×
Ruimtestof

Ruimtestof of kosmiese stof is deeltjies in die ruimte wat wissel van ’n paar molekules tot 0,1 mikrometer (µm). Dit kan enige stof in die kosmos wees, of beperk tot ruimtestof in ons sonnestelsel.

Ruimtestof van die Perdekop-newel soos waargeneem deur die Hubble-ruimteteleskoop.

Stof kan verder opgedeel word na gelang van waar dit voorkom: intergalaktiese (tussen sterrestelsels), interstellêre (tussen sterre), interplanetêre (tussen planete) en sirkumplanetêre stof (soos in ringe om ’n planeet). In ons eie sonnestelsel veroorsaak interplanetêre stof die sodiaklig. Bronne van stof in die sonnestelsel is komete, asteroïdes, die Kuiper-gordel en interstellêre stof wat deur ons stelsel beweeg. Daar val sowat 40 ton ruimtestof per dag op die Aarde.

Wetenskaplikes het ruimtestof eers as lastig beskou omdat dit hulle soms gekeer het om voorwerpe van belang te bestudeer. Toe begin is met infrarooi astronomie, het hulle besef hoe belangrik en noodsaaklik dié stof is. Dit speel ’n groot rol in ster- en planeetformasie, die sodiaklig, komete en planetêre ringe.

Die bestudering van ruimtestof is ’n omvattende navorsingsveld wat verskeie wetenskappe behels: etlike terreine van fisika, elektromagnetisme, wiskunde, chemie en meteoritika, sowel as elke tak van die astronomie en astrofisika.

  1. Eberhard Grün (2001). . Berlin: Springer. ISBN 3-540-42067-3.

Publikasie datum: September 26, 2021

ruimtestof, kosmiese, stof, deeltjies, ruimte, wissel, paar, molekules, mikrometer, enige, stof, kosmos, wees, beperk, ruimtestof, sonnestelsel, perdekop, newel, soos, waargeneem, deur, hubble, ruimteteleskoop, stof, verder, opgedeel, word, gelang, waar, voork. Ruimtestof of kosmiese stof is deeltjies in die ruimte wat wissel van n paar molekules tot 0 1 mikrometer µm Dit kan enige stof in die kosmos wees of beperk tot ruimtestof in ons sonnestelsel Ruimtestof van die Perdekop newel soos waargeneem deur die Hubble ruimteteleskoop Stof kan verder opgedeel word na gelang van waar dit voorkom intergalaktiese tussen sterrestelsels interstellere tussen sterre interplanetere tussen planete en sirkumplanetere stof soos in ringe om n planeet In ons eie sonnestelsel veroorsaak interplanetere stof die sodiaklig Bronne van stof in die sonnestelsel is komete asteroides die Kuiper gordel en interstellere stof wat deur ons stelsel beweeg Daar val sowat 40 ton ruimtestof per dag op die Aarde Wetenskaplikes het ruimtestof eers as lastig beskou omdat dit hulle soms gekeer het om voorwerpe van belang te bestudeer Toe begin is met infrarooi astronomie het hulle besef hoe belangrik en noodsaaklik die stof is Dit speel n groot rol in ster en planeetformasie die sodiaklig komete en planetere ringe Die bestudering van ruimtestof is n omvattende navorsingsveld wat verskeie wetenskappe behels etlike terreine van fisika elektromagnetisme wiskunde chemie en meteoritika sowel as elke tak van die astronomie en astrofisika 1 Verwysings Wysig Eberhard Grun 2001 Interplanetary dust Berlin Springer ISBN 3 540 42067 3 Eksterne skakels WysigCosmic Dust Group Geargiveer 13 Junie 2012 op Wayback Machine Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse WikipediaOntsluit van https af wikipedia org w index php title Ruimtestof amp ol,