×
Rooireus

’n Rooireus is ’n helder reusester met ’n lae of gemiddelde massa (rofweg 0,5–10 sonmassas) in ’n laat stadium van sterevolusie. Die buitenste atmosfeer is uitgesprei en yl – daarom is die radius groot en die oppervlaktemperatuur laag, vanaf sowat 5 000 kelvin en laer. Die ster lyk geel-oranje tot rooi en sluit in spektraaltipes K en M, maar ook S- en koolstofsterre.

Die huidige grootte van die Son (geel; nou in die hoofreeks) in vergelyking met sy geskatte grootte wanneer hy in die toekoms sy rooireusfase sal bereik.

Daar word geglo hoofreekssterre van spektraaltipe A tot K (soos die Son, 'n tipe G-hoofreeksster) ontwikkel in rooireuse. Tydens sy hoofreeksfase verbrand ’n ster langsamerhand waterstof in sy kern en sit dit om in helium; sy hoofreeksfase eindig wanneer byna al die waterstof in die kern opgebruik is en hy betree dan die rooireusfase op die Hertzsprung-Russell-diagram (regs).

Die meeste rooireuse se buitekant sit steeds waterstof in helium om, terwyl die kern uit onaktiewe helium bestaan. Hierdie fase duur net ’n paar miljoen jaar en is dus kort in vergelyking met die miljarde jare van die ster se bestaan.

Die Son se hoofreeksfase is sowat 10 miljard jaar; groter sterre het ’n korter leeftyd en kleiner sterre ’n langer leeftyd.

Prominente helder rooireuse aan die naghemel sluit in Aldebaran (Alpha Tauri), Arcturus (Alpha Bootis) en Gamma Crucis (Gacrux), terwyl die nog groter Antares (Alpha Scorpii) en Betelgeuse (Alpha Orionis) rooi superreuse is.

  1. Zeilik, Michael A.; Gregory, Stephan A. (1998). Introductory Astronomy & Astrophysics (4de uitg.). Saunders College Publishing. pp. 321–322. ISBN 0-03-006228-4.

Publikasie datum: Augustus 07, 2021

rooireus, hertzsprung, russell, diagram, spektraaltipe, bruin, dwerge, dwerge, rooi, dwerge, subdwerge, hoofreeks, dwerge, subreuse, reuse, helder, reuse, superreuse, hiperreuse, absolute, magni, tude, helder, reusester, gemiddelde, massa, rofweg, sonmassas, l. Hertzsprung Russell diagram Spektraaltipe Bruin dwerge Wit dwerge Rooi dwerge Subdwerge Hoofreeks dwerge Subreuse Reuse Helder reuse Superreuse Hiperreuse Absolute magni tude MV n Rooireus is n helder reusester met n lae of gemiddelde massa rofweg 0 5 10 sonmassas in n laat stadium van sterevolusie Die buitenste atmosfeer is uitgesprei en yl daarom is die radius groot en die oppervlaktemperatuur laag vanaf sowat 5 000 kelvin en laer Die ster lyk geel oranje tot rooi en sluit in spektraaltipes K en M maar ook S en koolstofsterre Beskrywing Wysig Die huidige grootte van die Son geel nou in die hoofreeks in vergelyking met sy geskatte grootte wanneer hy in die toekoms sy rooireusfase sal bereik Daar word geglo hoofreekssterre van spektraaltipe A tot K soos die Son n tipe G hoofreeksster ontwikkel in rooireuse 1 Tydens sy hoofreeksfase verbrand n ster langsamerhand waterstof in sy kern en sit dit om in helium sy hoofreeksfase eindig wanneer byna al die waterstof in die kern opgebruik is en hy betree dan die rooireusfase op die Hertzsprung Russell diagram regs 2 Die meeste rooireuse se buitekant sit steeds waterstof in helium om terwyl die kern uit onaktiewe helium bestaan Hierdie fase duur net n paar miljoen jaar 3 en is dus kort in vergelyking met die miljarde jare van die ster se bestaan Die Son se hoofreeksfase is sowat 10 miljard jaar groter sterre het n korter leeftyd en kleiner sterre n langer leeftyd 2 Prominente helder rooireuse aan die naghemel sluit in Aldebaran Alpha Tauri Arcturus Alpha Bootis en Gamma Crucis Gacrux terwyl die nog groter Antares Alpha Scorpii en Betelgeuse Alpha Orionis rooi superreuse is Verwysings Wysig Color of star ranging blue through orange 2 0 2 1 Zeilik Michael A Gregory Stephan A 1998 Introductory Astronomy amp Astrophysics 4de uitg Saunders College Publishing pp 321 322 ISBN 0 03 006228 4 Red GiantsEksterne skakels Wysig Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Rooireuse Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse WikipediaOntsluit van https af wikipedia org w index php title Rooireus amp ol,