fbpx
Wikipedia

Rudyard Kipling



Joseph Rudyard Kipling

Engelse digter en skrywer


Handtekening


Literêre genres
Kortverhale, romans, kinderboeke, poësie, reisliteratuur, wetenskapsfiksie


Beduidende werke


The Jungle Book (1894)
Kim (1901)

Joseph Rudyard Kipling ['rʌdjəd ˈkɪplɪŋ] (* 30 Desember 1865; † 18 Januarie 1936) was 'n Engelse digter en skrywer wat veral bekendheid verwerf het met sy verhale en gedigte oor Britse soldate in Indië, sy kinderverhale, die verhaalbundel The Jungle Book, die avontuurroman Kim, 'n groot verskeidenheid kortverhale, waaronder The Man Who Would Be King, en gedigte soos Mandalay, Gunga Din (albei gepubliseer in 1890), The White Man's Burden (1899) en If- (1910).

Kipling is in Bombaai (tans Mumbai), 'n stad in die gelyknamige provinsie van Brits-Indië gebore en het op vyfjarige ouderdom saam met sy ouers na Engeland verhuis.

Een van Kipling se belangrikste prestasies is sy vernuwing van die kortverhaal as literêre genre,[1] terwyl sy kinderboeke tot die klassieke werke van dié genre gereken word. Die Ierse skrywer James Joyce het Kipling saam met Tolstoi en D'Annunzio as die "drie 19de eeuse skrywers met die grootste natuurlike aanleg" beskou, alhoewel Kipling volgens hom sy talent as skrywer nie ten volle aangewend het nie. Vir Joyce het al drie skrywers "half-fanatieke beskouings oor godsdiens of patriotisme" gedeel.[2]

Kipling se prosa- en liriese werke was in die laat 19de en vroeë 20ste eeu baie gewild by die Engelse leserspubliek. In 1907 is die Nobelprys vir Letterkunde aan hom toegeken.[3] Hy was die eerste Engelse skrywer wat met dié prys bekroon is, en is steeds die jongste wenner ooit.

Namate die politieke en maatskaplike klimaat verander het, het sommige van Kipling se werke en beskouings omstrede geraak. George Orwell het na hom in een van sy essays as 'n "profeet van Britse imperialisme" verwys. Vir die literêre kritikus Douglas Kerr is Kipling 'n skrywer wie se prestasies in die literêre en kulturele geskiedenis moeilik is om te bepaal aangesien vurige debatte daaroor gevoer kan word: "Maar namate die historiese afstand tot die tydperk van Europese koloniale ryke groter word, word hy erken as 'n onvergelykbare, hoewel omstrede, vertolker van die manier waarop die Britse Ryk ervaar is." Kipling se vertelkuns was vir Kerr in elk geval van 'n hoë orde.[4]

Suid-Afrika

 
Kipling in Suid-Afrika

Vroeg in 1898 het die Kiplings na Suid-Afrika gereis om daar die wintervakansie te spandeer. Dit was die begin van 'n jaarlikse tradisie wat (met uitsondering van die volgende jaar) tot en met 1908 voortgeduur het. Hulle het steeds in The Woolsack gebly, 'n huis op Cecil Rhodes se Groot Constantia-landgoed wat binne loopafstand van Rhodes se woning geleë was. Dit is tans 'n koshuis van die Universiteit van Kaapstad.

Met sy nuwe reputasie as "Digter van die Britse Ryk" (Poet of the Empire) het hy 'n warm welkom deur sommige van die invloedrykste politieke persoonlikhede van die Kaapkolonie ontvang, waaronder Rhodes, Sir Alfred Milner en Leander Starr Jameson. Kipling het hul vriendskap gekultiveer, en die politici en hul beleid het sy bewondering geniet.

Die jare tussen 1898 en 1910 was 'n beslissende tydperk in die geskiedenis van Suid-Afrika. Dit was die tyd van die Tweede Suid-Afrikaanse Oorlog (1899–1902), die daaropvolgende Vrede van Vereeniging en die stigting van die Unie van Suid-Afrika in 1910. Ná sy terugkeer na Engeland het Kipling gedigte geskryf waarin hy vir die Britse saak in die Boere-oorlog bepleit het. Tydens sy volgende besoek aan Suid-Afrika vroeg in 1900 is hy as korrespondent van die dagblad The Friend in Bloemfontein aangestel wat deur Lord Roberts ná die verowering van die stad as nuusmedium vir Britse troepe oorgeneem is.

Alhoewel sy joernalistieke opdrag slegs twee weke geduur het, was dit Kipling se eerste betrokkenheid by 'n dagblad sedert sy afskeid by The Pioneer in Allahabad tien jaar vantevore. By die Friend het hy lewenslange vriendskap met Perceval Landon, Howell Arthur Gwynne en ander gesluit.[5] Kipling het ook artikels geskryf waarin hy sy standpunte ten opsigte van die oorlog uitvoerig toegelig het.[6] 'n Inskrif by die Honoured Dead Memorial in Kimberley, 'n monument ter herinnering aan die beleg van die stad deur Boeremagte tussen Oktober 1899 en Februarie 1900, het uit Kipling se pen gekom.

Verwysings

  1. Andrew Rutherford: General Preface to the Editions of Rudyard Kipling, in: Rudyard Kipling: Puck of Pook's Hill and Rewards and Fairies. Oxford University Press 1987
  2. Dagboek van David Fleischman, 21 Julie 1938, aangehaal in: Richard Ellmann: James Joyce. Oxford University Press 1983, bl. 661
  3. "The Nobel Prize in Literature 1907" (in Engels). Nobelprize.org. vanaf die oorspronklike op 2 Julie 2018. Besoek op 7 Oktober 2017.
  4. Douglas Kerr, Universiteit van Hong Kong: Rudyard Kipling. In: The Literary Encyclopedia. The Literary Dictionary Company 2002
  5. C.E. Carrington: The Life of Rudyard Kipling. Garden City, NY: Doubleday & Co. 1955, bl. 236
  6. . Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Mei 2011. Besoek op 12 Junie 2013.

Eksterne skakels

Rudyard Kipling
rudyard, kipling, joseph, engelse, digter, skrywer, handtekening, literêre, genres, kortverhale, romans, kinderboeke, poësie, reisliteratuur, wetenskapsfiksie, beduidende, werkethe, jungle, book, 1894, 1901, joseph, rʌdjəd, ˈkɪplɪŋ, desember, 1865, januarie, 1. Joseph Rudyard KiplingEngelse digter en skrywer Handtekening Literere genres Kortverhale romans kinderboeke poesie reisliteratuur wetenskapsfiksie Beduidende werkeThe Jungle Book 1894 Kim 1901 Joseph Rudyard Kipling rʌdjed ˈkɪplɪŋ 30 Desember 1865 18 Januarie 1936 was n Engelse digter en skrywer wat veral bekendheid verwerf het met sy verhale en gedigte oor Britse soldate in Indie sy kinderverhale die verhaalbundel The Jungle Book die avontuurroman Kim n groot verskeidenheid kortverhale waaronder The Man Who Would Be King en gedigte soos Mandalay Gunga Din albei gepubliseer in 1890 The White Man s Burden 1899 en If 1910 Kipling is in Bombaai tans Mumbai n stad in die gelyknamige provinsie van Brits Indie gebore en het op vyfjarige ouderdom saam met sy ouers na Engeland verhuis Een van Kipling se belangrikste prestasies is sy vernuwing van die kortverhaal as literere genre 1 terwyl sy kinderboeke tot die klassieke werke van die genre gereken word Die Ierse skrywer James Joyce het Kipling saam met Tolstoi en D Annunzio as die drie 19de eeuse skrywers met die grootste natuurlike aanleg beskou alhoewel Kipling volgens hom sy talent as skrywer nie ten volle aangewend het nie Vir Joyce het al drie skrywers half fanatieke beskouings oor godsdiens of patriotisme gedeel 2 Kipling se prosa en liriese werke was in die laat 19de en vroee 20ste eeu baie gewild by die Engelse leserspubliek In 1907 is die Nobelprys vir Letterkunde aan hom toegeken 3 Hy was die eerste Engelse skrywer wat met die prys bekroon is en is steeds die jongste wenner ooit Namate die politieke en maatskaplike klimaat verander het het sommige van Kipling se werke en beskouings omstrede geraak George Orwell het na hom in een van sy essays as n profeet van Britse imperialisme verwys Vir die literere kritikus Douglas Kerr is Kipling n skrywer wie se prestasies in die literere en kulturele geskiedenis moeilik is om te bepaal aangesien vurige debatte daaroor gevoer kan word Maar namate die historiese afstand tot die tydperk van Europese koloniale ryke groter word word hy erken as n onvergelykbare hoewel omstrede vertolker van die manier waarop die Britse Ryk ervaar is Kipling se vertelkuns was vir Kerr in elk geval van n hoe orde 4 Suid Afrika Wysig Kipling in Suid Afrika Vroeg in 1898 het die Kiplings na Suid Afrika gereis om daar die wintervakansie te spandeer Dit was die begin van n jaarlikse tradisie wat met uitsondering van die volgende jaar tot en met 1908 voortgeduur het Hulle het steeds in The Woolsack gebly n huis op Cecil Rhodes se Groot Constantia landgoed wat binne loopafstand van Rhodes se woning gelee was Dit is tans n koshuis van die Universiteit van Kaapstad Met sy nuwe reputasie as Digter van die Britse Ryk Poet of the Empire het hy n warm welkom deur sommige van die invloedrykste politieke persoonlikhede van die Kaapkolonie ontvang waaronder Rhodes Sir Alfred Milner en Leander Starr Jameson Kipling het hul vriendskap gekultiveer en die politici en hul beleid het sy bewondering geniet Die jare tussen 1898 en 1910 was n beslissende tydperk in die geskiedenis van Suid Afrika Dit was die tyd van die Tweede Suid Afrikaanse Oorlog 1899 1902 die daaropvolgende Vrede van Vereeniging en die stigting van die Unie van Suid Afrika in 1910 Na sy terugkeer na Engeland het Kipling gedigte geskryf waarin hy vir die Britse saak in die Boere oorlog bepleit het Tydens sy volgende besoek aan Suid Afrika vroeg in 1900 is hy as korrespondent van die dagblad The Friend in Bloemfontein aangestel wat deur Lord Roberts na die verowering van die stad as nuusmedium vir Britse troepe oorgeneem is Alhoewel sy joernalistieke opdrag slegs twee weke geduur het was dit Kipling se eerste betrokkenheid by n dagblad sedert sy afskeid by The Pioneer in Allahabad tien jaar vantevore By die Friend het hy lewenslange vriendskap met Perceval Landon Howell Arthur Gwynne en ander gesluit 5 Kipling het ook artikels geskryf waarin hy sy standpunte ten opsigte van die oorlog uitvoerig toegelig het 6 n Inskrif by die Honoured Dead Memorial in Kimberley n monument ter herinnering aan die beleg van die stad deur Boeremagte tussen Oktober 1899 en Februarie 1900 het uit Kipling se pen gekom Verwysings Wysig Andrew Rutherford General Preface to the Editions of Rudyard Kipling in Rudyard Kipling Puck of Pook s Hill and Rewards and Fairies Oxford University Press 1987 Dagboek van David Fleischman 21 Julie 1938 aangehaal in Richard Ellmann James Joyce Oxford University Press 1983 bl 661 The Nobel Prize in Literature 1907 in Engels Nobelprize org Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Julie 2018 Besoek op 7 Oktober 2017 Douglas Kerr Universiteit van Hong Kong Rudyard Kipling In The Literary Encyclopedia The Literary Dictionary Company 2002 C E Carrington The Life of Rudyard Kipling Garden City NY Doubleday amp Co 1955 bl 236 Rudyard Kipling Kipling at Cape Town Severe Arraignment of Treacherous Afrikanders and Demand for Condign Punishment By and By In The New York Times 18 Maart 1900 bl 21 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Mei 2011 Besoek op 12 Junie 2013 Eksterne skakels Wysig Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Rudyard Kipling Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Rudyard Kipling amp oldid 2444016,