fbpx Skara Brae
Wikipedia

Skara Brae

Skara Brae is 'n Neolitiese nedersetting wat uit klip gebou is en geleë is op die Bay of Skaill aan die weskus van Mainland, die grootste eiland in die Orkney-argipel van Skotland. Dit bestaan uit agt gegroepeerde huisies en is bewoon van ongeveer 3180 vC–2500 vC. Skara Brae is Europa se bes bewaarde Neolitiese dorpie en het die status van Unesco-wêrelderfenisgebied. Saam met drie ander erfenisgebiede vorm dit die “Hart van Neolitiese Orkney.”[Nota 1] Dit is ouer as Stonehenge en die Groot Piramides en is die “Skotse Pompeji” genoem omdat dit so goed bewaar is.

Hart van Neolitiese Orkney*
Unesco-wêrelderfenisterrein

Skara Brae

Skara Brae
Posisie van Skara Brae in Skotland
Koördinate:59°02′55″N3°20′35″W /59.04861°N 3.34306°W /59.04861; -3.34306Koördinate:59°02′55″N3°20′35″W /59.04861°N 3.34306°W /59.04861; -3.34306
Lande Skotland
Tipe Kultureel
Kriteria i, ii, iii, iv
Verwysings
Streek Europa en Noord-Amerika
Inskripsiegeskiedenis
Inskripsie 1999 (23ste Sessie)
*

Inhoud

In die winter van 1850 was daar ’n hewige storm in Skotland wat wydverspreide skade en meer as 200 sterftes tot gevolg gehad het. In die Bay of Skaill het die storm die grondoppervlak van ’n groot onreëlmatige hoogtetjie, bekend as “Skerrabra”, afgeskeur. Toe die storm oor is, het plaaslike dorpenaars die buitelyne van ’n dorpie bestaande uit ’n aantal huisies sonder dakke ontdek. William Watt van Skaill, die plaaslike grondeienaar het met ’n amateuruitgrawing van die terrein begin, maar nadat vier huisies ontdek is, is die werk in 1868 gestaak. Die terrein het ongestoord gebly tot 1913 toe plunderaars die terrein toegetakel het en ’n onbekende aantal artefakte verwyder het. In 1924 het nog ’n hewige storm ’n gedeelte van een van die huise weggevee en daar is bepaal dat die terrein beveilig moet word en met meer erns ondersoek moet word. Die verkenningswerk is aan Vere Gordon Childe van die Universiteit van Edinburgh oorgelaat. Hy het vir die eerste keer in middel 1927 na Skara Brae gereis.

Skara Brae se inwoners was blykbaar makers en gebruikers van gegroefde koopware (grooved ware), ’n kenmerkende styl van erdewerk wat in Noord-Skotland voorgekom het nie lank voor die oprigting van die dorpie nie. Die huise het aardbeskutting gebruik maar omdat dit versink was, is dit gebou in voorafbestaande afvalhope van huishoudelike afval bekend as “mishope”. Hoewel die “mishope” ’n mate van stabiliteit aan die huise verleën het was die belangrikste funksie daarvan om as insulasie te dien teen Orkney se brutale winterklimaat. Die gemiddelde huisies was 40 m2 in oppervlak met ’n groot vierkantige vertrek waarin ’n vuurherd was wat waarskynlik gebruik is vir verhitting en kosmaak. Gegewe die aantal huisies is dit waarskynlik so dat nie meer as vyftig mense op enige gegewe moment in Skara Brae woonagtig was nie.

Opgegrawe wonings by Skara Brae

Dit is nie duidelik watter brandstof die inwoners in due vuurherde gebruik het nie. Gordon Childe was seker dat turf gebruik is as brandstof maar ’n gedetailleerde ontleding van die plantegroeipatrone en -tendense stel voor dat die klimaatstoestande wat bevorderlik is vir die ontwikkeling van dik turflae nie in hierdie deel van Orkney ontwikkel het tot nadat Skara Brae verlaat is nie. Ander voor die hand liggende bronne van brandstof sluit dryfhout en mis in maar daar is bewyse dat gedroogte seewier ’n noemenswaardige bron kon wees. By ’n aantal terreine in Orkney het navorsers ’n glasagtige slakagtige tipe seebamboes gekry wat moontlik oorgeblewe verbrande seewier is.

Die wonings bevat ’n aantal klipmeubelstukke insluitend kaste, laaikaste, sitplekke en houers. Elke woning kon betree word deur ’n lae deuropening wat ’n steenblad gehad het wat toegemaak kon word “deur ’n staaf wat in gate in die staanders geskuif kon word”. ’n Ingewikkelde dreineringstelsel is in die dorpie se ontwerp ingesluit en elke woning het ’n primitiewe toilet bevat. Sewe van die wonings het soortgelyke meubels met die beddens en laaikas in dieselfde plek in elke woning. Die laaikas staan teen die muur reg teenoor waar die ingang van die vertrek is en sou die eerste item wees wat iemand sou sien wat die vertrek sou binnegaan. Elke woning het ’n groter bed aan die regterkant van die deuropening en ’n kleiner bed aan die linkerkant. Lloyd Laing het opgemerk dat hierdie patroon verleen is van die Hibrediese gebruik tot die vroeë 20ste eeu en stel voor dat die man se bed die groter een was en dié van die vrou die kleiner een. Die ontdekking van krale en verfpotte in party van die kleiner beddens ondersteun moontlik hierdie interpretasie. Sentraal Asiese Joertwonings het ’n identiese interne ruimtelike geslagstoewysing, sentrale vuur en stoorkis teenoor die ingang. Bykomende ondersteuning kom van die feit dat die steenkiste links van die meeste deuropenings is wat die persoon wat die woning betree, dwing om na regs (die kant van die “man”) te draai. Vooraan elke bed is die stompe van steenpilare wat moontlik ’n pelsbedekking kon ophou; nog ’n skakel met onlangse Hibrediese styl.

Bewysstukke van meubels

Die agtste woning bevat geen stoorkis of laaikas nie maar is verdeel in klein afgeskorte vertrekkies. Toe hierdie woning opgegrawe is, is stukke steen, been en horing gevind. Dit is moontlik dat hierdie gebou gebruik is as ’n plek om eenvoudige gereedskap soos naalde van been of vuursteenbyle te maak. Die teenwoordigheid van hittebeskadigde vulkaniese klip en wat blyk ’n skoorsteen te wees, ondersteun hierdie interpretasie. Woning 8 is ook in ’n ander manier kenmerkend. Dit is ’n struktuur wat op sy eie staan en nie deur ’n “mishoop” omring is nie; daar is egter ’n “portaal” wat die ingang beskerm deur mure wat meer as 2 m dik is.

Hierdie terrein bied ook die eerste bekende optekening vir die vlooi Pulex irritans in Europa.

Die mense wat Skara Brae gebou het was hoofsaaklik veetelers wat met beeste en skape geboer het. Childe het aanvanklik geglo dat die inwoners nie landbou beoefen het nie maar opgrawings van ’n ”mishoop” in 1972 het saad opgelewer wat aangedui het dat gars verbou is. Visbene en skulpe kom ook algemeen in die “mishope” voor wat die idee skep dat die bewoners hul dieet met seekos aangevul het. Seeslakskulpe is algemeen en kon gedien het as aas wat aangehou is in steenkiste in die huise. Die kiste is gevorm uit dun steenplate met die lasse wat noukeurig met klei geseël is om dit waterdig te maak.

Die nomadiese leefstyl is in skrille kontras met van die meer eksotiese interpretasies van die kultuur van die mense van Skara Brae. Euan MacKie het voorgestel dat Skara Brae die woning van ’n bevoorregte teokratiese klas wyse manne was wat besig was met astronomiese en betowerende seremonies op nabygeleë terreine soos die Ring van Brogdar en die Staande Stene van Stenness. Graham en Anna Ritchie het hierdie interpretasie in twyfel getrek en genoem dat daar geen argeologiese bewyse vir hierdie aanspraak was nie alhoewel ’n Neolitiese “lae weg” Skara Brae met die manjifieke graf van Maeshowe verbind en naby die twee terreine verby beweeg. Regdeur Brittanje verbind lae weë talle Neolitiese seremoniële terreine.

Uitsig oor die nedersetting, ’n bedekking van woning 7 en die nabyheid aan die kus word gesien. Die glasdak is deur ’n turfdak vervang omdat die humiditeit en hitte as gevolg van die glas bewaring belemmer het.

Childe het aanvanklik geglo dat die nedersetting uit ongeveer 500 vC dateer. Hierdie interpretasie is voortdurend bevraagteken soos wat nuwe opgrawings gedoen is en is in 1972-73 uiteindelik geskik. Radiokoolstofresultate wat verkry is uit monsters wat gedurende hierdie opgrawings versamel is, het aangedui dat die bewoning van Skara Brae in ongeveer 3180 vC begin het en het vir ongeveer 600 jaar voortgeduur. In ongeveer 2500 vC, nadat die klimaat verander het na baie kouer en natter, is die nedersetting waarskynlik verlaat deur die inwoners. Daar is talle teorieë oor waarom die mense van Skara Brae die plek verlaat het; gewilde interpretasies sluit dikwels ’n groot storm in. Evan Hadingham het bewyse van voorwerpe wat daar gevind is gekombineer met die storm-scenario om ’n dramatiese gebeurtenis te skets wat die einde van die nedersetting beteken het:

Soos die geval in Pompeji, kom dit voor of die inwoners verras is en haastig weg is aangesien baie van hul gewaardeerde besittings soos halssnoere van beendere en tande, of naalde van walrusivoor agtergebly het. Die oorblyfsels van dieregewrigte in sommige beddens dui op hul moontlike laaste maaltyd. Een vrou was so haastig dat haar halssnoer gebreek het soos wat sy deur die smal deuropening probeer kom het. Dit het ’n string krale buite die huis agter gelaat soos wat sy weggevlug het.

Anna Ritchie stem nie saam met die katastrofiese interpretasies van die nedersetting se verlating nie:

’n Gewilde mite sou wees dat die nedersetting verlaat is gedurende ’n hewige storm wat gedreig het om dit onder sand te begrawe maar die waarheid is dat die begrawing geleidelik plaasgevind het en dat dit alreeds verlate was – om welke rede kan niemand sê nie.

Die nedersetting was verder van die see as wat dit vandag is en dit is moontlik dat Skara Brae langs ’n varswaterstrandmeer opgerig is wat deur duine beskerm was. Hoewel die visuele geboue ’n indruk kan skep van ’n organiese geheel, is die seker dat ’n onbekende hoeveelheid addisionele strukture reeds verlore gegaan het a.g.v. see-erosie voor die terrein se ontdekking en gevolglike beskerming deur ’n seemuur. Dit is bekend dat onbedekte oorblyfsels direk langsaan die antieke monument bestaan in areas wat tans deur velde bedek word. Ander oorblyfsels word sigbaar soos erosie ’n rotswand wegkalwe effens suid van die afgesperde gebied.

Simbole wat by Skara Brae en ander Neolitiese terreine gevind is

’n Aantal raaiselagtige uitgekapte steenballe is op die terrein gevind en sommiges daarvan kan in die museum gesien word. Soortgelyke voorwerpe is regdeur Noord-Skotland gevind. Die spiraalvormige versiering op sommige “balle” hou stilisties verband met voorwerpe wat in die Boynevallei in Ierland gevind is. Soortgelyke simbole is in uitgekapte steenlateie en bedpale gevind. Daar word na hierdie simbole verwys as “rune geskrifte” en was talle kere die onderwerp van opspraakwekkende vertalings. Castleden stel dit bv. dat “dubbelpunte” wat vertikale en diagonale simbole beklemtoon, moontlik die skeiding van woorde kan voorstel.

Rooi-okerklonte is hier en op ander Neolitiese terreine gevind. Dit word geïnterpreteer as bewyse dat liggaamsverwery moontlik beoefen kon word. Hematietballetjies met gepoleerde oppervlaktes is ook gevind; die klein oppervlaktes stel voor dat die balletjies gebruik is om leer af te werk.

Ander artefakte wat by die terrein opgegrawe is, is gemaak van diere, visse, voëls, balein, walvis en walrusivoor en moordvistande en sluit in else, naalde, messe, krale, dissels, grawe, klein bakkies en ivoorspelde van tot 10 cm lank. Hierdie naalde is soortgelyk aan voorbeelde wat in ganggrafte in die Boynevallei gevind is en bevestig die skakel tussen twee verskillende kulture. In Skara Brae is sogenaamde Skaillmesse is as gereedskap gebruik; dit bestaan uit groot klip- of sandsteenvlokke. Skaillmesse is deur die hele Orkney en Shetland gevind.

Die opgrawings in 1972 het lae bereik wat deurdrenk was met water en het items bevat wat andersins vernietig sou wees. Dit sluit ’n verdraaide bol heide, een van baie min voorbeelde van neolitiese tou, en ’n houthandvatsel in.

’n Kleiner maar vergelykbare terrein kan gevind word by Rinyo op Rousay. Dit is ongewoon dat geen Maeshowe-tipe grafte op Rousay gevind is nie en hoewel daar ’n groot aantal Orkney-Cromarty steenmannetjies is, is dit gebou deur mense van die unstan ware-tyd.

Knap of Howar op Papa Westray is ’n goedbewaarde Neolitiese plaasopstal. Dit dateer van tussen 3500 vC tot 3100 vC en is in ontwerp soortgelyk aan Skara Brae maar van ’n vroeëre tydperk. Die vermoede is dat dit die oudste bewaarde staande gebou in noord-Europa is.

Daar vind ook tans opgrawings plaas by Links of Noltland op Westray wat ooreenkomste met Skara Brae het.

“Die Hart van Neolitiese Orkney” is in Desember 1999 as ’n Wêrelderfenisgebied geïnskribeer. Die terreine by Maeshowe, die Ring van Brigdar die Staande Stene van Stenness en ander nabygeleë terreine is hierby ingesluit. Dit word bestuur deur Historic Scotland wat se ‘Verklaring van Betekenis’ vir die terrein begin met:

Die monumente in die hart van Neolitiese Orkney en Skara Brae verklaar die oorwinning van die menslike gees in die vroeë tyd en geïsoleerde plekke. Dit is ongeveer tydgenote met die mastabas van die Egiptiese tydperk (eerste en tweede dinastieë), die steentempels van Sumerië en die eerste stede van die Harappa-kultuur in Indië en ’n eeu of twee ouer as die Sjinese Goue Era. Die terrein is ongewoon goed vir die ouderdom en bewysstukke het merkwaardig goed behoue gebly. Hierdie terreine staan as ’n sigbare simbool van die prestasies van vroeëre volkere weg van die tradisionele sentra van die beskawing.
  • Die kinderboek Il tesoro die Skara Brae deur Diletta Nicastro is die tweede episode van die reeks The World of Mauro & Lisi, ’n sage wat in Skara Brae en ander Neolitiese terreine in die omgewing afspeel.
  • Die kinderboek The Boy with the Bronze Axe deur Kathleen Fidler speel af gedurende die laaste dae van Skara Brae.
  • ’n Klip is op 12 April 2008 in Skara Brae onthul om die herdenking van die Russiese ruimtevaarder Joeri Gagarin wat in 1961 die eerste man geword het wat om die aarde gewentel het.
  • Skara Brae is ’n plek in die rekenaarspeletjie The Bard’s tale wat in ’n fiktiewe Orkney afspeel.
  • In Kim Stanley Robinson se novelle A History of The Twentieth Century, With Illustrations wat in 1991 gepubliseer is, besoek die hoofkarakter Skara Brae en ander Neolitiese terreine in Orkney as deel van ’n reis wat hy onderneem om ’n perspektief te kry oor die gewelddadige geskiedenis van die 20ste eeu.

1 Dit is een van vier UNESCO Wêrelderfenisgebiede in Skotland. Die ander is die Ou Dorp en Nuwe Dorp van Edinburgh; New Lenark in South Lancashire; en St. Kilda in die Westelike Eilande

  1. Hawkes 1986, p. 262
  2. Bryson 2010
  3. (en) . Orkneyjar. URL besoek op 29 September 2012.
  4. Darvill 1987, p. 85
  5. Hedges 1984, p. 107
  6. Childe 1931
  7. Keatinge & Dickson 1979
  8. Fenton 1978, pp. 206–209
  9. Childe & Simpson 1952, p. 21
  10. Laing 1974, p. 61
  11. Ritchie 1995, p. 32
  12. Childe & Clarke 1983, p. 9
  13. Beck et al. 1999
  14. Clarke & Sharples 1985, p. 66
  15. Buckland & Sadler 2003
  16. Laing 1974, p. 54
  17. Childe & Clarke 1983, p. 10
  18. MacKie 1977
  19. Ritchie 1981, pp. 51–52
  20. Castleden 1987, p. 117
  21. Childe & Clarke 1983, p. 6
  22. Castleden 1987, p. 47
  23. Hadingham 1975, p. 66
  24. Ritchie 1995, p. 29
  25. Clarke & Sharples 1985, p. 58
  26. (en) . Besoek op3 November 2011.
  27. Laing 1982, p. 137
  28. Piggott 1954, p. 329
  29. Castleden 1987, p. 253
  30. Burl 1976, p. 87
  31. Ritchie 1995, p. 18
  32. Clarke & Sharples 1985, pp. 78–81
  33. Ritchie 1981, p. 41
  34. Ritchie 1995, p. 16
  35. Burl 1979, p. 144
  36. Hedges 1984, p. 215
  37. (in Engels). Orkneyjar. vanaf die oorspronklike op 17 Oktober 2019. Besoek op5 September 2007.
  38. Darvill 1987, p. 105
  39. (en) . Historic Scotland. Geargiveer vanaf op 24 Augustus 2007. Besoek op5 September 2007.
  40. Nicastro 2007
  41. Fidler 2005
  42. (in Engels). BBC News. 12 April 2008. vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op21 April 2008.
  43. (en) Ross, John (12 April 2008). . Edinburgh: The Scotsman. Besoek op21 April 2008.
  44. (en) . thebardstale.com. URL besoek op 3 November 2012.
  45. (en) . URL besoek op 5 March 2013.
  • (en) Beck, Roger B.; Black, Linda; Krieger, Larry S.; Naylor, Phillip C.; Shabaka, Dahia Ibo (1999). World History: Patterns of Interaction. Evanston, IL: McDougal Littell. ISBN 0-395-87274-X.
  • (en) Bryson, Bill (2010). At home : a short history of private life. Londen; New York: Doubleday. ISBN 978-0-385-60827-5.
  • (en) Buckland, Paul C.; Sadler, Jon P., (2003). "Insects". In Edwards, Kevin J.; Ralston, Ian B.M. (reds.). Scotland After the Ice Age: Environment, Archaeology and History, 8000 BC - AD 1000. Edinburgh: Edinburgh University Press. ISBN 0-7486-1736-1.CS1 maint: extra punctuation (link)
  • (en) Burl, Aubrey (1976). The Stone Circles of the British Isles. Londen: Yale University Press. ISBN 0-300-01972-6.
  • (en) Burl, Aubrey (1979). Prehistoric Avebury. Londen: Yale University Press. ISBN 0-300-02368-5.
  • (en) Castleden, Rodney (1987). The Stonehenge People. Londen: Routledge & Kegan Paul Ltd. ISBN 0-7102-0968-1.
  • (en) Childe, V. Gordon (1931). Skara Brae, a Pictish Village in Orkney. Vergadering gehou in Londen: Monografie van die Koninklike Kommissie vir die Antieke en Historiese Monumente van Skotland.
  • (en) Childe, V. Gordon; Simpson, W. Douglas (1952). Illustrated History of Ancient Monuments: Vol. VI Scotland. Edinburgh: Haar Majesteit se Skryfbehoefteskantoor.
  • (en) Childe, V. Gordon; Clarke, D.V. (1983). Skara Brae. Edinburgh: Haar Majesteit se Skryfbehoefteskantoor. ISBN 0-11-491755-8.
  • (en) Clarke, D.V.; Sharples, Niall (1985). Settlements and Subsistence in the Third Millennium BC, in: Renfrew, Colin (Ed.) The Prehistory of Orkney BC 4000-1000 AD. Edinburgh: Edinburgh University Press. ISBN 0-85224-456-8.
  • (en) Darvill, Timothy (1987). Prehistoric Britain. Londen: Yale University Press. ISBN 0-300-03951-4.
  • (en) Fenton, Alexander (1978). Northern Isles: Orkney and Shetland. John Donald Publishers Ltd. ISBN 0-85976-019-7.
  • (en) Fidler, Kathleen (2005). The Boy with the Bronze Axe. Edinburgh: Floris Books. ISBN 978-0-86315-488-1.
  • (en) Hadingham, Evan (1975). Circles and Standing Stones: An Illustrated Exploration of the Megalith Mysteries of Early Britain. New York: Walker and Company. ISBN 0-8027-0463-8.
  • (en) Hawkes, Jacquetta (1986). The Shell Guide to British Archaeology. Londen: Michael Joseph. ISBN 0-7181-2448-0.
  • (en) Hedges, John W. (1984). Tomb of the Eagles: Death and Life in a Stone Age Tribe. New York: New Amsterdam. ISBN 0-941533-05-0.
  • (en) Keatinge, T.H.; Dickson (1979). "Mid Flandrian Changes in Vegetation in Mainland Orkney". New Phytol. 82 (2): 585–612. doi:.Text "first2 J.H." ignored (help)
  • (en) Laing, Lloyd (1974). Orkney and Shetland: An Archaeological Guide. Newton Abbott: David and Charles Ltd. ISBN 0-7153-6305-0.
  • (en) Laing, Lloyd & Jennifer (1982). The Origins of Britain. Londen: Paladin. ISBN 0-586-08370-7.
  • (en) MacKie, Euan (1977). Science and Society in Prehistoric Britain. Londen: Palgrave Macmillan. ISBN 0-312-70245-0.
  • (en) Nicastro, Diletta (2007). Il tesoro di Skara Brae. Milano: Passepartout Edizioni. ISBN 88-901759-7-4.
  • (en) Piggott, Stuart (1954). Neolithic Cultures of the British Isles. Cambridge University Press. ISBN 0-521-07781-8.
  • (en) Ritchie, Graham & Anna (1981). Scotland: Archaeology and Early History. New York: Thames and Hudson. ISBN 0-500-27365-0.
  • (en) Ritchie, Anna (1995). Prehistoric Orkney. London: B.T. Batsford Ltd. ISBN 0-7134-7593-5.
  • (en) . Besoek op3 November 2011.
  • (en) . Besoek op3 November 2011.
  • (en) . Besoek op3 November 2011.

Skara Brae
skara, brae, neolitiese, nedersetting, klip, gebou, geleë, skaill, weskus, mainland, grootste, eiland, orkney, argipel, skotland, bestaan, gegroepeerde, huisies, bewoon, ongeveer, 3180, 2500, europa, bewaarde, neolitiese, dorpie, status, unesco, wêrelderfenisg. Skara Brae is n Neolitiese nedersetting wat uit klip gebou is en gelee is op die Bay of Skaill aan die weskus van Mainland die grootste eiland in die Orkney argipel van Skotland Dit bestaan uit agt gegroepeerde huisies en is bewoon van ongeveer 3180 vC 2500 vC Skara Brae is Europa se bes bewaarde Neolitiese dorpie en het die status van Unesco werelderfenisgebied Saam met drie ander erfenisgebiede vorm dit die Hart van Neolitiese Orkney Nota 1 Dit is ouer as Stonehenge en die Groot Piramides en is die Skotse Pompeji genoem omdat dit so goed bewaar is 1 Hart van Neolitiese Orkney Unesco werelderfenisterreinSkara BraeSkara BraePosisie van Skara Brae in SkotlandKoordinate 59 02 55 N 3 20 35 W 59 04861 N 3 34306 W 59 04861 3 34306 Koordinate 59 02 55 N 3 20 35 W 59 04861 N 3 34306 W 59 04861 3 34306Lande SkotlandTipe KultureelKriteria i ii iii ivVerwysings 514Streek Europa en Noord AmerikaInskripsiegeskiedenisInskripsie 1999 23ste Sessie Naam soos dit in die Werelderfenislys verskyn Streek soos deur Unesco geklassifiseer Inhoud 1 Ontdeking en vroee verkenning 2 Neolitiese leefstyl 3 Datering en verlating 4 Artefakte 5 Verwante terreine in Orkney 6 Werelderfenisstatus 7 Eietydse kultuur 8 Notas 9 Verwysings 10 Bibliografie 11 Eksterne skakelsOntdeking en vroee verkenning WysigIn die winter van 1850 was daar n hewige storm in Skotland wat wydverspreide skade en meer as 200 sterftes tot gevolg gehad het 2 In die Bay of Skaill het die storm die grondoppervlak van n groot onreelmatige hoogtetjie bekend as Skerrabra afgeskeur Toe die storm oor is het plaaslike dorpenaars die buitelyne van n dorpie bestaande uit n aantal huisies sonder dakke ontdek 2 3 William Watt van Skaill die plaaslike grondeienaar het met n amateuruitgrawing van die terrein begin maar nadat vier huisies ontdek is is die werk in 1868 gestaak 3 Die terrein het ongestoord gebly tot 1913 toe plunderaars die terrein toegetakel het en n onbekende aantal artefakte verwyder het 2 In 1924 het nog n hewige storm n gedeelte van een van die huise weggevee en daar is bepaal dat die terrein beveilig moet word en met meer erns ondersoek moet word 2 Die verkenningswerk is aan Vere Gordon Childe van die Universiteit van Edinburgh oorgelaat Hy het vir die eerste keer in middel 1927 na Skara Brae gereis 2 Neolitiese leefstyl WysigSkara Brae se inwoners was blykbaar makers en gebruikers van gegroefde koopware grooved ware n kenmerkende styl van erdewerk wat in Noord Skotland voorgekom het nie lank voor die oprigting van die dorpie nie 4 Die huise het aardbeskutting gebruik maar omdat dit versink was is dit gebou in voorafbestaande afvalhope van huishoudelike afval bekend as mishope Hoewel die mishope n mate van stabiliteit aan die huise verleen het was die belangrikste funksie daarvan om as insulasie te dien teen Orkney se brutale winterklimaat Die gemiddelde huisies was 40 m2 in oppervlak met n groot vierkantige vertrek waarin n vuurherd was wat waarskynlik gebruik is vir verhitting en kosmaak Gegewe die aantal huisies is dit waarskynlik so dat nie meer as vyftig mense op enige gegewe moment in Skara Brae woonagtig was nie 5 Opgegrawe wonings by Skara Brae Dit is nie duidelik watter brandstof die inwoners in due vuurherde gebruik het nie Gordon Childe was seker dat turf gebruik is as brandstof 6 maar n gedetailleerde ontleding van die plantegroeipatrone en tendense stel voor dat die klimaatstoestande wat bevorderlik is vir die ontwikkeling van dik turflae nie in hierdie deel van Orkney ontwikkel het tot nadat Skara Brae verlaat is nie 7 Ander voor die hand liggende bronne van brandstof sluit dryfhout en mis in maar daar is bewyse dat gedroogte seewier n noemenswaardige bron kon wees By n aantal terreine in Orkney het navorsers n glasagtige slakagtige tipe seebamboes gekry wat moontlik oorgeblewe verbrande seewier is 8 Die wonings bevat n aantal klipmeubelstukke insluitend kaste laaikaste sitplekke en houers Elke woning kon betree word deur n lae deuropening wat n steenblad gehad het wat toegemaak kon word deur n staaf wat in gate in die staanders geskuif kon word 9 n Ingewikkelde dreineringstelsel is in die dorpie se ontwerp ingesluit en elke woning het n primitiewe toilet bevat Sewe van die wonings het soortgelyke meubels met die beddens en laaikas in dieselfde plek in elke woning Die laaikas staan teen die muur reg teenoor waar die ingang van die vertrek is en sou die eerste item wees wat iemand sou sien wat die vertrek sou binnegaan Elke woning het n groter bed aan die regterkant van die deuropening en n kleiner bed aan die linkerkant Lloyd Laing het opgemerk dat hierdie patroon verleen is van die Hibrediese gebruik tot die vroee 20ste eeu en stel voor dat die man se bed die groter een was en die van die vrou die kleiner een 10 Die ontdekking van krale en verfpotte in party van die kleiner beddens ondersteun moontlik hierdie interpretasie Sentraal Asiese Joertwonings het n identiese interne ruimtelike geslagstoewysing sentrale vuur en stoorkis teenoor die ingang Bykomende ondersteuning kom van die feit dat die steenkiste links van die meeste deuropenings is wat die persoon wat die woning betree dwing om na regs die kant van die man te draai 11 Vooraan elke bed is die stompe van steenpilare wat moontlik n pelsbedekking kon ophou nog n skakel met onlangse Hibrediese styl 12 Bewysstukke van meubels Die agtste woning bevat geen stoorkis of laaikas nie maar is verdeel in klein afgeskorte vertrekkies Toe hierdie woning opgegrawe is is stukke steen been en horing gevind Dit is moontlik dat hierdie gebou gebruik is as n plek om eenvoudige gereedskap soos naalde van been of vuursteenbyle te maak 13 Die teenwoordigheid van hittebeskadigde vulkaniese klip en wat blyk n skoorsteen te wees ondersteun hierdie interpretasie Woning 8 is ook in n ander manier kenmerkend Dit is n struktuur wat op sy eie staan en nie deur n mishoop omring is nie 14 daar is egter n portaal wat die ingang beskerm deur mure wat meer as 2 m dik is Hierdie terrein bied ook die eerste bekende optekening vir die vlooi Pulex irritans in Europa 15 Die mense wat Skara Brae gebou het was hoofsaaklik veetelers wat met beeste en skape geboer het 6 Childe het aanvanklik geglo dat die inwoners nie landbou beoefen het nie maar opgrawings van n mishoop in 1972 het saad opgelewer wat aangedui het dat gars verbou is 16 Visbene en skulpe kom ook algemeen in die mishope voor wat die idee skep dat die bewoners hul dieet met seekos aangevul het Seeslakskulpe is algemeen en kon gedien het as aas wat aangehou is in steenkiste in die huise 17 Die kiste is gevorm uit dun steenplate met die lasse wat noukeurig met klei geseel is om dit waterdig te maak Die nomadiese leefstyl is in skrille kontras met van die meer eksotiese interpretasies van die kultuur van die mense van Skara Brae Euan MacKie het voorgestel dat Skara Brae die woning van n bevoorregte teokratiese klas wyse manne was wat besig was met astronomiese en betowerende seremonies op nabygelee terreine soos die Ring van Brogdar en die Staande Stene van Stenness 18 Graham en Anna Ritchie het hierdie interpretasie in twyfel getrek en genoem dat daar geen argeologiese bewyse vir hierdie aanspraak was nie 19 alhoewel n Neolitiese lae weg Skara Brae met die manjifieke graf van Maeshowe verbind en naby die twee terreine verby beweeg 20 Regdeur Brittanje verbind lae wee talle Neolitiese seremoniele terreine Uitsig oor die nedersetting n bedekking van woning 7 en die nabyheid aan die kus word gesien Die glasdak is deur n turfdak vervang omdat die humiditeit en hitte as gevolg van die glas bewaring belemmer het Datering en verlating WysigChilde het aanvanklik geglo dat die nedersetting uit ongeveer 500 vC dateer 6 Hierdie interpretasie is voortdurend bevraagteken soos wat nuwe opgrawings gedoen is en is in 1972 73 uiteindelik geskik Radiokoolstofresultate wat verkry is uit monsters wat gedurende hierdie opgrawings versamel is het aangedui dat die bewoning van Skara Brae in ongeveer 3180 vC begin het 21 en het vir ongeveer 600 jaar voortgeduur 22 In ongeveer 2500 vC nadat die klimaat verander het na baie kouer en natter is die nedersetting waarskynlik verlaat deur die inwoners Daar is talle teoriee oor waarom die mense van Skara Brae die plek verlaat het gewilde interpretasies sluit dikwels n groot storm in Evan Hadingham het bewyse van voorwerpe wat daar gevind is gekombineer met die storm scenario om n dramatiese gebeurtenis te skets wat die einde van die nedersetting beteken het Soos die geval in Pompeji kom dit voor of die inwoners verras is en haastig weg is aangesien baie van hul gewaardeerde besittings soos halssnoere van beendere en tande of naalde van walrusivoor agtergebly het Die oorblyfsels van dieregewrigte in sommige beddens dui op hul moontlike laaste maaltyd Een vrou was so haastig dat haar halssnoer gebreek het soos wat sy deur die smal deuropening probeer kom het Dit het n string krale buite die huis agter gelaat soos wat sy weggevlug het 23 Anna Ritchie stem nie saam met die katastrofiese interpretasies van die nedersetting se verlating nie n Gewilde mite sou wees dat die nedersetting verlaat is gedurende n hewige storm wat gedreig het om dit onder sand te begrawe maar die waarheid is dat die begrawing geleidelik plaasgevind het en dat dit alreeds verlate was om welke rede kan niemand se nie 24 Die nedersetting was verder van die see as wat dit vandag is en dit is moontlik dat Skara Brae langs n varswaterstrandmeer opgerig is wat deur duine beskerm was 21 Hoewel die visuele geboue n indruk kan skep van n organiese geheel is die seker dat n onbekende hoeveelheid addisionele strukture reeds verlore gegaan het a g v see erosie voor die terrein se ontdekking en gevolglike beskerming deur n seemuur 25 Dit is bekend dat onbedekte oorblyfsels direk langsaan die antieke monument bestaan in areas wat tans deur velde bedek word Ander oorblyfsels word sigbaar soos erosie n rotswand wegkalwe effens suid van die afgesperde gebied Artefakte Wysig Simbole wat by Skara Brae en ander Neolitiese terreine gevind is n Aantal raaiselagtige uitgekapte steenballe is op die terrein gevind en sommiges daarvan kan in die museum gesien word 26 Soortgelyke voorwerpe is regdeur Noord Skotland gevind Die spiraalvormige versiering op sommige balle hou stilisties verband met voorwerpe wat in die Boynevallei in Ierland gevind is 27 28 Soortgelyke simbole is in uitgekapte steenlateie en bedpale gevind 6 Daar word na hierdie simbole verwys as rune geskrifte en was talle kere die onderwerp van opspraakwekkende vertalings Castleden stel dit bv dat dubbelpunte wat vertikale en diagonale simbole beklemtoon moontlik die skeiding van woorde kan voorstel 29 Rooi okerklonte is hier en op ander Neolitiese terreine gevind Dit word geinterpreteer as bewyse dat liggaamsverwery moontlik beoefen kon word 30 Hematietballetjies met gepoleerde oppervlaktes is ook gevind die klein oppervlaktes stel voor dat die balletjies gebruik is om leer af te werk 31 Ander artefakte wat by die terrein opgegrawe is is gemaak van diere visse voels balein walvis en walrusivoor en moordvistande en sluit in else naalde messe krale dissels grawe klein bakkies en ivoorspelde van tot 10 cm lank 32 Hierdie naalde is soortgelyk aan voorbeelde wat in ganggrafte in die Boynevallei gevind is en bevestig die skakel tussen twee verskillende kulture 33 In Skara Brae is sogenaamde Skaillmesse is as gereedskap gebruik dit bestaan uit groot klip of sandsteenvlokke 34 Skaillmesse is deur die hele Orkney en Shetland gevind Die opgrawings in 1972 het lae bereik wat deurdrenk was met water en het items bevat wat andersins vernietig sou wees Dit sluit n verdraaide bol heide een van baie min voorbeelde van neolitiese tou 35 en n houthandvatsel in 36 Verwante terreine in Orkney Wysig n Kleiner maar vergelykbare terrein kan gevind word by Rinyo op Rousay Dit is ongewoon dat geen Maeshowe tipe grafte op Rousay gevind is nie en hoewel daar n groot aantal Orkney Cromarty steenmannetjies is is dit gebou deur mense van die unstan ware tyd Knap of Howar op Papa Westray is n goedbewaarde Neolitiese plaasopstal Dit dateer van tussen 3500 vC tot 3100 vC en is in ontwerp soortgelyk aan Skara Brae maar van n vroeere tydperk Die vermoede is dat dit die oudste bewaarde staande gebou in noord Europa is 37 Daar vind ook tans opgrawings plaas by Links of Noltland op Westray wat ooreenkomste met Skara Brae het 38 Werelderfenisstatus Wysig Die Hart van Neolitiese Orkney is in Desember 1999 as n Werelderfenisgebied geinskribeer Die terreine by Maeshowe die Ring van Brigdar die Staande Stene van Stenness en ander nabygelee terreine is hierby ingesluit Dit word bestuur deur Historic Scotland wat se Verklaring van Betekenis vir die terrein begin met Die monumente in die hart van Neolitiese Orkney en Skara Brae verklaar die oorwinning van die menslike gees in die vroee tyd en geisoleerde plekke Dit is ongeveer tydgenote met die mastabas van die Egiptiese tydperk eerste en tweede dinastiee die steentempels van Sumerie en die eerste stede van die Harappa kultuur in Indie en n eeu of twee ouer as die Sjinese Goue Era Die terrein is ongewoon goed vir die ouderdom en bewysstukke het merkwaardig goed behoue gebly Hierdie terreine staan as n sigbare simbool van die prestasies van vroeere volkere weg van die tradisionele sentra van die beskawing 39 Eietydse kultuur WysigDie kinderboek Il tesoro die Skara Brae deur Diletta Nicastro is die tweede episode van die reeks The World of Mauro amp Lisi n sage wat in Skara Brae en ander Neolitiese terreine in die omgewing afspeel 40 Die kinderboek The Boy with the Bronze Axe deur Kathleen Fidler speel af gedurende die laaste dae van Skara Brae 41 n Klip is op 12 April 2008 in Skara Brae onthul om die herdenking van die Russiese ruimtevaarder Joeri Gagarin wat in 1961 die eerste man geword het wat om die aarde gewentel het 42 43 Skara Brae is n plek in die rekenaarspeletjie The Bard s tale wat in n fiktiewe Orkney afspeel 44 In Kim Stanley Robinson se novelle A History of The Twentieth Century With Illustrations wat in 1991 gepubliseer is besoek die hoofkarakter Skara Brae en ander Neolitiese terreine in Orkney as deel van n reis wat hy onderneem om n perspektief te kry oor die gewelddadige geskiedenis van die 20ste eeu 45 Notas Wysig1 Dit is een van vier UNESCO Werelderfenisgebiede in Skotland Die ander is die Ou Dorp en Nuwe Dorp van Edinburgh New Lenark in South Lancashire en St Kilda in die Westelike EilandeVerwysings Wysig Hawkes 1986 p 262 2 0 2 1 2 2 2 3 2 4 Bryson 2010 3 0 3 1 en Skara Brae Die Ontdekking van die Dorp Orkneyjar URL besoek op 29 September 2012 Darvill 1987 p 85 Hedges 1984 p 107 6 0 6 1 6 2 6 3 Childe 1931 Keatinge amp Dickson 1979 Fenton 1978 pp 206 209 Childe amp Simpson 1952 p 21 Laing 1974 p 61 Ritchie 1995 p 32 Childe amp Clarke 1983 p 9 Beck et al 1999 Clarke amp Sharples 1985 p 66 Buckland amp Sadler 2003 Laing 1974 p 54 Childe amp Clarke 1983 p 10 MacKie 1977 Ritchie 1981 pp 51 52 Castleden 1987 p 117 21 0 21 1 Childe amp Clarke 1983 p 6 Castleden 1987 p 47 Hadingham 1975 p 66 Ritchie 1995 p 29 Clarke amp Sharples 1985 p 58 en Uitgekapte Steenballe by Skara Brae Besoek op 3 November 2011 Laing 1982 p 137 Piggott 1954 p 329 Castleden 1987 p 253 Burl 1976 p 87 Ritchie 1995 p 18 Clarke amp Sharples 1985 pp 78 81 Ritchie 1981 p 41 Ritchie 1995 p 16 Burl 1979 p 144 Hedges 1984 p 215 The Knap o Howar Papay in Engels Orkneyjar Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Oktober 2019 Besoek op 5 September 2007 Darvill 1987 p 105 en The Heart of Neolithic Orkney Historic Scotland Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Augustus 2007 Besoek op 5 September 2007 Nicastro 2007 Fidler 2005 Orkney terrein merk datum van ruimtewedloop in Engels BBC News 12 April 2008 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019 Besoek op 21 April 2008 en Ross John 12 April 2008 Prehistoriese eer vir eerste man in ruimte Edinburgh The Scotsman Besoek op 21 April 2008 en Oor The Bard s Tale thebardstale com URL besoek op 3 November 2012 en A History of the Twentieth Century with Illustrations URL besoek op 5 March 2013 Bibliografie Wysig en Beck Roger B Black Linda Krieger Larry S Naylor Phillip C Shabaka Dahia Ibo 1999 World History Patterns of Interaction Evanston IL McDougal Littell ISBN 0 395 87274 X en Bryson Bill 2010 At home a short history of private life Londen New York Doubleday ISBN 978 0 385 60827 5 en Buckland Paul C Sadler Jon P 2003 Insects In Edwards Kevin J Ralston Ian B M reds Scotland After the Ice Age Environment Archaeology and History 8000 BC AD 1000 Edinburgh Edinburgh University Press ISBN 0 7486 1736 1 CS1 maint extra punctuation link en Burl Aubrey 1976 The Stone Circles of the British Isles Londen Yale University Press ISBN 0 300 01972 6 en Burl Aubrey 1979 Prehistoric Avebury Londen Yale University Press ISBN 0 300 02368 5 en Castleden Rodney 1987 The Stonehenge People Londen Routledge amp Kegan Paul Ltd ISBN 0 7102 0968 1 en Childe V Gordon 1931 Skara Brae a Pictish Village in Orkney Vergadering gehou in Londen Monografie van die Koninklike Kommissie vir die Antieke en Historiese Monumente van Skotland en Childe V Gordon Simpson W Douglas 1952 Illustrated History of Ancient Monuments Vol VI Scotland Edinburgh Haar Majesteit se Skryfbehoefteskantoor en Childe V Gordon Clarke D V 1983 Skara Brae Edinburgh Haar Majesteit se Skryfbehoefteskantoor ISBN 0 11 491755 8 en Clarke D V Sharples Niall 1985 Settlements and Subsistence in the Third Millennium BC in Renfrew Colin Ed The Prehistory of Orkney BC 4000 1000 AD Edinburgh Edinburgh University Press ISBN 0 85224 456 8 en Darvill Timothy 1987 Prehistoric Britain Londen Yale University Press ISBN 0 300 03951 4 en Fenton Alexander 1978 Northern Isles Orkney and Shetland John Donald Publishers Ltd ISBN 0 85976 019 7 en Fidler Kathleen 2005 The Boy with the Bronze Axe Edinburgh Floris Books ISBN 978 0 86315 488 1 en Hadingham Evan 1975 Circles and Standing Stones An Illustrated Exploration of the Megalith Mysteries of Early Britain New York Walker and Company ISBN 0 8027 0463 8 en Hawkes Jacquetta 1986 The Shell Guide to British Archaeology Londen Michael Joseph ISBN 0 7181 2448 0 en Hedges John W 1984 Tomb of the Eagles Death and Life in a Stone Age Tribe New York New Amsterdam ISBN 0 941533 05 0 en Keatinge T H Dickson 1979 Mid Flandrian Changes in Vegetation in Mainland Orkney New Phytol 82 2 585 612 doi 10 1111 j 1469 8137 1979 tb02684 x Text first2 J H ignored help en Laing Lloyd 1974 Orkney and Shetland An Archaeological Guide Newton Abbott David and Charles Ltd ISBN 0 7153 6305 0 en Laing Lloyd amp Jennifer 1982 The Origins of Britain Londen Paladin ISBN 0 586 08370 7 en MacKie Euan 1977 Science and Society in Prehistoric Britain Londen Palgrave Macmillan ISBN 0 312 70245 0 en Nicastro Diletta 2007 Il tesoro di Skara Brae Milano Passepartout Edizioni ISBN 88 901759 7 4 en Piggott Stuart 1954 Neolithic Cultures of the British Isles Cambridge University Press ISBN 0 521 07781 8 en Ritchie Graham amp Anna 1981 Scotland Archaeology and Early History New York Thames and Hudson ISBN 0 500 27365 0 en Ritchie Anna 1995 Prehistoric Orkney London B T Batsford Ltd ISBN 0 7134 7593 5 Eksterne skakels WysigWikimedia Commons bevat media in verband met Skara Brae en Historic Scotland Skara Brae Prehistoriese dorpie Besoek op 3 November 2011 en Orkneyjar Skara Brae Die ontdekking van die dorpie Besoek op 3 November 2011 en Koninklike Kommissie oor die Antieke en Historiese Monumente van Skotland Terreinrekord vir Skara Brae Besoek op 3 November 2011 Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Skara Brae amp ol,