×
Rova van Antananarivo

Die Rova van Antananarivo (Malgassies: Rovan'i Manjakamiadana) is ’n koninklike paleiskompleks in Antananarivo, Madagaskar, wat in die 17de en 18de eeu gedien het as woning van die heersers van die Koninkryk Imerina op die sentrale plato van die land en in die 19de eeu van die Koninkryk Madagaskar. Dit staan op die hoogste punt van Analamanga, voorheen die hoogste van Antananarivo se baie heuwels. Die Merina-koning Andrianjaka, wat omstreeks 1610 tot 1630 oor Imerina regeer het, het Analamanga vermoedelik van ’n Vazimba-koning verower en die eerste gefortifiseerde koninklike gebou daar opgerig. Opeenvolgende Merina-konings het van hier af regeer tot met die val van die koninkryk in 1896. Dit is verskeie kere gerestoureer en verander, en koninklike geboue is voortdurend by die kompleks gevoeg.

Rova van Antananarivo

Die Rova in Maart 2004. Die verwoesting van die kompleks, buiten die kapel (regs) en die buitedeel van Manjakamiadana (middel), kan gesien word.
Ligging Antananarivo, Madagaskar
Tipe gebou Paleiskompleks
Gebou c. 1610-1625
Gebruik Vroeë 17de eeu tot 1897
Bewoners Heersers van die Koninkryk Merina

Publikasie datum: September 26, 2021

rova, antananarivo, malgassies, rovan, manjakamiadana, koninklike, paleiskompleks, antananarivo, madagaskar, 17de, 18de, gedien, woning, heersers, koninkryk, imerina, sentrale, plato, land, 19de, koninkryk, madagaskar, staan, hoogste, punt, analamanga, voorhee. Die Rova van Antananarivo Malgassies Rovan i Manjakamiadana is n koninklike paleiskompleks in Antananarivo Madagaskar wat in die 17de en 18de eeu gedien het as woning van die heersers van die Koninkryk Imerina op die sentrale plato van die land en in die 19de eeu van die Koninkryk Madagaskar Dit staan op die hoogste punt van Analamanga voorheen die hoogste van Antananarivo se baie heuwels Die Merina koning Andrianjaka wat omstreeks 1610 tot 1630 oor Imerina regeer het het Analamanga vermoedelik van n Vazimba koning verower en die eerste gefortifiseerde koninklike gebou daar opgerig Opeenvolgende Merina konings het van hier af regeer tot met die val van die koninkryk in 1896 Dit is verskeie kere gerestoureer en verander en koninklike geboue is voortdurend by die kompleks gevoeg Rova van AntananarivoDie Rova in Maart 2004 Die verwoesting van die kompleks buiten die kapel regs en die buitedeel van Manjakamiadana middel kan gesien word Ligging Antananarivo MadagaskarTipe gebou PaleiskompleksGebou c 1610 1625Gebruik Vroee 17de eeu tot 1897Bewoners Heersers van die Koninkryk MerinaOntsluit van https af wikipedia org w index php title Rova van Antananarivo amp ol,