×
Skots-Gaelies

Skots-Gaelies (Gàidhlig, [ˈkaːlɪkʲ], ['ɡaːlɪɡʲ],(hulp·inligting); vroeër ook Ersies genoem) is die inheemse Keltiese taal van Skotland wat – as omgangs- of kultuurtaal en as die stigtingstaal van Skotland as 'n verenigde koninkryk – oorspronklik vanaf die 9de tot 11de eeu in die hele land en deur alle lae van die samelewing gebesig is, insluitende die Skotse koningshof. Sy invloed word vandag steeds weerspieël in plek- en persoonsname.

Skots-Gaelies
Gàidhlig
Uitspraak: [ˈkaːlɪkʲ], ['ɡaːlɪɡʲ]
Gepraat in: Verenigde Koninkryk
Kanada
Verenigde State
Australië
Nieu-Seeland
Gebied: Skotland
Nova Scotia
Totale sprekers: 58 552 in Skotland.

92 400 mense ouer as 3 in Skotland kon tot 'n mate Gaelies praat in 2001 met 'n verdere 2000 in Nova Scotia. 1 610 sprekers in die VSA in 2000. 822 in Australië in 2001. 669 in Nieu-Seeland in 2006.

Taalfamilie: Indo-Europees
Kelties
Eiland-kelties
Goideliese
Skots-Gaelies
Skrifstelsel: Latynse alfabet (Skotse variant)
Amptelike status
Amptelike taal in: Skotland
Gereguleer deur: Bòrd na Gàidhlig ("Gaeliese Instituut")
Taalkodes
ISO 639-1: gd
ISO 639-2: gla
ISO 639-3:
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat.
Verspreiding van Skots-Gaelies in 2001

Oor die eeue is Gaelies geleidelik verdring deur Skots en Engels en word vandag – ná twee eeue van dramatiese agteruitgang – nog deur klein taalgemeenskappe op die Buite-Hebride-eilande, in die westelike Skotse Hoogland, die Strathclyde-streek en in Glasgow, Edinburg en Inverness gepraat. Glasgow het danksy die vestiging van verskeie instellings, wat die taal bevorder en onderrig, tot 'n belangrike kulturele en opvoedkundige sentrum vir Gaeliese taal en kultuur ontwikkel. Baie sprekers praat egter nie Gaelies as hulle moeder- of eerste taal nie. Veral in Glasgow, waar 'n tiende van alle Gaeliessprekers saamgetrek is, word Skots-Gaelies oorwegend as 'n tweede taal gebesig. Gaeliessprekers is gewoonlik ook Engels magtig. Gaelies se ryk kulturele erfenis speel 'n sentrale rol in die herlewing van die taal wat selfs na die moderne popkultuur en hoofstroom-vermaaklikheidsbedryf begin uitstraal het. So het kykers van die gewilde televisiereeks Outlander 'n kans gekry om na gesproke Gaelies te luister.

In taalhistoriese opsig maak Skots-Gaelies deel uit van die Goideliese groep van Eiland-Keltiese tale en is nou verwant met Iers en Manx. Die nou taalverwantskap met Iers is volgens sommige wetenskaplikes te danke aan die immigrasie van Ierse Skote sedert die 4de eeu. 'n Alternatiewe hipotese beweer dat die taal gelyktydig in Ierland en Skotland ontstaan het, veral aangesien die immigrasie-hipotese nie deur argeologiese opgrawings gesteun kon word nie. Skots-Gaelies moenie verwar word met Skots nie, die Germaanse omgangstaal van Skotland, wat uit die Angel-Saksiese dialekte van Suid-Skotland ontwikkel het.

'n Ouer historiese naam vir Gaelies, Ersies, verwys na die feit dat Gaeliese moedertaalsprekers hul taal nog tot in die 17de eeu as 'n soort Iers beskou het. Iers het destyds in Skotland selfs as skryftaal vir die inheemse Gaeliese dialekte gedien. Die naam Ersies (Engels: Erse) is afgelei van "Iers".

Inhoud

Geskatte verspreiding van Skots-Gaelies omstreeks 1400:

Skots-Gaelies

Skots

Norn

Rathlin-eiland langs die noordkus van Noord-Ierland, gesien vanuit die Mull of Kintyre in Skotland

In die eerste eeue van ons tydrekening was die Britse Eilande merendeels Keltiessprekend, alhoewel die bevolkings van Brittanje en Ierland tale uit twee verskillende Keltiese taalfamilies gebesig het. Brittanje is oorheers deur die sogenaamde P-Keltiese of Britoniese tale waaruit moderne Wallies, Kornies en Bretons ontwikkel het. Die Ierse bevolking het merendeels Q-Kelties of Goidelies gepraat waaruit later Skotse en Ierse Gaelies asook die Gaeliese taal van die eiland Man sou ontstaan.

'n Bladsy uit die Boek van Deer met die Evangelie volgens Matteus vanaf 1:18. Die notas regs van en onderaan die teks is van die oudste Gaeliese tekste uit Skotland wat bewaar gebly het
Cambridge University Library
Die abdy van Iona

Taalhistorici neem aan dat Gaelies as gevolg van ooswaartse Ierse migrasie in dele van Wallis, Cornwall, die eiland Man en in die weste van Skotland gevestig is. Net in die twee laasgenoemde gebiede het Gaelies oorleef tot vandag toe. In 'n tyd toe skepe die belangrikste vervoermiddel vir mense en goedere was, het die kort afstande tussen die kuslyne van Noordoos-Ierland en Wes-Skotland nou betrekkinge tussen dié twee streke vergemaklik. Omstreeks 500 n.C. het die klein koninkryk van Dál Riata op seevervoer tussen Ierland en Skotland gesteun. Na sy Gaeliessprekende bewoners het Romeinse skrywers in Latyn as Scotti verwys. In Skotland het Dál Riata tydens sy grootste uitbreiding vanuit die Mull of Kintyre noordwaarts tot Loch Broom gestrek. Na hierdie gebied is in Skotland verwys as Airer Goídel ("Kuslyn van die Gaele"; Earra-Ghàidheal in moderne Skots-Galies waaruit die Engelse Argyll afgelei is).

Met die uitbreiding van hul invloedsfeer in Skotland het Gaeliessprekende Skotte met ander taalgroepe in aanraking gekom. Die belangrikste etniese groep in Noord-Skotland was die Pikte wat vermoedelik 'n P-Keltiese taal gepraat het, net soos die Cumbriese bevolking in die suide. In die suidooste het die Angele, spreker van 'n Germaanse taal waaruit later Skots en Engels sou ontwikkel, hul invloed laat geld. Die Gaeliese taalgebied het in die volgende 600 jaar steeds verder uitgebrei en gaandeweg ander tale verdring, behalwe vir die uiterste noorde en noordweste van Skotland waar Noors vanaf die 9de eeu deur Wiking-setlaars as oorheersende taal gevestig is. Die kerk van Sint Columba (521–597), in Gaelies Colm Cille (Calum Cille in moderne Skots-Gaelies, "Duif van die kerk") genoem, het 'n belangrike bydrae gelewer tot die uitbreiding van Gaelies.

Die klooster op die eiland Iona, wat deur Columba in 563 gestig is, was die uitgangspunt vir verdere stigtings van dogterkloosters, terwyl Skotse en Piktiese sendelinge die Christelike geloof in alle landsdele verkondig het. Die status van Gaelies as kerktaal is tydens dié proses bevestig. So is notas in die Boek van Deer, 'n oorspronklik Latynse werk uit die 10de eeu wat in die vroeë 12de eeu in die klooster Deer in Aberdeenshire met Gaeliese tekste aangevul is en waarin na Deer as 'n regstreekse kloosterstigting vanuit Iona verwys word, in Gaelies geskryf.

Al sou Iona se ligging vanuit 'n moderne Skotse standpunt as afgeleë beskryf kon word, was die abdy in Columba se tyd langs die middelpunt van 'n belangrike seeroete geleë wat gemeenskappe in die weste van Skotland en die noorde van Ierland met mekaar verbind het. Sy godsdienstige en kulturele invloed kan nie onderskat word nie. So het dit 'n beslissende rol gespeel by die kerstening van Pikte en Northumbriërs.

Selfstandige naamwoorde

Die taal ken twee taalkundige geslagte mannelik en vroulik en vier naamvalle: nominatief, genitief, datief en vokatief. Die datief word nie sonder 'n voorsetsel gebruik nie. Die vokatief is veral by name van persone belangrik. As mens oor Donald praat, word Dòmhnall gesê, maar as hy aangespreek word, is dit A Dhòmhnaill wat die uitspraak baie verander.

Die verandering van D -> Dh in Dhòmhnaill is 'n voorbeeld van mutasie, wat ook in die grammatika van ander moderne Keltiese tale 'n belangrike rol speel. In Skots-Gaelies is mutasie vrywel beperk tot lenisie, maar die reëls vir sy gebruik is kompleks.

Daar is net 'n bepaalde lidwoord soos "die" in Afrikaans, nie 'n onbepaalde soos "'n" nie.

Taigh – huis, 'n huis
An taigh – die huis

Taigh is mannelik en kry die lidwoord an, maar vir vroulike woorde wat begin met b, f, m, p, c or g is die lidwoord a' gevolg deur lenisie.

Caileag – meisie, 'n meisie
A' chaileag – die meisie

Lenisie van f tot fh laat die f-klank verdwyn. Fh is (meesal) stom en die lidwoord is an in dié geval.

Fearg – an fhearg – woede, die woede

Werkwoorde

'n Eienaardigheid van die taal is dat daar nie woorde vir "ja" en "nee" bestaan nie. 'n Bevestigende antwoord word gegee deur die werkwoord van die vraag ontkennend of bevestigend te herhaal.

An robh iad a' seinn? – Het hulle gesing?
Cha robh! – (Hulle) het nie.

"Robh" is die verlede tyd van die werkwoord "bi" (wees), maar in die afhanklike vorm, wat in vraende en ontkennende sinne gebruik word. Die onafhanklike vorm is "bha" en dit word by bevestiging gebruik:

An robh iad a' seinn? – Het hulle gesing?
Bha! – (Hulle) het.

Naas die afhanklike en onafhanklike vorme het 'n werkwoord ook nog 'n betreklike vorm wat in 'n bysin gebruik word.

Al toon die spelling van Skotse Gaelies – in teenstelling met Engels – groot reëlmatigheid wat die transkripsie van klanke betref, is daar nogtans sowat 250 reëls wat deur leerders van Gaelies bemeester moet word voordat hulle 'n teks kan lees en akkuraat uitspreek.

Daar word beraam dat sowat sestig persent van die woordeskat van Skots-Gaelies van Gaeliese oorsprong is; veertig persent is ontlenings uit ander tale, waaronder Latyn en Grieks, Oud-Noors en Engels.

  1. 22 Mei 2013 op Wayback Machine from General Registrar for Scotland website, 10 Oktober 2005. Besoek op 27 Desember 2007
  2. on Modern Language Association website. Besoek op 27 Desember 2007
  3. from Australian Government Office of Multicultural Interests website. Besoek op 27 Desember 2007
  4. from Statistics New Zealand website. Besoek op 5 Augustus 2008
  5. Michael Bauer: Blas na Gàidhlig – The Practical Guide to Gaelic Pronunciation. Glasgow: Akerbeltz 2011, bl. 23
  6. George McLennan: Gaelic and English: Their common origins. Glasgow: New Argyll Publishing 2018, bl. 13
Sien gerus Wikipedia se uitgawe in Skots-Gaelies
Aanlynkursus

    Ensiklopediese inligting


    Indo-Europese tale: Kentum-tale: Kelties
    Eiland-Keltiese tale
    Goidelies: Iers-Gaelies | Skots-Gaelies (Skotland • Kanada) | Manx-Gaelies | Galweegse-Gaelies †
    Britonies: Wallies | Kornies | Bretons | Cumbries † | Piekties †
    Vasteland-Keltiese tale
    Vasteland-Keltiese tale: Gallies †: | Leponties † | Galaties
    Keltiberies
    Gemengde Tale
    Gemengde Tale: Shelta | Bungee †
    Uitgestorwe

    Publikasie datum: September 03, 2021

    skots, gaelies, gàidhlig, ˈkaːlɪkʲ, ɡaːlɪɡʲ, luister, hulp, inligting, vroeër, ersies, genoem, inheemse, keltiese, taal, skotland, omgangs, kultuurtaal, stigtingstaal, skotland, verenigde, koninkryk, oorspronklik, vanaf, 11de, hele, land, deur, alle, samelewin. Skots Gaelies Gaidhlig ˈkaːlɪkʲ ɡaːlɪɡʲ luister hulp inligting vroeer ook Ersies genoem is die inheemse Keltiese taal van Skotland wat as omgangs of kultuurtaal en as die stigtingstaal van Skotland as n verenigde koninkryk oorspronklik vanaf die 9de tot 11de eeu in die hele land en deur alle lae van die samelewing gebesig is insluitende die Skotse koningshof 7 Sy invloed word vandag steeds weerspieel in plek en persoonsname Skots Gaelies Gaidhlig Uitspraak ˈkaːlɪkʲ ɡaːlɪɡʲ Gepraat in Verenigde Koninkryk Kanada Verenigde State Australie Nieu Seeland Gebied Skotland Nova ScotiaTotale sprekers 58 552 in Skotland 1 92 400 mense ouer as 3 in Skotland kon tot n mate Gaelies praat in 2001 2 met n verdere 2000 in Nova Scotia 3 1 610 sprekers in die VSA in 2000 4 822 in Australie in 2001 5 669 in Nieu Seeland in 2006 6 Taalfamilie Indo Europees Kelties Eiland kelties Goideliese Skots Gaelies Skrifstelsel Latynse alfabet Skotse variant Amptelike statusAmptelike taal in SkotlandGereguleer deur Bord na Gaidhlig Gaeliese Instituut TaalkodesISO 639 1 gdISO 639 2 glaISO 639 3 gla Nota Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat Verspreiding van Skots Gaelies in 2001 Oor die eeue is Gaelies geleidelik verdring deur Skots en Engels en word vandag na twee eeue van dramatiese agteruitgang nog deur klein taalgemeenskappe op die Buite Hebride eilande in die westelike Skotse Hoogland die Strathclyde streek en in Glasgow Edinburg en Inverness gepraat Glasgow het danksy die vestiging van verskeie instellings wat die taal bevorder en onderrig tot n belangrike kulturele en opvoedkundige sentrum vir Gaeliese taal en kultuur ontwikkel Baie sprekers praat egter nie Gaelies as hulle moeder of eerste taal nie Veral in Glasgow waar n tiende van alle Gaeliessprekers saamgetrek is word Skots Gaelies oorwegend as n tweede taal gebesig Gaeliessprekers is gewoonlik ook Engels magtig Gaelies se ryk kulturele erfenis speel n sentrale rol in die herlewing van die taal wat selfs na die moderne popkultuur en hoofstroom vermaaklikheidsbedryf begin uitstraal het So het kykers van die gewilde televisiereeks Outlander n kans gekry om na gesproke Gaelies te luister 8 In taalhistoriese opsig maak Skots Gaelies deel uit van die Goideliese groep van Eiland Keltiese tale en is nou verwant met Iers en Manx Die nou taalverwantskap met Iers is volgens sommige wetenskaplikes te danke aan die immigrasie van Ierse Skote sedert die 4de eeu n Alternatiewe hipotese beweer dat die taal gelyktydig in Ierland en Skotland ontstaan het veral aangesien die immigrasie hipotese nie deur argeologiese opgrawings gesteun kon word nie Skots Gaelies moenie verwar word met Skots nie die Germaanse omgangstaal van Skotland wat uit die Angel Saksiese dialekte van Suid Skotland ontwikkel het n Ouer historiese naam vir Gaelies Ersies verwys na die feit dat Gaeliese moedertaalsprekers hul taal nog tot in die 17de eeu as n soort Iers beskou het Iers het destyds in Skotland selfs as skryftaal vir die inheemse Gaeliese dialekte gedien Die naam Ersies Engels Erse is afgelei van Iers Inhoud 1 Geskiedenis 2 Grammatika 2 1 Selfstandige naamwoorde 2 2 Werkwoorde 3 Spelling en uitspraak 4 Woordeskat 5 Verwysings 6 Eksterne skakelsGeskiedenis Wysig Geskatte verspreiding van Skots Gaelies omstreeks 1400 Skots Gaelies Skots Norn Rathlin eiland langs die noordkus van Noord Ierland gesien vanuit die Mull of Kintyre in Skotland In die eerste eeue van ons tydrekening was die Britse Eilande merendeels Keltiessprekend alhoewel die bevolkings van Brittanje en Ierland tale uit twee verskillende Keltiese taalfamilies gebesig het Brittanje is oorheers deur die sogenaamde P Keltiese of Britoniese tale waaruit moderne Wallies Kornies en Bretons ontwikkel het Die Ierse bevolking het merendeels Q Kelties of Goidelies gepraat waaruit later Skotse en Ierse Gaelies asook die Gaeliese taal van die eiland Man sou ontstaan n Bladsy uit die Boek van Deer met die Evangelie volgens Matteus vanaf 1 18 Die notas regs van en onderaan die teks is van die oudste Gaeliese tekste uit Skotland wat bewaar gebly het Cambridge University Library Die abdy van Iona Taalhistorici neem aan dat Gaelies as gevolg van ooswaartse Ierse migrasie in dele van Wallis Cornwall die eiland Man en in die weste van Skotland gevestig is Net in die twee laasgenoemde gebiede het Gaelies oorleef tot vandag toe In n tyd toe skepe die belangrikste vervoermiddel vir mense en goedere was het die kort afstande tussen die kuslyne van Noordoos Ierland en Wes Skotland nou betrekkinge tussen die twee streke vergemaklik Omstreeks 500 n C het die klein koninkryk van Dal Riata op seevervoer tussen Ierland en Skotland gesteun Na sy Gaeliessprekende bewoners het Romeinse skrywers in Latyn as Scotti verwys In Skotland het Dal Riata tydens sy grootste uitbreiding vanuit die Mull of Kintyre noordwaarts tot Loch Broom gestrek Na hierdie gebied is in Skotland verwys as Airer Goidel Kuslyn van die Gaele Earra Ghaidheal in moderne Skots Galies waaruit die Engelse Argyll afgelei is Met die uitbreiding van hul invloedsfeer in Skotland het Gaeliessprekende Skotte met ander taalgroepe in aanraking gekom Die belangrikste etniese groep in Noord Skotland was die Pikte wat vermoedelik n P Keltiese taal gepraat het net soos die Cumbriese bevolking in die suide In die suidooste het die Angele spreker van n Germaanse taal waaruit later Skots en Engels sou ontwikkel hul invloed laat geld Die Gaeliese taalgebied het in die volgende 600 jaar steeds verder uitgebrei en gaandeweg ander tale verdring behalwe vir die uiterste noorde en noordweste van Skotland waar Noors vanaf die 9de eeu deur Wiking setlaars as oorheersende taal gevestig is Die kerk van Sint Columba 521 597 in Gaelies Colm Cille Calum Cille in moderne Skots Gaelies Duif van die kerk genoem het n belangrike bydrae gelewer tot die uitbreiding van Gaelies Die klooster op die eiland Iona wat deur Columba in 563 gestig is was die uitgangspunt vir verdere stigtings van dogterkloosters terwyl Skotse en Piktiese sendelinge die Christelike geloof in alle landsdele verkondig het Die status van Gaelies as kerktaal is tydens die proses bevestig So is notas in die Boek van Deer n oorspronklik Latynse werk uit die 10de eeu wat in die vroee 12de eeu in die klooster Deer in Aberdeenshire met Gaeliese tekste aangevul is en waarin na Deer as n regstreekse kloosterstigting vanuit Iona verwys word in Gaelies geskryf Al sou Iona se ligging vanuit n moderne Skotse standpunt as afgelee beskryf kon word was die abdy in Columba se tyd langs die middelpunt van n belangrike seeroete gelee wat gemeenskappe in die weste van Skotland en die noorde van Ierland met mekaar verbind het Sy godsdienstige en kulturele invloed kan nie onderskat word nie So het dit n beslissende rol gespeel by die kerstening van Pikte en Northumbriers Grammatika WysigSelfstandige naamwoorde Wysig Die taal ken twee taalkundige geslagte mannelik en vroulik en vier naamvalle nominatief genitief datief en vokatief Die datief word nie sonder n voorsetsel gebruik nie Die vokatief is veral by name van persone belangrik As mens oor Donald praat word Domhnall gese maar as hy aangespreek word is dit A Dhomhnaill wat die uitspraak baie verander Die verandering van D gt Dh in Dhomhnaill is n voorbeeld van mutasie wat ook in die grammatika van ander moderne Keltiese tale n belangrike rol speel In Skots Gaelies is mutasie vrywel beperk tot lenisie maar die reels vir sy gebruik is kompleks Daar is net n bepaalde lidwoord soos die in Afrikaans nie n onbepaalde soos n nie Taigh huis n huis An taigh die huis Taigh is mannelik en kry die lidwoord an maar vir vroulike woorde wat begin met b f m p c or g is die lidwoord a gevolg deur lenisie Caileag meisie n meisie A chaileag die meisie Lenisie van f tot fh laat die f klank verdwyn Fh is meesal stom en die lidwoord is an in die geval Fearg an fhearg woede die woedeWerkwoorde Wysig n Eienaardigheid van die taal is dat daar nie woorde vir ja en nee bestaan nie n Bevestigende antwoord word gegee deur die werkwoord van die vraag ontkennend of bevestigend te herhaal An robh iad a seinn Het hulle gesing Cha robh Hulle het nie Robh is die verlede tyd van die werkwoord bi wees maar in die afhanklike vorm wat in vraende en ontkennende sinne gebruik word Die onafhanklike vorm is bha en dit word by bevestiging gebruik An robh iad a seinn Het hulle gesing Bha Hulle het Naas die afhanklike en onafhanklike vorme het n werkwoord ook nog n betreklike vorm wat in n bysin gebruik word Spelling en uitspraak WysigAl toon die spelling van Skotse Gaelies in teenstelling met Engels groot reelmatigheid wat die transkripsie van klanke betref is daar nogtans sowat 250 reels wat deur leerders van Gaelies bemeester moet word voordat hulle n teks kan lees en akkuraat uitspreek 9 Woordeskat WysigDaar word beraam dat sowat sestig persent van die woordeskat van Skots Gaelies van Gaeliese oorsprong is veertig persent is ontlenings uit ander tale waaronder Latyn en Grieks Oud Noors en Engels 10 Verwysings Wysig CnaG Census 2001 Scotland Gaelic speakers by council area News Release Scotland s Census 2001 Gaelic Report Geargiveer 22 Mei 2013 op Wayback Machine from General Registrar for Scotland website 10 Oktober 2005 Besoek op 27 Desember 2007 Oifis Iomairtean na Gaidhlig Language by State Scottish Gaelic on Modern Language Association website Besoek op 27 Desember 2007 Languages Spoken At Home from Australian Government Office of Multicultural Interests website Besoek op 27 Desember 2007 Languages Spoken Total Responses from Statistics New Zealand website Besoek op 5 Augustus 2008 Glasgow City Council Gaelic Besoek op 7 Januarie 2018 Visit Scotland About Gaelic language amp history Besoek op 27 Februarie 2018 Michael Bauer Blas na Gaidhlig The Practical Guide to Gaelic Pronunciation Glasgow Akerbeltz 2011 bl 23 George McLennan Gaelic and English Their common origins Glasgow New Argyll Publishing 2018 bl 13Eksterne skakels Wysig Sien gerus Wikipedia se uitgawe in Skots Gaelies Wikimedia Commons bevat media in verband met Skots Gaelies Sien Skots Gaelies in Wiktionary die vrye woordeboek AanlynkursusLearnGaelic scotEnsiklopediese inligting en Scots Gaelic language Encyclopaedia Britannica Besoek op 7 April 2020 Indo Europese tale Kentum tale KeltiesEiland Keltiese taleGoidelies Iers Gaelies Skots Gaelies Skotland Kanada Manx Gaelies Galweegse Gaelies Britonies Wallies Kornies Bretons Cumbries Piekties Vasteland Keltiese taleVasteland Keltiese tale Gallies Leponties Galaties Keltiberies Gemengde TaleGemengde Tale Shelta Bungee UitgestorweOntsluit van https af wikipedia org w index php title Skots Gaelies amp ol,