fbpx
Wikipedia

Sentraal-Asië

Sentraal-Asië

Oppervlak 4 003 451 km²
Bevolking 69 787 760
Lande 5 ( Kasakstan,  Kirgisië,  Oesbekistan,  Tadjikistan en  Turkmenistan) en 1 outonome republiek ( Karakalpakië)
Tale Karakalpaks, Kasaks, Kirgisies, Oeigoers, Oesbekies, Russies, Tadjiks, Turkmeens en baie ander
Etniese groepe Karakalpakke, Kasakke, Kirgisiërs, Oeigoere, Oesbeke, Russe, Tadjike, Turkmene en baie ander
Tydsones UTC+05:00 (Wes-Kasakstan) tot UTC+06:00 (Oos-Kasakstan)
Hoofstede Asjchabat ( Turkmenistan)
Astana ( Kasakstan)
Bisjkek ( Kirgisië)
Doesjanbe ( Tadjikistan)
Tasjkent ( Oesbekistan)
BBP (nominaal) $260 miljard (2017)[1]
BBP (nominaal) per capita $3 700 (2017)

Sentraal-Asië is 'n geografiese gebied in die middel van Asië. Dit strek van die Kaspiese See in die weste tot Sentraal-China in die ooste en van die suide van Rusland in die noorde tot die noorde van Afghanistan in die suide.

Politiese kaart van Sentraal-Asië
Etniese kaart van Sentraal-Asië

Sentraal-Asië sluit gewoonlik die vyf voormalige Sowjet-republieke Kasakstan, Kirgisië, Oesbekistan, Tadjikistan en Turkmenistan in. Soms word nog Afghanistan, Mongolië, Iran se noordooste, Pakistan se noorde, Kasjmir, Xinjiang en Tibet ingesluit. Hierdie definisie word byvoorbeeld deur Unesco gebruik.

Die westelike en sentrale gedeelte van Sentraal-Asië is hoofsaaklik deur Turkse volke bevolk en deur Islam gekenmerk. Hulle sluit in die Kasakke in die noorde, die Kirgisiërs in die suidooste, die Karakalpakke en Oesbeke in die suide, die Turkmene in die suidweste en soms die Oeigoere in die ooste. In die suidooste leef nog die Tadjike, 'n Islamitiese Irannese volk. Aan die noordelike grens tot Rusland leef nog Russe en Oekraïners. Minderhede sluit in Tartare en Duitsers. Belangrike tale sluit in Russies, die Turkse tale Oesbekies, Kasaks, Turkmeens, Kirgisies en Karakalpaks asook Tadjiks en soms nog Oeigoers.

Sentraal-Asië word geografies gekenmerk deur die riviere Amoedarja, Ili en Sirdarja asook die waterliggame Aralmeer en Balchasj-meer.

Sentraal-Asië was histories gekenmerk deur Nomadiese volke en die Syroete.[2] Dit het as 'n kruispunt gedien vir die beweging van mense, goedere en idees tussen Europa, Wes-Asië, Suid-Asië, Oos-Asië en Noord-Asië.[3] Die Syroete het Islamitiese lande met dié van Europa, Indië en China verbind.[4]

Verwysings

  1. (en) "Central Asia". Internasionale Monetêre Fonds. Besoek op 25 Januarie 2019.
  2. (en) Steppe Nomads and Central Asia 29 Mei 2008 op Wayback Machine
  3. Silkroad Foundation, Adela C.Y. Lee. "Travelers on the Silk Road" (in Engels). vanaf die oorspronklike op 26 Mei 2020. Besoek op 14 November 2014.
  4. (en) Ta'lim Primary 6 Parent and Teacher Guide (p. 72) – Islamic Publications Limited for the Institute of Ismaili Studies London

Eksterne skakels

Sentraal-Asië
sentraal, asië, oppervlak, bevolking, 760lande, kasakstan, kirgisië, oesbekistan, tadjikistan, turkmenistan, outonome, republiek, karakalpakië, tale, karakalpaks, kasaks, kirgisies, oeigoers, oesbekies, russies, tadjiks, turkmeens, baie, anderetniese, groepe, . Sentraal Asie Oppervlak 4 003 451 km Bevolking 69 787 760Lande 5 Kasakstan Kirgisie Oesbekistan Tadjikistan en Turkmenistan en 1 outonome republiek Karakalpakie Tale Karakalpaks Kasaks Kirgisies Oeigoers Oesbekies Russies Tadjiks Turkmeens en baie anderEtniese groepe Karakalpakke Kasakke Kirgisiers Oeigoere Oesbeke Russe Tadjike Turkmene en baie anderTydsones UTC 05 00 Wes Kasakstan tot UTC 06 00 Oos Kasakstan Hoofstede Asjchabat Turkmenistan Astana Kasakstan Bisjkek Kirgisie Doesjanbe Tadjikistan Tasjkent Oesbekistan Nukus Karakalpakie BBP nominaal 260 miljard 2017 1 BBP nominaal per capita 3 700 2017 Sentraal Asie is n geografiese gebied in die middel van Asie Dit strek van die Kaspiese See in die weste tot Sentraal China in die ooste en van die suide van Rusland in die noorde tot die noorde van Afghanistan in die suide Politiese kaart van Sentraal Asie Etniese kaart van Sentraal Asie Sentraal Asie sluit gewoonlik die vyf voormalige Sowjet republieke Kasakstan Kirgisie Oesbekistan Tadjikistan en Turkmenistan in Soms word nog Afghanistan Mongolie Iran se noordooste Pakistan se noorde Kasjmir Xinjiang en Tibet ingesluit Hierdie definisie word byvoorbeeld deur Unesco gebruik Die westelike en sentrale gedeelte van Sentraal Asie is hoofsaaklik deur Turkse volke bevolk en deur Islam gekenmerk Hulle sluit in die Kasakke in die noorde die Kirgisiers in die suidooste die Karakalpakke en Oesbeke in die suide die Turkmene in die suidweste en soms die Oeigoere in die ooste In die suidooste leef nog die Tadjike n Islamitiese Irannese volk Aan die noordelike grens tot Rusland leef nog Russe en Oekrainers Minderhede sluit in Tartare en Duitsers Belangrike tale sluit in Russies die Turkse tale Oesbekies Kasaks Turkmeens Kirgisies en Karakalpaks asook Tadjiks en soms nog Oeigoers Sentraal Asie word geografies gekenmerk deur die riviere Amoedarja Ili en Sirdarja asook die waterliggame Aralmeer en Balchasj meer Sentraal Asie was histories gekenmerk deur Nomadiese volke en die Syroete 2 Dit het as n kruispunt gedien vir die beweging van mense goedere en idees tussen Europa Wes Asie Suid Asie Oos Asie en Noord Asie 3 Die Syroete het Islamitiese lande met die van Europa Indie en China verbind 4 Verwysings Wysig en Central Asia Internasionale Monetere Fonds Besoek op 25 Januarie 2019 en Steppe Nomads and Central Asia Geargiveer 29 Mei 2008 op Wayback Machine Silkroad Foundation Adela C Y Lee Travelers on the Silk Road in Engels Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Mei 2020 Besoek op 14 November 2014 en Ta lim Primary 6 Parent and Teacher Guide p 72 Islamic Publications Limited for the Institute of Ismaili Studies LondonEksterne skakels Wysig Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Sentraal Asie en Dani A H en V M Masson 1992 History of Civilizations of Central Asia Parys Unesco Besoek op 25 Januarie 2019 en Central Asia Encyclopaedia Britannica Besoek op 25 Januarie 2019 Gebiede van die Wereld Afrika Noord Midde Ooste Suid van die Sahara Sentraal Suider Wes Oos Amerikas Noord Sentraal Karibiese Gebied Suid Latyns Asie Sentraal Oos Noord Asie Verre Ooste Suid Indiese subkontinent Suidoos Suidwes Midde Ooste Wes Europa Sentraal Noord Suid Wes Oos Oseanie Australasie Australie Seeland Melanesie Mikronesie Polinesie Poolgebiede Arktika Antarktika Oseane Arktiese Atlantiese Indiese Stille Suidelike See Oorsig van SeeSien ook Kontinente van die wereldOntsluit van https af wikipedia org w index php title Sentraal Asie amp oldid 2401813,