×
Silwer
Hierdie artikel handel oor die chemiese element silwer (Ag). Vir die kleur silwer, sien Silwer (kleur).
47 palladiumsilwerkadmium
Cu

Ag

Au
Algemeen
Naam, simbool, getal silwer, Ag, 47
Chemiese reeks oorgangsmetale
Groep, periode, blok 11, 5, d
Voorkoms
Atoommassa 107.8682 (2) g/mol
Elektronkonfigurasie [Kr] 4d10 5s1
Elektrone per skil 2, 8, 18, 18, 1
Fisiese eienskappe
Kleur silwer
Toestand vastestof
Digtheid (naby k.t.) 10.49 g/cm³
Vloeistof digtheid teen s.p. 9.320 g/cm³
Smeltpunt 1234.93 K
(961.78 °C)
Kookpunt 2435 K
(2162 °C)
Smeltingswarmte 11.28 kJ/mol
Verdampingswarmte 258 kJ/mol
Warmtekapasiteit (25 °C) 25.350 J/(mol·K)
Dampdruk
P/Pa 1 10 100 1 k 10 k 100 k
teen T/K 1283 1413 1575 1782 2055 2433
Atoomeienskappe
Kristalstruktuur kubies vlakgesentreerd
Stukturbericht-kode A1
Oksidasietoestande 1
(amfoteriese oksied)
Elektronegatiwiteit 1.93 (Skaal van Pauling)
Ionisasie-energieë 1ste: 731.0 kJ/mol
2de: 2070 kJ/mol
3de: 3361 kJ/mol
Atoomradius 160 pm
Atoomradius (ber.) 165 pm
Kovalente radius 153 pm
Van der Waals-radius 172 pm
Diverse
Magnetiese rangskikking diamagneties
Elektriese resistiwiteit (20 °C) 15.87 nΩ·m
Termiese geleidingsvermoë (300 K) 429 W/(m·K)
Termiese diffusievermoë (300 K) 174 mm²/s
Termiese uitsetting (25 °C) 18.9 µm/(m·K)
Spoed van klank (dun staaf) (k.t.) 2680 m/s
Young se modulus 83 GPa
Skuifmodulus 30 GPa
Massamodulus 100 GPa
Poissonverhouding 0.37
Mohs se hardheid 2.5
Vickers hardheid 251 MPa
Brinell hardheid 24.5 MPa
CAS-registernommer 7440-22-4
Vernaamste isotope
Hoofartikel: Isotope van Silwer
iso NV halfleeftyd VM VE (MeV) VP
105Ag sin 41.2 d e - 105Pd
? 0.344, 0.280,
0.644, 0.443
-
106mAg sin 8.28 d e - 106Pd
? 0.511, 0.717,
1.045, 0.450
-
107Ag 51.839% Ag is stabiel met 60 neutrone
108mAg sin 418 y e - 108Pd
IO 0.109 108Ag
? 0.433, 0.614,
0.722
-
109Ag 48.161% Ag is stabiel met 62 neutrone
111Ag sin 7.45 d ß- 1.036, 0.694 111Cd
? 0.342 -
Verwysings

Silwer is 'n chemiese element met die simbool: Ag, vanuit die Latyn: Argentum en atoomgetal van 47. Silwer is 'n sagte, glansende wit oorgangsmetaal met die hoogste elektriese geleidingsvermoë van alle elemente en het ook die hoogste termiese geleidingsvermoë van enige metaal. Dit kom voor as 'n vrye metaal asook in verskeie minerale soos argentiet en chlorargiriet. Die meeste silwer word vervaardig as byproduk van die ontginning van koper, goud, lood en sink.

Silwer is al sedert antieke tye bekend en word as 'n betaalmiddel aangewend. Dit word eeue lank al as 'n edelmetaal beskou wat gebruik is in ornamente, juweliersware en hoë waarde eetgerei. Tans word silwer gebruik in fotografiese film, elektriese kontakte, geleiers en spieëls. Elementêre silwer word ook gebruik in die katalise van chemiese reaksies. Silwer se antimikrobiese werking maak dit moontlik om verdunde oplossings van silwernitraat en ander silwerverbindinge te gebruik as ontsmettingsmiddels.

Inhoud

Silwer kom in sy suiwer vorm in die natuur voor; in verbinding met swael, arseen, antimoon of chloor; in verskeie ertse soos argentiet (Ag2S), horingsilwer (AgCl) en pirargiriet (Ag3SbS3). Die hoofbron van silwer is die ertse van koper, kopernikkel, goud, lood en lood-sink afkomstig vanaf Peru, Meksiko, China en Australië. Peru en Meksiko ontgin silwer alreeds sedert 1546 en is steeds van die groot produsente in die wêreld.

Die metaal kan vervaardig word deur die elektrolitiese raffinering van koper en deur die toepassing van die Parkes proses op loodmetaal wat verkry is uit loodertse met klein hoeveelhede silwer daarin. Kommersiële graad silwer bestaan uit ten minste 99.9% suiwer silwer en silwer met suiwerhede van hoër as 99.999% is beskikbaar. In 2005 was Peru die top produsent van silwer met bykans 'n sewende van totale produksie met Meksiko in die tweede plek volgens data van die British Geological Survey.

Silwer is 'n baie smeebare en pletbare (net effens harder as goud) monovalente muntmetaal met 'n helder wit metaalglans wat tot 'n hoë glans gepoleer kan word. Dit het die hoogste elektriese geleidingsvermoë van alle metale selfs hoër as koper. Die hoër koste en aanslag daarop het dit egter minder geskik as koper gemaak vir elektriese doeleindes al is dit voorheen gebruik in die elektromagnete wat gebruik is vir die verryking van uraan tydens die Tweede Wêreldoorlog (merendeels vanweë die tekort aan koper).

Van al die metale het silwer die hoogste termiese geleidingsvermoë (slegs diamant, 'n nie-metaal, s'n is hoër), die witste kleur en die hoogste weerkaatsingsvermoë (alhoewel aluminium 'n hoër waarde het in sekere dele van die sigbare spektrum). Silwer het ook die laagste kontakweerstand van enige metaal. Silwerhaliede is fotosensitief en bekend vir hul vermoë om 'n latente beeld vas te lê vir latere chemiese ontwikkeling. Silwer is stabiel in suiwer lug en -water maar vlek wanneer dit aan lug blootgestel word wat osoon of waterstofsulfied bevat. Die algemeenste oksidasietoestand van silwer is +1 (byvoorbeeld, silwernitraat: AgNO3); 'n paar +2 (byvoorbeeld, silwer(II)fluoried: AgF2) en +3 verbindinge (byvoorbeeld, kaliumtetrafluoroargentaat: K[AgF4]) is ook bekend.

Silwer wat natuurlik voorkom bestaan uit die twee stabiele isotope, 107Ag en 109Ag, met 107Ag as die volopste (51.839% natuurlike verspreiding). Silwer se standaard atoomgewig is 107.8682(2). 28 Radio-isotope is geëien, met die mees stabielstes 105Ag met 'n halfleeftyd van 41.29 dae, 111Ag met 'n halfleeftyd van 7.45 dae en 112Ag met 'n halfleeftyd van 3.13 uur.

Al die oorblywende radio-aktiewe isotope het halfleeftye van minder as 'n uur en die meerderheid hiervan het halfleeftye wat minder is as 3 minute. Hierdie element het vele meta-toestande, die mees stabiele daarvan is 108mAg (t* 418 jaar), 110mAg (t* 249.79 dae) en 106mAg (t* 8.28 dae).

Isotope van silwer wissel in atoommassa vanaf 93.943 (94Ag) tot 123.929 (124Ag). Die primêre vervalmodus voor die volopste isotoop, 107Ag, is elektronvangs en die primêre modus daarna is betaverval. Die primêre vervalproduk voor 107Ag is palladium (element 46) isotope en die primêre produkte daarna is kadmium (element 48) isotope.

Die palladium isotoop 107Pd verval deur middel van beta-uitstraling na 107Ag met 'n halfleeftyd van 6.5 miljoen jaar. Ystermeteoriete is die enigste voorwerpe met 'n hoë genoeg palladium-tot-silwer verhouding om meetbare verskille in 107Ag verspreiding te lewer. Radiogeniese 107Ag is vir die eerste keer ontdek in die Santa Clara-meteoriet in 1978.

Silwermetaal los geredelik op in salpetersuur HNO3 om silwernitraat AgNO3, 'n deursigtige kristallyne vastestof, te lewer wat fotosensitief is en maklik oplos in water. Silwernitraat word gebruik as die beginpunt vir die sintese van baie ander silwerverbindings, as ontsmettingsmiddel en as die geel kleurstof vir brandskilderglas. Silwermetaal reageer nie met swaelsuur nie en daarom word dit gebruik word om koperoksied neerslae skoon te maak op silwerartikels na soldeerwerk. Silwer reageer egter heftig met swael of waterstofsulfied H2S om silwersulfied te lewer, 'n donkerkleurige verbinding wat gesien kan word as die vlekke op silwermunte en ander -voorwerpe. Silwerchloried (AgCl) word neergeslaan uit oplossings van silwernitraat in die teenwoordigheid van chloriedione en die ander silwerhaliede wat gebruik word in die vervaardiging van fotografiese emulsies word op soortgelyke wyse vervaardig deur gebruik te maak van bromied- of jodiumsoute. Silwerchloried word dikwels gebruik in glaselektrodes van pH toets- en potensiometriese meetinstrumente en kan ook gebruik word as deursigtige sement vir glas. Silwerjodied is ook al reeds benut in pogings om wolke te besaai om neerslag te bevorder.

Silweroksied (Ag2O) ontstaan as silwernitraat-oplossings met 'n basis behandel word en word gebruik as die positiewe elektrode (katode) in horlosiebatterye. Silwerkarbonaat Ag2CO3 word neergeslaan as silwernitraat-oplossings behandel word met natriumkarbonaat (Na2CO3). Silwerfulminaat AgONC is 'n kragtige, skoksensitiewe plofstof wat in slagdoppies gebruik word en word vervaardig deur die reaksie van silwermetaal met salpetersuur in die teenwoordigheid van etanol (C2H5OH). 'n Ander hoogs plofbare silwerverbinding is silwerasied AgN3 wat gevorm word deur die reaksie van silwernitraat met natriumasied, NaN3. Latente beelde wat gevorm word in silwerhalied-kristalle word ontwikkel deur die behandeling met alkaliese oplossings van reduseermiddels soos hidroquinoon, metol(4-(metielamino)fenolsulfaat) of askorbaat wat die blootgestelde halied na silwermetaal reduseer. Alkaliese oplossings van silwernitraat kan gereduseer word na silwermetaal deur die reduksie van suikers soos glukose, 'n reaksie wat gebruik word om glas-spieëls te versilwer.

Silwerhaliede is oplosbaar in oplossings van natriumtiosulfaat Na2S2O3 wat gebruik word as fotografiese fikseerders om oortollige silwerhaliede van fotografiese emulsies te verwyder na die ontwikkeling van die foto. Silwermetaal word aangeval deur sterk oksideermiddels soos kaliumpermanganaat (KMnO4 en kaliumdichromaat (K2Cr2O7 en in die teenwoordigheid van kaliumbromied (KBr) word hierdie verbindings gebruik in fotografie om silwerbeelde te bleik en hulle na silwerhaliede om te skakel wat dan met tiosulfate gefikseer kan word of herontwikkel kan word om die oorspronklike beeld te verskerp. Silwer vorm sianied komplekse wat oplosbaar is in water in die teenwoordigheid van sianiedione. Silwersianied-oplossings word gebruik in die elektroplatering van silwer.

Silwer speel geen bekende natuurlike biologiese rol by mense nie. Silwer self is nie giftig nie maar die meeste silwersoute is wel en sommiges is karsinogenies.

Silwer en silwerverbindings bevat silwer (soos kolloïdale silwer) kan in die bloedsomloopstelsel geabsorbeer word en neerslaan in verskeie weefsels van die liggaam en kan lei tot 'n toestand wat as argyria bekend staan wat aanleiding gee tot 'n grysblou pigmentasie van die vel, oë en slymvliese. Alhoewel hierdie toestand nie 'n mens se gesondheid beïnvloed nie is die skending van die gelaat gewoonlik permanent. Argyria is seldsaam en word soms verwar met sianose (blousiekte).

  1. Butterman, WC & Hilliard, HE (2005) Silver. Open file report 2004-1251. US Geological Survey mineral commodity profiles, Reston, Virginia.
  2. Los Alamos National Laboratory, Silver, nagegaan op 12 Feb 2007.
  3. Te-Wen Chang and Louis Weinstein, "Prevention of Herpes Keratoconjunctivitis in Rabbits By Silver Sulfadiazine" Antimicrob Agents Chemother. 1975 Desember; 8(6): 677–678.
  4. AGC Flat Glass Europe launches world’s first antibacterial glass (04-09-2007).
  5. Samsung laundry featuring SilverCare Technology. Samsung. Besoek op 06-08-2007.
  6. "Ultra-Fresh technology is based on the power of silver to fight bacteria". Express Textile.
  7. FDA Clears Silver-Coated Breathing Tube For Marketing (08-11-2007). Besoek op 11-11-2007.
  8. Slawson, R. Van Dyke, M. Lee, H. Trevors "Germanium and Silver Resistance, Accumulation and Toxicity in Microorganisms" Plasmid 27, 72-79 (1992)
  9. Silver Cash daily plot. Barchart.com.



Publikasie datum: Augustus 08, 2021

silwer, hierdie, artikel, handel, chemiese, element, silwer, kleur, silwer, sien, kleur, palladium, silwer, kadmiumcu, periodieke, tabelalgemeennaam, simbool, getal, silwer, 47chemiese, reeks, oorgangsmetalegroep, periode, blok, dvoorkomsatoommassa, 8682, mole. Hierdie artikel handel oor die chemiese element silwer Ag Vir die kleur silwer sien Silwer kleur 47 palladium silwer kadmiumCu Ag Au Periodieke tabelAlgemeenNaam simbool getal silwer Ag 47Chemiese reeks oorgangsmetaleGroep periode blok 11 5 dVoorkomsAtoommassa 107 8682 2 g molElektronkonfigurasie Kr 4d10 5s1Elektrone per skil 2 8 18 18 1Fisiese eienskappeKleur silwerToestand vastestofDigtheid naby k t 10 49 g cm Vloeistof digtheid teen s p 9 320 g cm Smeltpunt 1234 93 K 961 78 C Kookpunt 2435 K 2162 C Smeltingswarmte 11 28 kJ molVerdampingswarmte 258 kJ molWarmtekapasiteit 25 C 25 350 J mol K Dampdruk P Pa 1 10 100 1 k 10 k 100 kteen T K 1283 1413 1575 1782 2055 2433AtoomeienskappeKristalstruktuur kubies vlakgesentreerdStukturbericht kode A1Oksidasietoestande 1 amfoteriese oksied Elektronegatiwiteit 1 93 Skaal van Pauling Ionisasie energiee 1ste 731 0 kJ mol2de 2070 kJ mol3de 3361 kJ molAtoomradius 160 pmAtoomradius ber 165 pmKovalente radius 153 pmVan der Waals radius 172 pmDiverseMagnetiese rangskikking diamagnetiesElektriese resistiwiteit 20 C 15 87 nW mTermiese geleidingsvermoe 300 K 429 W m K Termiese diffusievermoe 300 K 174 mm sTermiese uitsetting 25 C 18 9 µm m K Spoed van klank dun staaf k t 2680 m sYoung se modulus 83 GPaSkuifmodulus 30 GPaMassamodulus 100 GPaPoissonverhouding 0 37Mohs se hardheid 2 5Vickers hardheid 251 MPaBrinell hardheid 24 5 MPaCAS registernommer 7440 22 4Vernaamste isotopeHoofartikel Isotope van Silwer iso NV halfleeftyd VM VE MeV VP105Ag sin 41 2 d e 105Pd 0 344 0 280 0 644 0 443 106mAg sin 8 28 d e 106Pd 0 511 0 717 1 045 0 450 107Ag 51 839 Ag is stabiel met 60 neutrone108mAg sin 418 y e 108PdIO 0 109 108Ag 0 433 0 614 0 722 109Ag 48 161 Ag is stabiel met 62 neutrone111Ag sin 7 45 d ss 1 036 0 694 111Cd 0 342 Verwysings Silwer is n chemiese element met die simbool Ag vanuit die Latyn Argentum en atoomgetal van 47 Silwer is n sagte glansende wit oorgangsmetaal met die hoogste elektriese geleidingsvermoe van alle elemente en het ook die hoogste termiese geleidingsvermoe van enige metaal Dit kom voor as n vrye metaal asook in verskeie minerale soos argentiet en chlorargiriet Die meeste silwer word vervaardig as byproduk van die ontginning van koper goud lood en sink Silwer is al sedert antieke tye bekend en word as n betaalmiddel aangewend Dit word eeue lank al as n edelmetaal beskou wat gebruik is in ornamente juweliersware en hoe waarde eetgerei Tans word silwer gebruik in fotografiese film elektriese kontakte geleiers en spieels Elementere silwer word ook gebruik in die katalise van chemiese reaksies Silwer se antimikrobiese werking maak dit moontlik om verdunde oplossings van silwernitraat en ander silwerverbindinge te gebruik as ontsmettingsmiddels Inhoud 1 Natuurlike verspreiding en ontginning 2 Kenmerkende eienskappe 3 Isotope 4 Silwerverbindings 5 Voorsorgmaatreels 6 VerwysingsNatuurlike verspreiding en ontginning WysigSilwer kom in sy suiwer vorm in die natuur voor in verbinding met swael arseen antimoon of chloor in verskeie ertse soos argentiet Ag2S horingsilwer AgCl en pirargiriet Ag3SbS3 Die hoofbron van silwer is die ertse van koper kopernikkel goud lood en lood sink afkomstig vanaf Peru Meksiko China en Australie Peru en Meksiko ontgin silwer alreeds sedert 1546 en is steeds van die groot produsente in die wereld Die metaal kan vervaardig word deur die elektrolitiese raffinering van koper en deur die toepassing van die Parkes proses op loodmetaal wat verkry is uit loodertse met klein hoeveelhede silwer daarin Kommersiele graad silwer bestaan uit ten minste 99 9 suiwer silwer en silwer met suiwerhede van hoer as 99 999 is beskikbaar In 2005 was Peru die top produsent van silwer met bykans n sewende van totale produksie met Meksiko in die tweede plek volgens data van die British Geological Survey Kenmerkende eienskappe WysigSilwer is n baie smeebare en pletbare net effens harder as goud monovalente muntmetaal met n helder wit metaalglans wat tot n hoe glans gepoleer kan word Dit het die hoogste elektriese geleidingsvermoe van alle metale selfs hoer as koper Die hoer koste en aanslag daarop het dit egter minder geskik as koper gemaak vir elektriese doeleindes al is dit voorheen gebruik in die elektromagnete wat gebruik is vir die verryking van uraan tydens die Tweede Wereldoorlog merendeels vanwee die tekort aan koper Van al die metale het silwer die hoogste termiese geleidingsvermoe slegs diamant n nie metaal s n is hoer die witste kleur en die hoogste weerkaatsingsvermoe alhoewel aluminium n hoer waarde het in sekere dele van die sigbare spektrum Silwer het ook die laagste kontakweerstand van enige metaal Silwerhaliede is fotosensitief en bekend vir hul vermoe om n latente beeld vas te le vir latere chemiese ontwikkeling Silwer is stabiel in suiwer lug en water maar vlek wanneer dit aan lug blootgestel word wat osoon of waterstofsulfied bevat Die algemeenste oksidasietoestand van silwer is 1 byvoorbeeld silwernitraat AgNO3 n paar 2 byvoorbeeld silwer II fluoried AgF2 en 3 verbindinge byvoorbeeld kaliumtetrafluoroargentaat K AgF4 is ook bekend Isotope WysigSilwer wat natuurlik voorkom bestaan uit die twee stabiele isotope 107Ag en 109Ag met 107Ag as die volopste 51 839 natuurlike verspreiding Silwer se standaard atoomgewig is 107 8682 2 28 Radio isotope is geeien met die mees stabielstes 105Ag met n halfleeftyd van 41 29 dae 111Ag met n halfleeftyd van 7 45 dae en 112Ag met n halfleeftyd van 3 13 uur Al die oorblywende radio aktiewe isotope het halfleeftye van minder as n uur en die meerderheid hiervan het halfleeftye wat minder is as 3 minute Hierdie element het vele meta toestande die mees stabiele daarvan is 108mAg t 418 jaar 110mAg t 249 79 dae en 106mAg t 8 28 dae Isotope van silwer wissel in atoommassa vanaf 93 943 94Ag tot 123 929 124Ag Die primere vervalmodus voor die volopste isotoop 107Ag is elektronvangs en die primere modus daarna is betaverval Die primere vervalproduk voor 107Ag is palladium element 46 isotope en die primere produkte daarna is kadmium element 48 isotope Die palladium isotoop 107Pd verval deur middel van beta uitstraling na 107Ag met n halfleeftyd van 6 5 miljoen jaar Ystermeteoriete is die enigste voorwerpe met n hoe genoeg palladium tot silwer verhouding om meetbare verskille in 107Ag verspreiding te lewer Radiogeniese 107Ag is vir die eerste keer ontdek in die Santa Clara meteoriet in 1978 Silwerverbindings WysigSilwermetaal los geredelik op in salpetersuur HNO3 om silwernitraat AgNO3 n deursigtige kristallyne vastestof te lewer wat fotosensitief is en maklik oplos in water Silwernitraat word gebruik as die beginpunt vir die sintese van baie ander silwerverbindings as ontsmettingsmiddel en as die geel kleurstof vir brandskilderglas Silwermetaal reageer nie met swaelsuur nie en daarom word dit gebruik word om koperoksied neerslae skoon te maak op silwerartikels na soldeerwerk Silwer reageer egter heftig met swael of waterstofsulfied H2S om silwersulfied te lewer n donkerkleurige verbinding wat gesien kan word as die vlekke op silwermunte en ander voorwerpe Silwerchloried AgCl word neergeslaan uit oplossings van silwernitraat in die teenwoordigheid van chloriedione en die ander silwerhaliede wat gebruik word in die vervaardiging van fotografiese emulsies word op soortgelyke wyse vervaardig deur gebruik te maak van bromied of jodiumsoute Silwerchloried word dikwels gebruik in glaselektrodes van pH toets en potensiometriese meetinstrumente en kan ook gebruik word as deursigtige sement vir glas Silwerjodied is ook al reeds benut in pogings om wolke te besaai om neerslag te bevorder Silweroksied Ag2O ontstaan as silwernitraat oplossings met n basis behandel word en word gebruik as die positiewe elektrode katode in horlosiebatterye Silwerkarbonaat Ag2CO3 word neergeslaan as silwernitraat oplossings behandel word met natriumkarbonaat Na2CO3 Silwerfulminaat AgONC is n kragtige skoksensitiewe plofstof wat in slagdoppies gebruik word en word vervaardig deur die reaksie van silwermetaal met salpetersuur in die teenwoordigheid van etanol C2H5OH n Ander hoogs plofbare silwerverbinding is silwerasied AgN3 wat gevorm word deur die reaksie van silwernitraat met natriumasied NaN3 Latente beelde wat gevorm word in silwerhalied kristalle word ontwikkel deur die behandeling met alkaliese oplossings van reduseermiddels soos hidroquinoon metol 4 metielamino fenolsulfaat of askorbaat wat die blootgestelde halied na silwermetaal reduseer Alkaliese oplossings van silwernitraat kan gereduseer word na silwermetaal deur die reduksie van suikers soos glukose n reaksie wat gebruik word om glas spieels te versilwer Silwerhaliede is oplosbaar in oplossings van natriumtiosulfaat Na2S2O3 wat gebruik word as fotografiese fikseerders om oortollige silwerhaliede van fotografiese emulsies te verwyder na die ontwikkeling van die foto Silwermetaal word aangeval deur sterk oksideermiddels soos kaliumpermanganaat KMnO4 en kaliumdichromaat K2Cr2O7 en in die teenwoordigheid van kaliumbromied KBr word hierdie verbindings gebruik in fotografie om silwerbeelde te bleik en hulle na silwerhaliede om te skakel wat dan met tiosulfate gefikseer kan word of herontwikkel kan word om die oorspronklike beeld te verskerp Silwer vorm sianied komplekse wat oplosbaar is in water in die teenwoordigheid van sianiedione Silwersianied oplossings word gebruik in die elektroplatering van silwer Voorsorgmaatreels WysigSilwer speel geen bekende natuurlike biologiese rol by mense nie Silwer self is nie giftig nie maar die meeste silwersoute is wel en sommiges is karsinogenies Silwer en silwerverbindings bevat silwer soos kolloidale silwer kan in die bloedsomloopstelsel geabsorbeer word en neerslaan in verskeie weefsels van die liggaam en kan lei tot n toestand wat as argyria bekend staan wat aanleiding gee tot n grysblou pigmentasie van die vel oe en slymvliese Alhoewel hierdie toestand nie n mens se gesondheid beinvloed nie is die skending van die gelaat gewoonlik permanent Argyria is seldsaam en word soms verwar met sianose blousiekte Verwysings WysigWikimedia Commons bevat media in verband met Silwer Sien silwer in Wiktionary die vrye woordeboek Butterman WC amp Hilliard HE 2005 Silver Open file report 2004 1251 US Geological Survey mineral commodity profiles Reston Virginia Los Alamos National Laboratory Silver nagegaan op 12 Feb 2007 Te Wen Chang and Louis Weinstein Prevention of Herpes Keratoconjunctivitis in Rabbits By Silver Sulfadiazine Antimicrob Agents Chemother 1975 Desember 8 6 677 678 PMID 429446 AGC Flat Glass Europe launches world s first antibacterial glass 04 09 2007 Samsung laundry featuring SilverCare Technology Samsung Besoek op 06 08 2007 Ultra Fresh technology is based on the power of silver to fight bacteria Express Textile FDA Clears Silver Coated Breathing Tube For Marketing 08 11 2007 Besoek op 11 11 2007 Slawson R Van Dyke M Lee H Trevors Germanium and Silver Resistance Accumulation and Toxicity in Microorganisms Plasmid 27 72 79 1992 Silver Cash daily plot Barchart com H HeLi Be B C N O F NeNa Mg Al Si P S Cl ArK Ca Sc Ti V Cr Mn Fe Co Ni Cu Zn Ga Ge As Se Br KrRb Sr Y Zr Nb Mo Tc Ru Rh Pd Ag Cd In Sn Sb Te I XeCs Ba La Ce Pr Nd Pm Sm Eu Gd Tb Dy Ho Er Tm Yb Lu Hf Ta W Re Os Ir Pt Au Hg Tl Pb Bi Po At RnFr Ra Ac Th Pa U Np Pu Am Cm Bk Cf Es Fm Md No Lr Rf Db Sg Bh Hs Mt Ds Rg Cn Nh Fl Mc Lv Ts OgAlkalimetale Aardalkalimetale Lantaniede Aktiniede Oorgangsmetale Hoofgroepmetale Metalloide Niemetale Halogene Edelgasse Chemie onbekendOntsluit van https af wikipedia org w index php title Silwer amp ol,