×
Skerpioen
Skerpioene stuur hierheen aan. Vir die ontbinde vervolgingsagentskap, sien Direktoraat van Spesiale Operasies.

Skerpioene is geleedpotige roofdiere van die biologiese orde Scorpiones in die klas Arachnida. Hulle het agt pote en word maklik uitgeken aan hul paar knypers en die smal, gesegmenteerde stert wat dikwels kenmerkend vooroor oor die rug gekrul is en in ’n giftige angel eindig. Skerpioene wissel in grootte van 9 mm (Typhlochactas mitchelli) tot 20 cm (Hadogenes troglodytes).

Skerpioen
Tydperk: Vroeë Siluur – tans430–0 m. jaar gelede
Hottentotta tamulus van Indië.
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk: Animalia
Filum: Arthropoda
Subfilum: Chelicerata
Klas: Arachnida
Subklas: Dromopoda
Orde: Scorpiones
Koch, 1837
Superfamilies
  • Buthoidea
  • Chaeriloidea
  • Chactoidea
  • Iuroidea
  • Pseudochactoidea
  • Scorpionoidea

Die evolusiegeskiedenis van skerpioene strek terug na die Siluur, sowat 430 miljoen jaar gelede. Hulle het by ’n groot reeks omgewingstoestande aangepas en word nou op al die kontinente behalwe Antarktika aangetref. Daar is sowat 1 750 spesies wat beskryf is, met 13 lewende families wat tans erken word. Net 25 van hierdie spesies het sover bekend gif wat mense kan doodmaak.:1 Die taksonomie het veranderings ondergaan en sal na verwagting verder verander wanneer genetiese studies nuwe inligting voortbring.


Inhoud

Angel van ’n Arizona-skerpioen.

Die woord "skerpioen" het vermoedelik ontstaan uit die Latynse woord scorpius, wat weer van die Griekse woord σκορπίος, skorpíos afgelei is.


Hulle is 'n nagdiere en hou in warm, droë gebiede, soos die westelike gedeeltes van Suider-Afrika. Die skerpioen is veral bekend vanweë die gifangel op die stert, en hoewel die giftigheid daarvan van spesie tot spesie wissel, kan die gif van sommige spesies selfs die mens se dood veroorsaak.

Skerpioene het 'n baie kenmerkende manier van voortplanting en die meeste spesies is ovovivipaar (die eiers broei in die wyfie se liggaam uit). Skerpioene (orde Scorpiones) is geleedpotige diere (phylum Arthropoda). Hulle behoort saam met ʼn aantal ander ordes, waaronder die spinnekoppe en myte, tot die klas van spinnekopagtiges (Arachnida), wat op sy beurt weer tot die subphylum Chelicerata (diere met kloukake) behoort.

Skerpioene is volgens die fossielerekord die oudste landlewende geleedpotiges. Die eerste skerpioene het tydens die Siluur as waterlewende diere met kieue bestaan, maar hulle het die eerste keer tydens die Devoon op land verskyn. Skerpioene het gedurende hul evolusie 'n aantal eienskappe oorgehou wat in vergelyking met die van ander spinnekopagtiges minder gespesialiseer is.

Lede van die subphylum Chelicerata verskil van die ander geleedpotiges daarin dat hulle nie antennae het nie, maar 'n paar tangvormige aanhangsels, die chelicerae, wat aan die voorpunt van die liggaam geleë is. Skerpioene se liggame word in 2 gedeel en die voorste gedeelte word die prosoma (kopborsstuk) genoem, terwyl die agterste gedeelte as 'n opisthosoma (agterlyf) bekend staan.

'n Aparte kop- en borsgedeelte kan nie op die prosoma onderskei word nie. Die gedeelte dra saam met die chelicerae aan sy voorpunt ook 'n paar kaakpote (pedipalpi), wat sterk knypers aan hul punte het. Skerpioene het, soos die ander spinnekopagtiges, 4 paar looppote, wat op die prosoma geleë is. Die prosoma word aan die dorsale kant (bokant) deur 'n karapaks of skiId bedek.

Die opisthocoela bestaan uit 2 duidelike onderafdelings. Die voorste gedeelte word die mesosoma (preabdomen) genoem en dit bestaan uit 7 breë segmente. Die metasoma (postabdomen) is die tweede gedeelte en dit het 5 kleiner en ronder segmente. Die struktuur is ook as die stert bekend en skerpioene dra dit kenmerkend na vore gebuig. Hul laaste segmente is ook van 2 gifkliere voorsien wat in ʼn angel open.

Skerpioene se chelicerae en pedipalpi is besonder sterk en goed ontwikkel. Die diere is doeltreffende roofdiere en hulle leef van insekte, spinnekoppe, ander geleedpotiges, soms klein reptiele en knaagdiere. Indien die prooi relatief groot is, word die slanke metasoma na vore gebuig en word die prooi met die dodelike angel gesteek. Daarna word die prooi met behulp van die chelicerae in stukkies geskeur en die sagte dele word deur die mond na binne gesuig.

'n Paar oë word mediaal bo-op die rugskild aangetref, terwyl 'n bykomende ry aan weerskante van die prosoma voorkom. Die diere is ook baie gevoelig vir vibrasies vanweë tassensitiewe sintuie wat aan die onderkant van die tweede abdominale segment, weerskante van die geslagsopening, in kamvormige uitsteeksels (pekten) voorkom. Die sintuie word veral gebruik om vibrasies in die grond op te vang. Die tweede mesosomale segment huisves die geslagsopening, terwyl daar op elk van die volgende 4 segmente 'n paar asemhalingsopeninge aangetref word.

Die asemhalingsplete (stigmata) lei tot die boeklonge, wat die skerpioen se gaswisselingsorgaan is. Skerpioene is eenslagtig en hul voortplantingsgedrag is baie opvallend, met veral 'n uitgebreide, kenmerkende voorspel. Tydens die voorspel, wat tot etlike dae kan duur, hou die mannetjie die wyfie met sy knypers vas terwyl hulle ʼn sogenaamde paringsdans uitvoer. Elke spesie het sy eie danspatroon, maar in al die spesies produseer die mannetjie na 'n tyd 'n pakkie saadselle (spermatofoor) en plaas dit op die grond.

Die mannetjie loop nou agteruit en trek die wyfie oor die saadpakkie totdat haar geslagsopening daaroor geleë is. Die saadpakkie word dan in die wyfie se liggaam opgeneem sodat haar eiers bevrug kan word. Indien die mannetjie te lank in die omgewing van die wyfie vertoef, kan sy hom aanval en opeet. Die meeste skerpioene se eiers broei binne die wyfie uit (ovoviviparie), terwyl sommige spesies vivipaar is. In die gevalle word die eier se dop kort na bevrugting gebreek en die skerpioen-embrio's verkry hul voedsel deur ʼn buisvormige struktuur wat aan die wyfie se spysverteringskanaal geheg is.

Nadat die kleintjies gebaar is, klouter hulle op die moeder se rug, waar hulle deur haar metasoma beskerm word totdat hulle groot genoeg is om vir hulself te sorg. Daar is ongeveer 1 600 lewende skerpioenspesies bekend en die grootste verteenwoordiger van die orde is tot 18 cm lank. Die meeste spesies is egter heelwat kleiner.

Skerpioene hou veral in droë, warm gebiede, waar hulle oordag in splete, holtes of onder klippe skuil. Daar word ongeveer 150 spesies in Suider-Afrika aangetref. Die meeste skerpioene se gif is slegs vir invertebrate (ongewerweldes) skadelik en dit het byna geen nadelige gevolge vir die mens nie. Sommige spesies, soos die van die Noord-Amerikaanse genus Androctonus, se gif is vir mense gevaarlik. Die gif van die Saharaskerpioen (Androctonus australis) is net so dodelik soos die van kobras.

Skerpioene word op alle groot landmassas behalwe Antarktika aangetref. Hulle is in groot dele van die wêreld deur handel versprei.:249 Die grootste voorkoms van skerpioene in die Noordelike Halfrond is in die subtropiese streke tussen die breedtegrade 23°N en 38°N. Bo hierdie breedtegrade neem die voorkoms af; hulle kom nie verder noord as Kanada voor nie.:251

Hulle word in bome, grotte, sand en op die grond aangetref; sommige spesies kom in verskeie habitats voor, terwyl ander spesifieke nisse bewoon.

’n Skerpioen se morfologie:
1 = Kopborsstuk;
2 = Onderlyf;
3 = Stert;
4 = Kloue
5 = Pote;
6 = Monddele;
7 = Knypers;
8 = Beweegbare knyper;
9 = Vaste knyper;
10 = Angel;
11 = Telson (ná die anus).

Daar is 13 families en sowat 1 750 spesies skerpioene. Daar is ook 111 taksa uitgestorwe skerpioene.

Die volgende klassifikasie van oorlewende skerpioene is geskoei op dié van Soleglad & Fet (2003), wat die ouer, ongepubliseerde klassifikasie van Stockwell vervang het. Bykomende veranderings kom uit geskrifte van Soleglad et al. (2005).

Orde Scorpiones
  • Infraorde Orthosterni Pocock, 1911
    • Parvus Pseudochactida Soleglad et Fet, 2003
    • Parvus Buthida Soleglad et Fet, 2003
      • Superfamilie Buthoidea C.L. Koch, 1837
        • Familie Buthidae C.L. Koch, 1837 (dikstertskerpioene)
        • Familie Microcharmidae Lourenço, 1996
    • Parvus Chaerilida Soleglad et Fet, 2003
      • Superfamilie Chaeriloidea Pocock, 1893
        • Familie Chaerilidae Pocock, 1893
    • Parvus Iurida Soleglad et Fet, 2003
      • Superfamilie Chactoidea Pocock, 1893
        • Familie Chactidae Pocock, 1893
        • Familie Euscorpiidae Laurie, 1896
        • Familie Superstitioniidae Stahnke, 1940
        • Familie Vaejovidae Thorell, 1876
      • Superfamilie Iuroidea Thorell, 1876
        • Familie Caraboctonidae Kraepelin, 1905 (harige skerpioene)
        • Familie Iuridae Thorell, 1876
      • Superfamilie Scorpionoidea Latreille, 1802
        • Familie Bothriuridae Simon, 1880
        • Familie Hemiscorpiidae Pocock, 1893 (rotsskerpioene, boomskerpioene)
        • Familie Scorpionidae Latreille, 1802 (bleekpootskerpioene)
  1. (in Engels). ScorpionWorlds. vanaf die oorspronklike op 25 Mei 2020. Besoek op19 Februarie 2015.
  2. Edward E. Ruppert, Richard S. Fox, Robert D. Barnes (2004). Invertebrate Zoology. Brooks/Cole. ISBN 978-81-315-0104-7.AS1-onderhoud: meer as een naam: authors list (link)
  3. František Kovařík (2009). (PDF). Besoek op22 Januarie 2011.
  4. Gary A. Polis (1990). . Stanford University Press. ISBN 978-0-8047-1249-1.
  5. "". Dictionary.com. Random House. URL besoek op 14 April 2010.
  6. , Henry George Liddell, Robert Scott, A Greek-English Lexicon, op Perseus.
  7. Gordon Ramel. (in Engels). The Earthlife Web. vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op8 April 2010.
  8. Jason A. Dunlop; David Penney; O. Erik Tetlie and Lyall I. Anderson (2008). "How many species of fossil arachnids are there". Journal of Arachnology. 36 (2): 262–272. doi:.AS1-onderhoud: meer as een naam: authors list (link)
  9. Michael E. Soleglad and Victor Fet (2003). (multiple parts). Euscorpius. 11: 1–175. Besoek op2008-06-13.
  10. Scott A. Stockwell (1989). Revision of the Phylogeny and Higher Classification of Scorpions (Chelicerata). Ph.D. Dissertation, University of California, Berkeley
  11. Michael E. Soleglad; Victor Fet & F. Kovařík (2005). (PDF). Euscorpius. Marshall-universiteit. 20: 1–38. Besoek op2008-06-13.AS1-onderhoud: meer as een naam: authors list (link)
  12. V. Fet and E. Soleglad (2005). (PDF). Euscorpius. Marshall-universiteit (31): 1–13. ISSN . Besoek op2010-04-07.
  • Rehak, Ondrej. .

: Augustus 08, 2021

skerpioen, stuur, hierheen, ontbinde, vervolgingsagentskap, sien, direktoraat, spesiale, operasies, geleedpotige, roofdiere, biologiese, orde, scorpiones, klas, arachnida, hulle, pote, word, maklik, uitgeken, paar, knypers, smal, gesegmenteerde, stert, dikwels. Skerpioene stuur hierheen aan Vir die ontbinde vervolgingsagentskap sien Direktoraat van Spesiale Operasies Skerpioene is geleedpotige roofdiere van die biologiese orde Scorpiones in die klas Arachnida Hulle het agt pote 1 en word maklik uitgeken aan hul paar knypers en die smal gesegmenteerde stert wat dikwels kenmerkend vooroor oor die rug gekrul is en in n giftige angel eindig Skerpioene wissel in grootte van 9 mm Typhlochactas mitchelli tot 20 cm Hadogenes troglodytes 2 Skerpioen Tydperk Vroee Siluur tans 430 0 m jaar gelede PreYe Ye O S D C P T J K Pg NHottentotta tamulus van Indie Wetenskaplike klassifikasieKoninkryk AnimaliaFilum ArthropodaSubfilum ChelicerataKlas ArachnidaSubklas DromopodaOrde Scorpiones Koch 1837SuperfamiliesButhoidea Chaeriloidea Chactoidea Iuroidea Pseudochactoidea Scorpionoidea Die evolusiegeskiedenis van skerpioene strek terug na die Siluur sowat 430 miljoen jaar gelede Hulle het by n groot reeks omgewingstoestande aangepas en word nou op al die kontinente behalwe Antarktika aangetref Daar is sowat 1 750 spesies wat beskryf is 3 met 13 lewende families wat tans erken word Net 25 van hierdie spesies het sover bekend gif wat mense kan doodmaak 4 1 Die taksonomie het veranderings ondergaan en sal na verwagting verder verander wanneer genetiese studies nuwe inligting voortbring Inhoud 1 Naam 2 Algemeen 3 Verspreiding 4 Klassifikasie 5 Verwysings 6 Eksterne skakelsNaam Wysig Angel van n Arizona skerpioen Die woord skerpioen het vermoedelik ontstaan uit die Latynse woord scorpius 5 wat weer van die Griekse woord skorpios skorpios afgelei is 6 Algemeen WysigHulle is n nagdiere en hou in warm droe gebiede soos die westelike gedeeltes van Suider Afrika Die skerpioen is veral bekend vanwee die gifangel op die stert en hoewel die giftigheid daarvan van spesie tot spesie wissel kan die gif van sommige spesies selfs die mens se dood veroorsaak Skerpioene het n baie kenmerkende manier van voortplanting en die meeste spesies is ovovivipaar die eiers broei in die wyfie se liggaam uit Skerpioene orde Scorpiones is geleedpotige diere phylum Arthropoda Hulle behoort saam met ʼn aantal ander ordes waaronder die spinnekoppe en myte tot die klas van spinnekopagtiges Arachnida wat op sy beurt weer tot die subphylum Chelicerata diere met kloukake behoort Skerpioene is volgens die fossielerekord die oudste landlewende geleedpotiges Die eerste skerpioene het tydens die Siluur as waterlewende diere met kieue bestaan maar hulle het die eerste keer tydens die Devoon op land verskyn Skerpioene het gedurende hul evolusie n aantal eienskappe oorgehou wat in vergelyking met die van ander spinnekopagtiges minder gespesialiseer is Lede van die subphylum Chelicerata verskil van die ander geleedpotiges daarin dat hulle nie antennae het nie maar n paar tangvormige aanhangsels die chelicerae wat aan die voorpunt van die liggaam gelee is Skerpioene se liggame word in 2 gedeel en die voorste gedeelte word die prosoma kopborsstuk genoem terwyl die agterste gedeelte as n opisthosoma agterlyf bekend staan n Aparte kop en borsgedeelte kan nie op die prosoma onderskei word nie Die gedeelte dra saam met die chelicerae aan sy voorpunt ook n paar kaakpote pedipalpi wat sterk knypers aan hul punte het Skerpioene het soos die ander spinnekopagtiges 4 paar looppote wat op die prosoma gelee is Die prosoma word aan die dorsale kant bokant deur n karapaks of skiId bedek Die opisthocoela bestaan uit 2 duidelike onderafdelings Die voorste gedeelte word die mesosoma preabdomen genoem en dit bestaan uit 7 bree segmente Die metasoma postabdomen is die tweede gedeelte en dit het 5 kleiner en ronder segmente Die struktuur is ook as die stert bekend en skerpioene dra dit kenmerkend na vore gebuig Hul laaste segmente is ook van 2 gifkliere voorsien wat in ʼn angel open Skerpioene se chelicerae en pedipalpi is besonder sterk en goed ontwikkel Die diere is doeltreffende roofdiere en hulle leef van insekte spinnekoppe ander geleedpotiges soms klein reptiele en knaagdiere Indien die prooi relatief groot is word die slanke metasoma na vore gebuig en word die prooi met die dodelike angel gesteek Daarna word die prooi met behulp van die chelicerae in stukkies geskeur en die sagte dele word deur die mond na binne gesuig n Paar oe word mediaal bo op die rugskild aangetref terwyl n bykomende ry aan weerskante van die prosoma voorkom Die diere is ook baie gevoelig vir vibrasies vanwee tassensitiewe sintuie wat aan die onderkant van die tweede abdominale segment weerskante van die geslagsopening in kamvormige uitsteeksels pekten voorkom Die sintuie word veral gebruik om vibrasies in die grond op te vang Die tweede mesosomale segment huisves die geslagsopening terwyl daar op elk van die volgende 4 segmente n paar asemhalingsopeninge aangetref word Die asemhalingsplete stigmata lei tot die boeklonge wat die skerpioen se gaswisselingsorgaan is Skerpioene is eenslagtig en hul voortplantingsgedrag is baie opvallend met veral n uitgebreide kenmerkende voorspel Tydens die voorspel wat tot etlike dae kan duur hou die mannetjie die wyfie met sy knypers vas terwyl hulle ʼn sogenaamde paringsdans uitvoer Elke spesie het sy eie danspatroon maar in al die spesies produseer die mannetjie na n tyd n pakkie saadselle spermatofoor en plaas dit op die grond Die mannetjie loop nou agteruit en trek die wyfie oor die saadpakkie totdat haar geslagsopening daaroor gelee is Die saadpakkie word dan in die wyfie se liggaam opgeneem sodat haar eiers bevrug kan word Indien die mannetjie te lank in die omgewing van die wyfie vertoef kan sy hom aanval en opeet Die meeste skerpioene se eiers broei binne die wyfie uit ovoviviparie terwyl sommige spesies vivipaar is In die gevalle word die eier se dop kort na bevrugting gebreek en die skerpioen embrio s verkry hul voedsel deur ʼn buisvormige struktuur wat aan die wyfie se spysverteringskanaal geheg is Nadat die kleintjies gebaar is klouter hulle op die moeder se rug waar hulle deur haar metasoma beskerm word totdat hulle groot genoeg is om vir hulself te sorg Daar is ongeveer 1 600 lewende skerpioenspesies bekend en die grootste verteenwoordiger van die orde is tot 18 cm lank Die meeste spesies is egter heelwat kleiner Skerpioene hou veral in droe warm gebiede waar hulle oordag in splete holtes of onder klippe skuil Daar word ongeveer 150 spesies in Suider Afrika aangetref Die meeste skerpioene se gif is slegs vir invertebrate ongewerweldes skadelik en dit het byna geen nadelige gevolge vir die mens nie Sommige spesies soos die van die Noord Amerikaanse genus Androctonus se gif is vir mense gevaarlik Die gif van die Saharaskerpioen Androctonus australis is net so dodelik soos die van kobras Verspreiding WysigSkerpioene word op alle groot landmassas behalwe Antarktika aangetref Hulle is in groot dele van die wereld deur handel versprei 4 249 Die grootste voorkoms van skerpioene in die Noordelike Halfrond is in die subtropiese streke tussen die breedtegrade 23 N en 38 N Bo hierdie breedtegrade neem die voorkoms af hulle kom nie verder noord as Kanada voor nie 4 251 Hulle word in bome grotte sand en op die grond aangetref sommige spesies kom in verskeie habitats voor terwyl ander spesifieke nisse bewoon 7 Klassifikasie Wysig n Skerpioen se morfologie 1 Kopborsstuk 2 Onderlyf 3 Stert 4 Kloue 5 Pote 6 Monddele 7 Knypers 8 Beweegbare knyper 9 Vaste knyper 10 Angel 11 Telson na die anus Daar is 13 families en sowat 1 750 spesies skerpioene Daar is ook 111 taksa uitgestorwe skerpioene 8 Die volgende klassifikasie van oorlewende skerpioene is geskoei op die van Soleglad amp Fet 2003 9 wat die ouer ongepubliseerde klassifikasie van Stockwell 10 vervang het Bykomende veranderings kom uit geskrifte van Soleglad et al 2005 11 12 Orde ScorpionesInfraorde Orthosterni Pocock 1911 Parvus Pseudochactida Soleglad et Fet 2003 Superfamilie Pseudochactoidea Gromov 1998 Familie Pseudochactidae Gromov 1998 Parvus Buthida Soleglad et Fet 2003 Superfamilie Buthoidea C L Koch 1837 Familie Buthidae C L Koch 1837 dikstertskerpioene Familie Microcharmidae Lourenco 1996 Parvus Chaerilida Soleglad et Fet 2003 Superfamilie Chaeriloidea Pocock 1893 Familie Chaerilidae Pocock 1893 Parvus Iurida Soleglad et Fet 2003 Superfamilie Chactoidea Pocock 1893 Familie Chactidae Pocock 1893 Familie Euscorpiidae Laurie 1896 Familie Superstitioniidae Stahnke 1940 Familie Vaejovidae Thorell 1876 Superfamilie Iuroidea Thorell 1876 Familie Caraboctonidae Kraepelin 1905 harige skerpioene Familie Iuridae Thorell 1876 Superfamilie Scorpionoidea Latreille 1802 Familie Bothriuridae Simon 1880 Familie Hemiscorpiidae Pocock 1893 rotsskerpioene boomskerpioene Familie Scorpionidae Latreille 1802 bleekpootskerpioene Verwysings WysigWereldspektrum 1982 ISBN 0908409664 volume 25 bl 179 180 Scorpion Facts And Information in Engels ScorpionWorlds Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Mei 2020 Besoek op 19 Februarie 2015 Edward E Ruppert Richard S Fox Robert D Barnes 2004 Invertebrate Zoology Brooks Cole ISBN 978 81 315 0104 7 AS1 onderhoud meer as een naam authors list link Frantisek Kovarik 2009 Illustrated catalog of scorpions Part I PDF Besoek op 22 Januarie 2011 4 0 4 1 4 2 Gary A Polis 1990 The Biology of Scorpions Stanford University Press ISBN 978 0 8047 1249 1 Scorpion Dictionary com Random House URL besoek op 14 April 2010 skorpios Henry George Liddell Robert Scott A Greek English Lexicon op Perseus Gordon Ramel The Earthlife Web The Scorpions in Engels The Earthlife Web Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019 Besoek op 8 April 2010 Jason A Dunlop David Penney O Erik Tetlie and Lyall I Anderson 2008 How many species of fossil arachnids are there Journal of Arachnology 36 2 262 272 doi 10 1636 CH07 89 1 AS1 onderhoud meer as een naam authors list link Michael E Soleglad and Victor Fet 2003 High level systematics and phylogeny of the extant scorpions Scorpiones Orthosterni multiple parts Euscorpius 11 1 175 Besoek op 2008 06 13 Scott A Stockwell 1989 Revision of the Phylogeny and Higher Classification of Scorpions Chelicerata Ph D Dissertation University of California Berkeley Michael E Soleglad Victor Fet amp F Kovarik 2005 The systematic position of the scorpion genera Heteroscorpion Birula 1903 and Urodacus Peters 1861 Scorpiones Scorpionoidea PDF Euscorpius Marshall universiteit 20 1 38 Besoek op 2008 06 13 AS1 onderhoud meer as een naam authors list link V Fet and E Soleglad 2005 Contributions to scorpion systematics I On recent changes in high level taxonomy PDF Euscorpius Marshall universiteit 31 1 13 ISSN 1536 9307 Besoek op 2010 04 07 Eksterne skakels Wysig Biolumunescence in scorpions Skerpioen se anatomie Rehak Ondrej Fotogalery 36 spesies skerpioene Verspreidingskaart Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Skerpioen Wikispecies het meer inligting verwant aan Skerpioen Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia Atlas of African ScorpionsOntsluit van https af wikipedia org w index php title Skerpioen amp ol,