Afrika gekwalifiseer. Hulle is in die eerste wedstryd met 51 lopies deur Pakistan verslaan, terwyl die volgende wedstryd teen Indië uitgereën is.

2008

In Julie 2008 het Skotland ’n driehoekige reeks met Ierland en Nieu-Seeland in Aberdeen aangebied. Skotland het Ierland verslaan, maar hul wedstryd teen Nieu-Seeland verloor.

In vroeg Augustus het Skotland met vyf ander assosiaatlede aan die T20-wêreldbekerkwalifisering in Belfast deelgeneem. Ondanks ’n aanvanklike nederlaag teen Ierland het Skotland ná ’n oorwinning oor Bermuda tot die halfeindstryd gevorder. Skotland kon van die onverwagse nederlaag teen Nederland in die halfeindstryd enkele ure vroeër herstel, en Kenia (wat bo Kanada geëindig het) met 9 paaltjies in die uitspeelwedstryd om die derde plek verslaan. Aangesien net twee nasies vir die T20-wêreldbeker 2009 kon kwalifiseer, het Skotland net sy plek bespreek omdat Zimbabwe aangekondig het om nie aan dié toernooi deel te neem nie.

Op 18 Augustus het Skotland in sy eerste EDI-wedstryd teen Engeland te staan gekom en die wedstryd is op die Grange-krieketklub in Edinburg aangebied. Dié ontmoeting is egter ná minder as 3 boulbeurte tydens Engeland se antwoord op Skotland se 156/9 weens reën afgelas.

In Desember 2008 het Krieket Skotland in ’n geskiedkundige gebeurtenis sentrale kontrakte aan drie Skotse spelers oorhandig. Die boulers Gordon Goudie en Dewald Nel, asook die kaptein Ryan Watson het die eerste voltydse krieketspelers in Skotland geword. 19 ander krieketspelers is deeltydse kontrakte aangebied.

2009

Skotland het in Junie aan die T20-wêreldbeker in Engeland deelgeneem. Hulle is saam met die toetsnasies Nieu-Seeland en Suid-Afrika in Groep D geloot, en albei wedstryde is op The Oval in Londen aangebied.

Die eerste wedstryd teen Nieu-Seeland is weens reën op 7 boulbeurte per span verkort. Skotland het eerste begin kolf en 89/4 aangeteken, waaronder Kyle Coetzer se 33. Drie foutballe en ’n vangs wat laat val is, het Nieu-Seeland met 7 paaltjies laat wen.

In die tweede wedstryd het Suid-Afrika 211/5 aangeteken, met AB de Villiers wat 79 nie uit nie van net 34 aflewerings geslaan het. In antwoord daarop is Skotland op net 81 uitgeboul, meer as die helfte daarvan is deur Coetzer (42) aangeteken. Die oorwinning met 130 lopies was die tweede hoogste in ’n internasionale T20-wedstryd.

2010

In 2010 het Skotland aan die eerste ECB 40-toernooi deelgeneem.

Skotland het in die Verenigde Arabiese Emirate om ’n plek in die T20-wêreldbeker 2010 in Wes-Indië meegeding. Hul teenstanders was Afghanistan, Kanada, Ierland, Kenia, Nederland, die VAE en die VSA. Dié toernooi het vir Skotland teleurstellend verloop, nadat hulle tydens die groepfase nie ’n oorwinning kon aanteken nie.

Skotland se Interkontinentale bekerveldtog was meer suksesvol, nadat hulle die eindstryd in Desember – teen Afghanistan – op die nuwe krieketstadion in Doebai gemaak het. Dié eindstryd is as ’n vierdaagse eersterangse wedstryd met twee beurte per span geskeduleer, en Afghanistan het die wedstryd ná agt sessies gewen. Dit was ook die eerste wedstryd van enige krieketformaat wat regstreeks aanlyn gebeeldsend is – deur twee Skotse ondersteuners met toestemming van die IKR.[verwysing benodig]

Krieketwêreldbekerkwalifikasies

Gedurende Maart en April 2009 het Skotland gepoog om die IKR-trofee, wat hulle in 2005 ingepalm het, te verdedig. Om vir die Krieketwêreldbeker 2011 te kwalifiseer was ’n vierde plek nodig. Hulle het ook probeer om EDI-status te verkry deur onder die beste ses te eindig.

Skotland het dié toernooi erg afgeskop met drie nederlae tydens hul vyf groepwedstryde. Nadat hulle slegs met die punte uit die wedstryd teen Namibië tot die Super Agt gevorder het, was die pad na die Krieketwêreldbeker vir Skotland moeilik.

Skotland het die Super Agt goed afgeskop nadat hulle Nederland in die eerste wedstryd verslaan het. Nederlae teen beide Kenia en Afghanistan het gevolg. Die uitslag het beide Skotland se kwalifisering vir die Krieketwêreldbeker en hul EDI-status bedreig, indien hulle uit die boonste ses uitgeskakel sal word.

’n Oorwinning oor die VAE in hul laaste wedstryd en ’n verbeterde lopietempo, danksy die oorwinning met 122 lopies, het aan die Skotte ’n plek onder die beste ses besorg, en EDI-status tot die volgende rondte van die Krieketwêreldbekerkwalifikasies verseker.

Skotland het vir die Krieketwêreldbeker 2015 in Australië en Nieu-Seeland gekwalifiseer, maar is ná ses agtereenvolgende nederlae in hul ses wedstryde in die groepfase uitgeskakel.

Toer van Nieu-Seeland A na Skotland in 2014

In Augustus 2014 het Skotland ’n drie-wedstrydreeks teen Nieu-Seeland A op Cambusdoon New Ground, Ayr, gespeel. In die eerste wedstryd het beide Grant Elliott en kaptein BJ Watling honderdtalle aangeteken en verseker dat Nieu-Seeland A met 199 lopies wen. Skotland het naastenby 150 lopies tydens die laaste tien boulbeurte afgestaan.

In Januarie 2017 het Skotland aan die Desert T20-uitdaging deelgeneem. Hulle het al hul groepwedstryde gewen, voordat hulle deur Ierland in die halfeindstryd verslaan is.

Zimbabwiese toer na Skotland in 2017

Skotland het sy eerste oorwinning oor ’n volle lid van die IKR aangeteken, toe hulle op 15 June 2017 ’n toerende Zimbabwe verslaan het.

2018

Skotland het sy tweede oorwinning oor ’n volle lid van die IKR aangeteken, toe hulle op 10 Junie 2018 ’n toerende Engeland verslaan het.

Wêreldbekerrekord

Jaar Uitslag
1975 Nie in aanmerking nie – nie ’n IKR-lid nie
1979 Nie in aanmerking nie – nie ’n IKR-lid nie
1983 Nie in aanmerking nie – nie ’n IKR-lid nie
1987 Nie in aanmerking nie – nie ’n IKR-lid nie
1992 Nie in aanmerking nie – nie ’n IKR-lid nie
1996 Nie ’n IKR-lid op die tyd van kwalifikasie nie
1999 Groepfase
2003 Nie gekwalifiseer nie
2007 Groepfase
2011 Nie gekwalifiseer nie
2015 Groepfase
2019 Nie gekwalifiseer nie
2023 N.v.t.

Twintig20-rekord

Jaar Uitslag
2007 Groepfase
2009 Groepfase
2010 Nie gekwalifiseer nie
2012 Nie gekwalifiseer nie
2014 Nie gekwalifiseer nie
2016 Groepfase
2021 Gekwalifiseer
2022 N.v.t.
  1. (en) . Internasionale Krieketraad.
  2. (en) . ESPNcricinfo.
  3. (en) . ESPNcricinfo.
  4. (en) . ESPNcricinfo.
  5. (en) . ESPNcricinfo.
  6. (en) . Krieket Skotland. Geargiveer vanaf op 27 Januarie 2017. Besoek op27 Januarie 2017.
  7. (en) Wisden Cricketers' Almanack (128ste uitg.). John Wisden & Co Ltd. 1991. pp. 293, 1321. ISBN 0-947766-16-2.
  8. (en) . CricketArchive. vanaf die oorspronklike op 26 Januarie 2020.
  9. (en) Muthu, Deivarayan (12 Maart 2016). . ESPNcricinfo. vanaf die oorspronklike op 26 Januarie 2020. Besoek op25 Februarie 2020.
  10. (en) . Ierse Krieketunie. 7 September 2014. vanaf die oorspronklike op 26 Februarie 2020. Besoek op25 Februarie 2020.
  11. (en) . Internasionale Krieketraad. 15 Januarie 2019. vanaf die oorspronklike op 26 Januarie 2020. Besoek op25 Februarie 2020.
  12. (en) . Internasionale Krieketraad. 26 April 2018. vanaf die oorspronklike op 19 Mei 2020. Besoek op25 Februarie 2020.
  13. (en) . Internasionale Krieketraad. 15 Februarie 2020. vanaf die oorspronklike op 24 Mei 2020. Besoek op25 Februarie 2020.
  14. (en) . Internasionale Krieketraad. 15 Februarie 2020. vanaf die oorspronklike op 11 Mei 2020. Besoek op25 Februarie 2020.
  15. (en) . Skotse Krieketraad. Geargiveer vanaf op 3 Julie 2007. Besoek op29 Januarie 2020.
  16. (en) . Cricketeurope4.net. Geargiveer vanaf op 4 Oktober 2007. Besoek op29 Mei 2018.
  17. (en) . Cricket Archive. 17 September 1948. vanaf die oorspronklike op 29 Januarie 2020.
  18. (en) . cricketarchive.com. vanaf die oorspronklike op 25 April 2020. Besoek op29 Mei 2018.
  19. (en) . ESPNcricinfo. vanaf die oorspronklike op 10 Augustus 2019. Besoek op25 Februarie 2020.
  20. (en) . ESPNcricinfo. vanaf die oorspronklike op 7 Julie 2019. Besoek op25 Februarie 2020.
  21. (en) . ESPNcricinfo. vanaf die oorspronklike op 29 Januarie 2020. Besoek op25 Februarie 2020.
  22. (en) . Cricket Archive. Geargiveer vanaf op 8 Oktober 2012.
  23. (en) . Cricket Archive. vanaf die oorspronklike op 29 Januarie 2020.
  24. (en) . Cricket Archive. Geargiveer vanaf op 30 Augustus 2008.
  25. (en) . Cricket Archive. 27 Junie 2006. vanaf die oorspronklike op 29 Januarie 2020.
  26. (en) . Cricket Archive. 6 Augustus 2006. vanaf die oorspronklike op 29 Januarie 2020.
  27. (en) . CricketEurope. Geargiveer vanaf op 20 Maart 2012. Besoek op29 Januarie 2020.
  28. (en) . CricketEurope. Geargiveer vanaf op 24 Februarie 2013. Besoek op29 Januarie 2020.
  29. (en) . ESPNcricinfo. vanaf die oorspronklike op 29 Januarie 2020. Besoek op25 Februarie 2020.
  30. (en) . Cricket Archive. vanaf die oorspronklike op 29 Januarie 2020.
  31. (en) . Cricket Archive. 7 Februarie 2007. vanaf die oorspronklike op 29 Januarie 2020.
  32. (en) . ESPNcricinfo. vanaf die oorspronklike op 19 Mei 2020. Besoek op25 Februarie 2020.
  33. (en) . CricketEurope. Geargiveer vanaf op 12 Junie 2012.
  34. (en) . Cricket Archive. 27 Junie 2007. vanaf die oorspronklike op 29 Januarie 2020.
  35. (en) Jon Coates (2 Julie 2007). . Krieket Skotland. Geargiveer vanaf op 29 Mei 2016. Besoek op29 Januarie 2020.
  36. (en) . BBC. 19 Desember 2008. vanaf die oorspronklike op 29 Januarie 2020. Besoek op25 Februarie 2020.
  37. (en) . BBC. 6 Junie 2009. vanaf die oorspronklike op 29 Januarie 2020. Besoek op25 Februarie 2020.
  38. (en) . BBC. 7 Junie 2009. vanaf die oorspronklike op 29 Januarie 2020. Besoek op25 Februarie 2020.
  39. (en) . ESPNcricinfo. 20 Mei 2009. vanaf die oorspronklike op 29 Januarie 2020. Besoek op25 Februarie 2020.
  40. (en) . ESPNcricinfo. 2009. Geargiveer vanaf op 5 April 2009. Besoek op22 April 2009.
  41. (en) . Internasionale Krieketraad. Geargiveer vanaf op 2 Desember 2016. Besoek op18 Maart 2015.
  42. (en) . ESPNcricinfo. 15 Junie 2017. vanaf die oorspronklike op 29 Januarie 2020. Besoek op25 Februarie 2020.
  43. (en) . ESPNcricinfo. 10 Junie 2018. vanaf die oorspronklike op 29 Januarie 2020. Besoek op25 Februarie 2020.

Publikasie datum: September 26, 2021

skotse, nasionale, krieketspan, engels, scotland, national, cricket, team, verteenwoordig, skotland, spel, krieket, hulle, speel, tuiswedstryde, grange, edinburg, maar, soms, word, ander, krieketvelde, ingespan, saam, nederland, skotland, tradisioneel, sterker. Die Skotse nasionale krieketspan Engels Scotland national cricket team verteenwoordig Skotland in die spel van krieket Hulle speel hul tuiswedstryde op The Grange Edinburg maar soms word ook ander krieketvelde ingespan Saam met Nederland is Skotland tradisioneel een van die sterker Europese nasionale krieketspanne na die toetsnasies Engeland en Ierland SkotlandKenteken van die Skotse nasionale krieketspanBynaamScottish Saltires 2010 2013 KonferensieKrieket SkotlandPersoneelKapteinKyle CoetzerAfrigterShane BurgerInternasionale KrieketraadIKR statusAssosiaatlid met EDI status 1994 IKR streekEKR Europa IKR ranglys Tans 1 Beste rang tot dusverEDI15de13deT20I13de11de op 31 Desember 2018 Internasionale eendagwedstrydeEerste EDIt Australie op New Road Worcester 16 Mei 1999Laaste EDIt Verenigde Arabiese Emirate op Sharjah krieketstadion Sharjah 15 Desember 2019EDIs Gespeel Gewen VerloorTotaal 2 11542 66 1 gelykop 6 geen uitslag Vanjaar 3 00 0 0 gelykop 0 geen uitslag verskynings tydens wereldbeker toernooie3 eerste in 1999 Beste uitslagGroepfase in 1999 2007 en 2015 verskynings tydens wereldbeker kwalifiserings6 eerste in 1997 Beste uitslagKampioen in 2005 en 2014 Twintig20sEerste T20It Pakistan op Kingsmead Durban 12 September 2007Laaste T20It Indie op IKR Academie grond Dubai 30 Oktober 2019T20Is Gespeel Gewen VerloorTotaal 4 6529 32 1 onbeslis 3 geen uitslag Vanjaar 5 00 0 0 onbeslis 0 geen uitslag Verskynings by T20 wereldbeker toernooie4 eerste in 2007 Beste uitslagGroepfase in 2007 2009 en 2016 Verskynings by T20 wereldbeker kwalifiserings6 eerste in 2008 Beste uitslagKampioen in 2015 EDI en T20I klere Tot in die vroee 1990 s is Skotland nes Ierland in internasionale krieket amptelik deur die Engelse nasionale krieketspan verteenwoordig 6 7 Skotland het na die verbreking van bande met die Engelse nasionale krieketspan twee jaar tevore in 1994 n medelid van die Internasionale Krieketraad geword 8 Sedertdien het hulle aan drie krieketwereldbekertoernooie in 1999 2007 en 2015 en drie T20 wereldbekertoernooie in 2007 2009 en 2016 deelgeneem Hul eerste oorwinning in enige van hierdie gebeure het egter eers gekom nadat hulle Hongkong tydens die T20 wereldbeker 2016 geklop het 9 Daarbenewens het Skotland twee wedstryde tydens die 1999 toernooi tuis gespeel en sodoende die eerste geassosieerde nasie geword wat wedstryde tydens n wereldbekertoernooi aangebied het Skotland het aan elke IKR Interkontinentale Bekertoernooi deelgeneem en ook die eerste toernooi in 2004 gewen Tussen 2010 en 2013 het die span aan die ECB 40 as die Skotse Saltires meegeding Wedywering met die Ierse nasionale krieketspan het begin toe in 1888 die eerste spanne teen mekaar gespeel het 10 Kyle Coetzer het in November 2016 die kaptein geword nadat Preston Mommsen wat vanaf September 2014 die pos beklee het bedank het Die afrigter is die Suid Afrikaner Shane Burger wat in Januarie 2019 aangestel is 11 In April 2018 het die IKR besluit om aan al sy lede volle Twintig20 status toe te ken Vervolgens sal elke T20 wedstryd wat Skotland na 1 Januarie 2019 teen ander IKR lede speel as volle T20I erken word 12 Skotland is tans 25 Februarie 2020 15de op die eendagranglys en 13de op die Twintig20 wereldranglys 13 14 Inhoud 1 Geskiedenis 1 1 Voor IKR lidmaatskap 1 2 Skotse krieketspelers 1 3 IKR lidmaatskap 1 4 2006 1 5 2007 1 6 2008 1 7 2009 1 8 2010 1 9 Krieketwereldbekerkwalifikasies 1 10 Toer van Nieu Seeland A na Skotland in 2014 1 11 Zimbabwiese toer na Skotland in 2017 1 12 2018 2 Rekords 2 1 Wereldbekerrekord 2 2 Twintig20 rekord 3 Sien ook 4 Verwysings 5 Eksterne skakelsGeskiedenis WysigVoor IKR lidmaatskap Wysig Leslie Balfour Melville Skotse krieketkaptein en president van die Skotse Krieketraad ca 1891 Krieket is vanuit Engeland taamlik vroeg na Skotland geneem die eerste bekende krieketwedstryd in Skotland is in 1785 in Alloa gespeel 15 Dit sou nog agt verdere jare neem voordat Skotland sy eerste volle wedstryd sal speel teen Surrey in 1865 wat hulle met 172 lopies gewen het 16 Die eerste Skotse Krieketunie is in 1879 gestig en die nasionale span het Australie drie jaar later met 7 paaltjies verslaan Die Skotse Krieketunie is in 1883 ontbind en die Grange Krieketklub het tot in 1909 die beheerliggaam van krieket in Skotland geword Die eerste wedstryd teen Ierland is in 1888 in Dublin gespeel en Ierland het die wedstryd gewen Hulle het voor die uitbreek van die Tweede Wereldoorlog ook teen Suid Afrika Wes Indie n All Indiese span en Nieu Seeland gespeel 16 In 1948 het Australie na die einde van hul toer na Engeland Skotland vir twee wedstryde besoek Albei wedstryde wat deur Australie gewen is was die laaste internasionale wedstryde vir Don Bradman 16 Don het in sy tipiese styl gespeel en n onoorwonne 123 lopies in sy beurt aangeteken 17 Skotland het in 1980 vir die eerste keer aan Engelse plaaslike krieket deelgeneem toe hulle vir die eerste keer aan die Benson amp Hedges beker deelgeneem het Drie jaar later het hulle aan die NatWest trofee deelgeneem Hul eerste oorwinning tydens die Benson amp Hedges beker in in 1986 teen Lancashire aangeteken 16 Skotse krieketspelers Wysig Don Bradman met sy kolf ca 1932 Van die bekendste krieketspelers is waarskynlik die voormalige Engelse kaptein Mike Denness Warwickshire se veelsydige Dougie Brown en die voormalige Engelse toetsspeler Gavin Hamilton n Ander bekende Skotse krieketspeler is Brian Hardie wat gedurende die 1970 s en 1980 s belangrike bydraes tot die suksesvolle Essex span gelewer het Dalk een van die beste draaiers en later n welverdiende joernalis was Ian Peebles 18 wat in 1931 saam met Don Bradman as krieketspelers van die jaar aangewys is Die bekendste krieketspeler Douglas Jardine was n Skot en het die lyfteorie wat as lyfkrieket bekend geword het uitgedink waarvoor hy in Australie verguisde is Jardine is in Brits Indie gebore het die meeste tyd van sy lewe in Engeland deurgebring en is in Switserland oorlede Sy ouers was egter Skotte Hy het gevra dat sy as in Skotland verstrooi word en het vir sy kinders Skotse name gegee IKR lidmaatskap Wysig In 1992 het Skotland sy bande met die Toets en County krieketraad en Engeland verbreek en in 1994 n geassosieerde lid van die Internasionale Krieketraad op sy eie reg geword 8 Hulle het in 1997 vir die eerste keer aan die IKR trofee deelgeneem derde geeindig 16 en sodoende vir die Krieketwereldbeker 1999 gekwalifiseer waar hulle al hul wedstryde verloor het 19 Tydens die IKR trofee in 2001 het Skotland die vierde plek behaal nadat hulle n uitspeelwedstryd teen Kanada verloor het 20 maar hulle het in 2005 die IKR trofee gewen en hul ou mededingers Ierland in die eindstryd verslaan In 2004 het Skotland as een van die leidende assosiaatlede gevestig nadat hulle die eerste Interkontinentale beker gewen het 16 Tydens die 2005 toernooi het hulle egter nie daarin geslaag om tot die tweede rondte te vorder nie 21 2006 Wysig The Grange Club Skotland se tuisstadion in Glasgow Dit is tydens die Krieketwereldbeker 1999 vir twee wedstryde van Skotland ingespan In Maart 2006 het Skotland vir n voorseisoense toer na Barbados vertrek Hulle het goed vertoon alhoewel hulle net een teen n Barbados span van hul ses wedstryde gewen het 22 Die meeste van hul sukses kan aan Dougie Brown toegeskryf word wat in 2004 opnuut in aanmerking gekom het om Skotland op internasionale vlak te verteenwoordig Hulle het aan die begin van die Engelse krieketseisoen in 2006 aan die C amp G trofee deelgeneem Skotland het beter gevaar as verwag en drie van hul nege wedstryde gewen waardeur hulle op die agtste plek van die Noordelike konferensie geeindig het 23 In Junie het Skotland sy eerste EDI wedstryd sedert die Krieketwereldbeker in 1999 gespeel nadat hulle teen Pakistan in Edinburg te staan gekom het 24 Sonder die twee sleutelspelers Dougie Brown en Navdeep Poonia het hulle die wedstryd met 5 paaltjies verloor 25 Skotland het tydens die Europese Kampioenskap in Augustus uiteindelik sy eerste EDI oorwinning aangeteken en Nederland in n weens reen verkorte spel verslaan 26 Hulle het egter weer sleutelspelers vir n paar wedstryde in hierdie toernooi gemis en weens hul verlies teen Ierland het hulle op die tweede plek tydens die toernooi geeindig 27 In 2006 en vroeg 2007 het Skotland aan die derde Interkontinentale beker deelgeneem Hulle het in Mei 2006 Namibie met n beurt verslaan maar nadat hulle in Augustus teen Ierland en in Januarie 2007 die Verenigde Arabiese Emirate gelykop gespeel het kon hulle nie tot die eindstryd vorder nie 28 In Desember 2006 het die Skotse span vir n EDI reeks van twee wedstryde na die toetsnasie Bangladesj getoer hul eerste buite die Verenigde Koninkryk maar albei wedstryde duidelik verloor 16 29 2007 Wysig Die Skot Ryan Watson teken op 16 Augustus 2007 n grenshou teen Indie op Glasgow se Titwood grond aan Skotland se John Blain boul Indie se Yuvraj Singh op Glasgow se Titwood grond uit 16 Augustus 2007 In Januarie 2007 na die Interkontinentale bekerwedstryd teen die Verenigde Arabiese Emirate in Sharjah het hulle na Kenia getoer en in n driehoekige reeks teen beide Kanada en Kenia in Mombasa gespeel en tweede geeindig 30 Dit is opgevolg deur afdeling een van die Wereldkrieketliga in Nairobi waartydens Skotland as naaswenner geeindig het 31 Later die jaar het die Skotse span vir hul tweede krieketwereldbekertoernooi na Wes Indie vertrek Hulle het weer al hul wedstryde verloor en versuim om tot die tweede rondte te vorder 32 Terug in die Verenigde Koninkryk het Skotland aan die Friends Provident trofee deelgeneem hul enigste oorwinning tydens die toernooi was teen Lancashire 33 Hulle het ook tydens die Interkontinentale beker teen die Verenigde Arabiese Emirate gelykop gespeel 34 en in Julie is n EDI wedstryd teen Pakistan uitgereen 35 In Julie het Skotland aan n vierhoekige reeks in Ierland teen die gasheer Nederland en Wes Indie deelgeneem Hul verskynings was egter nie n sukses nie Skotland het sy wedstryde teen beide Ierland en Wes Indie verloor terwyl die wedstryd teen Nederland weens reen afgelas is Aan die begin van Augustus was Skotland tydens die Interkontinentale beker meer suksesvol nadat hulle teen Nederland met n beurt en 59 lopies gewen het Hulle het later teen Ierland in n deur reen geaffekteerde wedstryd gelykop gespeel maar net drie punte weens n swak vertoning tydens die eerste beurt verkry In middel Augustus was Indie Skotland se volgende EDI teenstander en die wedstryd is regstreeks op BBC Skotland uit Titwood Glasgow gebeeldsend Die wedstryd is na n paar kort reenbuie effens na 46 boulbeurte verkort maar Indie het met 7 paaltjies gewen Nadat hulle vroeer die jaar tot die eindstryd van die Wereldkrieketliga gevorder het het Skotland vir die eerste T20 wereldbeker in Suid Afrika gekwalifiseer Hulle is in die eerste wedstryd met 51 lopies deur Pakistan verslaan terwyl die volgende wedstryd teen Indie uitgereen is 2008 Wysig In Julie 2008 het Skotland n driehoekige reeks met Ierland en Nieu Seeland in Aberdeen aangebied Skotland het Ierland verslaan maar hul wedstryd teen Nieu Seeland verloor In vroeg Augustus het Skotland met vyf ander assosiaatlede aan die T20 wereldbekerkwalifisering in Belfast deelgeneem Ondanks n aanvanklike nederlaag teen Ierland het Skotland na n oorwinning oor Bermuda tot die halfeindstryd gevorder Skotland kon van die onverwagse nederlaag teen Nederland in die halfeindstryd enkele ure vroeer herstel en Kenia wat bo Kanada geeindig het met 9 paaltjies in die uitspeelwedstryd om die derde plek verslaan Aangesien net twee nasies vir die T20 wereldbeker 2009 kon kwalifiseer het Skotland net sy plek bespreek omdat Zimbabwe aangekondig het om nie aan die toernooi deel te neem nie Op 18 Augustus het Skotland in sy eerste EDI wedstryd teen Engeland te staan gekom en die wedstryd is op die Grange krieketklub in Edinburg aangebied Die ontmoeting is egter na minder as 3 boulbeurte tydens Engeland se antwoord op Skotland se 156 9 weens reen afgelas In Desember 2008 het Krieket Skotland in n geskiedkundige gebeurtenis sentrale kontrakte aan drie Skotse spelers oorhandig Die boulers Gordon Goudie en Dewald Nel asook die kaptein Ryan Watson het die eerste voltydse krieketspelers in Skotland geword 19 ander krieketspelers is deeltydse kontrakte aangebied 36 2009 Wysig Skotland het in Junie aan die T20 wereldbeker in Engeland deelgeneem Hulle is saam met die toetsnasies Nieu Seeland en Suid Afrika in Groep D geloot en albei wedstryde is op The Oval in Londen aangebied Die eerste wedstryd teen Nieu Seeland is weens reen op 7 boulbeurte per span verkort Skotland het eerste begin kolf en 89 4 aangeteken waaronder Kyle Coetzer se 33 Drie foutballe en n vangs wat laat val is het Nieu Seeland met 7 paaltjies laat wen 37 In die tweede wedstryd het Suid Afrika 211 5 aangeteken met AB de Villiers wat 79 nie uit nie van net 34 aflewerings geslaan het In antwoord daarop is Skotland op net 81 uitgeboul meer as die helfte daarvan is deur Coetzer 42 aangeteken Die oorwinning met 130 lopies was die tweede hoogste in n internasionale T20 wedstryd 38 2010 Wysig In 2010 het Skotland aan die eerste ECB 40 toernooi deelgeneem Skotland het in die Verenigde Arabiese Emirate om n plek in die T20 wereldbeker 2010 in Wes Indie meegeding Hul teenstanders was Afghanistan Kanada Ierland Kenia Nederland die VAE en die VSA 39 Die toernooi het vir Skotland teleurstellend verloop nadat hulle tydens die groepfase nie n oorwinning kon aanteken nie Skotland se Interkontinentale bekerveldtog was meer suksesvol nadat hulle die eindstryd in Desember teen Afghanistan op die nuwe krieketstadion in Doebai gemaak het Die eindstryd is as n vierdaagse eersterangse wedstryd met twee beurte per span geskeduleer en Afghanistan het die wedstryd na agt sessies gewen Dit was ook die eerste wedstryd van enige krieketformaat wat regstreeks aanlyn gebeeldsend is deur twee Skotse ondersteuners met toestemming van die IKR verwysing benodig Krieketwereldbekerkwalifikasies Wysig Gedurende Maart en April 2009 het Skotland gepoog om die IKR trofee wat hulle in 2005 ingepalm het te verdedig Om vir die Krieketwereldbeker 2011 te kwalifiseer was n vierde plek nodig Hulle het ook probeer om EDI status te verkry deur onder die beste ses te eindig Skotland het die toernooi erg afgeskop met drie nederlae tydens hul vyf groepwedstryde Nadat hulle slegs met die punte uit die wedstryd teen Namibie tot die Super Agt gevorder het was die pad na die Krieketwereldbeker vir Skotland moeilik 40 Skotland het die Super Agt goed afgeskop nadat hulle Nederland in die eerste wedstryd verslaan het Nederlae teen beide Kenia en Afghanistan het gevolg Die uitslag het beide Skotland se kwalifisering vir die Krieketwereldbeker en hul EDI status bedreig indien hulle uit die boonste ses uitgeskakel sal word n Oorwinning oor die VAE in hul laaste wedstryd en n verbeterde lopietempo danksy die oorwinning met 122 lopies het aan die Skotte n plek onder die beste ses besorg en EDI status tot die volgende rondte van die Krieketwereldbekerkwalifikasies verseker Skotland het vir die Krieketwereldbeker 2015 in Australie en Nieu Seeland gekwalifiseer maar is na ses agtereenvolgende nederlae in hul ses wedstryde in die groepfase uitgeskakel 41 Toer van Nieu Seeland A na Skotland in 2014 Wysig In Augustus 2014 het Skotland n drie wedstrydreeks teen Nieu Seeland A op Cambusdoon New Ground Ayr gespeel In die eerste wedstryd het beide Grant Elliott en kaptein BJ Watling honderdtalle aangeteken en verseker dat Nieu Seeland A met 199 lopies wen Skotland het naastenby 150 lopies tydens die laaste tien boulbeurte afgestaan In Januarie 2017 het Skotland aan die Desert T20 uitdaging deelgeneem Hulle het al hul groepwedstryde gewen voordat hulle deur Ierland in die halfeindstryd verslaan is Zimbabwiese toer na Skotland in 2017 Wysig Skotland het sy eerste oorwinning oor n volle lid van die IKR aangeteken toe hulle op 15 June 2017 n toerende Zimbabwe verslaan het 42 2018 Wysig Skotland het sy tweede oorwinning oor n volle lid van die IKR aangeteken toe hulle op 10 Junie 2018 n toerende Engeland verslaan het 43 Rekords WysigWereldbekerrekord Wysig Jaar Uitslag1975 Nie in aanmerking nie nie n IKR lid nie1979 Nie in aanmerking nie nie n IKR lid nie1983 Nie in aanmerking nie nie n IKR lid nie1987 Nie in aanmerking nie nie n IKR lid nie1992 Nie in aanmerking nie nie n IKR lid nie1996 Nie n IKR lid op die tyd van kwalifikasie nie1999 Groepfase2003 Nie gekwalifiseer nie2007 Groepfase2011 Nie gekwalifiseer nie2015 Groepfase2019 Nie gekwalifiseer nie2023 N v t Twintig20 rekord Wysig Jaar Uitslag2007 Groepfase2009 Groepfase2010 Nie gekwalifiseer nie2012 Nie gekwalifiseer nie2014 Nie gekwalifiseer nie2016 Groepfase2021 Gekwalifiseer2022 N v t Sien ook WysigSkotse nasionale rugbyspanVerwysings Wysig en ICC Rankings Internasionale Krieketraad en ODI matches Team records ESPNcricinfo en ODI matches 2021 Team records ESPNcricinfo en T20I matches Team records ESPNcricinfo en T20I matches 2021 Team records ESPNcricinfo en The history or Cricket in Scotland Krieket Skotland Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Januarie 2017 Besoek op 27 Januarie 2017 en Wisden Cricketers Almanack 128ste uitg John Wisden amp Co Ltd 1991 pp 293 1321 ISBN 0 947766 16 2 8 0 8 1 en Scotland CricketArchive Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Januarie 2020 en Muthu Deivarayan 12 Maart 2016 Scotland end win drought at ICC global events ESPNcricinfo Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Januarie 2020 Besoek op 25 Februarie 2020 en Ireland and Scotland lock horns with one eye on the ICC Cricket World Cup 2015 Ierse Krieketunie 7 September 2014 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Februarie 2020 Besoek op 25 Februarie 2020 en Scotland appoint Shane Burger as Head Coach Internasionale Krieketraad 15 Januarie 2019 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Januarie 2020 Besoek op 25 Februarie 2020 en All T20 matches between ICC members to get international status Internasionale Krieketraad 26 April 2018 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Mei 2020 Besoek op 25 Februarie 2020 en Men s ODI Team Rankings Internasionale Krieketraad 15 Februarie 2020 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Mei 2020 Besoek op 25 Februarie 2020 en Men s T20I Team Rankings Internasionale Krieketraad 15 Februarie 2020 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Mei 2020 Besoek op 25 Februarie 2020 en A History of Cricket in Scotland Skotse Krieketraad Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Julie 2007 Besoek op 29 Januarie 2020 16 0 16 1 16 2 16 3 16 4 16 5 16 6 en cricketeurope4 net Resources and Information Cricketeurope4 net Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Oktober 2007 Besoek op 29 Mei 2018 en Telkaart v Skotland t Australie Cricket Archive 17 September 1948 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Januarie 2020 en The Home of CricketArchive cricketarchive com Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 April 2020 Besoek op 29 Mei 2018 en 1999 Cricket World Cup ESPNcricinfo Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Augustus 2019 Besoek op 25 Februarie 2020 en 2001 ICC Trophy ESPNcricinfo Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Julie 2019 Besoek op 25 Februarie 2020 en 2005 ICC Intercontinental Cup ESPNcricinfo Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Januarie 2020 Besoek op 25 Februarie 2020 en Scotland in Barbados 2006 Cricket Archive Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Oktober 2012 en 2006 C amp G Trophy points table Cricket Archive Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Januarie 2020 en List of Scotland s ODIs Cricket Archive Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Augustus 2008 en Telkaart van Skotland t Pakistan Cricket Archive 27 Junie 2006 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Januarie 2020 en Telkaart van Skotland t Nederland Cricket Archive 6 Augustus 2006 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Januarie 2020 en 2006 European Championship Division One CricketEurope Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Maart 2012 Besoek op 29 Januarie 2020 en 2006 ICC Intercontinental Cup CricketEurope Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Februarie 2013 Besoek op 29 Januarie 2020 en Scotland tour of Bangladesh 2006 07 ESPNcricinfo Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Januarie 2020 Besoek op 25 Februarie 2020 en ICC Associates Kenya tri series 2007 points table Cricket Archive Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Januarie 2020 en Telkaart van Kenia t Skotland WCL Division One final Cricket Archive 7 Februarie 2007 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Januarie 2020 en 2007 Cricket World Cup ESPNcricinfo Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Mei 2020 Besoek op 25 Februarie 2020 en 2007 Friends Provident Trophy CricketEurope Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Junie 2012 en Telkaart van Skotland t Verenigde Arabiese Emirate Cricket Archive 27 Junie 2007 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Januarie 2020 en Jon Coates 2 Julie 2007 Rain denies Scots a shot at Pakistan Krieket Skotland Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Mei 2016 Besoek op 29 Januarie 2020 en Scots trio handed central deals BBC 19 Desember 2008 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Januarie 2020 Besoek op 25 Februarie 2020 en New Zealand given scare by Scots BBC 6 Junie 2009 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Januarie 2020 Besoek op 25 Februarie 2020 en S Africa send Scots crashing out BBC 7 Junie 2009 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Januarie 2020 Besoek op 25 Februarie 2020 en UAE to host expanded World Twenty20 Qualifiers ESPNcricinfo 20 Mei 2009 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Januarie 2020 Besoek op 25 Februarie 2020 en ICC World Cup Qualifiers ESPNcricinfo 2009 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 April 2009 Besoek op 22 April 2009 en Standings Cricket World Cup 2015 ICC Cricket Official Website Internasionale Krieketraad Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Desember 2016 Besoek op 18 Maart 2015 en Coetzer de Lange star in Scotland s first win over a Full Member ESPNcricinfo 15 Junie 2017 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Januarie 2020 Besoek op 25 Februarie 2020 en Record breaking Scotland defeat No 1 ranked England ESPNcricinfo 10 Junie 2018 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Januarie 2020 Besoek op 25 Februarie 2020 Eksterne skakels Wysig Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Skotse nasionale krieketspan en Amptelike webwerfOntsluit van https af wikipedia org w index php title Skotse nasionale krieketspan amp ol,