fbpx Russe
Wikipedia

Russe

Hierdie artikel handel oor die etniese groep. Vir die taal, sien Russies.

Die Russe (Russies: ру́сские, russkiye) is 'n Oos-Slawiese volk van sowat 137 miljoen mense (waarvan 115 miljoen in die Russiese Federasie woon, 17 miljoen in ander voormalige lande van die Sowjetunie en sowat 6 miljoen in ander lande). Hulle is die grootste volk in Europa. Die meeste Russe is Russies-Ortodokse Christene of ongebonde.

Russe

Totale bevolking: ca. 130–150 miljoen
Belangrike bevolkings in: Rusland ~111 miljoen

Oekraïne ~8,3 miljoen
Kasakstan ~3,8 miljoen
Duitsland ~3,5 miljoen
Verenigde State ~2,9 miljoen
Israel ~1,2 miljoen
Oesbekistan ~1,2 miljoen
Wit-Rusland 785 084
Kanada 550 520
Letland 520 136
Kirgisië 419 600
Moldowa 369 488
Estland 330 258
Turkmenistan 297 319
Frankryk 200 000–500 000
Brasilië 200 000
Litaue 174 900
Azerbeidjan 119 300
Georgië 91 091
Colombia 88 000
Tadjikistan 68 200
Australië 67 055
Finland 66 379
Kuba 50 200
Turkye 50 000
Spanje 42 585
Italië 39 314
Roemenië 36 397
Verenigde Koninkryk 35 172
Venezuela 34 600
Tsjeggië 32 828
Griekeland 18 219
Verenigde Arabiese Emirate 18 000
Noorweë 16 833
Volksrepubliek China 15 609
Bulgarye 15 595
Armenië 14 660
Venezuela 10 000
Nieu-Seeland 5 000
Slowakye 1 997
Montenegro 946

Taal: Russies
Geloofsoortuiging: Hoofsaaklik Oosters-Ortodokse Kerk (Russies-Ortodokse Kerk)
Minderhede ongebonde en Ougelowiges
Verwante etniese groepe: Ander Oos-Slawiese volke soos Oekraïners en Wit-Russe

Inhoud

Russe is die talrykste etniese groep in Europa en een van die grootstes ter wêreld met 'n bevolking van sowat 137 miljoen dwarsoor die wêreld. Daar is sowat 116 miljoen etniese Russe in die Russiese Federasie en sowat 18 miljoen in Rusland se buurlande. 'n Groot aantal Russe – sowat drie miljoen – bly in ander lande, veral in Noord-Amerika en Wes-Europa, maar ook in Oos-Europa en Asië.

Oespenski-katedraal in Astrachan

Die meeste Russe is aanhangers van die Russies-Ortodokse Kerk, wat 'n belangrike rol in die Russiese geskiedenis en die vorming van die Russiese identiteit gespeel het. In ander lande behoort Russe meestal tot die plaaslike ortodokse kerke, wat óf regstreeks aan die Russies-Ortodokse Kerk verbonde is (soos die Oekraïens-Ortodokse Kerk, wat outonomie onder die patriarg van Moskou geniet) óf historiese bande met dié kerk het (soos die Ortodokse Kerk in Amerika).

Selfs ongebonde Russe voel hulle om kulturele redes aan die ortodokse geloof verbonde. Sommige Russe is Ougelowiges, 'n skeurgroep in die ortodokse beweging, wat die liturgiese hervormings van die 17de eeu verwerp het.

Ná die einde van die Kommunistiese bewind het die belangstelling in godsdiens weer toegeneem, alhoewel kerkbesoek swak is. Daar is slegs klein minderhede van ander Christelike kerke, waaronder die Baptiste met sowat 85 000 aanhangers.

'n Russiese meisie in tradisionele kleredrag ('n violet sarafan) in die oblast Wologda, 1909
Drie generasies van 'n Russiese gesin, ca. 1910
Tradisionele Russiese hofkleredrag - die sarafan. Oorspronklik uitsluitlik deur adellike Russiese mans aan die Tsarehof gedra, het dit in die 16de eeu ook by Russiese vroue gewild geraak

Die huidige Russe is afstammelinge van Oos-Slawiese stamme, wat hulle oorspronklik in Wes-Rusland, Wit-Rusland en Oekraïne gevestig en hier ook met Skandinawiese en Fins-Oegriese groepe vermeng het. Die etnoniem rus het oorspronklik na die Skandinawiese Warangiërs (Wikings) verwys, wat aanvanklik die eerste ryk in die gebied, Kiëf-Roes, oorheers het (vergelyk ook die Finse woord vir Swede, Ruotsi). Die Skandinawiërs is vinnig verslawies, en die naam het later na die hele bevolking van die ryk begin verwys.

Die aanvanklik homogene etniese groep van Kiëf-Roes het vanaf die 15de eeu in kulturele en taalkundige opsig in Groot-Russe, Wit-Russe en Oekraïners (vroeër: Klein-Russe) begin opsplits. Die Groot-Russe het veral die noordweste van die huidige Rusland bewoon. Ná 'n reeks militêre oorwinnings oor die Goue Horde en die Tartare het hulle gebied langs die Wolgarivier in ’n suidelike rigting uitgebrei. Veral die verowering van die Tartaarse hoofstad Kazan in die jaar 1552 het tot 'n verdere uitbreiding oorkant die Oeral na Siberië gelei.

In die 17de eeu het die Russe vir die eerste keer die Stille Oseaan bereik. Die Russiese Kosakke het die voortou by die kolonisering van nuwe gebiede geneem. Sedert die 18de eeu het die Russe ook die Ottomane en Krimtatare na die suidelike Oekraïne (Nieu-Rusland) en die noordelike Kaukasus teruggedring.

Voor 1917 het Russe byna uitsluitlik die gebied van die Russiese Ryk bewoon. As gevolg van die Bolsjewistiese Oktoberrewolusie het 'n groot aantal adellike en burgerlike gesinne na ander lande gevlug.

In die tyd van die Sowjetunie het Russiese minderhede hulle in byna alle deelstate gevestig. Terwyl die immigrasie van Russe in die Baltiese lande deur die Moskouse regering bevorder is, was in ander gebiede veral die tekort aan opgeleide werkers, wat vir die ontwikkeling van die plaaslike infrastruktuur benodig is, 'n aansporing vir Russiese immigrante om hulle daar te vestig. Met die verbrokkeling van die Sowjetunie het baie van hierdie Russe na die Russiese Federasie teruggekeer.

Die huidige Russiese vanne is in die tydperk tussen die 16de en 17de eeu gevorm, en hulle word oorwegend deur die genitief-uitgange -of/-ef of -in gekenmerk. Twee derdes van die moderne Russiese vanne het hierdie uitgange, en die meeste is uit die genitief van voorname, diername en beroepe gevorm. 'n Klein aantal vanne het uitgange soos -ski ('n byvoeglike naamwoord, wat óf na die geografiese herkoms verwys óf deur immigrante uit die Pools-Litause taalgebied ingevoer is), -itsj ('n meervoud-genitief, wat veral in die Oeral voorkom), -ez, -ak en -ago. Uitgange soos -enko en -oek is van Oekraïense oorsprong.

Aangesien die genitief in die Russiese taal volgens die genus verbuig word, verander die -of, -ef en -in na –owa, -ewa en -ina, terwyl die uitgang -ski na -skaja verander. Vanne wat nie ’n tipiese Russiese uitgang het nie, word nie verbuig nie.

'n Russiese gesin in die Kaukasusgebied (omtrent 1910). Vroeë kleurfoto van Sergei Michailowitsj Prokoedin-Gorski
Russies-Amerikaanse besoekers woon die Fort Ross Festival in die Kaliforniese Fort Ross Historical Park by. Hier het in die vroeë 19de eeu die mees suidelike Russiese nedersetting ontstaan
Verspreiding van etniese Russe in die lande van die voormalige Sowjetunie:

90,0%-100,0%

80,0%-89,9%

65,0%-79,9%

50,0%-64,9%

35,0%-49,9%

20,0%-34,9%

10,0%-19,9%

5,0%-9,9%

2,0%-4,9%

0,0%-1,9%

Etniese Russe het hulle in feitlik alle gebiede van die voormalige Russiese Ryk en die Sowjetunie gevestig, en hierdie binnelandse migrasie is dikwels deur die Moskouse regerings bevorder, veral in grensgebiede. Af en toe het klein Russiese groepe hulle as godsdiensvlugtelinge in die buiteland gevestig, soos byvoorbeeld die Lipowane in die Donaudelta en die Doukhobors in Kanada.

Nadat die Russiese Rewolusie en die Russiese Burgeroorlog in 1917 begin het, was daar 'n grootskaalse emigrasie, en baie Russiese burgers het hulle in Europese stede soos Berlyn, Parys en Londen of oorsee gevestig.

Die grootste Russiese bevolkings in die buiteland woon in voormalige deelstate van die Sowjetunie soos Oekraïne (sowat 8,3 miljoen), Kasakstan (sowat 3,8 miljoen), Oesbekistan (sowat 1,2 miljoen), Wit-Rusland (sowat 785 000), Letland (sowat 520 000), Kirgisië (sowat 420 000), Moldowa (sowat 370 000), Estland (sowat 330 000), Turkmenistan (sowat 297 000), Litaue (sowat 175 000), Azerbeidjan (sowat 119 000), Georgië (sowat 91 000), Tadjikistan (sowat 68 000) en Armenië (14 000. Sowat een miljoen Russiese Jode het hulle sedert die negentigerjare in Israel gevestig. Daar is ook kleiner Russiese gemeenskappe in die Balkanlande, Oos- en Sentraal-Europa, Duitsland, die Volksrepubliek China en in Latyns-Amerika.

Die groot Russiese minderhede in Baltiese lande soos Estland en Letland word dikwels met argwaan bejeën, aangesien hulle hulle daar ook as gevolg van die Russifiseringsbeleid van die voormalige Sowjet-owerhede gevestig het. Baie van hierdie immigrante het egter ook om ekonomiese redes na die Baltiese deelstate gegaan of is gedwing om te verhuis.

Russe wat hulle in die Sowjet-tydperk in Letland en Estland gevestig het, is net toegelaat om burgers van dié lande te word as hulle 'n verpligte taaltoets slaag en kennis van die Baltiese lande se geskiedenis en gebruike het. Die taalstryd gaan veral in Letland voort, waar Russe hulle verset teen die owerhede se planne om Lets as verpligte onderwystaal in te voer. In Estland is sowat 137 000 burgers van nie-Estiese afkoms, oorwegend Russe, terwyl 'n verdere 136 000 of tien persent van die totale bevolking staatloos bly.

Russiese emigrante het hulle ook in Kanada, Australië en die Verenigde State gevestig. Brighton Beach in New York en Sunny Isles Beach naby Miami is woonbuurte met 'n oorwegend Russiese bevolking. Volgens skattings is sowat 5,1 miljoen Amerikaners van Russiese afkoms, en in die tydperk tussen 1990 en 2000 het 'n halfmiljoen Russe na die Verenigde State geëmigreer. Voordat die Verenigde State Alaska van Rusland gekoop het, was daar 'n inheemse Russiese bevolking van sowat 40 000 mense, veral op die Aleoetiese Eilande. Volgens die sensus van 2000 praat 706 242 Amerikaners Russies as huistaal, waarvan 'n groot persentasie burgers van Russies-Joodse afkoms. In Suid-Afrika het sedert die negentigerjare 'n klein aantal Russiese vroue met Afrikanermans getrou.

In die Volksrepubliek China maak Russe deel uit van die 56 etniese groepe wat amptelik erken word. Sowat 15 600 Chinese Russe woon in die noorde van Xinjiang, in Binne-Mongolië en in Heilongjiang.

  1. (in Russies). Rosstat. vanaf die oorspronklike op 25 Mei 2020. Besoek op15 Februarie 2012.
  2. (in Oekraïens). vanaf die oorspronklike op 23 November 2019. Besoek op22 April 2016.
  3. (in Kazaks). vanaf die oorspronklike op 14 Oktober 2013. Besoek op22 Julie 2012.
  4. (en) . Russian Ministry of Foreign Affairs. 28 Mei 2007. Besoek op22 April 2016.
  5. (en) . United States Census Bureau. 2012. Besoek op21 April 2016.
  6. (ru)
  7. . Republic of Belarus Official Statistics (in Engels). Geargiveer vanaf op 6 Julie 2011.
  8. (en) Statistics Canada. . Besoek op22 April 2016.
  9. (lt) . Geargiveer vanaf op 14 Julie 2014.
  10. (PDF). Kyrgyz Statistical Agency (in Kirgisies). Kyrgyz Statistical Agency. 2009. Geargiveer vanaf (PDF) op 8 Maart 2012. Besoek op31 Maart 2011.
  11. (en) . Besoek op22 April 2016.
  12. (in Engels). Statistics Estonia. 2015. vanaf die oorspronklike op 20 Februarie 2020. Besoek op22 April 2016.
  13. (in Engels). Central Intelligence Agency. 22 Maart 2016. vanaf die oorspronklike op 24 April 2020. Besoek op22 April 2016.
  14. (in Frans). vanaf die oorspronklike op 22 November 2019. Besoek op22 April 2016.
  15. (in Portugees). Brasil-russia.com.br. vanaf die oorspronklike op 25 Mei 2020. Besoek op22 April 2016.
  16. (lv) . Db1.stat.gov.lt. Besoek op22 April 2016.
  17. (in Engels). Geargiveer vanaf op 10 Mei 2013.
  18. (en) . Geargiveer vanaf op 6 Oktober 2007.
  19. . 2003 Census (in Russies). Управление Государственной Статистики Республики Абхазия «Абхазия в цифрах», г. Сухум, 2005. vanaf die oorspronklike op 25 Oktober 2019. Besoek op22 April 2016.
  20. (in Russies). Demoscope.ru. 20 Januarie 2000. vanaf die oorspronklike op 25 Mei 2020. Besoek op22 April 2016.
  21. (in Engels). Abs.gov.au. vanaf die oorspronklike op 24 Mei 2020. Besoek op22 April 2016.
  22. (en) VSY. . Vsy.fi. Besoek op22 Julie 2012.[dooie skakel]
  23. (es) Besoek op22 April 2016.
  24. (ru) . Mid.ru. 2 Desember 2009. Besoek op22 April 2016.
  25. (PDF) (in Spaans). (PDF) vanaf die oorspronklike op 9 Mei 2020. Besoek op22 April 2016.
  26. (in Italiaans). ISTATdate=5 Augustus 2014. vanaf die oorspronklike op 25 Mei 2020. Besoek op22 April 2016.
  27. (ro)
  28. . www.ons.gov.uk (in Engels). Office for National Statistics. vanaf die oorspronklike op 24 September 2015. Besoek op11 Junie 2014.
  29. Joshua Project. (in Engels). vanaf die oorspronklike op 22 April 2020. Besoek op22 April 2016.
  30. (cz) (PDF). Geargiveer vanaf (PDF) op 3 September 2015. Besoek op16 Januarie 2015.
  31. (PDF) (in gr). Geargiveer vanaf (PDF) op 24 September 2015. Besoek op22 Julie 2012.AS1-onderhoud: onerkende taal (link)
  32. (in Chinees). Stats.gov.cn. vanaf die oorspronklike op 26 Augustus 2018. Besoek op22 April 2016.
  33. (in Bulgaars). Nsi.bg. vanaf die oorspronklike op 16 Junie 2020. Besoek op22 April 2016.
  34. (en)(hy)(ru) (PDF). Besoek op22 April 2016.
  35. (PDF) (in Engels). 12 Julie 2011. (PDF) vanaf die oorspronklike op 12 Februarie 2020. Besoek op22 April 2016.
  36. (en) . American Journal of Human Genetics. 82 (1): 236–50. Januarie 2008. doi:. PMC. PMID .
Leefstyl

Russe
russe, hierdie, artikel, handel, etniese, groep, taal, sien, russies, russies, ру, сские, russkiye, slawiese, volk, sowat, miljoen, mense, waarvan, miljoen, russiese, federasie, woon, miljoen, ander, voormalige, lande, sowjetunie, sowat, miljoen, ander, lande,. Hierdie artikel handel oor die etniese groep Vir die taal sien Russies Die Russe Russies ru sskie russkiye is n Oos Slawiese volk van sowat 137 miljoen mense waarvan 115 miljoen in die Russiese Federasie woon 17 miljoen in ander voormalige lande van die Sowjetunie en sowat 6 miljoen in ander lande Hulle is die grootste volk in Europa Die meeste Russe is Russies Ortodokse Christene of ongebonde RusseTotale bevolking ca 130 150 miljoenBelangrike bevolkings in Rusland 111 miljoen 1 Oekraine 8 3 miljoen 2 Kasakstan 3 8 miljoen 3 Duitsland 3 5 miljoen 4 Verenigde State 2 9 miljoen 5 Israel 1 2 miljoen Oesbekistan 1 2 miljoen 6 Wit Rusland 785 084 7 Kanada 550 520 8 Letland 520 136 9 Kirgisie 419 600 10 Moldowa 369 488 11 Estland 330 258 12 Turkmenistan 297 319 13 Frankryk 200 000 500 000 14 Brasilie 200 000 15 Litaue 174 900 16 Azerbeidjan 119 300 17 Georgie 91 091 18 19 Colombia 88 000 Tadjikistan 68 200 20 Australie 67 055 21 Finland 66 379 22 Kuba 50 200 23 Turkye 50 000 24 Spanje 42 585 25 Italie 39 314 26 Roemenie 36 397 27 Verenigde Koninkryk 35 172 28 Venezuela 34 600 29 Tsjeggie 32 828 30 Griekeland 18 219 31 Verenigde Arabiese Emirate 18 000 Noorwee 16 833 Volksrepubliek China 15 609 32 Bulgarye 15 595 33 Armenie 14 660 34 Venezuela 10 000 Nieu Seeland 5 000 Slowakye 1 997 Montenegro 946 35 Taal RussiesGeloofsoortuiging Hoofsaaklik Oosters Ortodokse Kerk Russies Ortodokse Kerk Minderhede ongebonde en OugelowigesVerwante etniese groepe Ander Oos Slawiese volke soos Oekrainers en Wit Russe 36 Inhoud 1 Bevolking 2 Geloof 3 Geskiedenis 4 Russiese vanne 5 Russiese gemeenskappe in die buiteland 6 Verwysings 7 Eksterne skakelsBevolking WysigRusse is die talrykste etniese groep in Europa en een van die grootstes ter wereld met n bevolking van sowat 137 miljoen dwarsoor die wereld Daar is sowat 116 miljoen etniese Russe in die Russiese Federasie en sowat 18 miljoen in Rusland se buurlande n Groot aantal Russe sowat drie miljoen bly in ander lande veral in Noord Amerika en Wes Europa maar ook in Oos Europa en Asie Geloof Wysig Oespenski katedraal in Astrachan Die meeste Russe is aanhangers van die Russies Ortodokse Kerk wat n belangrike rol in die Russiese geskiedenis en die vorming van die Russiese identiteit gespeel het In ander lande behoort Russe meestal tot die plaaslike ortodokse kerke wat of regstreeks aan die Russies Ortodokse Kerk verbonde is soos die Oekraiens Ortodokse Kerk wat outonomie onder die patriarg van Moskou geniet of historiese bande met die kerk het soos die Ortodokse Kerk in Amerika Selfs ongebonde Russe voel hulle om kulturele redes aan die ortodokse geloof verbonde Sommige Russe is Ougelowiges n skeurgroep in die ortodokse beweging wat die liturgiese hervormings van die 17de eeu verwerp het Na die einde van die Kommunistiese bewind het die belangstelling in godsdiens weer toegeneem alhoewel kerkbesoek swak is Daar is slegs klein minderhede van ander Christelike kerke waaronder die Baptiste met sowat 85 000 aanhangers Geskiedenis Wysig n Russiese meisie in tradisionele kleredrag n violet sarafan in die oblast Wologda 1909 Drie generasies van n Russiese gesin ca 1910 Tradisionele Russiese hofkleredrag die sarafan Oorspronklik uitsluitlik deur adellike Russiese mans aan die Tsarehof gedra het dit in die 16de eeu ook by Russiese vroue gewild geraak Die huidige Russe is afstammelinge van Oos Slawiese stamme wat hulle oorspronklik in Wes Rusland Wit Rusland en Oekraine gevestig en hier ook met Skandinawiese en Fins Oegriese groepe vermeng het Die etnoniem rus het oorspronklik na die Skandinawiese Warangiers Wikings verwys wat aanvanklik die eerste ryk in die gebied Kief Roes oorheers het vergelyk ook die Finse woord vir Swede Ruotsi Die Skandinawiers is vinnig verslawies en die naam het later na die hele bevolking van die ryk begin verwys Die aanvanklik homogene etniese groep van Kief Roes het vanaf die 15de eeu in kulturele en taalkundige opsig in Groot Russe Wit Russe en Oekrainers vroeer Klein Russe begin opsplits Die Groot Russe het veral die noordweste van die huidige Rusland bewoon Na n reeks militere oorwinnings oor die Goue Horde en die Tartare het hulle gebied langs die Wolgarivier in n suidelike rigting uitgebrei Veral die verowering van die Tartaarse hoofstad Kazan in die jaar 1552 het tot n verdere uitbreiding oorkant die Oeral na Siberie gelei In die 17de eeu het die Russe vir die eerste keer die Stille Oseaan bereik Die Russiese Kosakke het die voortou by die kolonisering van nuwe gebiede geneem Sedert die 18de eeu het die Russe ook die Ottomane en Krimtatare na die suidelike Oekraine Nieu Rusland en die noordelike Kaukasus teruggedring Voor 1917 het Russe byna uitsluitlik die gebied van die Russiese Ryk bewoon As gevolg van die Bolsjewistiese Oktoberrewolusie het n groot aantal adellike en burgerlike gesinne na ander lande gevlug In die tyd van die Sowjetunie het Russiese minderhede hulle in byna alle deelstate gevestig Terwyl die immigrasie van Russe in die Baltiese lande deur die Moskouse regering bevorder is was in ander gebiede veral die tekort aan opgeleide werkers wat vir die ontwikkeling van die plaaslike infrastruktuur benodig is n aansporing vir Russiese immigrante om hulle daar te vestig Met die verbrokkeling van die Sowjetunie het baie van hierdie Russe na die Russiese Federasie teruggekeer Russiese vanne WysigDie huidige Russiese vanne is in die tydperk tussen die 16de en 17de eeu gevorm en hulle word oorwegend deur die genitief uitgange of ef of in gekenmerk Twee derdes van die moderne Russiese vanne het hierdie uitgange en die meeste is uit die genitief van voorname diername en beroepe gevorm n Klein aantal vanne het uitgange soos ski n byvoeglike naamwoord wat of na die geografiese herkoms verwys of deur immigrante uit die Pools Litause taalgebied ingevoer is itsj n meervoud genitief wat veral in die Oeral voorkom ez ak en ago Uitgange soos enko en oek is van Oekraiense oorsprong Aangesien die genitief in die Russiese taal volgens die genus verbuig word verander die of ef en in na owa ewa en ina terwyl die uitgang ski na skaja verander Vanne wat nie n tipiese Russiese uitgang het nie word nie verbuig nie Russiese gemeenskappe in die buiteland Wysig n Russiese gesin in die Kaukasusgebied omtrent 1910 Vroee kleurfoto van Sergei Michailowitsj Prokoedin Gorski Russies Amerikaanse besoekers woon die Fort Ross Festival in die Kaliforniese Fort Ross Historical Park by Hier het in die vroee 19de eeu die mees suidelike Russiese nedersetting ontstaan Verspreiding van etniese Russe in die lande van die voormalige Sowjetunie 90 0 100 0 80 0 89 9 65 0 79 9 50 0 64 9 35 0 49 9 20 0 34 9 10 0 19 9 5 0 9 9 2 0 4 9 0 0 1 9 Etniese Russe het hulle in feitlik alle gebiede van die voormalige Russiese Ryk en die Sowjetunie gevestig en hierdie binnelandse migrasie is dikwels deur die Moskouse regerings bevorder veral in grensgebiede Af en toe het klein Russiese groepe hulle as godsdiensvlugtelinge in die buiteland gevestig soos byvoorbeeld die Lipowane in die Donaudelta en die Doukhobors in Kanada Nadat die Russiese Rewolusie en die Russiese Burgeroorlog in 1917 begin het was daar n grootskaalse emigrasie en baie Russiese burgers het hulle in Europese stede soos Berlyn Parys en Londen of oorsee gevestig Die grootste Russiese bevolkings in die buiteland woon in voormalige deelstate van die Sowjetunie soos Oekraine sowat 8 3 miljoen Kasakstan sowat 3 8 miljoen Oesbekistan sowat 1 2 miljoen Wit Rusland sowat 785 000 Letland sowat 520 000 Kirgisie sowat 420 000 Moldowa sowat 370 000 Estland sowat 330 000 Turkmenistan sowat 297 000 Litaue sowat 175 000 Azerbeidjan sowat 119 000 Georgie sowat 91 000 Tadjikistan sowat 68 000 en Armenie 14 000 Sowat een miljoen Russiese Jode het hulle sedert die negentigerjare in Israel gevestig Daar is ook kleiner Russiese gemeenskappe in die Balkanlande Oos en Sentraal Europa Duitsland die Volksrepubliek China en in Latyns Amerika Die groot Russiese minderhede in Baltiese lande soos Estland en Letland word dikwels met argwaan bejeen aangesien hulle hulle daar ook as gevolg van die Russifiseringsbeleid van die voormalige Sowjet owerhede gevestig het Baie van hierdie immigrante het egter ook om ekonomiese redes na die Baltiese deelstate gegaan of is gedwing om te verhuis Russe wat hulle in die Sowjet tydperk in Letland en Estland gevestig het is net toegelaat om burgers van die lande te word as hulle n verpligte taaltoets slaag en kennis van die Baltiese lande se geskiedenis en gebruike het Die taalstryd gaan veral in Letland voort waar Russe hulle verset teen die owerhede se planne om Lets as verpligte onderwystaal in te voer In Estland is sowat 137 000 burgers van nie Estiese afkoms oorwegend Russe terwyl n verdere 136 000 of tien persent van die totale bevolking staatloos bly Russiese emigrante het hulle ook in Kanada Australie en die Verenigde State gevestig Brighton Beach in New York en Sunny Isles Beach naby Miami is woonbuurte met n oorwegend Russiese bevolking Volgens skattings is sowat 5 1 miljoen Amerikaners van Russiese afkoms en in die tydperk tussen 1990 en 2000 het n halfmiljoen Russe na die Verenigde State geemigreer Voordat die Verenigde State Alaska van Rusland gekoop het was daar n inheemse Russiese bevolking van sowat 40 000 mense veral op die Aleoetiese Eilande Volgens die sensus van 2000 praat 706 242 Amerikaners Russies as huistaal waarvan n groot persentasie burgers van Russies Joodse afkoms In Suid Afrika het sedert die negentigerjare n klein aantal Russiese vroue met Afrikanermans getrou In die Volksrepubliek China maak Russe deel uit van die 56 etniese groepe wat amptelik erken word Sowat 15 600 Chinese Russe woon in die noorde van Xinjiang in Binne Mongolie en in Heilongjiang Verwysings Wysig Ethnic groups in Russia 2010 census in Russies Rosstat Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Mei 2020 Besoek op 15 Februarie 2012 Pro kilkist ta sklad naselennya Ukrayini za pidsumkami Vseukrayinskogo perepisu naselennya 2001 roku in Oekraiens Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 November 2019 Besoek op 22 April 2016 2009 census in Kazaks Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Oktober 2013 Besoek op 22 Julie 2012 en Regarding Upcoming Conference on Status of Russian Language Abroad Russian Ministry of Foreign Affairs 28 Mei 2007 Besoek op 22 April 2016 en Total Ancestry Reported United States Census Bureau 2012 Besoek op 21 April 2016 ru Hosting VPS arenda servera Internet Hosting Centr Population Census 2009 Republic of Belarus Official Statistics in Engels Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Julie 2011 en Statistics Canada 2011 National Household Survey Data tables Besoek op 22 April 2016 lt Latvijas statistikas datubazes Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Julie 2014 Ethnic groups in Kyrgyzstan 2009 census PDF Kyrgyz Statistical Agency in Kirgisies Kyrgyz Statistical Agency 2009 Geargiveer vanaf die oorspronklike PDF op 8 Maart 2012 Besoek op 31 Maart 2011 en 2004 Moldovan Census Besoek op 22 April 2016 Population by ethnic nationality 1 January years in Engels Statistics Estonia 2015 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Februarie 2020 Besoek op 22 April 2016 The World Factbook in Engels Central Intelligence Agency 22 Maart 2016 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 April 2020 Besoek op 22 April 2016 La communaute russe en France est eclectique in Frans Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 November 2019 Besoek op 22 April 2016 Camara de Comercio Brasil Russia in Portugees Brasil russia com br Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Mei 2020 Besoek op 22 April 2016 lv Gyventoju skaicius metu pradzioje Pozymiai tautybe Rodikliu duomenu bazeje Db1 stat gov lt Besoek op 22 April 2016 The State Statistical Committee of the Republic of Azerbaijan in Engels Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Mei 2013 en Statistics Georgia Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Oktober 2007 The ethnic composition of the population of Abkhazia 2003 Census in Russies Upravlenie Gosudarstvennoj Statistiki Respubliki Abhaziya Abhaziya v cifrah g Suhum 2005 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Oktober 2019 Besoek op 22 April 2016 2000 census in Russies Demoscope ru 20 Januarie 2000 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Mei 2020 Besoek op 22 April 2016 Australian Bureau of Statistics in Engels Abs gov au Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Mei 2020 Besoek op 22 April 2016 en VSY 2013 estimate Vsy fi Besoek op 22 Julie 2012 dooie skakel es Oficialnaya statistika Kuby za 2002 g Besoek op 22 April 2016 ru MID Rossii 12 02 2009 Intervyu Posla Rossii v Turcii V E Ivanovskogo opublikovannoe v zhurnale Konsul 4 19 dekabr 2009 goda Mid ru 2 Desember 2009 Besoek op 22 April 2016 2005 census PDF in Spaans Geargiveer PDF vanaf die oorspronklike op 9 Mei 2020 Besoek op 22 April 2016 I cittadini non comunitari regolarmente soggiornanti in Italiaans ISTATdate 5 Augustus 2014 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Mei 2020 Besoek op 22 April 2016 ro Informatii utile Agentia Nationala pentru Intreprinderi Mici si Mijlocii Nationality and country of birth by age sex and qualifications Jan Dec 2013 Excel sheet 60Kb www ons gov uk in Engels Office for National Statistics Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 September 2015 Besoek op 11 Junie 2014 Joshua Project Country Venezuela Joshua Project Joshua Project in Engels Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 April 2020 Besoek op 22 April 2016 cz number of foreigners in the Czech Republic PDF Geargiveer vanaf die oorspronklike PDF op 3 September 2015 Besoek op 16 Januarie 2015 2001 census PDF in gr Geargiveer vanaf die oorspronklike PDF op 24 September 2015 Besoek op 22 Julie 2012 AS1 onderhoud onerkende taal link 表1 6 省 自治区 直辖市分性别 民族的人口 in Chinees Stats gov cn Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Augustus 2018 Besoek op 22 April 2016 NASELENIE KM 1 Maart 2001 G PO OBLASTI I ETNIChESKA GRUPA in Bulgaars Nsi bg Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Junie 2020 Besoek op 22 April 2016 en hy ru 2002 census PDF Besoek op 22 April 2016 Census of Population Households and Dwellings in Montenegro 2011 PDF in Engels 12 Julie 2011 Geargiveer PDF vanaf die oorspronklike op 12 Februarie 2020 Besoek op 22 April 2016 en Two sources of the Russian patrilineal heritage in their Eurasian context American Journal of Human Genetics 82 1 236 50 Januarie 2008 doi 10 1016 j ajhg 2007 09 019 PMC 2253976 PMID 18179905 Eksterne skakels Wysig Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Russe LeefstylRussia Beyond 3 reasons Russian women are the most beautifulOntsluit van https af wikipedia org w index php title Russe amp ol,