×
Skerpioen (sterrebeeld)
Vir ’n artikel oor die sterreteken, sien Skerpioen (sterreteken).

Die Skerpioen (Latyn: Scorpius) is ’n groot sterrebeeld in die suidelike hemelruim en is deel van die diereriem. Dit is een van die 48 konstellasies wat deur die 2de-eeuse sterrekundige Ptolemeus beskryf is en is steeds een van die 88 moderne sterrebeelde. Dit lê naby aan die middelpunt van die Melkweg.

Skerpioen
Latynse naam Scorpius
Genitief Scorpii
Afkorting Sco
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming 16h
Deklinasie -30º
Grootte 497 vk. grade (33ste)
Kwadrant SQ3
Besonderhede
Hoofsterre 18
Helderste ster Antares (Alfa Scorpii)
Naaste ster Gliese 682
Sterre helderder as 3 m 13
Sterre met planete 3
Messier-voorwerpe 4
Bayer-/Flamsteed-sterre 47
Meteoorreëns Alpha Scorpiids, Omega Scorpiids
Aangrensende sterrebeelde
Boogskutter, Slangdraer, Weegskaal, Wolf, Winkelhaak, Altaar, Suidelike Kroon
Portaal Sterrekunde

Die sterrebeeld Weegskaal is in Antieke Griekeland beskou as die kloue van die Skerpioen (Chelae Scorpionis). Latere Grieke het ’n weegskaal gevorm uit hierdie mees westelike sterre wat vasgehou is deur die godin Astraia (die aangrensende Maagd). Die Weegskaal het eers in die tyd van Antieke Rome ’n afsonderlike sterrebeeld geword.

Inhoud

Die Skerpioen soos dit van die Aarde af met die blote oog gesien word.

Die Skerpioen bevat baie helder sterre, onder meer Alfa Scorpii (Antares), Beta Scorpii (Graffias), Delta Scorpii (Dschubba), Teta Scorpii (Sargas), Lambda Scorpii (Shaula), Nu Scorpii (Jabbah), Xi Scorpii (Girtab), Pi Scorpii (Iclil), Sigma Scorpii (Alniyat), Tau Scorpii (Alniyat) en Upsilon Scorpii (Lesath). Die meeste van die helder sterre is massiewe lede van Scorpius-Centaurus, die naaste OB-verbinding (’n los swerm met sterre van spektraaltipes O en B).

Die ster δ Sco het, nadat dit ’n stabiele ster met ’n helderheid van 2,3 mag was, in Julie 2000 binne weke opgevlam tot 1,9 mag. Dit het sedertdien ’n veranderlike ster geword wat wissel tussen 2 en 1,6 mag. Op sy helderste is hy dus die Skerpioen se tweede helderste ster.

U Scorpii is die vinnigste bekende nova met ’n periode van sowat 10 jaar. Omega Scorpii (ω¹ Scorpii en ω² Scorpii) is twee sterre wat so na aan mekaar lê dat dit soos een ster lyk. λ Sco en υ Sco, twee sterre wat op die punt van die Skerpioen se stert lê en ook lyk of hulle baie na aan mekaar is, word soms die Katoë genoem.

Vanweë die sterrebeeld se ligging in die Melkweg bevat dit baie sterreswerms soos die Skoenlapper-sterreswerm (Messier 6), die Ptolemaeus-sterreswerm (Messier 7) en die bolswerms Messier 4 en Messier 80. Laasgenoemde, wat ook bekend is as NGC 6093, het ’n magnitude van 7,3 en is 33 000 ligjare van die Aarde af. Dit is ’n kompakte swerm met ’n hoë konsentrasie en digtheid in die middel. Dit is in 1781 deur Charles Messier ontdek. ’n Seldsame ontdekking is in 1860 hier gedoen toe Arthur von Auwers die nova T Scorpii ontdek het.

Die Babiloniese sterrekundiges se naam vir dié sterrebeeld was MUL.GIR.TAB – die Skerpioen (letterlik: die dier met ’n steek wat brand).

In die Griekse mitologie het die mites oor die Skerpioen feitlik altyd ’n verwysing na die jagter Orion. Volgens een van die mites het Orion teenoor die godin Artemis en haar ma, Leto, gespog dat hy alle diere op aarde sou doodmaak. Hoewel Artemis ook ’n jagter was, het sy diere ook beskerm. Sy en haar ma het toe ’n skerpioen gevra om met Orion af te reken. Die twee het geveg en die skerpioen het Orion doodgemaak. Die koning van die gode, Zeus, het van die geveg uitgevind en die skerpioen in die lug geplaas. Hy het dit later ook met Orion gedoen as waarskuwing aan sterflikes op aarde om hul trots in toom te hou.

  1. Preibisch, T., Mamajek, E. (2009). "The Nearest OB Association: Scorpius-Centaurus (Sco OB2)". Handbook of Star-Forming Regions. 2: 0. arXiv:. Bibcode:.AS1-onderhoud: meer as een naam: authors list (link)
  2. Levy 2005, pp. 166-167.


Die 88 moderne sterrebeelde

AgterdekAkkedisAltaarAndromedaArendBeeldhouerBekerBerenike se HareBoogskutterBulDolfynDraakDriehoekDuifEenhoringEridanusFeniksGraveerstifGroot BeerGroot HondHaasHerculesHorlosieIndiërJaghondeJagterKameelperdKameleonKielKlein BeerKlein HondKlein LeeuKoetsierKompasKassiopeiaKefeusKraaiKraanvoëlKreefNetLeeuLierLugpompMaagdMikroskoopNoordelike KroonNoordelike WaterslangOktantOondParadysvoëlPasserPerseusPouPylRamRooikatSeileSekstantSentourSkerpioenSkildSkilderSlangSlangdraerSteenbokSuidelike DriehoekSuidelike KroonSuidelike VisSuidelike WaterslangSuiderkruisSwaanSwaardvisTafelTeleskoopToekanTweelingVeewagterVisseVlieënde PerdVlieënde VisVliegVosVulWalvisWaterdraerWeegskaalWinkelhaakWolf


Publikasie datum: Augustus 07, 2021

skerpioen, sterrebeeld, artikel, sterreteken, sien, skerpioen, sterreteken, skerpioen, latyn, scorpius, groot, sterrebeeld, suidelike, hemelruim, deel, diereriem, konstellasies, deur, eeuse, sterrekundige, ptolemeus, beskryf, steeds, moderne, sterrebeelde, nab. Vir n artikel oor die sterreteken sien Skerpioen sterreteken Die Skerpioen Latyn Scorpius is n groot sterrebeeld in die suidelike hemelruim en is deel van die diereriem Dit is een van die 48 konstellasies wat deur die 2de eeuse sterrekundige Ptolemeus beskryf is en is steeds een van die 88 moderne sterrebeelde Dit le naby aan die middelpunt van die Melkweg SkerpioenLatynse naam ScorpiusGenitief ScorpiiAfkorting ScoWaarnemingsdata Epog J2000 Regte klimming 16hDeklinasie 30ºGrootte 497 vk grade 33ste Kwadrant SQ3BesonderhedeHoofsterre 18Helderste ster Antares Alfa Scorpii Naaste ster Gliese 682Sterre helderder as 3 m 13Sterre met planete 3Messier voorwerpe 4Bayer Flamsteed sterre 47Meteoorreens Alpha Scorpiids Omega ScorpiidsAangrensende sterrebeeldeBoogskutter Slangdraer Weegskaal Wolf Winkelhaak Altaar Suidelike KroonPortaal Sterrekunde Die sterrebeeld Weegskaal is in Antieke Griekeland beskou as die kloue van die Skerpioen Chelae Scorpionis Latere Grieke het n weegskaal gevorm uit hierdie mees westelike sterre wat vasgehou is deur die godin Astraia die aangrensende Maagd Die Weegskaal het eers in die tyd van Antieke Rome n afsonderlike sterrebeeld geword Inhoud 1 Ruimtevoorwerpe 2 Geskiedenis en mitologie 3 Verwysings 4 Eksterne skakelsRuimtevoorwerpe Wysig Die Skerpioen soos dit van die Aarde af met die blote oog gesien word Die Skerpioen bevat baie helder sterre onder meer Alfa Scorpii Antares Beta Scorpii Graffias Delta Scorpii Dschubba Teta Scorpii Sargas Lambda Scorpii Shaula Nu Scorpii Jabbah Xi Scorpii Girtab Pi Scorpii Iclil Sigma Scorpii Alniyat Tau Scorpii Alniyat en Upsilon Scorpii Lesath Die meeste van die helder sterre is massiewe lede van Scorpius Centaurus die naaste OB verbinding n los swerm met sterre van spektraaltipes O en B 1 Die ster d Sco het nadat dit n stabiele ster met n helderheid van 2 3 mag was in Julie 2000 binne weke opgevlam tot 1 9 mag Dit het sedertdien n veranderlike ster geword wat wissel tussen 2 en 1 6 mag 2 Op sy helderste is hy dus die Skerpioen se tweede helderste ster U Scorpii is die vinnigste bekende nova met n periode van sowat 10 jaar 3 Omega Scorpii w Scorpii en w Scorpii is twee sterre wat so na aan mekaar le dat dit soos een ster lyk l Sco en y Sco twee sterre wat op die punt van die Skerpioen se stert le en ook lyk of hulle baie na aan mekaar is word soms die Katoe genoem Vanwee die sterrebeeld se ligging in die Melkweg bevat dit baie sterreswerms soos die Skoenlapper sterreswerm Messier 6 die Ptolemaeus sterreswerm Messier 7 en die bolswerms Messier 4 en Messier 80 Laasgenoemde wat ook bekend is as NGC 6093 het n magnitude van 7 3 en is 33 000 ligjare van die Aarde af Dit is n kompakte swerm met n hoe konsentrasie en digtheid in die middel Dit is in 1781 deur Charles Messier ontdek n Seldsame ontdekking is in 1860 hier gedoen toe Arthur von Auwers die nova T Scorpii ontdek het 4 Geskiedenis en mitologie WysigDie Babiloniese sterrekundiges se naam vir die sterrebeeld was MUL GIR TAB die Skerpioen letterlik die dier met n steek wat brand In die Griekse mitologie het die mites oor die Skerpioen feitlik altyd n verwysing na die jagter Orion Volgens een van die mites het Orion teenoor die godin Artemis en haar ma Leto gespog dat hy alle diere op aarde sou doodmaak Hoewel Artemis ook n jagter was het sy diere ook beskerm Sy en haar ma het toe n skerpioen gevra om met Orion af te reken Die twee het geveg en die skerpioen het Orion doodgemaak Die koning van die gode Zeus het van die geveg uitgevind en die skerpioen in die lug geplaas Hy het dit later ook met Orion gedoen as waarskuwing aan sterflikes op aarde om hul trots in toom te hou Verwysings Wysig Preibisch T Mamajek E 2009 The Nearest OB Association Scorpius Centaurus Sco OB2 Handbook of Star Forming Regions 2 0 arXiv 0809 0407 Bibcode 2008hsf2 book 235P AS1 onderhoud meer as een naam authors list link Delta Scorpii Still Showing Off AAVSO Variable Star of the Season U Scorpii Levy 2005 pp 166 167 Ian Ridpath en Wil Tirion 2007 Stars and Planets Guide Collins Londen ISBN 978 0 00 725120 9 Princeton University Press Princeton ISBN 978 0 691 13556 4 Eksterne skakels WysigThe Deep Photographic Guide to the Constellations Scorpius Star Tales Scorpius Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Skerpioen Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia Die 88 moderne sterrebeeldeAgterdek Akkedis Altaar Andromeda Arend Beeldhouer Beker Berenike se Hare Boogskutter Bul Dolfyn Draak Driehoek Duif Eenhoring Eridanus Feniks Graveerstif Groot Beer Groot Hond Haas Hercules Horlosie Indier Jaghonde Jagter Kameelperd Kameleon Kiel Klein Beer Klein Hond Klein Leeu Koetsier Kompas Kassiopeia Kefeus Kraai Kraanvoel Kreef Net Leeu Lier Lugpomp Maagd Mikroskoop Noordelike Kroon Noordelike Waterslang Oktant Oond Paradysvoel Passer Perseus Pou Pyl Ram Rooikat Seile Sekstant Sentour Skerpioen Skild Skilder Slang Slangdraer Steenbok Suidelike Driehoek Suidelike Kroon Suidelike Vis Suidelike Waterslang Suiderkruis Swaan Swaardvis Tafel Teleskoop Toekan Tweeling Veewagter Visse Vlieende Perd Vlieende Vis Vlieg Vos Vul Walvis Waterdraer Weegskaal Winkelhaak WolfOntsluit van https af wikipedia org w index php title Skerpioen sterrebeeld amp ol,