×
Russiese nasionale rugbyspan

Die Russiese nasionale rugbyspan verteenwoordig Rusland in internasionale rugby en staan ook bekend as Медведи (Russies vir: "bere"). Rugby word in Rusland deur die Russiese Rugbyunie geadministreer. Die Russiese rugbyspan is tans (18 Desember 2019) 20ste op Wêreldrugby se wêreldranglys gelys.

Rusland
Unie Союз регбистов России
Russiese Rugbyunie
Bynaam(e) Bere (Медведи)
Embleem Russiese beer
Stadion Sentrale Stadion, Sotsji
Kapasiteit 10 200
Afrigter(s) Lyn Jones
Kaptein(s) Wasili Artemjef
Spankleure


Alt. kleure

Statistiek
Meeste toetse Joeri Koesjnaref (112)
Meeste punte Joeri Koesjnaref (777)
Meeste drieë Wasili Artemjef (29)
Eerste internasionale wedstryd
Rusland 27–23 Britse Barbarians
(Moskou, Rusland; 6 Junie 1992)
Grootste oorwinning
Denemarke 7–104 Rusland
(Kopenhagen, Denemarke; 13 Mei 2000)
Grootste nederlaag
Japan 75–3 Rusland
(Tokio, Japan; 6 November 2010)
Wêreldbeker
Verskynings 2/9 (Eerste in 2011)
Beste uitslag Laaste in poel in 2011 en 2019
Unie webwerf

Rusland het vroeër internasionaal in rugby meegeding as die Sowjetunie, maar speel sedert 1992 as Rusland. Die destydse Sowjetunie is deur die Internasionale Rugbyvoetbalraad genooi om aan die eerste Rugbywêreldbekertoernooi in 1987 deel te neem, maar hulle het weens Suid-Afrika se lidmaatskap by die IRVR dié aanbod verwerp. Rusland het tot dusver vir twee Rugbywêreldbekertoernooie kwalifiseer, in 2011, maar kon nie een van hul vier mededingers (Australië, Ierland, Italië en die Verenigde State) klop nie en het net die laaste plek in die poelfase bereik. Tydens die Rugbywêreldbeker 2019 het Rusland laaste in hul poel geëindig nadat hulle deur Japan, Samoa, Ierland en Skotland geklop is.

Rusland ding gereeld mee om die Europese Nasiesbeker, en meer onlangs ook die Wêreldrugbynasiesbeker. Die span het onlangs ’n verbetering getoon toe hulle vir die eerste keer in hul geskiedenis tweede geëindig het in die 2006–2008 Europese Nasiesbeker se Eerste Divisie. Veral wedstryde teen die politieke aartsvyand Georgië geniet groot belangstelling en word as ’n soort "Dawid teen Goliat" beskou, veral as gevolg van Georgië se sterk wenrekord teen hul noordelike buurland. Sedert 2021 ding Rusland en Roemenië om die Kiseleffbeker mee; dié beker is genoem na die hertog Pawel Kiseleff, 'n Rus wat die eerste grondwette van beide Wallachië en Moldawië (hedendaagse Roemenië en Moldowa) beïnvloed het.

Inhoud

Rusland speel teen Georgië tydens die Europese Nasiesbeker in 2007
Wladislaf Korsjoenof in aksie, 2009
Die openingswedstryd van die Rugbywêreldbeker 2019 teen die gasheer Japan in Chōfu

Die Rugbyunie van die Sowjetunie is in 1936 gestig, hoewel die nasionale span eers in 1974 sy eerste amptelike internasionale wedstryd gespeel het.

Die Sowjetunie het tyd geneem om homself te vestig, maar in die middel-1980’s kon hulle gereeld spanne soos Italië en Roemenië klop. Die span is genooi om aan die eerste rugbywêreldbekertoernooi in 1987 deel te neem, maar het dié aanbod uit politieke redes verwerp, veral weens die voortgesette IRR-lidmaatskap van Suid-Afrika onder apartheid.

Na die Ontbinding van die Sowjetunie het Russiese spelers vir die voorlopige Gemenebes van Onafhanklike State se span gespeel, wat tussen 1991 en 1992 vier wedstryde gespeel het.

Die eerste wedstryd van die Russiese nasionale rugbyspan was op 6 Junie 1992, toe Russland die Britse Barbarians 27–23 kon klop. Russland se eerste wedstryd teen ’n volle IRR-lidland was vier maande later teen België tydens die 1992/4 FIRA-AER Europese trofee. Tydens dié toernooi kon Rusland sy eerste, en tot dusver enigste oorwinning oor Georgië aanteken. Rusland het tot die herskikking van die FIRA-AER-toernooie in 2000 gereeld deelgeneem.

Die Russiese nasionale rugbyspan neem sedertdien gereeld aan die FIRA-AER se Europese Nasiesbeker deel, die tweede vlak van Europese rugby na die Sesnasies-toernooi. Rusland het in 2001 Marokko in die vlak 1 vervang, ná hul wenreeks van nege wedstryde wat tot vandag toe nog bestaan. Die Russiese span kon die titel tot dusver nog nie inpalm nie, maar kon twee keer as naaswenner eindig, in 2009 en 2007–8. Hulle kon ook die tweede plek in die gekombineerde tabel van 2009–10 behaal, wat as kwalifisering vir die Rugbywêreldbeker 2011 gedien het.

Daarbenewens het Ruland in poging om gereelde rugbytoernooie aan die nou ontbinde Superpowersbeker, wat hulle een keer kon wen, die IRR se Nasiesbeker, die Churchillbeker, en mees onlangs aan die IRR se Internasionale Rugbyreeks deelgeneem. Die Russiese span het ook al teen verteenwoordigende spanne soos Engeland Counties, Frankryk se ekwivalente span, Suid-Afrika se Superrugbyjeug en universiteitsspanne, asook Nieu-Seelandse klubspanne, in ’n poging om hul teenstander se kwaliteit en variëteit te laat wissel, gespeel.

Die Russiese Rugbyunie het probeer om groter kompetisies gedurende die herfstoetse te verkry, en is nou in Wêreldrugby se wêreldwye toetswedstrydrooster opgeneem.

Nadat die nasionale rugbyspanne van België, Roemenië en Spanje tydens die kwalifisering ongeskikte spelers ingespan het, is hulle vir elke wedstryd met hierdie spelers met puntaftrekking beboet. Vervolgens het Rusland onmiddellik vir die Rugbywêreldbeker 2019 gekwalifiseer.

Algehele rekord

Rusland se plek op Wêreldrugby se ranglys vanaf 10 Oktober 2003 tot op hede

Rusland het teen 18 Desember 2019 110 van hulle 215 toetswedstryde gewen, ’n wenrekord van 51,16%.

Rusland se toetsrekord teen alle lande: (Korrek op 18 Desember 2019)

Teen Gespeel Gewen Verloor Gelykop % Gewen
Argentynse Jaguars 5 0 5 0 0
Argentynse XV 2 2 0 0 100
Australië 1 0 1 0 0
België 7 7 0 0 100
Chili 1 1 0 0 100
Denemarke 3 3 0 0 100
Duitsland 11 11 0 0 100
Engeland Saxons 1 0 1 0 0
Frankryk XV 2 0 2 0 0
Franse Leër 1 0 1 0 0
Georgië 23 1 21 1 4,35
Hongkong 5 5 0 0 100
Ierland 2 0 2 0 0
Opkomende Ierland 1 0 1 0 0
Italië 5 0 5 0 0
Opkomende Italië 2 0 2 0 0
Italië A 4 0 4 0 0
Japan 6 1 5 0 16,7
Kanada 5 1 4 0 20
Kenia 1 1 0 0 100
Kroasië 1 0 1 0 0
Marokko 3 2 1 0 66,67
Namibië 7 5 2 0 71,43
Nederland 4 4 0 0 100
Noorweë 1 1 0 0 100
Oekraïne 9 9 0 0 100
Papoea-Nieu-Guinee 1 1 0 0 100
Pole 4 4 0 0 100
Portugal 19 13 5 1 68,42
Roemenië 23 6 16 1 28,26
Skotland A 1 0 1 0 0
Spanje 22 16 6 0 72,72
Swede 1 0 1 0 0
Tsjeggië 8 6 2 0 75
Tunisië 2 2 0 0 100
Uruguay 9 4 5 0 44,44
USA Selects 1 1 0 0 100
Verenigde State 8 0 8 0 0
Zimbabwe 3 3 0 0 100
Totaal 215 110 102 3 51,16

Wêreldbekerrekord

Jaar Uitslag
1987 Afgekeurde uitnodiging
1991 Geen deelname
1995 Nie gekwalifiseer nie
1999 Nie gekwalifiseer nie
2003 Nie gekwalifiseer nie
2007 Nie gekwalifiseer nie
2011 Poelfase
2015 Nie gekwalifiseer nie
2019 Poelfase
2023 N.v.t.
  1. (en) . ESPNscrum. vanaf die oorspronklike op 5 Augustus 2017. Besoek op18 Desember 2019.
  2. (en) . ESPNscrum. vanaf die oorspronklike op 6 Augustus 2017. Besoek op18 Desember 2019.
  3. (en) . ESPNscrum. vanaf die oorspronklike op 6 Augustus 2017. Besoek op18 Desember 2019.
  4. (en) . Wêreldrugby. vanaf die oorspronklike op 12 Mei 2020. Besoek op18 Desember 2019.
  5. (en) Alexander Fedorets (31 Julie 2007). . The M&G Online. Geargiveer vanaf op 9 Oktober 2019. Besoek op18 Desember 2019.
  6. (ro) . Federația Română de Rugby. 3 Maart 2021. Besoek op20 Maart 2021.
  7. RUR Team Media Guide RWC11
  8. (en) . Geargiveer vanaf op 15 Oktober 2012. Besoek op26 Julie 2017.CS1 maint: archived copy as title (link) [dooie skakel]
  9. (en) . Wêreldrugby. 6 Junie 2018. vanaf die oorspronklike op 7 April 2019. Besoek op18 Desember 2019.
  10. (en) . ESPNscrum. 15 Mei 2018. vanaf die oorspronklike op 20 September 2019. Besoek op18 Desember 2019.
  11. (en) . The Guardian. 15 Mei 2018. vanaf die oorspronklike op 21 September 2019. Besoek op18 Desember 2019.
  12. (en) . ESPNscrum. vanaf die oorspronklike op 26 Mei 2020. Besoek op18 Desember 2019.

Publikasie datum: September 26, 2021

russiese, nasionale, rugbyspan, verteenwoordig, rusland, internasionale, rugby, staan, bekend, Медведи, russies, bere, rugby, word, rusland, deur, russiese, rugbyunie, geadministreer, russiese, rugbyspan, tans, desember, 2019, 20ste, wêreldrugby, wêreldranglys. Die Russiese nasionale rugbyspan verteenwoordig Rusland in internasionale rugby en staan ook bekend as Medvedi Russies vir bere Rugby word in Rusland deur die Russiese Rugbyunie geadministreer Die Russiese rugbyspan is tans 18 Desember 2019 20ste op Wereldrugby se wereldranglys gelys 4 RuslandUnie Soyuz regbistov Rossii Russiese RugbyunieBynaam e Bere Medvedi Embleem Russiese beerStadion Sentrale Stadion SotsjiKapasiteit 10 200Afrigter s Lyn JonesKaptein s Wasili ArtemjefSpankleure Alt kleureStatistiekMeeste toetse Joeri Koesjnaref 112 1 Meeste punte Joeri Koesjnaref 777 2 Meeste driee Wasili Artemjef 29 3 Eerste internasionale wedstrydRusland 27 23 Britse Barbarians Moskou Rusland 6 Junie 1992 Grootste oorwinningDenemarke 7 104 Rusland Kopenhagen Denemarke 13 Mei 2000 Grootste nederlaagJapan 75 3 Rusland Tokio Japan 6 November 2010 WereldbekerVerskynings 2 9 Eerste in 2011 Beste uitslag Laaste in poel in 2011 en 2019Unie webwerfwww rugby ru Rusland het vroeer internasionaal in rugby meegeding as die Sowjetunie maar speel sedert 1992 as Rusland Die destydse Sowjetunie is deur die Internasionale Rugbyvoetbalraad genooi om aan die eerste Rugbywereldbekertoernooi in 1987 deel te neem maar hulle het weens Suid Afrika se lidmaatskap by die IRVR die aanbod verwerp 5 Rusland het tot dusver vir twee Rugbywereldbekertoernooie kwalifiseer in 2011 maar kon nie een van hul vier mededingers Australie Ierland Italie en die Verenigde State klop nie en het net die laaste plek in die poelfase bereik Tydens die Rugbywereldbeker 2019 het Rusland laaste in hul poel geeindig nadat hulle deur Japan Samoa Ierland en Skotland geklop is Rusland ding gereeld mee om die Europese Nasiesbeker en meer onlangs ook die Wereldrugbynasiesbeker Die span het onlangs n verbetering getoon toe hulle vir die eerste keer in hul geskiedenis tweede geeindig het in die 2006 2008 Europese Nasiesbeker se Eerste Divisie Veral wedstryde teen die politieke aartsvyand Georgie geniet groot belangstelling en word as n soort Dawid teen Goliat beskou veral as gevolg van Georgie se sterk wenrekord teen hul noordelike buurland Sedert 2021 ding Rusland en Roemenie om die Kiseleffbeker mee die beker is genoem na die hertog Pawel Kiseleff n Rus wat die eerste grondwette van beide Wallachie en Moldawie hedendaagse Roemenie en Moldowa beinvloed het 6 Inhoud 1 Geskiedenis 2 Rekords 2 1 Algehele rekord 2 2 Wereldbekerrekord 3 Verwysings 4 Eksterne skakelsGeskiedenis Wysig Rusland speel teen Georgie tydens die Europese Nasiesbeker in 2007 Wladislaf Korsjoenof in aksie 2009 Die openingswedstryd van die Rugbywereldbeker 2019 teen die gasheer Japan in Chōfu Die Rugbyunie van die Sowjetunie is in 1936 gestig hoewel die nasionale span eers in 1974 sy eerste amptelike internasionale wedstryd gespeel het Die Sowjetunie het tyd geneem om homself te vestig maar in die middel 1980 s kon hulle gereeld spanne soos Italie en Roemenie klop Die span is genooi om aan die eerste rugbywereldbekertoernooi in 1987 deel te neem maar het die aanbod uit politieke redes verwerp veral weens die voortgesette IRR lidmaatskap van Suid Afrika onder apartheid 7 Na die Ontbinding van die Sowjetunie het Russiese spelers vir die voorlopige Gemenebes van Onafhanklike State se span gespeel wat tussen 1991 en 1992 vier wedstryde gespeel het Die eerste wedstryd van die Russiese nasionale rugbyspan was op 6 Junie 1992 toe Russland die Britse Barbarians 27 23 kon klop Russland se eerste wedstryd teen n volle IRR lidland was vier maande later teen Belgie tydens die 1992 4 FIRA AER Europese trofee Tydens die toernooi kon Rusland sy eerste en tot dusver enigste oorwinning oor Georgie aanteken Rusland het tot die herskikking van die FIRA AER toernooie in 2000 gereeld deelgeneem Die Russiese nasionale rugbyspan neem sedertdien gereeld aan die FIRA AER se Europese Nasiesbeker deel die tweede vlak van Europese rugby na die Sesnasies toernooi Rusland het in 2001 Marokko in die vlak 1 vervang na hul wenreeks van nege wedstryde wat tot vandag toe nog bestaan Die Russiese span kon die titel tot dusver nog nie inpalm nie maar kon twee keer as naaswenner eindig in 2009 en 2007 8 Hulle kon ook die tweede plek in die gekombineerde tabel van 2009 10 behaal wat as kwalifisering vir die Rugbywereldbeker 2011 gedien het Daarbenewens het Ruland in poging om gereelde rugbytoernooie aan die nou ontbinde Superpowersbeker wat hulle een keer kon wen die IRR se Nasiesbeker die Churchillbeker en mees onlangs aan die IRR se Internasionale Rugbyreeks deelgeneem Die Russiese span het ook al teen verteenwoordigende spanne soos Engeland Counties Frankryk se ekwivalente span Suid Afrika se Superrugbyjeug en universiteitsspanne asook Nieu Seelandse klubspanne in n poging om hul teenstander se kwaliteit en varieteit te laat wissel gespeel Die Russiese Rugbyunie het probeer om groter kompetisies gedurende die herfstoetse te verkry en is nou in Wereldrugby se wereldwye toetswedstrydrooster opgeneem 8 Nadat die nasionale rugbyspanne van Belgie Roemenie en Spanje tydens die kwalifisering ongeskikte spelers ingespan het is hulle vir elke wedstryd met hierdie spelers met puntaftrekking beboet 9 10 Vervolgens het Rusland onmiddellik vir die Rugbywereldbeker 2019 gekwalifiseer 11 Rekords WysigAlgehele rekord Wysig Rusland se plek op Wereldrugby se ranglys vanaf 10 Oktober 2003 tot op hede Rusland het teen 18 Desember 2019 110 van hulle 215 toetswedstryde gewen n wenrekord van 51 16 12 Rusland se toetsrekord teen alle lande Korrek op 18 Desember 2019 12 Teen Gespeel Gewen Verloor Gelykop Gewen Argentynse Jaguars 5 0 5 0 0 Argentynse XV 2 2 0 0 100 Australie 1 0 1 0 0 Belgie 7 7 0 0 100 Chili 1 1 0 0 100 Denemarke 3 3 0 0 100 Duitsland 11 11 0 0 100 Engeland Saxons 1 0 1 0 0 Frankryk XV 2 0 2 0 0 Franse Leer 1 0 1 0 0 Georgie 23 1 21 1 4 35 Hongkong 5 5 0 0 100 Ierland 2 0 2 0 0 Opkomende Ierland 1 0 1 0 0 Italie 5 0 5 0 0 Opkomende Italie 2 0 2 0 0 Italie A 4 0 4 0 0 Japan 6 1 5 0 16 7 Kanada 5 1 4 0 20 Kenia 1 1 0 0 100 Kroasie 1 0 1 0 0 Marokko 3 2 1 0 66 67 Namibie 7 5 2 0 71 43 Nederland 4 4 0 0 100 Noorwee 1 1 0 0 100 Oekraine 9 9 0 0 100 Papoea Nieu Guinee 1 1 0 0 100 Pole 4 4 0 0 100 Portugal 19 13 5 1 68 42 Roemenie 23 6 16 1 28 26 Skotland A 1 0 1 0 0 Spanje 22 16 6 0 72 72 Swede 1 0 1 0 0 Tsjeggie 8 6 2 0 75 Tunisie 2 2 0 0 100 Uruguay 9 4 5 0 44 44 USA Selects 1 1 0 0 100 Verenigde State 8 0 8 0 0 Zimbabwe 3 3 0 0 100Totaal 215 110 102 3 51 16Wereldbekerrekord Wysig Jaar Uitslag1987 Afgekeurde uitnodiging1991 Geen deelname1995 Nie gekwalifiseer nie1999 Nie gekwalifiseer nie2003 Nie gekwalifiseer nie2007 Nie gekwalifiseer nie2011 Poelfase2015 Nie gekwalifiseer nie2019 Poelfase2023 N v t Verwysings Wysig en Most matches ESPNscrum Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Augustus 2017 Besoek op 18 Desember 2019 en Most points ESPNscrum Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Augustus 2017 Besoek op 18 Desember 2019 en Most tries ESPNscrum Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Augustus 2017 Besoek op 18 Desember 2019 en World Rugby Rankings Wereldrugby Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Mei 2020 Besoek op 18 Desember 2019 en Alexander Fedorets 31 Julie 2007 Russians target 2011 World Cup The M amp G Online Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019 Besoek op 18 Desember 2019 ro CUPA KISELEFF TROFEU CE VA FI PUS IN JOC LA MECIURILE DINTRE ROMANIA ȘI RUSIA Federația Romană de Rugby 3 Maart 2021 Besoek op 20 Maart 2021 RUR Team Media Guide RWC11 en Archived copy Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Oktober 2012 Besoek op 26 Julie 2017 CS1 maint archived copy as title link dooie skakel en Independent Appeal Committee decision regarding Romania and Spain Wereldrugby 6 Junie 2018 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 April 2019 Besoek op 18 Desember 2019 en Russia handed 2019 World Cup spot ESPNscrum 15 Mei 2018 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 September 2019 Besoek op 18 Desember 2019 en Russia handed World Cup place as Romania penalised for ineligible player The Guardian 15 Mei 2018 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 September 2019 Besoek op 18 Desember 2019 12 0 12 1 en International Rugby Union Statistics Russia ESPNscrum Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Mei 2020 Besoek op 18 Desember 2019 Eksterne skakels Wysig Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Russiese nasionale rugbyspan ru Amptelike webwerf van die Russiese RugbyunieOntsluit van https af wikipedia org w index php title Russiese nasionale rugbyspan amp ol,