×
Simbool

'n Simbool is 'n voorstelling of tekening van iets — soos 'n klank, idee, voorwerp, konsep, ens.

'n Rooi agkant simboliseer stop selfs sonder enige letters.

Inhoud

'n Simbool kan 'n fisiese voorwerp wees waarvan die oorsprong of vorm ooreenstem met die ding wat dit verteenwoordig. Bv. die kruis is die mees algemeenste simbool wat die Christendom verteenwoordig, en die septer is die tradisionele simbool vir koninklike mag.

'n Simbool kan ook 'n verkleinde prentjie wees (soos 'n ikoon op rekenaars), of 'n patroon of kleur, bv., die olyftakkie wat vrede verteenwoordig.

'n Simbool kan ook 'n gewone gedrukte of geskrewe teken wees, wat gebruik word om iets te verteenwoordig (behalwe klanke van 'n taal). Voorbeelde hiervan is die wiskundige simbole π en + wat die Pi-getal en die sommering voorstel. Ander voorbeelde is geldeenheidsimbole soos R, € en £. Daar is ook chemiese simbole vir die basiese elemente, ens. 'n Groot versameling simbole kan gevind word in die padtekens wat gebruik word binne 'n bepaalde land.

Simbole kan ook ander konsepte verteenwoordig soos klanke, woorde en uitdrukkings. Die lui van 'n klokkie of die slag van die regter se hamer is ook simbolies. Om presies te wees, elke woord in elke taal is 'n simbool van een of ander konsep of verwantskap tussen konsepte.

'n Simbool word gewoonlik slegs uitgeken binne 'n spesifieke kultuur, godsdiens of dissipline. Daar is 'n paar honderd simbole wat nou al internasionaal herken en erken word.

Dit is ons as mens se manier om simbole te gebruik wat ons in staat stel om idees, dinge, konsepte, en kwaliteite te beskryf en die verwantskap tussen hulle te ondersoek. Geen ander spesie op aarde is daartoe in staat om só te kommunikeer of dinge om hulle te ondersoek nie. Semantiek is 'n dissipline wat spesifieke simbole ondersoek en is daarom gemoeid met die betekenis van woorde. Literatuur is meermale bewonder vir die kunsvolle gebruik van simboliek deur beide gebruik te maak van woorde, frases en situasies om idees en gevoelens te skep wat meer is as wat die basiese interpretasie van die woorde wou hê.

Die woord "simbool" kom van die Griekse woord súmbolon wat afstameling is van twee kernwoorde met die direkte vertaling 'om saam te gooi' .

  • Ikoon
  • Teken
  • Logotipe
  • Nasionale simbole
  • Godsdienstige simboliek
  • Lys van algemene simbole
  • Lys van symbole

Publikasie datum: Augustus 23, 2021

simbool, voorstelling, tekening, iets, soos, klank, idee, voorwerp, konsep, rooi, agkant, simboliseer, stop, selfs, sonder, enige, letters, inhoud, aard, simbole, gebruik, simbole, etimologie, sien, eksterne, skakelsdie, aard, simbole, wysig, fisiese, voorwerp. n Simbool is n voorstelling of tekening van iets soos n klank idee voorwerp konsep ens n Rooi agkant simboliseer stop selfs sonder enige letters Inhoud 1 Die aard van simbole 2 Gebruik van simbole 3 Etimologie 4 Sien ook 5 Eksterne skakelsDie aard van simbole Wysig n Simbool kan n fisiese voorwerp wees waarvan die oorsprong of vorm ooreenstem met die ding wat dit verteenwoordig Bv die kruis is die mees algemeenste simbool wat die Christendom verteenwoordig en die septer is die tradisionele simbool vir koninklike mag n Simbool kan ook n verkleinde prentjie wees soos n ikoon op rekenaars of n patroon of kleur bv die olyftakkie wat vrede verteenwoordig n Simbool kan ook n gewone gedrukte of geskrewe teken wees wat gebruik word om iets te verteenwoordig behalwe klanke van n taal Voorbeelde hiervan is die wiskundige simbole p en wat die Pi getal en die sommering voorstel Ander voorbeelde is geldeenheidsimbole soos R en Daar is ook chemiese simbole vir die basiese elemente ens n Groot versameling simbole kan gevind word in die padtekens wat gebruik word binne n bepaalde land Simbole kan ook ander konsepte verteenwoordig soos klanke woorde en uitdrukkings Die lui van n klokkie of die slag van die regter se hamer is ook simbolies Om presies te wees elke woord in elke taal is n simbool van een of ander konsep of verwantskap tussen konsepte n Simbool word gewoonlik slegs uitgeken binne n spesifieke kultuur godsdiens of dissipline Daar is n paar honderd simbole wat nou al internasionaal herken en erken word Gebruik van simbole WysigDit is ons as mens se manier om simbole te gebruik wat ons in staat stel om idees dinge konsepte en kwaliteite te beskryf en die verwantskap tussen hulle te ondersoek Geen ander spesie op aarde is daartoe in staat om so te kommunikeer of dinge om hulle te ondersoek nie Semantiek is n dissipline wat spesifieke simbole ondersoek en is daarom gemoeid met die betekenis van woorde Literatuur is meermale bewonder vir die kunsvolle gebruik van simboliek deur beide gebruik te maak van woorde frases en situasies om idees en gevoelens te skep wat meer is as wat die basiese interpretasie van die woorde wou he Etimologie WysigDie woord simbool kom van die Griekse woord sumbolon wat afstameling is van twee kernwoorde met die direkte vertaling om saam te gooi Sien ook WysigIkoon Teken Logotipe Nasionale simbole Godsdienstige simboliek Lys van algemene simbole Lys van symboleEksterne skakels Wysig Wikiwoordeboek het n inskrywing vir simbool Simbool soekenjinOntsluit van https af wikipedia org w index php title Simbool amp ol,