×
Russies-Ortodokse Kerk

Die Russies-Ortodokse Kerk (Russies: Ру́сская Правосла́вная Це́рковь, Roesskaja Prawoslawnaja Tserkof) is ’n outokefale Oosters-Ortodokse Kerk wat sedert 15 Oktober 2018 nie meer in volle gemeenskap met die Ekumeniese Patriargaat van Konstantinopel is nie. Die primaat van die kerk het die titel Patriarg van Moskou en die Hele Rusland.

Russies-Ortodokse Kerk
Die Drie-eenheid-klooster van Sint Sergei in Sergejef Posad naby Moskou.
Moederkerk Ekumeniese patriargaat
Stigtingsjaar 988
Stigter Wladimir die Grote
Status Outokefaal
Kerkleiding
Hoof Kirill
Hoof se titel Patriarg van Moskou en die Hele Rusland
Setel Moskou, Rusland
Besonderhede
Liturgie Bisantyns
Liturgiese taal Kerkslawies
Kalender Juliaans
Gelowiges 100 000 000+
Bisdomme 160
Kloosters 788
Gemeentes 30 142
Priesters 28 434
Webtuiste

Die Kerk het kerklike jurisdiksie oor verskeie Ortodokse kerke buite Rusland, soos die Outonome Oekraïens-Ortodokse Kerk, maar ondervind spanning met dié kerk weens skismatiese groepe wat deur die huidige regering gesteun word. Die debat oor die erkenning van ander Ortodokse kerke as outokefaal het ook spanning tussen die Russies-Ortodokse Kerk en die Ekumeniese Patriargaat van Konstantinopel veroorsaak.

Ontstaan

Die Russiese Kerk ontstaan in 988, toe grootprins Wladimir die Grote van Kiëf-Roes die Christelike geloof aanneem as die land se amptelike godsdiens.

Die Kiëfse Kerk val aanvanklik onder die Ekumeniese Patriargaat van Konstantinopel en die Bisantynse patriarg stel die aartsbiskop aan wat hoof van die Russiese Kerk is. In 1054 is die Russiese Kerk deel van die Oosters-Ortodokse Kerk wat ontstaan ná die skeuring in die kerk van die Romeinse Ryk bekend as die Oos-Wes-skisma. In 1448 maak die Russiese biskoppe hulle los van die Patriargaat van Konstantinopel. Sedertdien is dit ’n outokefale, administratief selfregerende kerk. Vyf jaar later val Konstantinopel in die hande van die Ottomaanse Ryk en in Rusland ontstaan die teorie dat Moskou die "Derde Rome" is en die Christelike (Ortodokse) keiserryk moet voortsit. In 1589 neem die aartsbiskop van Moskou met die toestemming van die patriarg van Konstantinopel die titel patriarg aan.

Skeuring

In die middel van die 17de eeu voer die destydse patriarg van Moskou, Nikon, hervormings deur in die Russies-Ortodokse rite. Baie gelowiges betwis die wetlikheid van hierdie kerkhervormings en onder leiding van aartspriester Awwakoem staan hulle dit sterk teen. Die stryd word besleg in die guns van die hervormingsgesindes en dit lei in 1666–1667 tot ’n skeuring (Russies: раскол; raskol) in die Kerk. ’n Banvloek word oor die ou rite uitgespreek en die aanhangers daarvan word as skismatici (раскольники; raskolniki) bestempel en vir ’n baie lang tyd vervolg. Hulle noem hulself Ougelowiges (Староверы). Die banvloek is eers in 1971 deur die Patriargaat van Moskou opgehef.

Die Ougelowiges verskil steeds van die Russies-Ortodokse Kerk. Een van die belangrikste verskille is die manier waarop die kruisteken gemaak word. Die Ougelowiges doen dit met twee vingers as teken van die dualiteit van Christus die Seun van God en Christus die Mens. Die amptelike Kerk maak die teken met drie vingers as simbool van die Heilige Drie-eenheid (Vader, Seun en Heilige Gees).

Vervolging en herlewing

Ná die Russiese Rewolusie van 1917, tydens die kommunistiese era, is die Kerk vervolg. Biskoppe, priesters en ander gelowiges is gearresteer en tereggestel. Kloosters is gesluit en talle kerke is verniel of as pakhuise, bioskope en gemeenskapsale ingerig.

Nadat Nazi-Duitsland die Sowjetunie in 1941 ingeval het, laat Josef Stalin die Russies-Ortodokse Kerk herleef om patriotiese ondersteuning van die Russiese deelname aan die oorlog aan te moedig.

Op 4 September 1943 kry die aartsbiskoppe Sergius (Stragorodski), Aleksi (Simanski) en Nikolai (Jaroesjewitsj) toestemming om op 8 September ’n raad byeen te roep wat Sergius verkies tot patriarg van Moskou en die hele Rusland. Dit word deur sommige kerklikes beskou as ’n oortreding van die XXXIV Apostoliese Kanon aangesien geen kerkhiërarg deur ’n niekerklike owerheid ingeseën kan word nie.

’n Nuwe patriarg word gekies, teologiese skole geopen en duisende kerke weer in gebruik geneem. Die Moskouse Teologiese Akademie-kweekskool, wat in 1918 gesluit is, word ook heropen.

Tussen 1945 en 1959 word die amptelike organisasie van die Kerk baie uitgebrei. Teen 1957 is sowat 22 000 Russies-Ortodokse kerke weer aktief.

In 1959 begin Nikita Chroesjtsjof egter sy eie veldtog teen die Kerk en sowat 12 000 kerke word gedwing om hul deure te sluit. Teen 1985 is daar minder as 7 000 kerke oop. Lede van die kerkhiërargie word uitgedwing en in die tronk gestop en hul plekke word ingeneem deur "gehoorsame" kerklikes, van wie talle na bewering bande met die KGB het.

Sedert die val van die Sowjetunie gaan die Russies-Ortodokse Kerk deur ’n soort renaissance.

Die liturgie en rite van die Russies-Ortodokse Kerk kom grootliks ooreen met dié van ander Oosters-Ortodokse Kerke, wat ook uit die Kerk van Bisantium ontwikkel het. Tipies is dat die kruisteken gemaak word vanaf die voorkop, via die regterskouer na die linkerskouer met drie vingers nes in die Grieks-Ortodokse Kerk. In die kerkdienste word die hoogtepunte soos die geboorte, dood en opstanding van Christus herdenk. Geen musiekinstrumente word gebruik nie. Daar is egter baie koorsang. Die lidmate staan soms ure aaneen om saam te aanbid.

Die kerk is sterk verteenwoordig in die lande van die voormalige Sowjetunie. Die Belarussies-Ortodokse Kerk en die Oekraïens-Ortodokse Kerk val onder die Russiese Kerk. ’n Deel van die Oekraïens-Ortodokse Kerk het egter afgestig en het hul eie patriargaat van Kiëf. Die Russies-Ortodokse Kerk word ook verteenwoordig in Europa, Amerika en Oseanië.

Die Russies-Ortodokse Kerk kry dikwels kritiek oor sy invloed op die Russiese politiek en openbare lewe. So word soms anti-semitiese berigte gepubliseer in nuusbronne van plaaslike bisdomme, word baie ander geloofsoortuigings soos die Jehovasgetuies, Mormone, Rooms-Katolieke Kerk, Hare Krishnas en Protestantse kerke "sektes" genoem en word in plaaslike kerke oproepe gedoen dat hul dienste versteur word en hulle selfs geweld gebruik teen hierdie "ongelowiges".

In Rusland is daar amptelik vryheid van godsdiens, maar invloedwerwers van die Russies-Ortodokse Kerk probeer die vryheid weer inperk, onder meer deur die verpligte registrasie van kerke. Dit lyk egter nie of die Kerk sy monopolie kan handhaaf nie. Benewens ander gelowe is baie Russe ook ateïsties, of hulle staan minstens onverskillig teenoor godsdiens.

  1. . Reuters (in Engels). 16 Mei 2014. vanaf die oorspronklike op 24 September 2015. Besoek op5 Maart 2015.
  2. (in Engels). vanaf die oorspronklike op 2 Mei 2020. Besoek op16 Oktober 2018.
  3. Alekseev, Valery. 29 November 2006 op Wayback Machine. Geskep vir die regering van Moldowa
  4. Talantov, Boris. 1968. (Engelse vertaling).

    Publikasie datum: Augustus 17, 2021

    russies, ortodokse, kerk, russies, Ру, сская, Правосла, вная, Це, рковь, roesskaja, prawoslawnaja, tserkof, outokefale, oosters, ortodokse, kerk, sedert, oktober, 2018, meer, volle, gemeenskap, ekumeniese, patriargaat, konstantinopel, primaat, kerk, titel, pat. Die Russies Ortodokse Kerk Russies Ru sskaya Pravosla vnaya Ce rkov Roesskaja Prawoslawnaja Tserkof is n outokefale Oosters Ortodokse Kerk wat sedert 15 Oktober 2018 nie meer in volle gemeenskap met die Ekumeniese Patriargaat van Konstantinopel is nie Die primaat van die kerk het die titel Patriarg van Moskou en die Hele Rusland Russies Ortodokse KerkDie Drie eenheid klooster van Sint Sergei in Sergejef Posad naby Moskou Moederkerk Ekumeniese patriargaatStigtingsjaar 988Stigter Wladimir die GroteStatus OutokefaalKerkleidingHoof KirillHoof se titel Patriarg van Moskou en die Hele RuslandSetel Moskou RuslandBesonderhedeLiturgie BisantynsLiturgiese taal KerkslawiesKalender JuliaansGelowiges 100 000 000 Bisdomme 160Kloosters 788Gemeentes 30 142Priesters 28 434Webtuistehttp www patriarchia ru Die Kerk het kerklike jurisdiksie oor verskeie Ortodokse kerke buite Rusland soos die Outonome Oekraiens Ortodokse Kerk maar ondervind spanning met die kerk weens skismatiese groepe wat deur die huidige regering gesteun word 1 Die debat oor die erkenning van ander Ortodokse kerke as outokefaal het ook spanning tussen die Russies Ortodokse Kerk en die Ekumeniese Patriargaat van Konstantinopel veroorsaak 2 n Kerk Inhoud 1 Geskiedenis 1 1 Ontstaan 1 2 Skeuring 1 3 Vervolging en herlewing 2 Liturgie 3 Verspreiding 4 Kritiek 5 Verwysings 6 Eksterne skakelGeskiedenis WysigOntstaan Wysig Die Russiese Kerk ontstaan in 988 toe grootprins Wladimir die Grote van Kief Roes die Christelike geloof aanneem as die land se amptelike godsdiens Die Kiefse Kerk val aanvanklik onder die Ekumeniese Patriargaat van Konstantinopel en die Bisantynse patriarg stel die aartsbiskop aan wat hoof van die Russiese Kerk is In 1054 is die Russiese Kerk deel van die Oosters Ortodokse Kerk wat ontstaan na die skeuring in die kerk van die Romeinse Ryk bekend as die Oos Wes skisma In 1448 maak die Russiese biskoppe hulle los van die Patriargaat van Konstantinopel Sedertdien is dit n outokefale administratief selfregerende kerk Vyf jaar later val Konstantinopel in die hande van die Ottomaanse Ryk en in Rusland ontstaan die teorie dat Moskou die Derde Rome is en die Christelike Ortodokse keiserryk moet voortsit In 1589 neem die aartsbiskop van Moskou met die toestemming van die patriarg van Konstantinopel die titel patriarg aan Skeuring Wysig In die middel van die 17de eeu voer die destydse patriarg van Moskou Nikon hervormings deur in die Russies Ortodokse rite Baie gelowiges betwis die wetlikheid van hierdie kerkhervormings en onder leiding van aartspriester Awwakoem staan hulle dit sterk teen Die stryd word besleg in die guns van die hervormingsgesindes en dit lei in 1666 1667 tot n skeuring Russies raskol raskol in die Kerk n Banvloek word oor die ou rite uitgespreek en die aanhangers daarvan word as skismatici raskolniki raskolniki bestempel en vir n baie lang tyd vervolg Hulle noem hulself Ougelowiges Starovery Die banvloek is eers in 1971 deur die Patriargaat van Moskou opgehef Die Ougelowiges verskil steeds van die Russies Ortodokse Kerk Een van die belangrikste verskille is die manier waarop die kruisteken gemaak word Die Ougelowiges doen dit met twee vingers as teken van die dualiteit van Christus die Seun van God en Christus die Mens Die amptelike Kerk maak die teken met drie vingers as simbool van die Heilige Drie eenheid Vader Seun en Heilige Gees Vervolging en herlewing Wysig Die Sint Basilius katedraal in Moskou Na die Russiese Rewolusie van 1917 tydens die kommunistiese era is die Kerk vervolg Biskoppe priesters en ander gelowiges is gearresteer en tereggestel Kloosters is gesluit en talle kerke is verniel of as pakhuise bioskope en gemeenskapsale ingerig Nadat Nazi Duitsland die Sowjetunie in 1941 ingeval het laat Josef Stalin die Russies Ortodokse Kerk herleef om patriotiese ondersteuning van die Russiese deelname aan die oorlog aan te moedig 3 Op 4 September 1943 kry die aartsbiskoppe Sergius Stragorodski Aleksi Simanski en Nikolai Jaroesjewitsj toestemming om op 8 September n raad byeen te roep wat Sergius verkies tot patriarg van Moskou en die hele Rusland Dit word deur sommige kerklikes beskou as n oortreding van die XXXIV Apostoliese Kanon aangesien geen kerkhierarg deur n niekerklike owerheid ingeseen kan word nie 4 5 n Nuwe patriarg word gekies teologiese skole geopen en duisende kerke weer in gebruik geneem Die Moskouse Teologiese Akademie kweekskool wat in 1918 gesluit is word ook heropen Tussen 1945 en 1959 word die amptelike organisasie van die Kerk baie uitgebrei Teen 1957 is sowat 22 000 Russies Ortodokse kerke weer aktief In 1959 begin Nikita Chroesjtsjof egter sy eie veldtog teen die Kerk en sowat 12 000 kerke word gedwing om hul deure te sluit Teen 1985 is daar minder as 7 000 kerke oop Lede van die kerkhierargie word uitgedwing en in die tronk gestop en hul plekke word ingeneem deur gehoorsame kerklikes van wie talle na bewering bande met die KGB het Sedert die val van die Sowjetunie gaan die Russies Ortodokse Kerk deur n soort renaissance Liturgie WysigDie liturgie en rite van die Russies Ortodokse Kerk kom grootliks ooreen met die van ander Oosters Ortodokse Kerke wat ook uit die Kerk van Bisantium ontwikkel het Tipies is dat die kruisteken gemaak word vanaf die voorkop via die regterskouer na die linkerskouer met drie vingers nes in die Grieks Ortodokse Kerk In die kerkdienste word die hoogtepunte soos die geboorte dood en opstanding van Christus herdenk Geen musiekinstrumente word gebruik nie Daar is egter baie koorsang Die lidmate staan soms ure aaneen om saam te aanbid Verspreiding WysigDie kerk is sterk verteenwoordig in die lande van die voormalige Sowjetunie Die Belarussies Ortodokse Kerk en die Oekraiens Ortodokse Kerk val onder die Russiese Kerk n Deel van die Oekraiens Ortodokse Kerk het egter afgestig en het hul eie patriargaat van Kief Die Russies Ortodokse Kerk word ook verteenwoordig in Europa Amerika en Oseanie Kritiek WysigDie Russies Ortodokse Kerk kry dikwels kritiek oor sy invloed op die Russiese politiek en openbare lewe So word soms anti semitiese berigte gepubliseer in nuusbronne van plaaslike bisdomme word baie ander geloofsoortuigings soos die Jehovasgetuies Mormone Rooms Katolieke Kerk Hare Krishnas en Protestantse kerke sektes genoem en word in plaaslike kerke oproepe gedoen dat hul dienste versteur word en hulle selfs geweld gebruik teen hierdie ongelowiges In Rusland is daar amptelik vryheid van godsdiens maar invloedwerwers van die Russies Ortodokse Kerk probeer die vryheid weer inperk onder meer deur die verpligte registrasie van kerke Dit lyk egter nie of die Kerk sy monopolie kan handhaaf nie Benewens ander gelowe is baie Russe ook ateisties of hulle staan minstens onverskillig teenoor godsdiens Verwysings Wysig Religious tensions deepen Ukraine splits Russian Orthodox official Reuters in Engels 16 Mei 2014 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 September 2015 Besoek op 5 Maart 2015 Russia Takes Further Step Toward Major Schism in Orthodox Church in Engels Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Mei 2020 Besoek op 16 Oktober 2018 Seventeen Moments in Soviet History Alekseev Valery Historical and canonical reference for reasons making believers leave the Moscow patriarchate Geargiveer 29 November 2006 op Wayback Machine Geskep vir die regering van Moldowa Talantov Boris 1968 The Moscow Patriarchate and Sergianism Engelse vertaling Eksterne skakel WysigOrtodokse Christendom Russies Ortodokse KerkOntsluit van https af wikipedia org w index php title Russies Ortodokse Kerk amp ol,