fbpx
Wikipedia

Sjia

Sjia (Arabies: شيعة Shīʿah, van Shīʿatu ʿAlī, "aanhanger van Ali") is ’n tak van Islam wat glo die profeet Mohammed het Ali ibn Abi Talib aangewys as sy opvolger en die imam (leier) ná hom,[2] maar dat hy die reg om kalief te wees ontsê is omdat sommige van Mohammed se volgelinge ná die profeet se dood bymekaargekom en trou aan Aboe Bakr gesweer het. Hierdie siening bots met dié van die Soenni, wie se volgelinge glo Mohammed het nie ’n opvolger aangewys nie; hulle beskou Aboe Bakr as die eerste regmatige kalief ná die profeet.[3]

Lande met ’n Moslemgemeenskap van meer as 5%.[1]

   Soenni

   Sjia

   Ibadi

Verspreiding van die oorheersende Islamitiese regskole volgens lande en streke
Die investituur, of beëdiging, van Ali as kalief ná Mohammed se dood (illustrasie in Die Oorblywende Tekens van Vergange Eeue, deur Al-Biroeni.
Die naam van Ali ibn Abi Talib.

Anders as die eerste drie Rasjidoen-kaliefs, was Ali van dieselfde clan as Mohammed, Banu Hashim.[4]

Aanhangers van Sjia is bekend as Sjias of Sjiiete[5] (voorheen Sjiïete). Sjia is die tweede grootste tak van Islam: In 2009 het Sjiiete 10-20%[6] van die wêreld se Moslembevolking uitgemaak.[7] Die Twaalfers (Ithnā'ashariyyah) is die grootste tak van Sjia,[8] met ramings in 2012 wat aandui 85% van Sjiiete is Twaalfers.[9]

Sjia is gebaseer op die Koran, die boodskap van Mohammed soos saamgevat in die hadit en op hadit wat deur hul imams onderrig word.[10][11] Sjia glo Ali is Mohammed se goddelik aangewese opvolger en die eerste imam. Hulle brei ook hierdie imamleerstelling uit na Mohammed se familie, die Ahl al-Bayt ("familie van die huis"),[12] en sommige individue onder sy afstammelinge bekend as die "imams", wat volgens hulle spesiale sprituele en politieke gesag oor die gemeenskap het, asook onfeilbaarheid en ander goddelik bepaalde eienskappe.[13]

Hoewel daar baie subgroepe is, word moderne Sjia in drie hoofgroepe ingedeel: die Twaalfers, Ismaili's en Zaidi's; die Twaalfers is die grootste en invloedrykste groep.[14][15][16]

Geloofsoortuigings

Opvolging

Sjiiete glo dat nes God alleen ’n profeet kan aanwys, Hy die enigste een is wat ’n opvolger van die profeet kan aanstel. Hulle glo God het Ali gekies as Mohammed se opvolger en die eerste kalief van Islam. Die Sjiiete glo Mohammed het Ali as sy opvolger aangewys op bevel van God (Eid Al Ghadir).[17][18] Ali was Mohammed se neef en naaste lewende manlike familielid, asook sy skoonseun.[19][20]

Die gebeure by Dhul Asheera

Mohammed het drie jaar lank in die geheim mense genooi om by Islam aan te sluit voordat hy hulle openlik begin nooi het. In die vierde jaar van Islam, toe Mohammed opdrag kry om sy naaste familielede na Islam te nooi,[21] het hy ’n banket vir die Banu Hashim-clan gereël. Toe hy op die punt was om sy familie te nooi, het sy oom Abu Lahab hom onderbreek en almal het die banket verlaat. Die profeet het Ali toe aangesê om die 40 mense weer te nooi. Die tweede keer het Mohammed Islam aan hulle bekendgestel en hulle genooi om aan te sluit.[22]

Ali was die enigste een wat op Mohammed se beroep gereageer het. Mohammed het hom aangesê om te sit en gesê: "Wag! Dalk sal iemand ouer as jy op my beroep reageer." Hy het toe die lede van Banu Hashim ’n tweede keer gevra. Weer was Ali die enigste een wat gereageer het, en weer het Mohammed hom aangesê om te wag. Hy het die lede van Banu Hashim ’n derde keer gevra, en steeds was Ali die enigste vrywilliger. Dié keer het Mohammed sy aanbod aanvaar. Hy het Ali "nadergetrek, hom teen sy hart gedruk en vir die mense teenwoordig gesê: 'Dit is my visier dié, my opvolger en my viseregent. Luister na hom en gehoorsaam sy bevele.'"[23]

In ’n ander weergawe het Mohammed, toe hy Ali se gretige aanbod aanvaar, "sy arms om die jong man gegooi, hom teen sy bors vasgedruk en gesê: "Dis my broer, my visier, my viseregent . . . Laat almal na sy woorde luister en hom gehoorsaam."[24]

Die gebeure by Ghadir Khumm

Die gebeure by Ghadir Khumm het in Maart 632 plaasgevind. Nadat Mohammed van die hadj teruggekeer het, het hy al die Moslems wat saam met hom was bymekaargemaak en ’n lang preek gehou. Dit het ingesluit die profeet se verklaring "wie se heer (mawla) ek ook al is, Ali is ook hul heer". Daarna het Mohammed almal opdrag gegee om trou aan Ali te sweer. Sjiiete glo hierdie gebeure was die amptelike aanwysing van Ali as Mohammed se opvolger.[25] Omar was na bewering een van die eerstes wat trou aan Ali gesweer het

Ali se kalifaat

Asië
  
93.34%
Afrika
  
4.4%
Europa
  
1.5%
Amerikas
  
0.7%
Australië
  
0.1%
Verspreiding van Sjiiete

Toe Mohammed in 632 dood is, het sy naaste familielede die begrafnisreëlings getref. Terwyl hulle sy liggaam voorberei het, het Aboe Bakr, Omar en Mohammed se getroue volgeling Abu Ubaidah ibn al Jarrah met leiers van Medina vergader en Aboe Bakr as kalief gekies. Ali het nie die kalifaat van Aboe Bakr aanvaar nie en geweier om trou aan hom te sweer. Dit staan in beide Soenni- en Sjia-hadit.

Dit was eers ná die moord op die derde kalief, Oethman ibn Affan, in 657 dat die Moslems van Medina Ali uit desperaatheid en as laaste uitweg genooi het om die vierde kalief te word.[19] Hy het sy hoofstad in Koefa in die hedendaagse Irak gevestig.[26]

Ali se heerskappy is dikwels betwis en oorloë is teen hom gevoer. Hy het dus ’n stryd gehad om sy mag te behou. Dit het gelei tot die Eerste Fitna, die eerste groot burgeroorlog in die Islamitiese Kalifaat. Dit het begin as ’n reeks opstande teen Ali wat teweeggebring is deur die sluipmoord op sy voorganger, Oethman. Ali het geheers van 656 tot 661,[19] toe hy in ’n sluipmoordaanval dood is[20] terwyl hy gebid het. Ali se belangrikste teenstander, Moeawija, het toe die kalifaat opgeëis.[27]

Laaste imam van die Sjia

Die Mahdi is volgens profesieë die bevryder van Islam wat sewe, nege of negentien jaar lank sal regeer (volgens verskillende vertolkings) voor die Oordeelsdag, en hy sal die wêreld van die bose red. Volgens Islamitiese tradisie sal die Mahdi se heerskappy saamval met die Tweede Wederkoms van Jesus Christus (Isa), wat die Mahdi sal help teen die Masih ad-Dadjdjal (letterlik "vals Messias" of "antichris").

Jesus, wat in Islam as die Masih (Messias) beskou word, sal oos van Damaskus neerdaal, geklee in ’n geel gewaad met sy hoof gesalf. Hy sal dan by die Mahdi aansluit in die oorlog teen die Dadjdjal. Jesus sal die Dadjdjal verslaan en die mensdom verenig.

Twaalfers

Die "Twaalfers", of Ithnā'ashariyyah, is die grootste tak van Sjia; die term "Sjia" verwys dikwels outomaties na die Twaalfers. Die naam kom van die leerstelling dat daar 12 goddelik aangewese imams was, bekend as die Twaalf Imams. Die Twaalfers is ook bekend as Imami of Ja'fari, afgelei van die naam van die sesde imam, Ja'far al-Sadiq, wat die leer van die Twaalfers gevestig het.[28]

Die Twaalfers maak die grootste deel van Moslems uit in Iran (90%),[29] Aserbeidjan (85%),[26][30] Bahrein (70%), Irak (65%) en Libanon (65%).[31][32][33]

Verwysings

  1. Die bron vir verspreiding is die CIA World Factbook. Sjiitiese/Soennitiese verspreding kom uit ander bronne. Sjiiete kan onderverteenwoordig wees in sommige lande waar hulle nie in die amptelike statistieke verskyn nie.
  2. Olawuyi, Toyib (2014). On the Khilafah of Ali over Abu Bakr. p. 3. ISBN 978-1-4928-5884-3. vanaf die oorspronklike op 22 April 2016.
  3. "The Shura Principle in Islam, deur Sadek Sulaiman". www.alhewar.com (in Engels). vanaf die oorspronklike op 24 Julie 2019. Besoek op 18 Junie 2016.
  4. Triana, María (2017-03-31). Managing Diversity in Organizations: A Global Perspective (in Engels). Taylor & Francis. p. 159. ISBN 978-1-317-42368-3. vanaf die oorspronklike op 8 September 2017.
  5. "Sjia" in die Woordeboek van die Afrikaanse Taal. Aanlyn by viva-afrikaans.org (intekening nodig).
  6. shafaqna.com Shia's population, besoek op 18 September 2018
  7. "Mapping the Global Muslim Population" (in Engels). vanaf die oorspronklike op 25 Mei 2020. Besoek op 10 Desember 2014.
  8. Newman, Andrew J. (2013). "Introduction". Twelver Shiism: Unity and Diversity in the Life of Islam, 632 to 1722. Edinburgh University Press. p. 2. ISBN 978-0-7486-7833-4.
  9. Guidère, Mathieu (2012). Historical Dictionary of Islamic Fundamentalism. Scarecrow Press. p. 319. ISBN 978-0-8108-7965-2.
  10. Esposito, John. "What Everyone Needs to Know about Islam". Oxford University Press, 2002 | ISBN 978-0-19-515713-0. p. 40
  11. "From the article on Shii Islam in Oxford Islamic Studies Online". Oxfordislamicstudies.com. vanaf die oorspronklike op 28 Mei 2012. Besoek op 2011-05-04.
  12. "Ahl al- Bayt". Encyclopaedia of Islam (2de). (2012). Brill. DOI:10.1163/1573-3912_islam_SIM_0378. 
  13. "Lesson 13: Imam's Traits". Al-Islam.org (in Engels). vanaf die oorspronklike op 24 Julie 2019.
  14. Tabataba'i (1979), p. 76
  15. God's rule: the politics of world religions, p. 146, Jacob Neusner, 2003
  16. Esposito, John. What Everyone Needs to Know about Islam, Oxford University Press, 2002. ISBN 978-0-19-515713-0. p.40
  17. Momen 1985, p. 15
  18. "ʿALĪ B. ABĪ ṬĀLEB" (in Engels). Iranicaonline.org. vanaf die oorspronklike op 27 Oktober 2019. Besoek op 17 Mei 2015.
  19. 19,0 19,1 19,2 Merriam-Webster's Encyclopedia of World Religions, Wendy Doniger, Consulting Editor, Merriam-Webster, Incorporated, Springfield, MA 1999, ISBN 0-87779-044-2, LoC: BL31.M47 1999, p. 525
  20. 20,0 20,1 "Esposito, John. "What Everyone Needs to Know about Islam" Oxford University Press, 2002. ISBN 978-0-19-515713-0. p. 46
  21. Koran 26:214.
  22. Razwy, Sayed Ali Asgher. A Restatement of the History of Islam & Muslims. p. 54.
  23. Razwy, Sayed Ali Asgher. A Restatement of the History of Islam & Muslims. p. 55.
  24. Irving, Washington. The Life of Mohammed.
  25. Razwy, Sayed Ali Asgher. A Restatement of the History of Islam & Muslims. p. 276.
  26. 26,0 26,1 The New Encyclopædia Britannica, Jacob E. Safra, Chairman of the Board, 15de uitg., Encyclopædia Britannica, Inc., 1998, ISBN 0-85229-663-0, Vol 10, p. 738
  27. The New Encyclopædia Britannica, Jacob E. Safra, Chairman of the Board, 15de uitg., Encyclopædia Britannica, Inc., 1998, ISBN 0-85229-663-0, Vol 10, p. tid738
  28. Cornell 2007, p. 237
  29. "Esposito, John. "What Everyone Needs to Know about Islam" Oxford University Press, 2002. ISBN 978-0-19-515713-0. p. 45.
  30. "Administrative Department of the President of the Republic of Azerbaijan – Presidential Library – Religion" (PDF) (in Portugees). Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 21 Augustus 2011.
  31. Esposito, John. "What Everyone Needs to Know about Islam" Oxford University Press, 2002. ISBN 978-0-19-515713-0. p. 45
  32. John Pike. "Bahrain – Religion". globalsecurity.org (in Engels). vanaf die oorspronklike op 13 Desember 2019.
  33. "Challenges For Saudi Arabia Amidst Protests In The Gulf – Analysis". Eurasia Review (in Engels). vanaf die oorspronklike op 13 Desember 2019.

Eksterne skakels

  • YaHusain.com, Sjia-webtuiste met inligting in Engels en Oerdoe
  • Islamic – Sjia-webtuiste
  • , ’n aanlyn Sjia-ensiklopedie
  • Patheos Library – Sjia
  • Amptelike webtuiste van Nizari-Ismaili (Ismaili)
  •   Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Sjia.
  •   Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Sjia
sjia, arabies, شيعة, shīʿah, shīʿatu, ʿalī, aanhanger, islam, profeet, mohammed, talib, aangewys, opvolger, imam, leier, maar, kalief, wees, ontsê, omdat, sommige, mohammed, volgelinge, profeet, dood, bymekaargekom, trou, aboe, bakr, gesweer, hierdie, siening,. Sjia Arabies شيعة Shiʿah van Shiʿatu ʿAli aanhanger van Ali is n tak van Islam wat glo die profeet Mohammed het Ali ibn Abi Talib aangewys as sy opvolger en die imam leier na hom 2 maar dat hy die reg om kalief te wees ontse is omdat sommige van Mohammed se volgelinge na die profeet se dood bymekaargekom en trou aan Aboe Bakr gesweer het Hierdie siening bots met die van die Soenni wie se volgelinge glo Mohammed het nie n opvolger aangewys nie hulle beskou Aboe Bakr as die eerste regmatige kalief na die profeet 3 Lande met n Moslemgemeenskap van meer as 5 1 Soenni Sjia Ibadi Verspreiding van die oorheersende Islamitiese regskole volgens lande en streke Die investituur of beediging van Ali as kalief na Mohammed se dood illustrasie in Die Oorblywende Tekens van Vergange Eeue deur Al Biroeni Die naam van Ali ibn Abi Talib Anders as die eerste drie Rasjidoen kaliefs was Ali van dieselfde clan as Mohammed Banu Hashim 4 Aanhangers van Sjia is bekend as Sjias of Sjiiete 5 voorheen Sjiiete Sjia is die tweede grootste tak van Islam In 2009 het Sjiiete 10 20 6 van die wereld se Moslembevolking uitgemaak 7 Die Twaalfers Ithna ashariyyah is die grootste tak van Sjia 8 met ramings in 2012 wat aandui 85 van Sjiiete is Twaalfers 9 Sjia is gebaseer op die Koran die boodskap van Mohammed soos saamgevat in die hadit en op hadit wat deur hul imams onderrig word 10 11 Sjia glo Ali is Mohammed se goddelik aangewese opvolger en die eerste imam Hulle brei ook hierdie imamleerstelling uit na Mohammed se familie die Ahl al Bayt familie van die huis 12 en sommige individue onder sy afstammelinge bekend as die imams wat volgens hulle spesiale sprituele en politieke gesag oor die gemeenskap het asook onfeilbaarheid en ander goddelik bepaalde eienskappe 13 Hoewel daar baie subgroepe is word moderne Sjia in drie hoofgroepe ingedeel die Twaalfers Ismaili s en Zaidi s die Twaalfers is die grootste en invloedrykste groep 14 15 16 Inhoud 1 Geloofsoortuigings 1 1 Opvolging 1 2 Die gebeure by Dhul Asheera 1 3 Die gebeure by Ghadir Khumm 1 4 Ali se kalifaat 1 5 Laaste imam van die Sjia 2 Twaalfers 3 Verwysings 4 Eksterne skakelsGeloofsoortuigings WysigOpvolging Wysig Sjiiete glo dat nes God alleen n profeet kan aanwys Hy die enigste een is wat n opvolger van die profeet kan aanstel Hulle glo God het Ali gekies as Mohammed se opvolger en die eerste kalief van Islam Die Sjiiete glo Mohammed het Ali as sy opvolger aangewys op bevel van God Eid Al Ghadir 17 18 Ali was Mohammed se neef en naaste lewende manlike familielid asook sy skoonseun 19 20 Die gebeure by Dhul Asheera Wysig Mohammed het drie jaar lank in die geheim mense genooi om by Islam aan te sluit voordat hy hulle openlik begin nooi het In die vierde jaar van Islam toe Mohammed opdrag kry om sy naaste familielede na Islam te nooi 21 het hy n banket vir die Banu Hashim clan gereel Toe hy op die punt was om sy familie te nooi het sy oom Abu Lahab hom onderbreek en almal het die banket verlaat Die profeet het Ali toe aangese om die 40 mense weer te nooi Die tweede keer het Mohammed Islam aan hulle bekendgestel en hulle genooi om aan te sluit 22 Ali was die enigste een wat op Mohammed se beroep gereageer het Mohammed het hom aangese om te sit en gese Wag Dalk sal iemand ouer as jy op my beroep reageer Hy het toe die lede van Banu Hashim n tweede keer gevra Weer was Ali die enigste een wat gereageer het en weer het Mohammed hom aangese om te wag Hy het die lede van Banu Hashim n derde keer gevra en steeds was Ali die enigste vrywilliger Die keer het Mohammed sy aanbod aanvaar Hy het Ali nadergetrek hom teen sy hart gedruk en vir die mense teenwoordig gese Dit is my visier die my opvolger en my viseregent Luister na hom en gehoorsaam sy bevele 23 In n ander weergawe het Mohammed toe hy Ali se gretige aanbod aanvaar sy arms om die jong man gegooi hom teen sy bors vasgedruk en gese Dis my broer my visier my viseregent Laat almal na sy woorde luister en hom gehoorsaam 24 Die gebeure by Ghadir Khumm Wysig Die gebeure by Ghadir Khumm het in Maart 632 plaasgevind Nadat Mohammed van die hadj teruggekeer het het hy al die Moslems wat saam met hom was bymekaargemaak en n lang preek gehou Dit het ingesluit die profeet se verklaring wie se heer mawla ek ook al is Ali is ook hul heer Daarna het Mohammed almal opdrag gegee om trou aan Ali te sweer Sjiiete glo hierdie gebeure was die amptelike aanwysing van Ali as Mohammed se opvolger 25 Omar was na bewering een van die eerstes wat trou aan Ali gesweer het Ali se kalifaat Wysig Asie 93 34 Afrika 4 4 Europa 1 5 Amerikas 0 7 Australie 0 1 Verspreiding van Sjiiete Toe Mohammed in 632 dood is het sy naaste familielede die begrafnisreelings getref Terwyl hulle sy liggaam voorberei het het Aboe Bakr Omar en Mohammed se getroue volgeling Abu Ubaidah ibn al Jarrah met leiers van Medina vergader en Aboe Bakr as kalief gekies Ali het nie die kalifaat van Aboe Bakr aanvaar nie en geweier om trou aan hom te sweer Dit staan in beide Soenni en Sjia hadit Dit was eers na die moord op die derde kalief Oethman ibn Affan in 657 dat die Moslems van Medina Ali uit desperaatheid en as laaste uitweg genooi het om die vierde kalief te word 19 Hy het sy hoofstad in Koefa in die hedendaagse Irak gevestig 26 Ali se heerskappy is dikwels betwis en oorloe is teen hom gevoer Hy het dus n stryd gehad om sy mag te behou Dit het gelei tot die Eerste Fitna die eerste groot burgeroorlog in die Islamitiese Kalifaat Dit het begin as n reeks opstande teen Ali wat teweeggebring is deur die sluipmoord op sy voorganger Oethman Ali het geheers van 656 tot 661 19 toe hy in n sluipmoordaanval dood is 20 terwyl hy gebid het Ali se belangrikste teenstander Moeawija het toe die kalifaat opgeeis 27 Laaste imam van die Sjia Wysig Die Mahdi is volgens profesiee die bevryder van Islam wat sewe nege of negentien jaar lank sal regeer volgens verskillende vertolkings voor die Oordeelsdag en hy sal die wereld van die bose red Volgens Islamitiese tradisie sal die Mahdi se heerskappy saamval met die Tweede Wederkoms van Jesus Christus Isa wat die Mahdi sal help teen die Masih ad Dadjdjal letterlik vals Messias of antichris Jesus wat in Islam as die Masih Messias beskou word sal oos van Damaskus neerdaal geklee in n geel gewaad met sy hoof gesalf Hy sal dan by die Mahdi aansluit in die oorlog teen die Dadjdjal Jesus sal die Dadjdjal verslaan en die mensdom verenig Twaalfers WysigDie Twaalfers of Ithna ashariyyah is die grootste tak van Sjia die term Sjia verwys dikwels outomaties na die Twaalfers Die naam kom van die leerstelling dat daar 12 goddelik aangewese imams was bekend as die Twaalf Imams Die Twaalfers is ook bekend as Imami of Ja fari afgelei van die naam van die sesde imam Ja far al Sadiq wat die leer van die Twaalfers gevestig het 28 Die Twaalfers maak die grootste deel van Moslems uit in Iran 90 29 Aserbeidjan 85 26 30 Bahrein 70 Irak 65 en Libanon 65 31 32 33 Verwysings Wysig Die bron vir verspreiding is die CIA World Factbook Sjiitiese Soennitiese verspreding kom uit ander bronne Sjiiete kan onderverteenwoordig wees in sommige lande waar hulle nie in die amptelike statistieke verskyn nie Olawuyi Toyib 2014 On the Khilafah of Ali over Abu Bakr p 3 ISBN 978 1 4928 5884 3 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 April 2016 The Shura Principle in Islam deur Sadek Sulaiman www alhewar com in Engels Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Julie 2019 Besoek op 18 Junie 2016 Triana Maria 2017 03 31 Managing Diversity in Organizations A Global Perspective in Engels Taylor amp Francis p 159 ISBN 978 1 317 42368 3 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 September 2017 Sjia in die Woordeboek van die Afrikaanse Taal Aanlyn by viva afrikaans org intekening nodig shafaqna com Shia s population besoek op 18 September 2018 Mapping the Global Muslim Population in Engels Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Mei 2020 Besoek op 10 Desember 2014 Newman Andrew J 2013 Introduction Twelver Shiism Unity and Diversity in the Life of Islam 632 to 1722 Edinburgh University Press p 2 ISBN 978 0 7486 7833 4 Guidere Mathieu 2012 Historical Dictionary of Islamic Fundamentalism Scarecrow Press p 319 ISBN 978 0 8108 7965 2 Esposito John What Everyone Needs to Know about Islam Oxford University Press 2002 ISBN 978 0 19 515713 0 p 40 From the article on Shii Islam in Oxford Islamic Studies Online Oxfordislamicstudies com Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Mei 2012 Besoek op 2011 05 04 Ahl al Bayt Encyclopaedia of Islam 2de 2012 Brill DOI 10 1163 1573 3912 islam SIM 0378 Lesson 13 Imam s Traits Al Islam org in Engels Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Julie 2019 Tabataba i 1979 p 76 God s rule the politics of world religions p 146 Jacob Neusner 2003 Esposito John What Everyone Needs to Know about Islam Oxford University Press 2002 ISBN 978 0 19 515713 0 p 40 Momen 1985 p 15 ʿALi B ABi ṬALEB in Engels Iranicaonline org Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Oktober 2019 Besoek op 17 Mei 2015 19 0 19 1 19 2 Merriam Webster s Encyclopedia of World Religions Wendy Doniger Consulting Editor Merriam Webster Incorporated Springfield MA 1999 ISBN 0 87779 044 2 LoC BL31 M47 1999 p 525 20 0 20 1 Esposito John What Everyone Needs to Know about Islam Oxford University Press 2002 ISBN 978 0 19 515713 0 p 46 Koran 26 214 Razwy Sayed Ali Asgher A Restatement of the History of Islam amp Muslims p 54 Razwy Sayed Ali Asgher A Restatement of the History of Islam amp Muslims p 55 Irving Washington The Life of Mohammed Razwy Sayed Ali Asgher A Restatement of the History of Islam amp Muslims p 276 26 0 26 1 The New Encyclopaedia Britannica Jacob E Safra Chairman of the Board 15de uitg Encyclopaedia Britannica Inc 1998 ISBN 0 85229 663 0 Vol 10 p 738 The New Encyclopaedia Britannica Jacob E Safra Chairman of the Board 15de uitg Encyclopaedia Britannica Inc 1998 ISBN 0 85229 663 0 Vol 10 p tid738 Cornell 2007 p 237 Esposito John What Everyone Needs to Know about Islam Oxford University Press 2002 ISBN 978 0 19 515713 0 p 45 Administrative Department of the President of the Republic of Azerbaijan Presidential Library Religion PDF in Portugees Geargiveer PDF vanaf die oorspronklike op 21 Augustus 2011 Esposito John What Everyone Needs to Know about Islam Oxford University Press 2002 ISBN 978 0 19 515713 0 p 45 John Pike Bahrain Religion globalsecurity org in Engels Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Desember 2019 Challenges For Saudi Arabia Amidst Protests In The Gulf Analysis Eurasia Review in Engels Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Desember 2019 Eksterne skakels WysigYaHusain com Sjia webtuiste met inligting in Engels en Oerdoe Islamic Sjia webtuiste The Shiapedia n aanlyn Sjia ensiklopedie Patheos Library Sjia Amptelike webtuiste van Nizari Ismaili Ismaili Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Sjia Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse WikipediaOntsluit van https af wikipedia org w index php title Sjia amp oldid 2429210,