fbpx
Wikipedia

Schrödinger se kat

Schrödinger se kat is ’n gedagteproefneming uit 1935 deur die Oostenrykse fisikus Erwin Schrödinger. Dit illustreer wat hy beskou het as die probleem van die onbepaaldheid van kwantummeganika, en hoe dit nie sin maak as dit op alledaagse voorwerpe toegepas word nie. Die gevolg van die proefneming is ’n kat wat óf dood óf lewend is, na gelang van ’n vroeëre lukrake gebeurtenis.[1][2][3][4][5][6][7] Daar word dikwels na die proefneming verwys in teoretiese besprekings van die vertolking van kwantummeganika.

Schrödinger se kat, ’n fles gif en ’n radioaktiewe bron in ’n verseëlde houer.

Agtergrond

Werner Heisenberg het in 1926 sy onsekerheidsbeginsel gepubliseer wat impliseer dat jy nie tegelykertyd die presiese posisie en die presiese snelheid van ’n gegewe deeltjie kan weet nie omdat die meting van die een grootheid die ander grootheid versteur. Dit het ’n einde gebring aan die denkrigting van fisici soos Laplace, volgens wie dit moontlik sou moes wees om ’n model van die heelal te bou wat die toestand van die hele heelal op elke oomblik kan voorspel.

As ’n plaasvervanger vir die onsekerheidsbeginsel het Heisenberg en Niels Bohr in 1927 die Kopenhaagse interpretasie van kwantummeganika gepubliseer waarvolgens elke deeltjie hom in ’n sogenaamde kwantumtoestand bevind. Dit is ’n kombinasie van posisie en snelheid, en is dus geen presiese beskrywing van die gedrag van die deeltjie nie. Dit is in kwantummeganika ook nie moontlik om sodanige gedrag presies te beskryf nie – die kwantummeganika beskryf die heelal in terme van ’n gegewe begintoestand en die "moontlike" toestande waarin die heelal uit dié gegewe toestand verder kan ontwikkel.

Volgens die Kopenhaagse interpretasie is dit eers wanneer ’n deeltjie waargeneem word dat dit nie meer in ’n kwantumtoestand voorkom nie, maar verval in óf die een óf die ander moontlike toestand.

Proefneming

In reaksie op die Kopenhaagse interpretasie het Schrödinger sy proefneming gebruik om aan te toon wat sal gebeur as ’n mens dié beginsel op grootskaalse stelsels van toepassing maak.[8] Hy het voorgestel ’n mens sit ’n kat in ’n verseëlde staalhouer saam met ’n fles gif en ’n radioaktiewe bron. As ’n monitor in die houer radioaktiwiteit waarneem (dus ’n enkele atoom wat verval), word die fles gebreek, die gif word vrygestel en maak die kat dood. Volgens Schrödinger dui die Kopenhaagse interpretasie daarop dat die kat lewend én dood is (vir die heelal buite die houer) tot die houer oopgemaak word. Eers dan sal ’n mens kan sien of die kat lewe of nie. Dit laat die vraag ontstaan presies wanneer ’n kwantumtoestand verval in die een of die ander moontlikheid.

Moderne interpretasies

Sedertdien het ander interpretasies van kwantummeganika ontstaan, waarin die "dooie of lewende" kat soms as ’n werklikheid beskou word. Die proefneming bly ’n bepalende toets vir moderne interpretasies. Fisici gebruik dikwels die manier waarop ’n interpretasie Schrödinger se kat behandel om die swak en sterk punte daarvan te illustreer.

Verwysings

  1. Moring, Gary (2001). The Complete Idiot's Guide to Theories of the Universe. Penguin. pp. 192–193. ISBN 1440695725.
  2. Gribbin, John (2011). In Search of Schrodinger's Cat: Quantum Physics And Reality. Random House Publishing Group. p. 234. ISBN 978-0307790446. vanaf die oorspronklike op 2015-05-17.
  3. Greenstein, George; Zajonc, Arthur (2006). The Quantum Challenge: Modern Research on the Foundations of Quantum Mechanics. Jones & Bartlett Learning. p. 186. ISBN 076372470X. vanaf die oorspronklike op 2015-05-18.
  4. Tetlow, Philip (2012). Understanding Information and Computation: From Einstein to Web Science. Gower Publishing, Ltd. p. 321. ISBN 978-1409440406. vanaf die oorspronklike op 2015-05-19.
  5. Herbert, Nick (2011). Quantum Reality: Beyond the New Physics. Knopf Doubleday Publishing Group. p. 150. ISBN 978-0307806741. vanaf die oorspronklike op 2015-05-18.
  6. Charap, John M. (2002). Explaining The Universe. Universities Press. p. 99. ISBN 8173714673. vanaf die oorspronklike op 2015-05-18.
  7. Polkinghorne, J. C. (1985). The Quantum World. Princeton University Press. p. 67. ISBN 0691023883. vanaf die oorspronklike op 2015-05-19.
  8. Schrödinger, Erwin (November 1935). "Die gegenwärtige Situation in der Quantenmechanik (Die huidige situasie in kwantummeganika)". Naturwissenschaften.

Eksterne skakels

  • Erwin Schrödinger (1935) The Present Situation in Quantum Mechanics (translation of 3-part Schrödinger, Erwin (November 1935). "Die gegenwärtige Situation in der Quantenmechanik (The present situation in quantum mechanics)". Naturwissenschaften. 23 (48): 823807–828812. Bibcode:1935NW.....23..807S. doi:10.1007/BF014918914 (inactive 2019-12-03).CS1 maint: DOI inactive as of Desember 2019 (link) and pp. 823–828, 844–849) Schrödinger's cat paper
  • Einstein, A.; Podolsky, B.; Rosen, N. (15 May 1935). "Can Quantum-Mechanical Description of Physical Reality Be Considered Complete?". Physical Review. 47 (10): 777–780. Bibcode:1935PhRv...47..777E. doi:10.1103/PhysRev.47.777. The EPR paper
  • Phillip Yam (October 10, 2012) Bringing Schrödinger's Cat to Life, Scientific American. Describes investigations of quantum "cat states" and wavefunction collapse by Serge Haroche and David J. Wineland for which they won the 2012 Nobel Prize in Physics
  • Tony Leggett (August 2000) New Life for Schrödinger's Cat, Physics World, p. 23-24. Article on experiments with "cat state" superpositions in superconducting rings, in which the electrons go around the ring in two directions simultaneously.
  • Information Philosopher on Schrödinger's cat More diagrams and an information creation explanation.
  • Poliakoff, Martyn (2009). "Schrödinger's Cat". Sixty Symbols. Brady Haran for the University of Nottingham.
  • Schrödinger's cat in audio produced by Sift
  •   Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse en die Nederlandse Wikipedia

Schrödinger se kat
schrödinger, gedagteproefneming, 1935, deur, oostenrykse, fisikus, erwin, schrödinger, illustreer, beskou, probleem, onbepaaldheid, kwantummeganika, maak, alledaagse, voorwerpe, toegepas, word, gevolg, proefneming, dood, lewend, gelang, vroeëre, lukrake, gebeu. Schrodinger se kat is n gedagteproefneming uit 1935 deur die Oostenrykse fisikus Erwin Schrodinger Dit illustreer wat hy beskou het as die probleem van die onbepaaldheid van kwantummeganika en hoe dit nie sin maak as dit op alledaagse voorwerpe toegepas word nie Die gevolg van die proefneming is n kat wat of dood of lewend is na gelang van n vroeere lukrake gebeurtenis 1 2 3 4 5 6 7 Daar word dikwels na die proefneming verwys in teoretiese besprekings van die vertolking van kwantummeganika Schrodinger se kat n fles gif en n radioaktiewe bron in n verseelde houer Inhoud 1 Agtergrond 2 Proefneming 3 Moderne interpretasies 4 Verwysings 5 Eksterne skakelsAgtergrond WysigWerner Heisenberg het in 1926 sy onsekerheidsbeginsel gepubliseer wat impliseer dat jy nie tegelykertyd die presiese posisie en die presiese snelheid van n gegewe deeltjie kan weet nie omdat die meting van die een grootheid die ander grootheid versteur Dit het n einde gebring aan die denkrigting van fisici soos Laplace volgens wie dit moontlik sou moes wees om n model van die heelal te bou wat die toestand van die hele heelal op elke oomblik kan voorspel As n plaasvervanger vir die onsekerheidsbeginsel het Heisenberg en Niels Bohr in 1927 die Kopenhaagse interpretasie van kwantummeganika gepubliseer waarvolgens elke deeltjie hom in n sogenaamde kwantumtoestand bevind Dit is n kombinasie van posisie en snelheid en is dus geen presiese beskrywing van die gedrag van die deeltjie nie Dit is in kwantummeganika ook nie moontlik om sodanige gedrag presies te beskryf nie die kwantummeganika beskryf die heelal in terme van n gegewe begintoestand en die moontlike toestande waarin die heelal uit die gegewe toestand verder kan ontwikkel Volgens die Kopenhaagse interpretasie is dit eers wanneer n deeltjie waargeneem word dat dit nie meer in n kwantumtoestand voorkom nie maar verval in of die een of die ander moontlike toestand Proefneming WysigIn reaksie op die Kopenhaagse interpretasie het Schrodinger sy proefneming gebruik om aan te toon wat sal gebeur as n mens die beginsel op grootskaalse stelsels van toepassing maak 8 Hy het voorgestel n mens sit n kat in n verseelde staalhouer saam met n fles gif en n radioaktiewe bron As n monitor in die houer radioaktiwiteit waarneem dus n enkele atoom wat verval word die fles gebreek die gif word vrygestel en maak die kat dood Volgens Schrodinger dui die Kopenhaagse interpretasie daarop dat die kat lewend en dood is vir die heelal buite die houer tot die houer oopgemaak word Eers dan sal n mens kan sien of die kat lewe of nie Dit laat die vraag ontstaan presies wanneer n kwantumtoestand verval in die een of die ander moontlikheid Moderne interpretasies WysigSedertdien het ander interpretasies van kwantummeganika ontstaan waarin die dooie of lewende kat soms as n werklikheid beskou word Die proefneming bly n bepalende toets vir moderne interpretasies Fisici gebruik dikwels die manier waarop n interpretasie Schrodinger se kat behandel om die swak en sterk punte daarvan te illustreer Verwysings Wysig Moring Gary 2001 The Complete Idiot s Guide to Theories of the Universe Penguin pp 192 193 ISBN 1440695725 Gribbin John 2011 In Search of Schrodinger s Cat Quantum Physics And Reality Random House Publishing Group p 234 ISBN 978 0307790446 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2015 05 17 Greenstein George Zajonc Arthur 2006 The Quantum Challenge Modern Research on the Foundations of Quantum Mechanics Jones amp Bartlett Learning p 186 ISBN 076372470X Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2015 05 18 Tetlow Philip 2012 Understanding Information and Computation From Einstein to Web Science Gower Publishing Ltd p 321 ISBN 978 1409440406 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2015 05 19 Herbert Nick 2011 Quantum Reality Beyond the New Physics Knopf Doubleday Publishing Group p 150 ISBN 978 0307806741 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2015 05 18 Charap John M 2002 Explaining The Universe Universities Press p 99 ISBN 8173714673 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2015 05 18 Polkinghorne J C 1985 The Quantum World Princeton University Press p 67 ISBN 0691023883 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2015 05 19 Schrodinger Erwin November 1935 Die gegenwartige Situation in der Quantenmechanik Die huidige situasie in kwantummeganika Naturwissenschaften Eksterne skakels WysigWikimedia Commons bevat media in verband met Schrodinger se kat Erwin Schrodinger 1935 The Present Situation in Quantum Mechanics translation of 3 part Schrodinger Erwin November 1935 Die gegenwartige Situation in der Quantenmechanik The present situation in quantum mechanics Naturwissenschaften 23 48 823807 828812 Bibcode 1935NW 23 807S doi 10 1007 BF014918914 inactive 2019 12 03 CS1 maint DOI inactive as of Desember 2019 link and pp 823 828 844 849 Schrodinger s cat paper Einstein A Podolsky B Rosen N 15 May 1935 Can Quantum Mechanical Description of Physical Reality Be Considered Complete Physical Review 47 10 777 780 Bibcode 1935PhRv 47 777E doi 10 1103 PhysRev 47 777 The EPR paper Phillip Yam October 10 2012 Bringing Schrodinger s Cat to Life Scientific American Describes investigations of quantum cat states and wavefunction collapse by Serge Haroche and David J Wineland for which they won the 2012 Nobel Prize in Physics Tony Leggett August 2000 New Life for Schrodinger s Cat Physics World p 23 24 Article on experiments with cat state superpositions in superconducting rings in which the electrons go around the ring in two directions simultaneously Information Philosopher on Schrodinger s cat More diagrams and an information creation explanation Poliakoff Martyn 2009 Schrodinger s Cat Sixty Symbols Brady Haran for the University of Nottingham Schrodinger s cat in audio produced by Sift Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse en die Nederlandse WikipediaOntsluit van https af wikipedia org w index php title Schrodinger se kat amp oldid 2108439,