fbpx SA's Got Talent
Wikipedia

SA's Got Talent

SA's Got Talent is 'n Suid-Afrikaanse talentwerklikheidsreeds en deel van die Britse Got Talent-franchise. Die reeks, wat op 1 Oktober 2009 aangevang het, word op SABC2 uitgesaai en behels 'n kompetisie wat op grond van diverse talent gehou word. Sangers, dansers, komediante, verskeidenheidhandelinge en ander opvoerders kompeteer om die topprys van R250 000. Die program word deur aanbieders Rob van Vuuren en Anele Mdoda, beide radiopersoonlikhede, aangebied en die beoordelaars is radio- en media-veteraanpersoonlikheid Shado Twala, Idols-beoordelaar Randall Abrahams, en Ian von Memerty van Strictly Come Dancing-faam.

SA's Got Talent
Genre Werklikheid
Geskep deur Simon Cowell
Aangebied deur Tats Nkonzo
Beoordelaars Shado Twala (2009-)
DJ Fresh (2014-)
Lalla Hirayama (2014-)
Ian Von Memerty (2009-2013)
Randall Abrahams (2009-10)
Oorsprong Suid-Afrika
Aantal seisoene 5
Aantal episodes 5
Produksie
Looptydperk 60 minute
Verspreider SABC 2 (Seisoene 1 en 2)
e.tv (Seisoene 3-hede)
Uitsending
Eerste lopie 1 Oktober 2009 – hede
Webskakels

Inhoud

Die oudisies vind in verskillende stede en ten aanskoue van die drie beoordelaars plaas. Op enige stip tydens 'n opvoering kan die beoordelaars hul afkeur laat blyk deur 'n gonsknop te druk wat 'n groot rooi X aan die voorkant van hul tafel laat verskyn. Indien al die beoordelaars hul gonsknop gedruk het, is dit neusie verby vir die betrokke optrede. Om na die tweede ronde deur te dring, moet kandidate ten minste twee ja-stemme van die beoordelaars kry, anders word hulle huis toe gestuur.

Ná die oudisies sif die beoordelaars deur die ongeveer 200 kwalifiserende optredes waaruit die top-21 gekies word. Al die deelnemers word teruggeroep om uit te vind of hulle na die halfeindronde deurgedring het.

Die oorblywende kandidate tree binne die bestek van 'n aantal regstreekse halfeindronde op, met die twee gewildste kandidate uit elke halfeindronde wat hulle plek in die eindronde verseker. Anders as in die Amerikaanse weergawe kan die beoordelaars selfs op hierdie punt, waar dit die kykers tuis is wat per SMS vir hul gunsteling stem, die kandidate midde-in hulle optrede keer as al drie X'e getoon word. Hulle word telkens om hul mening oor elke optrede gevra.

Nadat al die kandidate vir die aand opgetree het, word die telefoonstemlyn vir stemme oopgestel. Nadat die stemme getel is, dring die kandidaat met die meeste openbare stemme outomaties na die eindronde deur. Die beoordelaars kies dan tussen die tweede en derde gewildste kandidate, met die wenner uit daardie twee wat ook 'n plek in die eindronde kry. Al die ander kandidate wat daardie aand opgetree het en nie deurgedring het nie, word dan huis toe gestuur.

  • Seisoen 1 (2009): Darren Rajbal
  • Seisoen 2 (2010): James Bhemgee
  • Seisoen 3 (2012): Botlhale Boikanyo
  • Seisoen 4 (2013): Johnny Apple
  • Seisoen 5 (2014): Tholwana Mohale
  • Seisoen 6 (2015): DJ Arch JNR

Die eerste deelnemers wat na die finale ronde in die eerste seisoen (wat in 2009 uitgesaai is) deurgedring het was negentienjarige beatboxer George Avakian uit Johannesburg en kitaarspeler Louwtjie Rothman, 'n hoërskoolleerling uit Bellville. In die daaropvolgende semifinaaluitsending is Darren Rajbal, 'n 19-jarige dowe hiphopdanser vanuit Durban, en Cleo Filander, 'n agtjarige sangeres, na die finale ronde deurgestem. In die laaste semifinaal het Kalon Badenhorst, 'n twaalfjarige hiphop-/moderne danser uit Johannesburg en sangerbroers Willem en Louis van der Merwe uit Stellenbosch, na die finaal deurgedring. Hierdie ses kandidate het op Donderdag 12 November om die prysgeld van R250 000 meegeding en die wenner van die 2009-reeks is as Darren Rajbal aangekondig.

  1. (Webbladsy). sasgottalent.co.za. URL besoek op 2009-11-12.
  2. (Webbladsy). sasgottalent.co.za. URL besoek op 2009-11-12.
  3. (Webbladsy). sasgottalent.co.za. URL besoek op 2009-11-12.

SA's Got Talent
talent, suid, afrikaanse, talentwerklikheidsreeds, deel, britse, talent, franchise, reeks, oktober, 2009, aangevang, word, sabc2, uitgesaai, behels, kompetisie, grond, diverse, talent, gehou, word, sangers, dansers, komediante, verskeidenheidhandelinge, ander,. SA s Got Talent is n Suid Afrikaanse talentwerklikheidsreeds en deel van die Britse Got Talent franchise Die reeks wat op 1 Oktober 2009 aangevang het word op SABC2 uitgesaai en behels n kompetisie wat op grond van diverse talent gehou word Sangers dansers komediante verskeidenheidhandelinge en ander opvoerders kompeteer om die topprys van R250 000 Die program word deur aanbieders Rob van Vuuren en Anele Mdoda beide radiopersoonlikhede aangebied en die beoordelaars is radio en media veteraanpersoonlikheid Shado Twala Idols beoordelaar Randall Abrahams en Ian von Memerty van Strictly Come Dancing faam SA s Got Talent Genre Werklikheid Geskep deur Simon Cowell Aangebied deur Tats Nkonzo Beoordelaars Shado Twala 2009 DJ Fresh 2014 Lalla Hirayama 2014 Ian Von Memerty 2009 2013 Randall Abrahams 2009 10 Oorsprong Suid Afrika Aantal seisoene 5 Aantal episodes 5 Produksie Looptydperk 60 minute Verspreider SABC 2 Seisoene 1 en 2 e tv Seisoene 3 hede Uitsending Eerste lopie 1 Oktober 2009 hede Webskakels Amptelike webwerf Inhoud 1 Formaat 2 Opsomming 3 Seisoen 1 4 Verwysings 5 Eksterne skakelsFormaat WysigDie oudisies vind in verskillende stede en ten aanskoue van die drie beoordelaars plaas Op enige stip tydens n opvoering kan die beoordelaars hul afkeur laat blyk deur n gonsknop te druk wat n groot rooi X aan die voorkant van hul tafel laat verskyn Indien al die beoordelaars hul gonsknop gedruk het is dit neusie verby vir die betrokke optrede Om na die tweede ronde deur te dring moet kandidate ten minste twee ja stemme van die beoordelaars kry anders word hulle huis toe gestuur Na die oudisies sif die beoordelaars deur die ongeveer 200 kwalifiserende optredes waaruit die top 21 gekies word Al die deelnemers word teruggeroep om uit te vind of hulle na die halfeindronde deurgedring het Die oorblywende kandidate tree binne die bestek van n aantal regstreekse halfeindronde op met die twee gewildste kandidate uit elke halfeindronde wat hulle plek in die eindronde verseker Anders as in die Amerikaanse weergawe kan die beoordelaars selfs op hierdie punt waar dit die kykers tuis is wat per SMS vir hul gunsteling stem die kandidate midde in hulle optrede keer as al drie X e getoon word Hulle word telkens om hul mening oor elke optrede gevra Nadat al die kandidate vir die aand opgetree het word die telefoonstemlyn vir stemme oopgestel Nadat die stemme getel is dring die kandidaat met die meeste openbare stemme outomaties na die eindronde deur Die beoordelaars kies dan tussen die tweede en derde gewildste kandidate met die wenner uit daardie twee wat ook n plek in die eindronde kry Al die ander kandidate wat daardie aand opgetree het en nie deurgedring het nie word dan huis toe gestuur Opsomming WysigSeisoen 1 2009 Darren Rajbal Seisoen 2 2010 James Bhemgee Seisoen 3 2012 Botlhale Boikanyo Seisoen 4 2013 Johnny Apple Seisoen 5 2014 Tholwana Mohale Seisoen 6 2015 DJ Arch JNRSeisoen 1 WysigDie eerste deelnemers wat na die finale ronde in die eerste seisoen wat in 2009 uitgesaai is deurgedring het was negentienjarige beatboxer George Avakian uit Johannesburg en kitaarspeler Louwtjie Rothman n hoerskoolleerling uit Bellville 1 In die daaropvolgende semifinaaluitsending is Darren Rajbal n 19 jarige dowe hiphopdanser vanuit Durban en Cleo Filander n agtjarige sangeres na die finale ronde deurgestem 2 In die laaste semifinaal het Kalon Badenhorst n twaalfjarige hiphop moderne danser uit Johannesburg en sangerbroers Willem en Louis van der Merwe uit Stellenbosch na die finaal deurgedring 3 Hierdie ses kandidate het op Donderdag 12 November om die prysgeld van R250 000 meegeding en die wenner van die 2009 reeks is as Darren Rajbal aangekondig Verwysings Wysig First Two SA s Got Talent Contestants Into the Finale Webbladsy sasgottalent co za URL besoek op 2009 11 12 Hearing Impaired Dancer Makes It Through to SA s Got Talent Finale Webbladsy sasgottalent co za URL besoek op 2009 11 12 Six acts voted through to finals by the public Webbladsy sasgottalent co za URL besoek op 2009 11 12 Eksterne skakels WysigAmptelike webwerf Geargiveer 5 November 2009 op Wayback Machine en TVSA profiel en Ontsluit van https af wikipedia org w index php title SA 27s Got Talent amp ol,