×
Shapley-superswerm

Die Shapley-superswerm of Shapley-konsentrasie (SCl 124) is die grootste versameling sterrestelsels in ons nabye heelal (tot 700 miljoen ligjare van die Aarde af). Dit word deur die swaartekrag van sy sterrestelsels bymekaargehou in plaas daarvan om saam met die heelal uit te dy. Dit kom voor as ’n duidelike konsentrasie van sterrestelsels in die sterrebeeld Sentour en is 650 miljoen ligjare van die Aarde af (z=0,046).

Shapley-superswerm
Sterrebeeld Sentour
Regte klimming 13h 25m
Deklinasie -30º 0' 0"
Afstand 200 miljoen parsek (625 miljoen ligjare)
Ander name Shapley-konsentrasie, SCl 124

Daar is deesdae hernude belangstelling in die Shapley-superswerm omdat dit baie naby lê aan die rigting waarin die Plaaslike Groep sterrestelsels (insluitende ons Melkweg) beweeg teen ’n snelheid van sowat 600 km/s. Dit laat baie sterrekundiges vermoed dat dit een van die hoofredes is vir ons sterrestelsel se vreemde beweging – die Groot Aantrekker is dalk ’n ander rede.

Die superswerm is genoem na die Amerikaanse sterrekundige Harlow Shapley.

Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Publikasie datum: September 21, 2021

shapley, superswerm, shapley, konsentrasie, grootste, versameling, sterrestelsels, nabye, heelal, miljoen, ligjare, aarde, word, deur, swaartekrag, sterrestelsels, bymekaargehou, plaas, daarvan, saam, heelal, voor, duidelike, konsentrasie, sterrestelsels, ster. Die Shapley superswerm of Shapley konsentrasie SCl 124 is die grootste versameling sterrestelsels in ons nabye heelal tot 700 miljoen ligjare van die Aarde af Dit word deur die swaartekrag van sy sterrestelsels bymekaargehou in plaas daarvan om saam met die heelal uit te dy Dit kom voor as n duidelike konsentrasie van sterrestelsels in die sterrebeeld Sentour en is 650 miljoen ligjare van die Aarde af z 0 046 Shapley superswermSterrebeeld SentourRegte klimming 13h 25m 1 Deklinasie 30º 0 0 2 Afstand 200 miljoen parsek 625 miljoen ligjare Ander name Shapley konsentrasie SCl 124 Daar is deesdae hernude belangstelling in die Shapley superswerm omdat dit baie naby le aan die rigting waarin die Plaaslike Groep sterrestelsels insluitende ons Melkweg beweeg teen n snelheid van sowat 600 km s Dit laat baie sterrekundiges vermoed dat dit een van die hoofredes is vir ons sterrestelsel se vreemde beweging die Groot Aantrekker is dalk n ander rede Die superswerm is genoem na die Amerikaanse sterrekundige Harlow Shapley Verwysings Wysig Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia http www eso org sci publications messenger archive no 124 jun06 messenger no124 30 31 pdf http www eso org sci publications messenger archive no 124 jun06 messenger no124 30 31 pdfEksterne skakels WysigAn atlas of the Universe The Shapley Concentration Geargiveer 26 Maart 2007 op Wayback MachineOntsluit van https af wikipedia org w index php title Shapley superswerm amp ol,