fbpx
Wikipedia

Rooi Leër

Die Rooi Leër was die weermag van die Sowjetunie wat kort ná die Russiese Rewolusie tot stand gebring is. Die amptelike Russiese naam is Рабоче-крестьянская Красная армия, wat vertaal kan word as die Rooi Arbeiders- en Boereleër.

Rooi Leër
Die Rooi Leër se kenteken
Gestig 23 Februarie 1918
Ontbind 25 Februarie 1946
Land Russiese SFSR (1918–1922)
 Sowjetunie (1922–1946)
Onderdeel van Gewapende magte van die Russiese Federasie (1918–1922)
Gewapende magte van die USSR (1922–1946)
Tipe Weermag
Hoofkwartier Moskou, Sowjetunie
Kommandostruktuur Landmagte en lugmagte
Kleur Rooi
Veldslae Tweede Wêreldoorlog
Die Rooi Leër se vlag.
Die Rooi Leër se oorwinningsvlag is in Mei 1945 op die Duitse Reichstag gehys.

Die Rooi Leër is amptelik op 23 Februarie 1918 gestig. Voor dit was daar reeds 'n Rooi Garde, maar hulle het eerder as 'n soort partypolisie van die Bolsjewiste as 'n leër gefungeer. Leon Trotsky word as die stigter en organiseerder van die leër beskou.

In 1920 word Michail Toechatsjefski die opperbevelhebber van die Rooi Leër, 'n pos wat hy tot 1937 sou beklee. In hierdie jaar is bykans die hele topbestuur, insluitende Toechatsjefski, as deel van die Groot Suiwering tereggestel omdat Josef Stalin vir 'n staatsgreep gevrees het. Offisiere met laer range is tereggestel, tot dwangarbeid veroordeel of ontslaan. Die party het hierdie poste met politiek betroubare, maar minder bekwame offisiere gevul. As gevolg hiervan het enorme chaos tydens die Duitse aanval op Rusland in 1941 tydens die Tweede Wêreldoorlog geheers en het die Rooi Leër enorme verliese gely.

Tydens die oorlog was maarskalk Georgi Zjoekof die opperbevelhebber. Onder sy leiding het die Rooi Leër die Duitsers op die oosfront verslaan en dit het tot die val van Berlyn gelei.

Die Rooi Leër het beide 'n militêre en politieke komponent gehad. Vir elke bevelvoerder van 'n reglement was daar ook 'n politieke kommissaris. Die doel hiervan was om te verseker dat offisiere en soldate kommunisties geskool bly. Later is die stelsel van politieke kommissarisse afgeskaf.

In 1935 het die Raad van Volkskommissarisse (die kabinet van die USSR) vyf persone van die Rooi Leër as maarskalk van die Sowjetunie benoem. Tydens die Tweede Wêreldoorlog is meer generaals tot maarskalk van die Sowjetunie bevorder.

In 1946 is die woord 'Rooi' uit die naam gehaal, en het die leër as die Sowjet-leër bekend gestaan.

Verskeie terroristegroepe soos die Rote Armee Fraktion, asook die Japannese Rooi Leër het 'n doelbewuste verwysing na die Rooi Leër in hul naam.

Rooi Leër
rooi, leër, weermag, sowjetunie, kort, russiese, rewolusie, stand, gebring, amptelike, russiese, naam, Рабоче, крестьянская, Красная, армия, vertaal, word, rooi, arbeiders, boereleër, kentekengestig, februarie, 1918ontbind, februarie, 1946land, russiese, sfsr,. Die Rooi Leer was die weermag van die Sowjetunie wat kort na die Russiese Rewolusie tot stand gebring is Die amptelike Russiese naam is Raboche krestyanskaya Krasnaya armiya wat vertaal kan word as die Rooi Arbeiders en Boereleer Rooi LeerDie Rooi Leer se kentekenGestig 23 Februarie 1918Ontbind 25 Februarie 1946Land Russiese SFSR 1918 1922 Sowjetunie 1922 1946 Onderdeel van Gewapende magte van die Russiese Federasie 1918 1922 Gewapende magte van die USSR 1922 1946 Tipe WeermagHoofkwartier Moskou SowjetunieKommandostruktuur Landmagte en lugmagteKleur RooiVeldslae Tweede Wereldoorlog Beleg van Leningrad Slag van StalingradDie Rooi Leer se vlag Die Rooi Leer se oorwinningsvlag is in Mei 1945 op die Duitse Reichstag gehys Die Rooi Leer is amptelik op 23 Februarie 1918 gestig Voor dit was daar reeds n Rooi Garde maar hulle het eerder as n soort partypolisie van die Bolsjewiste as n leer gefungeer Leon Trotsky word as die stigter en organiseerder van die leer beskou In 1920 word Michail Toechatsjefski die opperbevelhebber van die Rooi Leer n pos wat hy tot 1937 sou beklee In hierdie jaar is bykans die hele topbestuur insluitende Toechatsjefski as deel van die Groot Suiwering tereggestel omdat Josef Stalin vir n staatsgreep gevrees het Offisiere met laer range is tereggestel tot dwangarbeid veroordeel of ontslaan Die party het hierdie poste met politiek betroubare maar minder bekwame offisiere gevul As gevolg hiervan het enorme chaos tydens die Duitse aanval op Rusland in 1941 tydens die Tweede Wereldoorlog geheers en het die Rooi Leer enorme verliese gely Tydens die oorlog was maarskalk Georgi Zjoekof die opperbevelhebber Onder sy leiding het die Rooi Leer die Duitsers op die oosfront verslaan en dit het tot die val van Berlyn gelei Die Rooi Leer het beide n militere en politieke komponent gehad Vir elke bevelvoerder van n reglement was daar ook n politieke kommissaris Die doel hiervan was om te verseker dat offisiere en soldate kommunisties geskool bly Later is die stelsel van politieke kommissarisse afgeskaf In 1935 het die Raad van Volkskommissarisse die kabinet van die USSR vyf persone van die Rooi Leer as maarskalk van die Sowjetunie benoem Tydens die Tweede Wereldoorlog is meer generaals tot maarskalk van die Sowjetunie bevorder In 1946 is die woord Rooi uit die naam gehaal en het die leer as die Sowjet leer bekend gestaan Verskeie terroristegroepe soos die Rote Armee Fraktion asook die Japannese Rooi Leer het n doelbewuste verwysing na die Rooi Leer in hul naam Hierdie artikel is n saadjie Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Rooi Leer amp oldid 2437950,