×
Salzburg

Salzburg
Rome van die Noorde

Kaart Wapen
Vlag
Land Oostenryk
Deelstaat Salzburg
Koördinate 47°48′N13°2′O /47.800°N 13.033°O /47.800; 13.033
Stigting 15 v.C. (Iuvavum)
Stadstatus Voor 1120
Oppervlakte:
- Totaal 65,678 vk km
Hoogte bo seevlak 424 m
Bevolking:
- Totaal (1 Januarie 2012) 148 521
- Bevolkingsdigtheid 2 261/vk km
Tydsone UTC +1 (MET)
- Somertyd UTC +2
Burgemeester Heinz Schaden (SPÖ)
Amptelike Webwerf

Salzburg is die hoofstad van die gelyknamige Oostenrykse deelstaat en met 'n bevolking van 148 521 die vierde grootste stad in die land ná Wene, Graz en Linz. Die agglomerasie van Salzburg het sowat 210 000 inwoners.

Dikwels word na Salzburg as die "Mozartstad" verwys aangesien dit die geboortestad van die beroemde komponis is en ook die plek waar hy meer as die helfte van sy lewe deurgebring het. Danksy die verwysing na 'n aartsbiskoplike stadsregter in 'n historiese dokument uit die tydperk tussen 1120 en 1130 is Salzburg die oudste nedersetting met stadstatus in die gebied van die huidige Oostenryk.

Die stad het sy naam en oorspronklik ook sy welvaart aan sout, die "wit goud", te danke, terwyl die onafhanklike vorsbiskoppe, wat die stad tot in die vroeë 19de eeu geregeer het, aan die stad 'n sterk Italiaanse karakter gegee het sodat na Salzburg dikwels as die "Rome van die Noorde" verwys word. Die historiese stadskern - met sy kenmerkende stadshorison wat die vesting Hohensalzburg, die domkerk in die Barokstyl, die Fransiskane- en Universiteitskerk aan die voet van die Mönchsberg insluit - is deur UNESCO in 1997 as wêrelderfenisgebied gelys.

  • Panoramiese uitsig

  • Salzach-rivier

  • Sigmund-Haffner-Gasse

  • Red Bull Hangar 7

  • Mirabellgarten

Publikasie datum: September 26, 2021

salzburg, rome, noordekaart, wapenvlag, land, oostenryk, deelstaat, koördinate, stigting, iuvavum, stadstatus, voor, 1120, oppervlakte, totaal, hoogte, seevlak, bevolking, totaal, januarie, 2012, bevolkingsdigtheid, tydsone, somertyd, burgemeester, heinz, scha. Salzburg Rome van die NoordeKaart WapenVlag Land Oostenryk Deelstaat Salzburg Koordinate 47 48 N 13 2 O 47 800 N 13 033 O 47 800 13 033 Stigting 15 v C Iuvavum Stadstatus Voor 1120 Oppervlakte Totaal 65 678 vk km Hoogte bo seevlak 424 m Bevolking Totaal 1 Januarie 2012 148 521 Bevolkingsdigtheid 2 261 vk km Tydsone UTC 1 MET Somertyd UTC 2 Burgemeester Heinz Schaden SPO Amptelike Webwerf Stadt Salzburg Salzburg is die hoofstad van die gelyknamige Oostenrykse deelstaat en met n bevolking van 148 521 die vierde grootste stad in die land na Wene Graz en Linz Die agglomerasie van Salzburg het sowat 210 000 inwoners Dikwels word na Salzburg as die Mozartstad verwys aangesien dit die geboortestad van die beroemde komponis is en ook die plek waar hy meer as die helfte van sy lewe deurgebring het Danksy die verwysing na n aartsbiskoplike stadsregter in n historiese dokument uit die tydperk tussen 1120 en 1130 is Salzburg die oudste nedersetting met stadstatus in die gebied van die huidige Oostenryk Die stad het sy naam en oorspronklik ook sy welvaart aan sout die wit goud te danke terwyl die onafhanklike vorsbiskoppe wat die stad tot in die vroee 19de eeu geregeer het aan die stad n sterk Italiaanse karakter gegee het sodat na Salzburg dikwels as die Rome van die Noorde verwys word Die historiese stadskern met sy kenmerkende stadshorison wat die vesting Hohensalzburg die domkerk in die Barokstyl die Fransiskane en Universiteitskerk aan die voet van die Monchsberg insluit is deur UNESCO in 1997 as werelderfenisgebied gelys Fotogalery Wysig Panoramiese uitsig Salzach rivier Sigmund Haffner Gasse Red Bull Hangar 7 MirabellgartenEksterne skakels Wysig Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Salzburg en fr Amptelike UNESCO bladsyOntsluit van https af wikipedia org w index php title Salzburg amp ol,