×
Sagittarius- Elliptiese Dwergsterrestelsel

Die Sagittarius- Elliptiese Dwergsterrestelsel of Sag DEG is ’n satellietstelsel van die Melkweg in die sterrebeeld Boogskutter (Sagittarius ). Dit bestaan uit vier bolvormige sterreswerms, waarvan die hoofswerm in 1994 ontdek is. Sag DEG is sowat 10 000 ligjare in deursnee en is tans sowat 70 000 ligjare van die Son en 50 000 ligjare van die kern van die Melkweg, waarom dit wentel. Dit moenie verwar word met die Sagittarius- Onreëlmatige Dwergsterrestelsel of Sag DIG nie – dié is ’n klein stelsel sowat 3,4 miljoen ligjare van hier.

Sagittarius- Elliptiese
Dwergsterrestelsel
Soort stelsel Elliptiese dwergsterrestelsel
Sterrebeeld Boogskutter (Sagittarius)
Tipe dSph(t)
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming 18h 55m 19,5s
Deklinasie -30º 32' 43"
Skynmagnitude (m) 4,5
Besonderhede
Afstand (ligjaar) 65 000
Skynbare grootte 450′ × 216′
Rooiverskuiwing 140 ± ? km/s
Besonderse kenmerke Melkwegsatelliet
Ander name Sag DEG, Sgr dSph, Sgr I-dwerg
Lugkoördinate
Portaal Sterrekunde

Inhoud

Die sterrekundiges Rodrigo Ibata, Mike Irwin en Gerry Gilmore het die sterrestelsel in 1994 amptelik ontdek. In dié tyd was dit die naaste bekende buurstelsel van die Melkweg. (Sedert 2003 word die nuut ontdekte Canis Major-dwergsterrestelsel as die naaste beskou.) Die hoofswerm van die stelsel is egter aan die ander kant van die Melkweg se kern as die Aarde, en daarom lyk dit baie dof, hoewel dit ’n groot deel van die lugruim beslaan. 2MASS-infrarooidata het gewys Sag DEG het ’n lusvorm.

Dit lyk of dit ’n ouer sterrestelsel is, met min interstellêre stof en hoofsaaklik populasie II-sterre, wat ouer is en ’n laer metaalgehalte het as dié in die Melkweg. Daar is egter ook sterre wat so jonk as ’n paar honderdmiljoen jaar is. Dié sterre is ryker aan metale.

Bolswerms

Messier 54, wat waarskynlik in die kern van Sag DEG geleë is (Hubble-ruimteteleskoop).
Palomar 12, wat waarskynlik sowat 1,7 miljoen jaar gelede uit Sag DEG aangetrek is.

Sag DEG het vier bekende sterreswerms met een, Messier 54, blykbaar in die kern. Dit word ook verbind met die "jonger" bolswerm Terzan 7, sowel as met Terzan 8 en Arp 2. Boonop word nou algemeen geglo dat die Melkweg die sterreswerm Palomar 12 ook vanuit dié stelsel aangetrek het.

Geskoei op sy huidige baan, sal Sag DEG se hoofswerm binne die volgende paar honderdmiljoen jaar deur die Melkweg se galaktiese skyf beweeg, terwyl die stelsel self reeds besig is om opgeneem te word deur die groter Melkweg, wat ’n massa van sowat 10 000 keer dié van Sag DEG het.

Sterrekundiges het aanvanklik geglo Sag DEG het al verbrokkel en dat ’n groot deel daarvan reeds deel van die Melkweg is, maar Sag DEG beweeg steeds feitlik apart in ’n baan om die Melkweg, so naby as 50 000 ligjare van die Melkweg se kern. Simulasies het voorspel sterre wat deur geweldige getykragte uit die stelsel geruk word, sal in ’n lang stroom agter hom aantrek, en dié stroom is sedertdien waargeneem.

  1. Geisler, Doug; Wallerstein, George; Smith, Verne V.; Casetti-Dinescu, Dana I. (September 2007). "Chemical Abundances and Kinematics in Globular Clusters and Local Group Dwarf Galaxies and Their Implications for Formation Theories of the Galactic Halo". The Publications of the Astronomical Society of the Pacific. 119 (859): 939–961. arXiv:. Bibcode:. doi:.CS1 maint: date and year (link)
  2. Siegel, Michael; Onkel, Aaron; Majewski, Steven R.; Sarajedini, Ata; Chaboyer, Brian; Nidever, David L.; Anderson, Jay; Marín-Franch, Antonio; Rosenberg, Alfred (September 2007). "The ACS Survey of Galactic Globular Clusters: M54 and Young Populations in the Sagittarius Dwarf Spheroidal Galaxy". Astrophysical Journal Letters. 667 (1): 57–60. arXiv:. Bibcode:. doi:.CS1 maint: date and year (link)
  3. Sbordone, L.; Bonifacio, P.; Marconi, G.; Buonanno, R.; Zaggia, S. (3 Julie 2005). "Family ties: Abundances in Terzan 7, a Sgr dSph globular cluster". Astronomy and Astrophysics. 437 (3): 905–910. arXiv:. Bibcode:. doi:.

Publikasie datum: September 26, 2021

sagittarius, elliptiese, dwergsterrestelsel, satellietstelsel, melkweg, sterrebeeld, boogskutter, sagittarius, bestaan, vier, bolvormige, sterreswerms, waarvan, hoofswerm, 1994, ontdek, sowat, ligjare, deursnee, tans, sowat, ligjare, ligjare, kern, melkweg, wa. Die Sagittarius Elliptiese Dwergsterrestelsel of Sag DEG is n satellietstelsel van die Melkweg in die sterrebeeld Boogskutter Sagittarius Dit bestaan uit vier bolvormige sterreswerms waarvan die hoofswerm in 1994 ontdek is Sag DEG is sowat 10 000 ligjare in deursnee en is tans sowat 70 000 ligjare van die Son en 50 000 ligjare van die kern van die Melkweg waarom dit wentel Dit moenie verwar word met die Sagittarius Onreelmatige Dwergsterrestelsel of Sag DIG nie die is n klein stelsel sowat 3 4 miljoen ligjare van hier Sagittarius Elliptiese DwergsterrestelselSoort stelsel Elliptiese dwergsterrestelselSterrebeeld Boogskutter Sagittarius Tipe dSph t Waarnemingsdata Epog J2000 Regte klimming 18h 55m 19 5sDeklinasie 30º 32 43 Skynmagnitude m 4 5BesonderhedeAfstand ligjaar 65 000Skynbare grootte 450 216 Rooiverskuiwing 140 km sBesonderse kenmerke MelkwegsatellietAnder name Sag DEG Sgr dSph Sgr I dwergLugkoordinate18h 55m 19 5s 30 32 43 Portaal Sterrekunde Inhoud 1 Eienskappe 1 1 Bolswerms 2 Geometrie en dinamika 3 Verwysings 4 Eksterne skakelsEienskappe WysigDie sterrekundiges Rodrigo Ibata Mike Irwin en Gerry Gilmore het die sterrestelsel in 1994 amptelik ontdek In die tyd was dit die naaste bekende buurstelsel van die Melkweg Sedert 2003 word die nuut ontdekte Canis Major dwergsterrestelsel as die naaste beskou Die hoofswerm van die stelsel is egter aan die ander kant van die Melkweg se kern as die Aarde en daarom lyk dit baie dof hoewel dit n groot deel van die lugruim beslaan 2MASS infrarooidata het gewys Sag DEG het n lusvorm Dit lyk of dit n ouer sterrestelsel is met min interstellere stof en hoofsaaklik populasie II sterre wat ouer is en n laer metaalgehalte het as die in die Melkweg Daar is egter ook sterre wat so jonk as n paar honderdmiljoen jaar is Die sterre is ryker aan metale 1 2 Bolswerms Wysig Messier 54 wat waarskynlik in die kern van Sag DEG gelee is Hubble ruimteteleskoop Palomar 12 wat waarskynlik sowat 1 7 miljoen jaar gelede uit Sag DEG aangetrek is Sag DEG het vier bekende sterreswerms met een Messier 54 blykbaar in die kern Dit word ook verbind met die jonger bolswerm Terzan 7 sowel as met Terzan 8 en Arp 2 3 Boonop word nou algemeen geglo dat die Melkweg die sterreswerm Palomar 12 ook vanuit die stelsel aangetrek het 1 Geometrie en dinamika WysigGeskoei op sy huidige baan sal Sag DEG se hoofswerm binne die volgende paar honderdmiljoen jaar deur die Melkweg se galaktiese skyf beweeg terwyl die stelsel self reeds besig is om opgeneem te word deur die groter Melkweg wat n massa van sowat 10 000 keer die van Sag DEG het Sterrekundiges het aanvanklik geglo Sag DEG het al verbrokkel en dat n groot deel daarvan reeds deel van die Melkweg is maar Sag DEG beweeg steeds feitlik apart in n baan om die Melkweg so naby as 50 000 ligjare van die Melkweg se kern Simulasies het voorspel sterre wat deur geweldige getykragte uit die stelsel geruk word sal in n lang stroom agter hom aantrek en die stroom is sedertdien waargeneem Verwysings Wysig 1 0 1 1 Geisler Doug Wallerstein George Smith Verne V Casetti Dinescu Dana I September 2007 Chemical Abundances and Kinematics in Globular Clusters and Local Group Dwarf Galaxies and Their Implications for Formation Theories of the Galactic Halo The Publications of the Astronomical Society of the Pacific 119 859 939 961 arXiv 0708 0570 Bibcode 2007PASP 119 939G doi 10 1086 521990 CS1 maint date and year link Siegel Michael Onkel Aaron Majewski Steven R Sarajedini Ata Chaboyer Brian Nidever David L Anderson Jay Marin Franch Antonio Rosenberg Alfred September 2007 The ACS Survey of Galactic Globular Clusters M54 and Young Populations in the Sagittarius Dwarf Spheroidal Galaxy Astrophysical Journal Letters 667 1 57 60 arXiv 0708 0027 Bibcode 2007ApJ 667L 57S doi 10 1086 522003 CS1 maint date and year link Sbordone L Bonifacio P Marconi G Buonanno R Zaggia S 3 Julie 2005 Family ties Abundances in Terzan 7 a Sgr dSph globular cluster Astronomy and Astrophysics 437 3 905 910 arXiv astro ph 0505307 Bibcode 2005A amp A 437 905S doi 10 1051 0004 6361 20042315 Eksterne skakels WysigSEDS SagDEG Geargiveer 23 April 2008 op Wayback Machine SagDEG by solstation com Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Dwergsterrestelsels Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse WikipediaOntsluit van https af wikipedia org w index php title Sagittarius Elliptiese Dwergsterrestelsel amp ol,