×
Rooi
#FF0000

Rooi is 'n kleur wat lê by die laagste frekwensies van lig wat deur die menslike oog onderskei kan word. Rooi lig het 'n golflengte van ongeveer 700 nanometer. Rooi, wat die langste golflengte het, word die minste gebreek (refraksie of ligbreking) en violet die meeste.

Suurstofhoudende bloed is rooi weens die hemoglobien wat daarin bevat is. Rooi lig word eerste deur seewater geabsorbeer, sodat baie visse en ander ongewerwelde seediere wat helderrooi vir mense voorkom, in werklikheid swart in hulle natuurlike omgewing voorkom.

Rooi is 'n toevoegende primêre kleur, komplementêr tot siaan. Dit was eers beskou as 'n aftrekkende primêre kleur, en word steeds soms so beskryf in nie-wetenskaplike literatuur. Dit is wel nou bekend dat die kleure siaan, magenta en geel nader aan die ware primêre kleure is wat deur die oog onderskei kan word, en word in moderne kleurdrukwerk gebruik. In die RGB-kleurmodel wat deur TV-stelle en rekenaarskerms gebruik word is rooi een van die drie kanale, genaamd R.

Laer frekwensies word infrarooi, of verre rooi, genoem.

'n Rooi filter wat in swart-en-wit fotografie gebruik word, verskerp die kontras in meeste tonele. Byvoorbeeld, wanneer dit saam met 'n polariseerder gebruik word, kan dit die lug swart maak. Filmtipes wat die effek van infrarooifilm naboots (soos Ilford se SFX 200), doen dit deur baie meer sensitief te wees vir rooi as die ander kleure.

Inhoud

'n Rooi voetgangerslig
Chinese trourok.
  • Rooi gryp mense se aandag, en word gereeld as 'n teken van gevaar gesien: daarom word dit in waarskuwingstekens gebruik.
    • Die kleur van bloed het gelei tot die verbintenis van rooi met die god van oorlog, Mars, en daarom is die rooierige planeet Mars ook na hom vernoem.
    • Rooi word gebruik om "stop" in verkeerstekens en -seine aan te dui.
    • In motorwedrenne word 'n rooi vlag gebruik om alle motors onmiddellik tot stilstand te bring.
    • Rooi, tesame met geel en oranje, word geag dat dit honger aanvuur, en daarom die gebruik daarvan in die kentekens van baie voedselmakers.
  • Rooi is die kleur van liefde, beide in die rooi harte van 'n valentyn, en in 'n "rooiliggebied".
  • Rooi is een van die Kersfeeskleure.
  • Sedert die Revolusie van 1848 is "Sosialistiese" rooi gebruik as 'n kleur van Europese opstandiges, soos Giuseppe Garibaldi se camicie rosse ("rooihemde") in die Italiaanse "Risorgimento", en is gedra deur die linkse en algemeen radikale groepe.
    • Die Russiese Burgeroorlog (1917 tot 1922) en die Burgeroorlog in Finland is geveg tussen die "Rooies" en die "Wittes".
    • Die vereenselwiging van Kommunisme met "Sosialistiese" rooi (en met rooi as die hoofkleur van die Sowjetunie-vlag) het gelei tot Koue Oorlogse uitdrukkings soos "die Rooi Bedreiging" en "Rooi China" (wat onderskei was van "Vrye China", oftewel Taiwan).
  • In Chinese simboliek is rooi die kleur van goeie geluk, en word gebruik vir versiering en trouklere. Geld in Chinese samelewings word tradisioneel in rooi pakkies gegee. Mao Zedong was ook soms verwys na as 'n "rooi son".
  • Rooi ink word ook gebruik om skuld aan te dui, asook verliese op 'n balansstaat; vandaar die frase om "in die rooi" te wees by die bank.
  • In Noord-Amerikaanse aandelemarkte wordrooi gebruik om 'n val in aandelepryse aan te dui. In Oos-Asië is die teenoorgestelde gebruiklik, rooi dui hier 'n styging in aandelepryse aan.

Volgens verskeie kleurskemas wordrooi as volg voorgestel:

Model Koördinate
Heksadesimale kode #FF0000
RGB-kleurmodel (255, 0, 0)
CMYK (0, 255, 255, 0)
HSV (0°, 100%, 100%)
  • Skarlaken – 'n rooi wat na rooi-oranje neig, en geen blou bevat nie.
  • Vermiljoen – 'n vurige rooi wat na effe meer na rooi-oranje neig as skarlaken, en wat van sinnaber, die kunsmatige rooi kwiksulfied wat as pigment gebruik word, voorberei word.
  • Karmosyn – 'n rooi wat geen geel bevat nie, en na rooi-violet neig.
  • Venesiaanse Rooi (ook bekend as Indiese Rooi en Indiaanse Rooi) – 'n bruinerige rooi wat van ystersulfied voorberei word.
  • Brandweerwarooi – 'n helderrooi wat gereeld op noodvoertuie gebruik word.
  • Roos is 'n reeks kleure aan die blou kant van rooi.
  • Perske is 'n reeks kleure aan die geel kant van rooi wat algemeen na 'n ligte skakering neig.



Publikasie datum: September 26, 2021

rooi, ff0000, kleur, laagste, frekwensies, deur, menslike, onderskei, word, golflengte, ongeveer, nanometer, langste, golflengte, word, minste, gebreek, refraksie, ligbreking, violet, meeste, suurstofhoudende, bloed, rooi, weens, hemoglobien, daarin, bevat, wo. FF0000 Rooi is n kleur wat le by die laagste frekwensies van lig wat deur die menslike oog onderskei kan word Rooi lig het n golflengte van ongeveer 700 nanometer Rooi wat die langste golflengte het word die minste gebreek refraksie of ligbreking en violet die meeste Suurstofhoudende bloed is rooi weens die hemoglobien wat daarin bevat is Rooi lig word eerste deur seewater geabsorbeer sodat baie visse en ander ongewerwelde seediere wat helderrooi vir mense voorkom in werklikheid swart in hulle natuurlike omgewing voorkom Rooi is n toevoegende primere kleur komplementer tot siaan Dit was eers beskou as n aftrekkende primere kleur en word steeds soms so beskryf in nie wetenskaplike literatuur Dit is wel nou bekend dat die kleure siaan magenta en geel nader aan die ware primere kleure is wat deur die oog onderskei kan word en word in moderne kleurdrukwerk gebruik In die RGB kleurmodel wat deur TV stelle en rekenaarskerms gebruik word is rooi een van die drie kanale genaamd R Laer frekwensies word infrarooi of verre rooi genoem n Rooi filter wat in swart en wit fotografie gebruik word verskerp die kontras in meeste tonele Byvoorbeeld wanneer dit saam met n polariseerder gebruik word kan dit die lug swart maak Filmtipes wat die effek van infrarooifilm naboots soos Ilford se SFX 200 doen dit deur baie meer sensitief te wees vir rooi as die ander kleure Inhoud 1 Gebruik simboliek volksmond uitdrukkings 2 Kleurkoordinate 3 Variasies 4 Sien ook 5 Eksterne skakelsGebruik simboliek volksmond uitdrukkings Wysig n Rooi voetgangerslig Chinese trourok Rooi gryp mense se aandag en word gereeld as n teken van gevaar gesien daarom word dit in waarskuwingstekens gebruik Die kleur van bloed het gelei tot die verbintenis van rooi met die god van oorlog Mars en daarom is die rooierige planeet Mars ook na hom vernoem Rooi word gebruik om stop in verkeerstekens en seine aan te dui In motorwedrenne word n rooi vlag gebruik om alle motors onmiddellik tot stilstand te bring Rooi tesame met geel en oranje word geag dat dit honger aanvuur en daarom die gebruik daarvan in die kentekens van baie voedselmakers Rooi is die kleur van liefde beide in die rooi harte van n valentyn en in n rooiliggebied Rooi is een van die Kersfeeskleure Sedert die Revolusie van 1848 is Sosialistiese rooi gebruik as n kleur van Europese opstandiges soos Giuseppe Garibaldi se camicie rosse rooihemde in die Italiaanse Risorgimento en is gedra deur die linkse en algemeen radikale groepe Die Russiese Burgeroorlog 1917 tot 1922 en die Burgeroorlog in Finland is geveg tussen die Rooies en die Wittes Die vereenselwiging van Kommunisme met Sosialistiese rooi en met rooi as die hoofkleur van die Sowjetunie vlag het gelei tot Koue Oorlogse uitdrukkings soos die Rooi Bedreiging en Rooi China wat onderskei was van Vrye China oftewel Taiwan In Chinese simboliek is rooi die kleur van goeie geluk en word gebruik vir versiering en trouklere Geld in Chinese samelewings word tradisioneel in rooi pakkies gegee Mao Zedong was ook soms verwys na as n rooi son Rooi ink word ook gebruik om skuld aan te dui asook verliese op n balansstaat vandaar die frase om in die rooi te wees by die bank In Noord Amerikaanse aandelemarkte word rooi gebruik om n val in aandelepryse aan te dui In Oos Asie is die teenoorgestelde gebruiklik rooi dui hier n styging in aandelepryse aan Kleurkoordinate WysigVolgens verskeie kleurskemas word rooi as volg voorgestel Model KoordinateHeksadesimale kode FF0000RGB kleurmodel 255 0 0 CMYK 0 255 255 0 HSV 0 100 100 Variasies WysigSkarlaken n rooi wat na rooi oranje neig en geen blou bevat nie Vermiljoen n vurige rooi wat na effe meer na rooi oranje neig as skarlaken en wat van sinnaber die kunsmatige rooi kwiksulfied wat as pigment gebruik word voorberei word Karmosyn n rooi wat geen geel bevat nie en na rooi violet neig Venesiaanse Rooi ook bekend as Indiese Rooi en Indiaanse Rooi n bruinerige rooi wat van ystersulfied voorberei word Brandweerwarooi n helderrooi wat gereeld op noodvoertuie gebruik word Roos is n reeks kleure aan die blou kant van rooi Perske is n reeks kleure aan die geel kant van rooi wat algemeen na n ligte skakering neig Elektromagnetiese Spektrum Radiogolf Mikrogolf Infrarooi Sigbare spektrum Ultraviolet X strale Gammastraal Sigbaar Rooi Oranje Geel Groen Siaan Blou VioletSien ook WysigLys van kleure lig kleurEksterne skakels Wysig Wikiwoordeboek het n inskrywing vir rooi Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Rooi amp ol,