×
Rooiaas

Rooiaas (Pyura stolonifera) is 'n manteldier of sakpyp wat aan die hele Suid-Afrikaanse kus voorkom.

Rooiaas
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Subfilum:
Urochordata
Klas:
Ascidiacea
Orde:
Pleurogona
Suborde:
Stolidobranchia
Familie:
Pyuridae
Genus:
Pyura
Spesie:
P. stolonifera

(Heller, 1878)
Binomiale naam
Pyura stolonifera

Inhoud

Pyura stolonifera is 'n volop alleenstaande tussengetybewoner wat tot die klas Ascidiacea behoort. Dit is 'n pienk tot rooierige dier omhul in 'n dik, taai, leeragtige donkerbruin mantel met 'n verrimpelde bruin bedekking. Dit is gewoonlik dik oortrek met ander korsvormende organismes.

Filtersuiers

Die dier het twee suiers aan sy bokant wat gebruik word vir filtervoeding. Die een suier suig seewater in wat gefiltreer word in die dier en die afvalwater word dan deur die ander uitblaassuier uitgespuit. Dit het groot insuig- en uitblaassuiers met 'n effens geskulpte rand, gewoonlik naby aan mekaar geplaas.

Dit kom voor in rotsagtige gebiede in die laagwatersone tot ten minste 10 m onderwater, waar dit tot meer as 15 cm in hoogte kan groei. Die beste manier om rooiaas op te spoor tussen rotse, is om op te let na die straaltjies water wat luglangs gespuit word wanneer 'n brander terugtrek see in.

Rooiaas is 'n ekostelsel-ingenieur wat tussengety-kushabitat drasties kan verander. Digte kolonies soos dié op die foto kan ondergeskikte spesies domineer, en ook 'n habitat vir ander organismes verskaf.
Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.

Publikasie datum: Augustus 22, 2021

rooiaas, pyura, stolonifera, manteldier, sakpyp, hele, suid, afrikaanse, voorkom, wetenskaplike, klassifikasiekoninkryk, animaliafilum, chordatasubfilum, urochordataklas, ascidiaceaorde, pleurogonasuborde, stolidobranchiafamilie, pyuridaegenus, pyuraspesie, st. Rooiaas Pyura stolonifera is n manteldier of sakpyp wat aan die hele Suid Afrikaanse kus voorkom RooiaasWetenskaplike klassifikasieKoninkryk AnimaliaFilum ChordataSubfilum UrochordataKlas AscidiaceaOrde PleurogonaSuborde StolidobranchiaFamilie PyuridaeGenus PyuraSpesie P stolonifera Heller 1878 Binomiale naamPyura stolonifera Inhoud 1 Beskrywing 1 1 Filtersuiers 2 Voorkoms en grootte 3 BronBeskrywing WysigPyura stolonifera is n volop alleenstaande tussengetybewoner wat tot die klas Ascidiacea behoort Dit is n pienk tot rooierige dier omhul in n dik taai leeragtige donkerbruin mantel met n verrimpelde bruin bedekking Dit is gewoonlik dik oortrek met ander korsvormende organismes Filtersuiers Wysig Die dier het twee suiers aan sy bokant wat gebruik word vir filtervoeding Die een suier suig seewater in wat gefiltreer word in die dier en die afvalwater word dan deur die ander uitblaassuier uitgespuit Dit het groot insuig en uitblaassuiers met n effens geskulpte rand gewoonlik naby aan mekaar geplaas Voorkoms en grootte WysigDit kom voor in rotsagtige gebiede in die laagwatersone tot ten minste 10 m onderwater waar dit tot meer as 15 cm in hoogte kan groei Die beste manier om rooiaas op te spoor tussen rotse is om op te let na die straaltjies water wat luglangs gespuit word wanneer n brander terugtrek see in Rooiaas is n ekostelsel ingenieur wat tussengety kushabitat drasties kan verander Digte kolonies soos die op die foto kan ondergeskikte spesies domineer en ook n habitat vir ander organismes verskaf Bron WysigGids tot die Kusgebiede van Suid Afrika Jacana Media 2007 ISBN 978 1 77009 215 0 Hierdie artikel is n saadjie Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Rooiaas amp ol,