×
Rwanda

Rwanda (Engels: [ruːˈɑːndə] of [ruːˈændə],(hulp·inligting); Kinyarwanda: U Rwanda, [u.ɾɡwa:.nda],(hulp·inligting)), amptelik die Republiek Rwanda (Engels: Republic of Rwanda, Frans: République du Rwanda, Kinyarwanda: Repubulika y'u Rwanda, Swahili: Jamhuri ya Rwanda), is 'n landingeslote land in Sentraal- en Oos-Afrika net suid van die ewenaar. Dit is die mees digbevolkte land in Afrika. Nes sy buurstaat Burundi is dit 'n voormalige deelgebied van Duits-Oos-Afrika, wat later as mandaatgebied van die Verenigde Nasies 'n Belgiese administrasie kry. Albei lande word deur etniese konflikte tussen die Tutsi-minderheid en die meerderheid van die Hutu geteister. Die Twa vorm die derde etniese groep in daardie lande. Rwanda word in 1962 onafhanklik van België. Tussen 500 000 en ’n miljoen mense het in etniese slagtings omgekom, veral gedurende die Rwandese volksmoord van 1994. Dit is ’n lidland van die Afrika-unie en die Britse Statebond.

Republiek Rwanda
  • République du Rwanda(Frans)
Vlag Seël
Nasionale leuse:
Ubumwe, Umurimo, Gukunda Igihugu
(Kinyarwanda vir: "Eenheid, Arbeid, Patriotisme")
Volkslied: Rwanda Nziza
(Kinyarwanda vir: "Pragtige Rwanda")
Hoofstad Kigali

1°57′S30°4′O /1.950°S 30.067°O /-1.950; 30.067

Grootste stad Kigali
Amptelike tale Engels, Frans, Kinyarwanda en Swahili
Regering Unitêre semi-presidensiële
grondwetlike republiek
Paul Kagame
Édouard Ngirente
Onafhanklikheid
• Koninkryk Rwanda
• Rwanda-Burundi
• van België
• Republiek
• Huidige grondwet

11de eeu
1945–1962
1 Julie 1962
1 Julie 1966
26 Mei 2003
Oppervlakte
- Totaal

- Water (%)

26 338 km2 (144ste)
10 169 myl2
5,3
Bevolking
- 2015-skatting
- 2012-sensus
- Digtheid

11 262 564 (76ste)
10 515 973
445 / km2 (29ste)
1 152,5 / myl2
BBP (KKP)
- Totaal
- Per capita
2019-skatting

$29,801 miljard
$2 397

BBP (nominaal)
- Totaal
- Per capita
2019-skatting

$10,532 miljard
$847

MOI (2017) 0,524 (158ste) –laag
Gini (2013) 45,1laag
Geldeenheid Frank (RWF)
Tydsone
- Somertyd
SAT (UTC+2)
nie toegepas nie (UTC+2)
Internet-TLD .rw
Skakelkode +250
Nasa-Satellietbeeld van Rwanda

Rwanda grens aan Uganda, Tanzanië, Burundi en die Demokratiese Republiek van die Kongo. Rwanda is in die Groot Mere van Afrika-streek en lê baie hoog; sy geografie word oorheers deur berge in die weste en savanne aan die oostekant, met talle mere regdeur die land. Die klimaat is matig tot subtropies, met twee reënseisoene en twee droë seisoene per jaar. Rwanda beslaan 'n oppervlakte van 26 338 km² en het 'n bevolking van 11 262 564 in 2015 gehad. Die hoofstad en grootste stad is Kigali.

Inhoud

Kaart van Rwanda
Die Rwandese president Paul Kagame
'n Rekonstruksie van die Rwandese koning se paleis by Nyanza

Die bevolking is jonk en oorheersend landelik, met een van die digsbevolkte lande in Afrika. Rwandese kom uit net een kulturele- en taalgroep, die Banyarwanda, hoewel daar binne hierdie groep drie subgroepe is: die Hutu, Tutsi en Twa. Die Twa is die woudbewoners, die pigmee, wat Rwanda se oudste afstammelinge is. Navorsers verskil oor die oorsprong en verskille tussen die Hutu en Tutsi; sommiges glo dat die verskille sy oorsprong het uit die sosiale kastestelsel binne 'n enkele stam, terwyl ander weer glo dat die Hutu en Tutsi afsonderlik, en vanuit verskillende gebiede, in die land aangekom het. Christendom is die grootste geloof in die land en die vernaamste spreektaal is Kinyarwanda, wat deur die meeste Rwandese gepraat word, met Engels en Frans as ampstale. Die president is Paul Kagame van die Rwandese Patriotiese Front (RPF), wat sedert 2000 die land regeer. Korrupsie is min in Rwanda, in vergelyking met sy buurlande, maar menseregteorganisasies reken dat opposisiepartye en vryheid van spraak onderdruk word. Die land is sedert die voor-koloniale tydperk deur 'n opdraggewende administratiewe hiërargie regeer. Rwanda is net een van twee lande ter wêreld waar vroue die meerderheid in die parlement het.

Jagter-versamelaars het hul eerste gedurende die steen- en ystertydperke in die gebied gevestig met die Bantoevolke wat hulle gevolg het. Die bevolking is eers in familiegroepe saamgesnoer en later is 'n koninkryk gevorm. Die Koninkryk van Rwanda is sedert die middel-18de eeu deur 'n Tutsi-koning oorheers wat die ander militêr oorwin, die mag gesentraliseer, en later anti-Hutu beleide toegepas het. Die Duitse koloniale ryk het in 1884 vir Rwanda gekoloniseer as deel van Duits-Oos-Afrika, gevolg deur die Belgiese koloniale ryk wat die land in 1916 gedurende die Eerste Wêreldoorlog beset het. Beide Europese moondhede het deur die konings regeer en 'n pro-Tutsi beleid gevolg. Die Hutu-bevolking het in 1959 in opstand gekom. Hulle het talle Tutsis uitgemoor en uiteindelik daarin geslaag om in 1962 'n onafhanklike Hutu-beheerde staat te stig. In 1990 begin die Rwandese Patriotiese Front onder leiding van die Tutsi 'n burgeroorlog in die land. Vier jaar later slaan Hutu-ekstremiste terug met die 1994 volksmoord toe tussen 500 000 tot 1,3 miljoen Hutus en gematigde Tutsis voor die voet uitgemoor is. Die RPF het die volksmoord met 'n militêre oorwinning tot 'n einde gebring.

Rwanda se ekonomie het swaar gely met die 1994 Rwandese Volksmoord, maar kon sedertdien daarin slaag om te herstel. Die ekonomie bestaan hoofsaaklik uit bestaansboerdery. Koffie en tee is die vernaamste kontantopbrengste vir die uitvoermark. Toerisme is vinnig besig om toe te neem en die land se vinnigste groeiende mark vir buitelandse valuta. Die land is ook net een van twee lande waar toeriste veilig is om die gorillas in die misberge te kan gaan besigtig. Musiek en dans is 'n integrale deel van die Rwandese kultuur, in besonder die gebruik van tromme en die goed uitgewerkte intore-dans. Tradisionele kuns- en handwerk word oral in die land bedryf. In Februarie 2017 het Swahili Rwanda se vierde amptelike taal geword, saam met Engels, Frans en Kinyarwanda.

Die moderne menslike nedersettings van die hedendaagse Rwanda dateer terug, in sy vroegste tye, na die laaste glasiale tyd, in die Neolitikum-periode van omstreeks 8000 v.C., of uit die periode hierna van omstreeks 3000 v.C. Argeologiese uitgrawings het op bewyse afgekom van yl nedersettings van jagter-versamelaars in die laat steentydperk, gevolg deur 'n groter bevolking in die vroeë ystertydperk, wat potte en ysterware gemaak het. Hierdie eerste bewoners was die voorsate van die Twa, die pigmee jagter-versamelaars wat nog vandag in Rwanda is. Tussen 700 v.C. en 1500 n.C. het 'n aantal van die Bantoevolke na Rwanda migreer en die woud skoongemaak vir landbouverbouing. Die woudwonende Twa het die meeste van hul habitat verloor en na die berghange uitgewyk. Historici het verskeie teorieë oor die aard van die Bantoe se migrasie. Een hiervan is dat die eerste setlaars die Hutu was, terwyl die Tutsi later gekom en 'n kenmerkende rasgroep, moontlik van Koesjitiese-oorsprong, in Rwanda geskep het. 'n Alternatiewe teorie is dat die migrasie stadig en stelselmatig was, met die inkomende groepe wat eerder by die bestaande groepe ingeskakel het, as om hulle te oorwin. Ingevolge dié teorie het die Hutu- en Tutsi-kenmerke later ontwikkel en was dit eerder 'n klasseverskil as 'n rasverskil.

Rwandese Volksmoord

Skedels in die monument van Nyamata by die Rwandese hoofstad Kigali
Juvénal Habyarimana, president vanaf 1973 tot 1994. Die afskiet van sy vliegtuig het in 1994 tot die Rwandese volksmoord gelei

Sedert 1959 het daar geweldige etniese konflik tussen die Hutu en die Tutsi ontstaan as gevolg van politieke verskille. Dit het in 1994 'n hoogtepunt bereik toe bykans een miljoen mense in Rwanda hul lewens verloor het. Die een groep het die ander nie lewensruimte in Rwanda gegun nie en 'n bittere haat het tussen die twee faksies ontstaan. Wedersydse moorde het plaasgevind. Die konflik is in die meeste gevalle nie met bomme en gewere besleg nie, maar met pangas. Mans, vroue en kinders is voor die voet doodgekap. Een van die ergste gevalle van massamoord was toe honderde mense met pangas tereggestel is en die lyke in 'n kerk gelaat is om as afskrikmiddel te dien.

Teeveldwerkers in Rwanda

Oeste uit bestaansboerdery in die land sluit matoke (groen piesangs) in wat meer as 'n derde van Rwanda se landbougrond beslaan, asook aartappels, bone, patats, kassawe, koring en mielies. Koffie en tee is die vernaamste kontantgewasse vir die uitvoermark. Die hoogte bo seespieël, steil hoogtes en vulkaniese grond skep uitstekende toestande vir koffie- en teeverbouing. Rwanda se bestaan uit die uitvoer van landbouprodukte maak die land baie kwesbaar vir die wisselende internasionale pryse van landbouprodukte. Diere wat in die land voorkom is beeste, bokke, skape, varke, hoenders en konyne wat wissel in getalle soos die landelike omgewing afwissel. Die produseringsproses is hoofsaaklik tradisioneel van aard, hoewel daar 'n hele paar intensiewe suiwelplase rondom Kigali is. 'n Tekort aan landbougrond en water, onvoldoende en swak gehalte van voer vir die diere en knaende epidemies en swak veeartsenydienste striem die suiwelbedryf baie erg. Daar word op die mere gehengel, maar die vis is baie uitgedun en daar word deesdae lewendige vis ingevoer om die visbedryf weer aan die gang te kry.

  1. National Census Service (Februarie 2003). (PDF) (in Engels). (PDF) vanaf die oorspronklike op 16 April 2014. Besoek op4 Augustus 2014.
  2. (en) . Internasionale Monetêre Fonds. Besoek op18 Februarie 2019.
  3. (PDF) (in Engels). United Nations Development Programme. 2018. (PDF) vanaf die oorspronklike op 15 Mei 2020. Besoek op18 Februarie 2019.
  4. (in Engels). Wêreldbank. vanaf die oorspronklike op 12 Mei 2019. Besoek op18 Februarie 2019.
  5. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
  6. (in Engels). The New Times. 9 Februarie 2017. vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op28 Januarie 2018.
  7. (in Engels). Africa News. 10 Februarie 2017. vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op28 Januarie 2018.
  8. Chrétien 2003, p. 44.
  9. Dorsey 1994, p. 36.
  10. Chrétien 2003, p. 45.
  11. Mamdani 2002, p. 61.
  12. Chrétien 2003, p. 58.
  13. King 2007, p. 75.
  14. Prunier 1995, p. 16.
  15. Mamdani 2002, p. 58.
  16. Chrétien 2003, p. 69.
  17. Shyaka, pp. 10–11.
  18. Our Africa.
  19. WTO 2004.
  20. MINAGRI 2006.
  21. Namata 2008.
  • (en) (amptelike webwerf)
Algemeen
  • (en)
  • (en) van die BBC News
Toerisme
  • (en) Toerisme-inligting oor Rwanda op Wikivoyage
  • (en) (amptelike webwerf van Rwanda se Toerismeraad)

Publikasie datum: Augustus 27, 2021

rwanda, engels, ruːˈɑːndə, ruːˈændə, luister, hulp, inligting, kinyarwanda, ɾɡwa, luister, hulp, inligting, amptelik, republiek, engels, republic, frans, république, kinyarwanda, repubulika, swahili, jamhuri, landingeslote, land, sentraal, afrika, suid, ewenaa. Rwanda Engels ruːˈɑːnde of ruːˈaende luister hulp inligting Kinyarwanda U Rwanda u ɾɡwa nda luister hulp inligting amptelik die Republiek Rwanda Engels Republic of Rwanda Frans Republique du Rwanda Kinyarwanda Repubulika y u Rwanda Swahili Jamhuri ya Rwanda is n landingeslote land in Sentraal en Oos Afrika net suid van die ewenaar Dit is die mees digbevolkte land in Afrika Nes sy buurstaat Burundi is dit n voormalige deelgebied van Duits Oos Afrika wat later as mandaatgebied van die Verenigde Nasies n Belgiese administrasie kry Albei lande word deur etniese konflikte tussen die Tutsi minderheid en die meerderheid van die Hutu geteister Die Twa vorm die derde etniese groep in daardie lande Rwanda word in 1962 onafhanklik van Belgie Tussen 500 000 en n miljoen mense het in etniese slagtings omgekom veral gedurende die Rwandese volksmoord van 1994 Dit is n lidland van die Afrika unie en die Britse Statebond 5 Republiek Rwanda Republic of Rwanda Engels Republique du Rwanda Frans Repubulika y u Rwanda Kinyarwanda Jamhuri ya Rwanda Swahili Vlag SeelNasionale leuse Ubumwe Umurimo Gukunda Igihugu Kinyarwanda vir Eenheid Arbeid Patriotisme Volkslied Rwanda Nziza Kinyarwanda vir Pragtige Rwanda source source Hoofstad Kigali 1 57 S 30 4 O 1 950 S 30 067 O 1 950 30 067Grootste stad KigaliAmptelike tale Engels Frans Kinyarwanda en SwahiliRegering President Eerste minister Unitere semi presidensiele grondwetlike republiek Paul Kagame Edouard NgirenteOnafhanklikheid Koninkryk Rwanda Rwanda Burundi van Belgie Republiek Huidige grondwet 11de eeu 1945 1962 1 Julie 1962 1 Julie 1966 26 Mei 2003Oppervlakte Totaal Water 26 338 km2 144ste 10 169 myl2 5 3Bevolking 2015 skatting 2012 sensus Digtheid 11 262 564 76ste 10 515 973 1 445 km2 29ste 1 152 5 myl2BBP KKP Totaal Per capita 2019 skatting 29 801 miljard 2 2 397 2 BBP nominaal Totaal Per capita 2019 skatting 10 532 miljard 2 847 2 MOI 2017 0 524 3 158ste laagGini 2013 45 1 4 laagGeldeenheid Frank a href ISO 4217 html title ISO 4217 RWF a Tydsone Somertyd SAT UTC 2 nie toegepas nie UTC 2 Internet TLD rwSkakelkode 250 Nasa Satellietbeeld van Rwanda Rwanda grens aan Uganda Tanzanie Burundi en die Demokratiese Republiek van die Kongo Rwanda is in die Groot Mere van Afrika streek en le baie hoog sy geografie word oorheers deur berge in die weste en savanne aan die oostekant met talle mere regdeur die land Die klimaat is matig tot subtropies met twee reenseisoene en twee droe seisoene per jaar Rwanda beslaan n oppervlakte van 26 338 km en het n bevolking van 11 262 564 in 2015 gehad Die hoofstad en grootste stad is Kigali Inhoud 1 Bevolkingsamestelling 2 Geskiedenis 2 1 Rwandese Volksmoord 3 Ekonomie 4 Verwysings 5 Eksterne skakelsBevolkingsamestelling Wysig Kaart van Rwanda Die Rwandese president Paul Kagame n Rekonstruksie van die Rwandese koning se paleis by Nyanza Die bevolking is jonk en oorheersend landelik met een van die digsbevolkte lande in Afrika Rwandese kom uit net een kulturele en taalgroep die Banyarwanda hoewel daar binne hierdie groep drie subgroepe is die Hutu Tutsi en Twa Die Twa is die woudbewoners die pigmee wat Rwanda se oudste afstammelinge is Navorsers verskil oor die oorsprong en verskille tussen die Hutu en Tutsi sommiges glo dat die verskille sy oorsprong het uit die sosiale kastestelsel binne n enkele stam terwyl ander weer glo dat die Hutu en Tutsi afsonderlik en vanuit verskillende gebiede in die land aangekom het Christendom is die grootste geloof in die land en die vernaamste spreektaal is Kinyarwanda wat deur die meeste Rwandese gepraat word met Engels en Frans as ampstale Die president is Paul Kagame van die Rwandese Patriotiese Front RPF wat sedert 2000 die land regeer Korrupsie is min in Rwanda in vergelyking met sy buurlande maar menseregteorganisasies reken dat opposisiepartye en vryheid van spraak onderdruk word Die land is sedert die voor koloniale tydperk deur n opdraggewende administratiewe hierargie regeer Rwanda is net een van twee lande ter wereld waar vroue die meerderheid in die parlement het Geskiedenis WysigJagter versamelaars het hul eerste gedurende die steen en ystertydperke in die gebied gevestig met die Bantoevolke wat hulle gevolg het Die bevolking is eers in familiegroepe saamgesnoer en later is n koninkryk gevorm Die Koninkryk van Rwanda is sedert die middel 18de eeu deur n Tutsi koning oorheers wat die ander militer oorwin die mag gesentraliseer en later anti Hutu beleide toegepas het Die Duitse koloniale ryk het in 1884 vir Rwanda gekoloniseer as deel van Duits Oos Afrika gevolg deur die Belgiese koloniale ryk wat die land in 1916 gedurende die Eerste Wereldoorlog beset het Beide Europese moondhede het deur die konings regeer en n pro Tutsi beleid gevolg Die Hutu bevolking het in 1959 in opstand gekom Hulle het talle Tutsis uitgemoor en uiteindelik daarin geslaag om in 1962 n onafhanklike Hutu beheerde staat te stig In 1990 begin die Rwandese Patriotiese Front onder leiding van die Tutsi n burgeroorlog in die land Vier jaar later slaan Hutu ekstremiste terug met die 1994 volksmoord toe tussen 500 000 tot 1 3 miljoen Hutus en gematigde Tutsis voor die voet uitgemoor is Die RPF het die volksmoord met n militere oorwinning tot n einde gebring Rwanda se ekonomie het swaar gely met die 1994 Rwandese Volksmoord maar kon sedertdien daarin slaag om te herstel Die ekonomie bestaan hoofsaaklik uit bestaansboerdery Koffie en tee is die vernaamste kontantopbrengste vir die uitvoermark Toerisme is vinnig besig om toe te neem en die land se vinnigste groeiende mark vir buitelandse valuta Die land is ook net een van twee lande waar toeriste veilig is om die gorillas in die misberge te kan gaan besigtig Musiek en dans is n integrale deel van die Rwandese kultuur in besonder die gebruik van tromme en die goed uitgewerkte intore dans Tradisionele kuns en handwerk word oral in die land bedryf In Februarie 2017 het Swahili Rwanda se vierde amptelike taal geword saam met Engels Frans en Kinyarwanda 6 7 Die moderne menslike nedersettings van die hedendaagse Rwanda dateer terug in sy vroegste tye na die laaste glasiale tyd in die Neolitikum periode van omstreeks 8000 v C of uit die periode hierna van omstreeks 3000 v C 8 Argeologiese uitgrawings het op bewyse afgekom van yl nedersettings van jagter versamelaars in die laat steentydperk gevolg deur n groter bevolking in die vroee ystertydperk wat potte en ysterware gemaak het 9 10 Hierdie eerste bewoners was die voorsate van die Twa die pigmee jagter versamelaars wat nog vandag in Rwanda is 11 Tussen 700 v C en 1500 n C het n aantal van die Bantoevolke na Rwanda migreer en die woud skoongemaak vir landbouverbouing 11 12 Die woudwonende Twa het die meeste van hul habitat verloor en na die berghange uitgewyk 13 Historici het verskeie teoriee oor die aard van die Bantoe se migrasie Een hiervan is dat die eerste setlaars die Hutu was terwyl die Tutsi later gekom en n kenmerkende rasgroep moontlik van Koesjitiese oorsprong in Rwanda geskep het 14 n Alternatiewe teorie is dat die migrasie stadig en stelselmatig was met die inkomende groepe wat eerder by die bestaande groepe ingeskakel het as om hulle te oorwin 11 15 Ingevolge die teorie het die Hutu en Tutsi kenmerke later ontwikkel en was dit eerder n klasseverskil as n rasverskil 16 17 Rwandese Volksmoord Wysig Skedels in die monument van Nyamata by die Rwandese hoofstad Kigali Juvenal Habyarimana president vanaf 1973 tot 1994 Die afskiet van sy vliegtuig het in 1994 tot die Rwandese volksmoord gelei Sedert 1959 het daar geweldige etniese konflik tussen die Hutu en die Tutsi ontstaan as gevolg van politieke verskille Dit het in 1994 n hoogtepunt bereik toe bykans een miljoen mense in Rwanda hul lewens verloor het Die een groep het die ander nie lewensruimte in Rwanda gegun nie en n bittere haat het tussen die twee faksies ontstaan Wedersydse moorde het plaasgevind Die konflik is in die meeste gevalle nie met bomme en gewere besleg nie maar met pangas Mans vroue en kinders is voor die voet doodgekap Een van die ergste gevalle van massamoord was toe honderde mense met pangas tereggestel is en die lyke in n kerk gelaat is om as afskrikmiddel te dien Ekonomie Wysig Teeveldwerkers in Rwanda Oeste uit bestaansboerdery in die land sluit matoke groen piesangs in wat meer as n derde van Rwanda se landbougrond beslaan asook aartappels bone patats kassawe koring en mielies 18 Koffie en tee is die vernaamste kontantgewasse vir die uitvoermark Die hoogte bo seespieel steil hoogtes en vulkaniese grond skep uitstekende toestande vir koffie en teeverbouing Rwanda se bestaan uit die uitvoer van landbouprodukte maak die land baie kwesbaar vir die wisselende internasionale pryse van landbouprodukte 19 Diere wat in die land voorkom is beeste bokke skape varke hoenders en konyne wat wissel in getalle soos die landelike omgewing afwissel 20 Die produseringsproses is hoofsaaklik tradisioneel van aard hoewel daar n hele paar intensiewe suiwelplase rondom Kigali is 20 n Tekort aan landbougrond en water onvoldoende en swak gehalte van voer vir die diere en knaende epidemies en swak veeartsenydienste striem die suiwelbedryf baie erg Daar word op die mere gehengel maar die vis is baie uitgedun en daar word deesdae lewendige vis ingevoer om die visbedryf weer aan die gang te kry 21 Verwysings Wysig National Census Service Februarie 2003 The General Census of Population and Housing Rwanda PDF in Engels Geargiveer PDF vanaf die oorspronklike op 16 April 2014 Besoek op 4 Augustus 2014 2 0 2 1 2 2 2 3 en Burundi Internasionale Monetere Fonds Besoek op 18 Februarie 2019 2018 Human Development Report PDF in Engels United Nations Development Programme 2018 Geargiveer PDF vanaf die oorspronklike op 15 Mei 2020 Besoek op 18 Februarie 2019 Rwanda in Engels Wereldbank Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Mei 2019 Besoek op 18 Februarie 2019 HAT Taal en feitegids Pearson Desember 2013 ISBN 978 1 77578 243 8 MPs approve law making Swahili official language in Engels The New Times 9 Februarie 2017 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019 Besoek op 28 Januarie 2018 Rwanda moves to make Swahili its fourth official language in Engels Africa News 10 Februarie 2017 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019 Besoek op 28 Januarie 2018 Chretien 2003 p 44 Dorsey 1994 p 36 Chretien 2003 p 45 11 0 11 1 11 2 Mamdani 2002 p 61 Chretien 2003 p 58 King 2007 p 75 Prunier 1995 p 16 Mamdani 2002 p 58 Chretien 2003 p 69 Shyaka pp 10 11 Our Africa WTO 2004 20 0 20 1 MINAGRI 2006 Namata 2008 Eksterne skakels WysigWikimedia Commons bevat media in verband met Rwanda en The Republic of Rwanda amptelike webwerf Algemeen en Rwanda en Rwanda profiel van die BBC NewsToerisme en Toerisme inligting oor Rwanda op Wikivoyage en Rwanda Tourism amptelike webwerf van Rwanda se Toerismeraad Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Rwanda amp ol,