×
Sardyn

Die sardyn (Sardinops sagax) is 'n seevis wat rondom die hele Suid-Afrikaanse kus aangetref word en in groot skole voorkom. Hulle kom ook voor in die noordelike Stille Oseaan en staan ook bekend as die pelser in Afrikaans, of pilchard in Engels.

Sardyn
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Subfilum:
Infrafilum:
Superklas:
Klas:
Subklas:
Infraklas:
Superorde:
Clupeomorpha
Orde:
Familie:
Subfamilie:
Clupeinae
Genus:
Sardinops

C. L. Hubbs, 1929
Spesie:
S. sagax
Binomiale naam
Sardinops sagax
(Jenyns, 1842)

Inhoud

Die vis is silwer van kleur met 'n ry swart kolletjies aan die kante en word 28 cm groot. Die vis kom in skole voor en is verantwoordelik vir die jaarlikse sardienstormloop aan die kus van KwaZulu-Natal.

Daar is twee bevolkings van die sardyn aan die Suider-Afrikaanse kus. Die een groep kom by Namibië voor; vanaf Angola tot by Luderitz en die ander groep vanaf die Oranjerivier tot by Maputo. Die twee bevolkings sal nie meng nie omrede daar 'n konstante opwelling van koue water naby Luderitz plaasvind.

Die Suid-Afrikaanse bevolking skiet kuit gedurende die lente en somer op die Agulhasbank terwyl daar ook 'n kleiner kuitskietaksie plaasvind aan die kus van KwaZulu-Natal gedurende die winter en lente. Die eiers en larwes van die Agulhasbank dryf dan weswaarts. Die klein vissies versamel naby die kus van die Wes-Kaap gedurende die herfs en winter en migreer dan suid en ooswaarts waar die kuitskietaksie weer begin.

Die sardyn eet onder andere soöplankton en word op hulle beurt gejag deur snoek, tuna, geelstert, leervis, geelbek, kabeljou, verskeie haaie, dolfyne, robbe en pikkewyne.

Die sardyn is baie belangrik vir die Suid-Afrikaanse sowel as die Namibiese kommersiële visvangbedrywe. Gedurende die vroeë 1960's was daar 400,000 ton per jaar gevang deur die Suid-Afrikaanse bedryf maar dit het afgeneem na 70,000 ton per jaar in 1967. Die Namibiese tonnemaat was 1,400,000 ton per jaar in 1968 en het geval tot 300,000 ton per jaar in 1971 en het konstant onder 100,000 ton per jaar gebly tussen 1978 en 1988.

Sardiens in 'n blikkie

Die jaarlikse sardienstormloop word veroorsaak deur veranderinge in die temperatuur van die water aan die ooskus. Gedurende Mei en Junie word warm water aan die ooskus vervang met koue water van minder as 20 °C. Hierdie koeler water maak dit moontlik vir groot skole sardyne, ansjovis en rondeoogharing om nader aan die land en noordwaarts te beweeg. Hierdie groot skole word maklik deur haaie en dolfyne na vlakker baaie gedryf waar hulle gevang word deur mense, seediere en seevoëls.

    Publikasie datum: September 27, 2021

    sardyn, sardyn, sardinops, sagax, seevis, rondom, hele, suid, afrikaanse, aangetref, word, groot, skole, voorkom, hulle, voor, noordelike, stille, oseaan, staan, bekend, pelser, afrikaans, pilchard, engels, bewaringstatusveilig, iucn, wetenskaplike, klassifika. Die sardyn Sardinops sagax is n seevis wat rondom die hele Suid Afrikaanse kus aangetref word en in groot skole voorkom Hulle kom ook voor in die noordelike Stille Oseaan en staan ook bekend as die pelser in Afrikaans of pilchard in Engels SardynBewaringstatusVeilig IUCN 3 1 Wetenskaplike klassifikasieDomein EukaryotaKoninkryk AnimaliaFilum ChordataSubfilum Vertebrata Cuvier 1812 Infrafilum GnathostomataSuperklas Osteichthyes Huxley 1880 Klas ActinopterygiiSubklas NeopterygiiInfraklas TeleosteiSuperorde ClupeomorphaOrde ClupeiformesFamilie ClupeidaeSubfamilie ClupeinaeGenus Sardinops C L Hubbs 1929Spesie S sagaxBinomiale naamSardinops sagax Jenyns 1842 Inhoud 1 Voorkoms 2 Habitat 3 Kommersiele waarde 4 Jaarlikse sardienstormloop 5 Sien ook 6 Eksterne skakel 7 BronneVoorkoms WysigDie vis is silwer van kleur met n ry swart kolletjies aan die kante en word 28 cm groot Die vis kom in skole voor en is verantwoordelik vir die jaarlikse sardienstormloop aan die kus van KwaZulu Natal Habitat WysigDaar is twee bevolkings van die sardyn aan die Suider Afrikaanse kus Die een groep kom by Namibie voor vanaf Angola tot by Luderitz en die ander groep vanaf die Oranjerivier tot by Maputo Die twee bevolkings sal nie meng nie omrede daar n konstante opwelling van koue water naby Luderitz plaasvind Die Suid Afrikaanse bevolking skiet kuit gedurende die lente en somer op die Agulhasbank terwyl daar ook n kleiner kuitskietaksie plaasvind aan die kus van KwaZulu Natal gedurende die winter en lente Die eiers en larwes van die Agulhasbank dryf dan weswaarts Die klein vissies versamel naby die kus van die Wes Kaap gedurende die herfs en winter en migreer dan suid en ooswaarts waar die kuitskietaksie weer begin Die sardyn eet onder andere sooplankton en word op hulle beurt gejag deur snoek tuna geelstert leervis geelbek kabeljou verskeie haaie dolfyne robbe en pikkewyne Kommersiele waarde WysigDie sardyn is baie belangrik vir die Suid Afrikaanse sowel as die Namibiese kommersiele visvangbedrywe Gedurende die vroee 1960 s was daar 400 000 ton per jaar gevang deur die Suid Afrikaanse bedryf maar dit het afgeneem na 70 000 ton per jaar in 1967 Die Namibiese tonnemaat was 1 400 000 ton per jaar in 1968 en het geval tot 300 000 ton per jaar in 1971 en het konstant onder 100 000 ton per jaar gebly tussen 1978 en 1988 Sardiens in n blikkieJaarlikse sardienstormloop WysigDie jaarlikse sardienstormloop word veroorsaak deur veranderinge in die temperatuur van die water aan die ooskus Gedurende Mei en Junie word warm water aan die ooskus vervang met koue water van minder as 20 C Hierdie koeler water maak dit moontlik vir groot skole sardyne ansjovis en rondeoogharing om nader aan die land en noordwaarts te beweeg Hierdie groot skole word maklik deur haaie en dolfyne na vlakker baaie gedryf waar hulle gevang word deur mense seediere en seevoels Sien ook WysigAlfabetiese lys van visse Lys van Suider Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamiliesEksterne skakel Wysighttp fishbase org summary Sardinops sagax htmlBronne WysigFirst Field Guide to Fishes of Southern Africa Rudy van der Elst 1999 ISBN 978 1 86872 288 4 Sea Fishes of Southern Africa Rudy van der Elst amp Dennis King 2006 ISBN 978 1 77007 345 6 Coastal Fishes of Southern Africa Phil amp Elaine Heemstra 2004 ISBN 1 920033 01 7Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Sardyn amp ol,