×
Sirius

Sirius is die helderste ster aan die naghemel en in die sterrebeeld Groot Hond (Canis Major). Met sy skynbare helderheid van -1,46, is dit byna twee keer so helder as Canopus, die tweede helderste ster. Die naam Sirius is afgelei van die Antieke Griekse Σείριος (seirios: "gloeiend" of "skroeier"). Dit word ook Alpha Canis Majoris (α CMa) genoem. Wat vir die blote oog soos ’n enkele ster lyk, is inderwaarheid ’n dubbelster – dit bestaan uit ’n wit hoofreeksster van spektraaltipe A1V, genoem Sirius A, en ’n dowwe witdwerg van spektraaltipe DA2, genoem Sirius B. Die afstand tussen die twee sterre wissel tussen 8,1 en 31,5 AE.

Sirius
So lyk Sirus aan die nagruim.
Sterrebeeld Groot Hond
Bayer-naam α Canis Majoris
Spektraaltipe A0mA1 Va / DA2
Soort Dubbelster
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming 6h 45m 8,9173s
Deklinasie -16° 42′ 58,017″
Skynmagnitude (m) −1,47 / 8,3
Besonderhede
Massa (M) 2,02 / 0,978
Radius (R) 1,711 / 0,0084
Ligsterkte (L) 25,4 / 0,026
Ouderdom (jaar) 2–3 × 108
Temperatuur (K) 9 940 / 25 200
Afstand (ligjaar) 8,6
Eienskappe
Veelvoudigheid Dubbelster
Ander name
Stelsel: Hondster, 9 Canis Majoris (9 CMa), HD 48915, HR 2491, BD −16°1591, GCTP 1577.00 A/B, GJ 244 A/B, LHS 219, ADS 5423, LTT 2638, HIP 32349.
B: EGGR 49, WD 0642-166
Die ligging van Sirius (in die rooi sirkel).
Portaal Sterrekunde

Inhoud

Sirius lyk helder vanweë beide sy helderheid en sy nabyheid aan die Aarde. Op ’n afstand van 8,6 ligjare is die Sirius-dubbelster een van die naaste sterre aan die Aarde. Dit beweeg geleidelik nader aan die Sonnestelsel en sal dus oor die volgende 60 000 jaar algaande helderder word. Daarna sal dit wegbeweeg, maar dit sal steeds vir die volgende 210 000 jaar die helderste ster aan ons naghemel wees.

Sirius A se massa is omtrent twee keer dié van die Son en dit het ’n absolute magnitude van 1,42. Dit is 25 keer so helder soos die Son, maar sy ligsterkte is nie so groot as ander helder sterre soos Canopus of Rigel nie. Die stelsel is tussen sowat 200 en 300 miljoen jaar oud. Dit het oorspronklik uit twee blouerige sterre bestaan. Die een met die grootste massa, Sirius B, het sy gas opgebruik en ’n rooireus geword voordat dit sy buitenste lae verloor, ingeplof en sowat 120 miljoen jaar gelede ’n witdwerg geword het.

Sirius word ook soms die Hondster genoem omdat hy so prominent in die sterrebeeld Groot Hond is. Sy herverskyning aan die horison ná ’n afwesigheid van 70 dae het in Antieke Egipte die oorstroming van die Nyl aangedui en in Antieke Griekeland die warm dae met die hoogste humiditeit. In die Suidelike Halfrond was dit die begin van die winter vir die Polinesiërs. Dit was vir laasgenoemde ook ’n belangrike ster vir navigasie op die Stille Oseaan.

Foto deur Hubble, met die witdwerg links onder.

Sirius is van byna elke bewoonde gebied op aarde sigbaar, met net mense in dele noord van 73 grade wat dit nie kan sien nie. Dit styg egter nie hoog soos gesien van sommige noordelike stede nie – byvoorbeeld net tot 13° bo die horison in Sint Petersburg.

Vroeg in Julie in die Suidelike Halfrond kan Sirius beide in die aand gesien word wanneer dit ná die Son ondergaan en in die oggend wanneer dit voor die Son opkom. Vanweë presessie en eiebeweging sal Sirius ál verder suid beweeg. Vanaf 9000 n.C. sal dit nie meer van Noord- en Sentraal-Europa af sigbaar wees nie en in 14000 n.C (wanneer Vega naby die Noordpool is) sal sy deklinasie -67º wees en dus permanent sigbaar in Suid-Afrika en die grootste dele van Australië.

Sirius kan ook in daglig gesien word onder gunste sigtoestande. Die lug moet baie helder wees en die waarnemer op ’n aansienlike hoogte, die ster moet oorhoofs verbybeweeg en die Son moet laag teen die horison wees. Dit is makliker sigbaar in die Suidelike Halfrond vanweë die ster se suidelike deklinasie.

Vanweë die wentelbaan-beweging van die twee sterre is hul naaste afstand van mekaar (periastron) 3 boogsekondes en die verste afstand (apastron) 11 boogsekondes. Wanneer hulle op hul naaste aan mekaar is, is uitstekende sigtoestande en ’n goeie teleskoop nodig om hulle van mekaar te onderskei. ’n Periastron het in 1994 plaasgevind en die sterre het sedertdien verder van mekaar af beweeg, dus is dit nou weer makliker om hulle met ’n teleskoop te onderskei.

Die ster se Bayer-naam is "Alpha Canis Majoris". Die eienaam, "Sirius", kom van die Latynse sīrius, wat weer kom van die Griekse σείριος (seirios, "gloeiend" of "skroeier"). ’n Skakel met die Egiptiese god Osiris is ook al voorgestel. In 2016 het die Internasionale Astronomiese Unie se sternaamwerkgroep (WGSN) dié naam vir die ster goedgekeur.

  1. Schaaf, Fred (2008). . Hoboken, New Jersey: John Wiley & Sons. p. 94. ISBN 0-471-70410-5. Besoek op2010-07-23.
  2. van Leeuwen, F. (November 2007), "Validation of the new Hipparcos reduction", Astronomy and Astrophysics 474 (2): 653–664, doi:, Bibcode:
  3. Perryman, M. A. C.; Lindegren, L.; Kovalevsky, J.; et al. (July 1997), "The Hipparcos Catalogue", Astronomy and Astrophysics 323: L49–L52, Bibcode:
  4. Perryman, Michael (2010), The Making of History's Greatest Star Map, Heidelberg: Springer-Verlag, doi:
  5. Liebert, J. (2005). "The Age and Progenitor Mass of Sirius B". The Astrophysical Journal. 630 (1): L69–L72. arXiv:. Bibcode:. doi:.Onbekende parameter |coauthors= geïgnoreer (help)AS1-onderhoud: ref=harv (link)
  6. Hinckley, Richard Allen (1899). . New York: G. E. Stechert. pp. 117–25.
  7. (in Engels). Hubble News Desk. 13 Desember 2005. vanaf die oorspronklike op 10 Oktober 2008. Besoek op4 Augustus 2006.
  8. Espenak, Fred. . Twelve Year Planetary Ephemeris: 1995–2006, NASA Reference Publication 1349. Geargiveer vanaf op 2012-07-29.
  9. (in Engels). Stargazers Astronomy Shop. 2000. vanaf die oorspronklike op 29 Maart 2020. Besoek op17 Desember 2008.
  10. Henshaw, C. (1984). "On the Visibility of Sirius in Daylight". Journal of the British Astronomical Association. 94 (5): 221–222. Bibcode:.AS1-onderhoud: ref=harv (link)
  11. Mullaney, James (2008). . Sky & Telescope. Besoek op2008-02-01.Onbekende parameter |month= geïgnoreer (help)
  12. Liddell, Henry G.; Scott, Robert (1980). Greek-English Lexicon (Verkorte uitg.). Oxford: Oxford University Press. ISBN 0-19-910207-4.
  13. Brosch, Noah (2008). Sirius Matters. Springer. ISBN 1-4020-8318-1.AS1-onderhoud: ref=harv (link)
  14. (PDF). Besoek op28 Julie 2016.
  • 16 Desember 2008 op Wayback Machine
  • Barker, Tho. (1760). "Remarks on the Mutations of the Stars". Philosophical Transactions. 51 (0): 498–504. doi:. JSTOR .Onbekende parameter |coauthors= geïgnoreer (help)AS1-onderhoud: ref=harv (link)

Koördinate:

Publikasie datum: September 03, 2021

sirius, helderste, ster, naghemel, sterrebeeld, groot, hond, canis, major, skynbare, helderheid, byna, twee, keer, helder, canopus, tweede, helderste, ster, naam, afgelei, antieke, griekse, Σείριος, seirios, gloeiend, skroeier, word, alpha, canis, majoris, gen. Sirius is die helderste ster aan die naghemel en in die sterrebeeld Groot Hond Canis Major Met sy skynbare helderheid van 1 46 is dit byna twee keer so helder as Canopus die tweede helderste ster Die naam Sirius is afgelei van die Antieke Griekse Seirios seirios gloeiend of skroeier Dit word ook Alpha Canis Majoris a CMa genoem Wat vir die blote oog soos n enkele ster lyk is inderwaarheid n dubbelster dit bestaan uit n wit hoofreeksster van spektraaltipe A1V genoem Sirius A en n dowwe witdwerg van spektraaltipe DA2 genoem Sirius B Die afstand tussen die twee sterre wissel tussen 8 1 en 31 5 AE 1 SiriusSo lyk Sirus aan die nagruim Sterrebeeld Groot HondBayer naam a Canis MajorisSpektraaltipe A0mA1 Va DA2Soort DubbelsterWaarnemingsdata Epog J2000 Regte klimming 6h 45m 8 9173sDeklinasie 16 42 58 017 Skynmagnitude m 1 47 8 3BesonderhedeMassa M 2 02 0 978Radius R 1 711 0 0084Ligsterkte L 25 4 0 026Ouderdom jaar 2 3 108Temperatuur K 9 940 25 200Afstand ligjaar 8 6EienskappeVeelvoudigheid DubbelsterAnder nameStelsel Hondster 9 Canis Majoris 9 CMa HD 48915 HR 2491 BD 16 1591 GCTP 1577 00 A B GJ 244 A B LHS 219 ADS 5423 LTT 2638 HIP 32349 B EGGR 49 WD 0642 166 Die ligging van Sirius in die rooi sirkel Portaal Sterrekunde Inhoud 1 Oorsig 2 Sigbaarheid 3 Name 4 Verwysings 5 Eksterne skakelsOorsig WysigSirius lyk helder vanwee beide sy helderheid en sy nabyheid aan die Aarde Op n afstand van 8 6 ligjare 2 3 4 is die Sirius dubbelster een van die naaste sterre aan die Aarde Dit beweeg geleidelik nader aan die Sonnestelsel en sal dus oor die volgende 60 000 jaar algaande helderder word Daarna sal dit wegbeweeg maar dit sal steeds vir die volgende 210 000 jaar die helderste ster aan ons naghemel wees Sirius A se massa is omtrent twee keer die van die Son en dit het n absolute magnitude van 1 42 Dit is 25 keer so helder soos die Son 5 maar sy ligsterkte is nie so groot as ander helder sterre soos Canopus of Rigel nie Die stelsel is tussen sowat 200 en 300 miljoen jaar oud 5 Dit het oorspronklik uit twee blouerige sterre bestaan Die een met die grootste massa Sirius B het sy gas opgebruik en n rooireus geword voordat dit sy buitenste lae verloor ingeplof en sowat 120 miljoen jaar gelede n witdwerg geword het 5 Sirius word ook soms die Hondster genoem omdat hy so prominent in die sterrebeeld Groot Hond is 6 Sy herverskyning aan die horison na n afwesigheid van 70 dae het in Antieke Egipte die oorstroming van die Nyl aangedui en in Antieke Griekeland die warm dae met die hoogste humiditeit In die Suidelike Halfrond was dit die begin van die winter vir die Polinesiers Dit was vir laasgenoemde ook n belangrike ster vir navigasie op die Stille Oseaan Sigbaarheid Wysig Foto deur Hubble met die witdwerg links onder 7 Sirius is van byna elke bewoonde gebied op aarde sigbaar met net mense in dele noord van 73 grade wat dit nie kan sien nie 8 Dit styg egter nie hoog soos gesien van sommige noordelike stede nie byvoorbeeld net tot 13 bo die horison in Sint Petersburg Vroeg in Julie in die Suidelike Halfrond kan Sirius beide in die aand gesien word wanneer dit na die Son ondergaan en in die oggend wanneer dit voor die Son opkom 9 Vanwee presessie en eiebeweging sal Sirius al verder suid beweeg Vanaf 9000 n C sal dit nie meer van Noord en Sentraal Europa af sigbaar wees nie en in 14000 n C wanneer Vega naby die Noordpool is sal sy deklinasie 67º wees en dus permanent sigbaar in Suid Afrika en die grootste dele van Australie Sirius kan ook in daglig gesien word onder gunste sigtoestande Die lug moet baie helder wees en die waarnemer op n aansienlike hoogte die ster moet oorhoofs verbybeweeg en die Son moet laag teen die horison wees 10 Dit is makliker sigbaar in die Suidelike Halfrond vanwee die ster se suidelike deklinasie Vanwee die wentelbaan beweging van die twee sterre is hul naaste afstand van mekaar periastron 3 boogsekondes en die verste afstand apastron 11 boogsekondes Wanneer hulle op hul naaste aan mekaar is is uitstekende sigtoestande en n goeie teleskoop nodig om hulle van mekaar te onderskei n Periastron het in 1994 plaasgevind en die sterre het sedertdien verder van mekaar af beweeg dus is dit nou weer makliker om hulle met n teleskoop te onderskei 11 Name WysigDie ster se Bayer naam is Alpha Canis Majoris Die eienaam Sirius kom van die Latynse sirius wat weer kom van die Griekse seirios seirios gloeiend of skroeier 12 n Skakel met die Egiptiese god Osiris is ook al voorgestel 13 In 2016 het die Internasionale Astronomiese Unie se sternaamwerkgroep WGSN die naam vir die ster goedgekeur 14 Verwysings Wysig Schaaf Fred 2008 The Brightest Stars Hoboken New Jersey John Wiley amp Sons p 94 ISBN 0 471 70410 5 Besoek op 2010 07 23 van Leeuwen F November 2007 Validation of the new Hipparcos reduction Astronomy and Astrophysics 474 2 653 664 doi 10 1051 0004 6361 20078357 Bibcode 2007A amp A 474 653V Perryman M A C Lindegren L Kovalevsky J et al July 1997 The Hipparcos Catalogue Astronomy and Astrophysics 323 L49 L52 Bibcode 1997A amp A 323L 49P Perryman Michael 2010 The Making of History s Greatest Star Map Heidelberg Springer Verlag doi 10 1007 978 3 642 11602 5 5 0 5 1 5 2 Liebert J 2005 The Age and Progenitor Mass of Sirius B The Astrophysical Journal 630 1 L69 L72 arXiv astro ph 0507523 Bibcode 2005ApJ 630L 69L doi 10 1086 462419 Onbekende parameter coauthors geignoreer help AS1 onderhoud ref harv link Hinckley Richard Allen 1899 Star names and Their Meanings New York G E Stechert pp 117 25 The Dog Star Sirius and its Tiny Companion in Engels Hubble News Desk 13 Desember 2005 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Oktober 2008 Besoek op 4 Augustus 2006 Espenak Fred Mars Ephemeris Twelve Year Planetary Ephemeris 1995 2006 NASA Reference Publication 1349 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2012 07 29 Stories from the Stars in Engels Stargazers Astronomy Shop 2000 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Maart 2020 Besoek op 17 Desember 2008 Henshaw C 1984 On the Visibility of Sirius in Daylight Journal of the British Astronomical Association 94 5 221 222 Bibcode 1984JBAA 94 221H AS1 onderhoud ref harv link Mullaney James 2008 Orion s Splendid Double Stars Pretty Doubles in Orion s Vicinity Sky amp Telescope Besoek op 2008 02 01 Onbekende parameter month geignoreer help Liddell Henry G Scott Robert 1980 Greek English Lexicon Verkorte uitg Oxford Oxford University Press ISBN 0 19 910207 4 Brosch Noah 2008 Sirius Matters Springer ISBN 1 4020 8318 1 AS1 onderhoud ref harv link Bulletin of the IAU Working Group on Star Names No 1 PDF Besoek op 28 Julie 2016 Eksterne skakels WysigProf Kaler se webtuiste oor Sirius Geargiveer 16 Desember 2008 op Wayback Machine Astronomy Foto van die dag Sirius B Barker Tho 1760 Remarks on the Mutations of the Stars Philosophical Transactions 51 0 498 504 doi 10 1098 rstl 1759 0049 JSTOR 105393 Onbekende parameter coauthors geignoreer help AS1 onderhoud ref harv link Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Sirius Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia Koordinate 06h 45m 08 9173s 16 42 58 017 Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Sirius amp ol,