fbpx
Wikipedia

Ryn

Die Ryn (Duits: Rhein, Frans: Rhin, Italiaans: Reno, Retoromaans: Rain, Nederlands: Rijn, Latyn: Rhenus) is 'n rivier in Europa met 'n lengte van 1 238,8 kilometer.

Rynrivier
Die Loreley in Rynland-Palts.
Die stroomgebied van die Ryn.
Oorsprong Voorryn en Agterryn (Sankt-Gotthard-Massiv (Switserland
Monding Ryn-delta, Nederland
Noordsee
Stroomgebied Switserland, Oostenryk, Liechtenstein, Duitsland, Frankryk, Nederland
Lengte 1 238,8 km[1] (766 myl)
Oorspronghoogte 2 345 m (7 694 voet)
Mondinghoogte 0 m
Gemiddelde afloop 2 000 m³/s (70 629 ft³/s)
Stroomgebiedopp. 185 300 km²[2] (65 637 myl²)
Kaart van die Ryn-bekken in Europa.

Die naam Ryn is van Keltiese oorsprong en beteken vloeiend. Tesame met die Donau het die Ryn die grootste gedeelte van die noordelike grens van die Romeinse Ryk gevorm. Die Romeine het die rivier Rhenus genoem. Sedert die antieke tydperk is die Ryn 'n besige waterweg.

Met jaarliks sowat 300 miljoen ton se vrag, wat hier vervoer word, is die Ryn die belangrikste waterweg in Europa. Tagtig persent van alle goedere, wat op Europese waterweë vervoer word, word op Rynskepe gelaai. As waterweg verbind die rivier groot nywerheidsgebiede langs sy oewer met mekaar en bly danksy 'n gesofistikeerde radarstelsel 365 dae per jaar bevaarbaar – selfs in digte mis.[3]

Die Ryn is daarnaas een van die hoofare van Europese kultuur wat die Alpegebied met die Noordsee verbind en oor 'n lang afstand die grenslyn tussen die oorspronklik Romeins-oorheerste gebiede van Suid- en Wes-Europa en streke onder Germaanse invloed vorm. So het die meeste stedelike nedersettings langs die Ryn aan sy linkeroewer ontstaan. Van hul beskeie begin as militêre kampe het hulle gegroei tot vroeg-Christelike biskopsetels en uiteindelik tot Middeleeuse handelspilpunte.[4]

Die loop van die rivier

Sy twee bronriviere, die Vorderrhein (Duits: "Voorryn") en Hinterrhein ("Agterryn"), ontspring in die Sankt-Gotthard-bergmassief (Kanton Graubünden) in die Switserse Alpe.

 
Die Middelrynvallei het in die 19de eeu 'n trekpleister vir kunstenaars, die sogenaamde Rynromantici, geword. Die landskap is tot Unesco-wêrelderfenis verklaar

Hierna vloei die rivier deur die Bodenmeer na die weste en vorm 'n rukkie die Duits-Switserse grens. Naby Schaffhausen is die Ryn-waterval en naby Basel draai dit na die noorde en kom uit in die vlakte van die Bo-Ryn, waar dit die Frans-Duitse grens vorm. Naby Bingen ontmoet die rivier die Duitse middelgebergte en vorm die pragtige Middelrynvallei. Ná Bonn bereik die Ryn vlakker gebied.

Die Ryn se monding is in Nederland waar die rivier in drie arms vertak, die noordelike Yssel -wat na die Ysselmeer stroom-, die eintlike Ryn en die groter suidelike Waal. Oorspronklik het die Ryn self naby Katwyk in die Noordsee uitgemond, maar vandag is dié Oude Rijn net 'n klein riviertjie, omrede dit in 1122 naby Wijk bij Duurstede afgesluit is. Die meeste water gaan nou deur die Lek en die Waal. Albei dié rivierarms vorm saam met die Maasrivier 'n uitgestrekte delta, die Ryn-Maas-delta, voordat hulle in die nabyheid van Rotterdam in die Noordsee uitmond. Die Waal en die Maas het tot 1904[5] saamgekom naby Woudrichem en het daar die Merwede of Merwe (Middelnederlands: Merowe) gevorm, wat bekend is van die Afrikaanse van Van der Merwe, maar waarskynlik ook van die Merovinge.

Regterkantse syriviere van die Ryn

  • uit die Swartwoud (Schwarzwald) (van die bron na die noorde):
    • Wutach
    • Wiese
    • Dreisam
    • Elz
    • Kinzig
    • Rench
    • Murg
    • Alb
  • Neckar
  • Main
  • Murg
  • Lahn
  • Wied
  • Sieg
  • Wupper
  • Düssel
  • Ruhr
  • Emscher
  • Lippe

Linkerkantse syriviere van die Ryn

  • Thur
    • Murg
    • Necker
    • Sitter
  • Töss
  • Glatt
  • Aare
  • Birs
  • Ill
  • Nahe
  • Moesel
  • Nette
  • Ahr
  • Erft

Stede langs die Ryn

(L vir stede wat links geleë is, R vir stede wat regs geleë is. Links staan ewe aan "wes" en regs staan ewe aan "oos".)

  • Ilanz
  • Chur
  • Kreuzlingen (L)
  • Konstanz (R)
  • Stein am Rhein
  • Schaffhausen (R)
  • Rheinau
  • Eglisau
  • Kaiserstuhl (Aargau) (L)
  • Waldshut (R)
  • Laufenburg (Baden) (R)
  • Laufenburg (Schweiz) (L)
  • Bad Säckingen (R)
  • Rheinfelden (Baden) (R)
  • Rheinfelden (Schweiz) (L)
  • Basel (L)
  • Kleinbasel (R)
  • Mülhausen (L)
  • Breisach am Rhein (R)
  • Straatsburg (L)
  • Kehl (R)
  • Karlsruhe (R)
  • Wörth am Rhein (L)
  • Germersheim (L)
  • Speyer (L)
  • Ludwigshafen (L)
  • Mannheim (R)
  • Gernsheim (R)
  • Mainz (L)
  • Wiesbaden (R)
  • Rüdesheim am Rhein (R)
  • Bingen (L)
  • Sankt Goarshausen (R)
  • Sankt Goar (L)
  • Boppard (L)
  • Lahnstein (R)
  • Koblenz (L,R)
  • Bendorf (R)
  • Neuwied (R)
  • Weißenthurm (L)
  • Andernach (L)
  • Bad Hönningen (R)
  • Bad Breisig (L)
  • Sinzig (L)
  • Linz am Rhein (R)
  • Remagen (L)
  • Unkel (R)
  • Bad Honnef (R)
  • Bonn (L,R)
  • Königswinter (R)
  • Niederkassel (R)
  • Wesseling (L)
  • Keulen (L,R)
  • Dormagen (L)
  • Monheim am Rhein (R)
  • Düsseldorf (R,L)
  • Neuss, (L)
  • Krefeld-Uerdingen (L)
  • Duisburg (R,L)
  • Rheinberg (L)
  • Wesel (R,L)
  • Xanten (L)
  • Rees (R)
  • Emmerik aan die Ryn (R)
  • Lobith (R)
  • Arnhem (R)
  • Wijk bij Duurstede (R)

In 1122 is die Ryn naby Wijk bij Duurstede afgesluit en sy water het sedert dié tyd deur die Lek sy pad na die see gevind. Aan die Oude Rijn is nog geleë:

Verwysings

  1. (de) Beiträge zur Rheinkunde, Rhein-Museum Koblenz, Heft 62/2012, bl. 49 Amtliche Rheinlänge nach Angabe der Kommission für die Hydrologie des Rheins
  2. (de) Bundesministerium für Umwelt, Naturschutz und Reaktorsicherheit: Hydrologischer Atlas von Deutschland, Auszug Kap. 3.2 (PDF; 3.4 MB), besoek op 9 September 2013
  3. www.bpb.de: Der Rhein – der Handelsstrom
  4. Barbara Borngässer, Achim Bednorz (fotograaf), Rolf Toman: Kirchen, Klöster, Kathedralen. Eine Reise zu den bedeutendsten Meisterwerken. Potsdam: h.f. ullmann publishing 2015, bl. 11
  5. In 1904 is die Maas naby Woudrichem afgesluit en het 'n ander loop gekry, die Bergse Maas.

Eksterne skakels

  • (de) Internationale Kommission zum Schutz des Rheins (IKSR)
  • (de) Internationale Kommission für die Hydrologie des Rheingebietes (KHR)
  • (de) SWR Wissen: Geomorphologie – Der Rhein

Ryn
duits, rhein, frans, rhin, italiaans, reno, retoromaans, rain, nederlands, rijn, latyn, rhenus, rivier, europa, lengte, kilometer, rivierdie, loreley, land, palts, stroomgebied, oorsprong, voorryn, agterryn, sankt, gotthard, massiv, switserlandmonding, delta, . Die Ryn Duits Rhein Frans Rhin Italiaans Reno Retoromaans Rain Nederlands Rijn Latyn Rhenus is n rivier in Europa met n lengte van 1 238 8 kilometer RynrivierDie Loreley in Rynland Palts Die stroomgebied van die Ryn Oorsprong Voorryn en Agterryn Sankt Gotthard Massiv SwitserlandMonding Ryn delta NederlandNoordseeStroomgebied Switserland Oostenryk Liechtenstein Duitsland Frankryk NederlandLengte 1 238 8 km 1 766 myl Oorspronghoogte 2 345 m 7 694 voet Mondinghoogte 0 mGemiddelde afloop 2 000 m s 70 629 ft s Stroomgebiedopp 185 300 km 2 65 637 myl Kaart van die Ryn bekken in Europa Die naam Ryn is van Keltiese oorsprong en beteken vloeiend Tesame met die Donau het die Ryn die grootste gedeelte van die noordelike grens van die Romeinse Ryk gevorm Die Romeine het die rivier Rhenus genoem Sedert die antieke tydperk is die Ryn n besige waterweg Met jaarliks sowat 300 miljoen ton se vrag wat hier vervoer word is die Ryn die belangrikste waterweg in Europa Tagtig persent van alle goedere wat op Europese waterwee vervoer word word op Rynskepe gelaai As waterweg verbind die rivier groot nywerheidsgebiede langs sy oewer met mekaar en bly danksy n gesofistikeerde radarstelsel 365 dae per jaar bevaarbaar selfs in digte mis 3 Die Ryn is daarnaas een van die hoofare van Europese kultuur wat die Alpegebied met die Noordsee verbind en oor n lang afstand die grenslyn tussen die oorspronklik Romeins oorheerste gebiede van Suid en Wes Europa en streke onder Germaanse invloed vorm So het die meeste stedelike nedersettings langs die Ryn aan sy linkeroewer ontstaan Van hul beskeie begin as militere kampe het hulle gegroei tot vroeg Christelike biskopsetels en uiteindelik tot Middeleeuse handelspilpunte 4 Inhoud 1 Die loop van die rivier 2 Regterkantse syriviere van die Ryn 3 Linkerkantse syriviere van die Ryn 4 Stede langs die Ryn 5 Verwysings 6 Eksterne skakelsDie loop van die rivier WysigSy twee bronriviere die Vorderrhein Duits Voorryn en Hinterrhein Agterryn ontspring in die Sankt Gotthard bergmassief Kanton Graubunden in die Switserse Alpe Die Middelrynvallei het in die 19de eeu n trekpleister vir kunstenaars die sogenaamde Rynromantici geword Die landskap is tot Unesco werelderfenis verklaar Hierna vloei die rivier deur die Bodenmeer na die weste en vorm n rukkie die Duits Switserse grens Naby Schaffhausen is die Ryn waterval en naby Basel draai dit na die noorde en kom uit in die vlakte van die Bo Ryn waar dit die Frans Duitse grens vorm Naby Bingen ontmoet die rivier die Duitse middelgebergte en vorm die pragtige Middelrynvallei Na Bonn bereik die Ryn vlakker gebied Die Ryn se monding is in Nederland waar die rivier in drie arms vertak die noordelike Yssel wat na die Ysselmeer stroom die eintlike Ryn en die groter suidelike Waal Oorspronklik het die Ryn self naby Katwyk in die Noordsee uitgemond maar vandag is die Oude Rijn net n klein riviertjie omrede dit in 1122 naby Wijk bij Duurstede afgesluit is Die meeste water gaan nou deur die Lek en die Waal Albei die rivierarms vorm saam met die Maasrivier n uitgestrekte delta die Ryn Maas delta voordat hulle in die nabyheid van Rotterdam in die Noordsee uitmond Die Waal en die Maas het tot 1904 5 saamgekom naby Woudrichem en het daar die Merwede of Merwe Middelnederlands Merowe gevorm wat bekend is van die Afrikaanse van Van der Merwe maar waarskynlik ook van die Merovinge Regterkantse syriviere van die Ryn Wysiguit die Swartwoud Schwarzwald van die bron na die noorde Wutach Wiese Dreisam Elz Kinzig Rench Murg Alb Neckar Main Murg Lahn Wied Sieg Wupper Dussel Ruhr Emscher LippeLinkerkantse syriviere van die Ryn WysigThur Murg Necker Sitter Toss Glatt Aare Birs Ill Nahe Moesel Nette Ahr ErftStede langs die Ryn Wysig L vir stede wat links gelee is R vir stede wat regs gelee is Links staan ewe aan wes en regs staan ewe aan oos Ilanz Chur Kreuzlingen L Konstanz R Stein am Rhein Schaffhausen R Rheinau Eglisau Kaiserstuhl Aargau L Waldshut R Laufenburg Baden R Laufenburg Schweiz L Bad Sackingen R Rheinfelden Baden R Rheinfelden Schweiz L Basel L Kleinbasel R Mulhausen L Breisach am Rhein R Straatsburg L Kehl R Karlsruhe R Worth am Rhein L Germersheim L Speyer L Ludwigshafen L Mannheim R Gernsheim R Mainz L Wiesbaden R Rudesheim am Rhein R Bingen L Sankt Goarshausen R Sankt Goar L Boppard L Lahnstein R Koblenz L R Bendorf R Neuwied R Weissenthurm L Andernach L Bad Honningen R Bad Breisig L Sinzig L Linz am Rhein R Remagen L Unkel R Bad Honnef R Bonn L R Konigswinter R Niederkassel R Wesseling L Keulen L R Dormagen L Monheim am Rhein R Dusseldorf R L Neuss L Krefeld Uerdingen L Duisburg R L Rheinberg L Wesel R L Xanten L Rees R Emmerik aan die Ryn R Lobith R Arnhem R Wijk bij Duurstede R In 1122 is die Ryn naby Wijk bij Duurstede afgesluit en sy water het sedert die tyd deur die Lek sy pad na die see gevind Aan die Oude Rijn is nog gelee Utrecht Alphen aan de Rijn Leiden KatwijkVerwysings Wysig de Beitrage zur Rheinkunde Rhein Museum Koblenz Heft 62 2012 bl 49 Amtliche Rheinlange nach Angabe der Kommission fur die Hydrologie des Rheins de Bundesministerium fur Umwelt Naturschutz und Reaktorsicherheit Hydrologischer Atlas von Deutschland Auszug Kap 3 2 PDF 3 4 MB besoek op 9 September 2013 www bpb de Der Rhein der Handelsstrom Barbara Borngasser Achim Bednorz fotograaf Rolf Toman Kirchen Kloster Kathedralen Eine Reise zu den bedeutendsten Meisterwerken Potsdam h f ullmann publishing 2015 bl 11 In 1904 is die Maas naby Woudrichem afgesluit en het n ander loop gekry die Bergse Maas Eksterne skakels WysigWikimedia Commons bevat media in verband met Ryn de Internationale Kommission zum Schutz des Rheins IKSR de Internationale Kommission fur die Hydrologie des Rheingebietes KHR de SWR Wissen Geomorphologie Der RheinOntsluit van https af wikipedia org w index php title Ryn amp oldid 1974599,