×
Ring-newel

Die Ring-newel (ook bekend as Messier 57 en NGC 6720) is geleë in die sterrebeeld Lier. Dit is ’n goeie voorbeeld van ’n planetêre newel en bestaan uit ’n dop geïoniseerde gas wat weggeskiet is deur ’n rooireus wat deur die laaste stadium van sy evolusie beweeg het om ’n witdwerg te word.

Ring-newel
Messier 57, die Ring-newel. (Bron: Nasa/STScI/AURA)
Soort newel Planetêre newel
Sterrebeeld Lier
Messier-naam Messier 57
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming 18h 53m 35,079s
Deklinasie +33º 01' 45,03"
Skynmagnitude (m) 8,8
Absolute magnitude (M) -0,2+0,7−1,8
Besonderhede
Afstand (ligjaar) 2 300
Skynbare grootte 230″ × 230″
Massa 0,2 M
Ander name
Messier 57, NGC 6720, GC 4447
Portaal Sterrekunde

Dit is in Januarie 1779 deur die Franse sterrekundige Antoine Darquier de Pellepoix ontdek.

Inhoud

De Pellepoix het met die ontdekking van die newel in Januarie 1779 berig dit is "so groot soos Jupiter en lyk soos ’n planeet wat wegkwyn". Later dieselfde maand het nog ’n Franse sterrekundige, Charles Messier, die newel onafhanklik ontdek terwyl hy op soek was na komete en hy het dit in sy katalogus van komeetagtige voorwerpe opgeneem. Messier en die Duits gebore William Herschel het gespekuleer dat die newel gevorm word deur talle dowwe sterre wat nie deur ’n teleskoop onderskei kon word nie.

In 1800 het die Duitser Friedrich von Hahn aangekondig dat hy die dowwe ster in die middel van die newel ’n paar jaar tevore ontdek het. Hy het gesê die binnekant van die ring het intussen verander en hy kon nie meer die sentrale ster vind nie. In 1864 het die Engelse amateur-sterrekundige William Huggins die spektrums van verskeie newels bestudeer en ontdek dat party van hulle, onder meer M57, spektrums het van helder emissielyne wat eie is aan fluoresserende gloeiende gasse. Hy het die afleiding gemaak dat die meeste planetêre newels nie uit sterre bestaan soos voorheen vermoed is nie, maar dat hulle newelagtige gebiede is.

Die Ring-newel is in 1886 vir die eerste keer gefotografeer deur die Hongaarse sterrekundige Eugene von Gothard.

Die ligging van M57 in die sterrebeeld Lier.

Messier 57 is geleë suid van die helder ster Vega, wat die noordwestelike punt van die Somerdriehoek-asterisme vorm. Die klein, hoekige newelskyf het ’n grootte van 1,5 × 1 boogminute en moet dus met ’n groter teleskoop bestudeer word.

M57 is 2 300 ligjare (700 parsek) van die Aarde af. Dit het ’n skynbare magnitude van 8,8. Foto's wat oor ’n tydperk van 50 jaar geneem is, wys die newel brei uit teen rofweg 1 boogsekonde per eeu. Dit word verlig deur ’n sentrale witdwerg of kern met ’n skynbare helderheid van 15,75 mag en ’n massa van sowat 1,2 M (sonmassas).

Al die binneste dele van die newel het ’n blou-groen tint wat veroorsaak word deur die dubbelgeïoniseerde suurstofemissielyn by 495,7 en 500,7 nm. Dit word net gesien in toestande van baie lae digtheid.

In die buitenste rand van die newel word deel van die rooierige tint veroorsaak deur waterstofemissies by 656,3 nm. Verbode lyne van geïoniseerde stikstof of N II dra by tot die roeierigheid by 654,8 en 658,3 nm.

Newelkern

In die afgelope 2 000 jaar het die sentrale ster van die Ring-newel sy rooireusfase agtergelaat nadat hy sy voorraad waterstof opgebruik het. Dit produseer nie meer energie deur kernfusie nie en verander nou in ’n kompakte witdwerg.

Die newelkern bestaan nou hoofsaaklik uit koolstof en suurstof met ’n dun buitenste laag van ligter elemente. Sy massa is sowat 0,61–0,62 sonmassa, met ’n oppervlaktemperatuur van 125 000 ± 5 000 Kelvin. Dit is tans 200 keer so helder soos die Son, hoewel sy skynbare magnitude net 15,75 is.

  1. Coe, Steven R. (2007), , Astronomers' observing guides, Springer, p. 111, ISBN 1-84628-482-1,
  2. Garfinkle, Robert A. (1997). Star-hopping: Your Visa to Viewing the Universe. Cambridge University Press. ISBN 0-521-59889-3. OCLC .
  3. Messier, Charles (1780). "Catalogue des Nébuleuses & des amas d'Étoiles". Connoissance des Temps for 1783. pp. 225–249.
  4. Steinicke, Wolfgang (2010), , Cambridge University Press, pp. 42–43, ISBN 0-521-19267-6,
  5. Frommert, Hartmut. (in Engels). Students for the Exploration and Development of Space. Geargiveer vanaf op 27 Augustus 2011. Besoek op11 April 2008.Onbekende parameter |coauthors= geïgnoreer (help)
  6. Huggins, W. (1863–1864). "On the Spectra of Some of the Nebulae. And On the Spectra of Some of the Fixed Stars". Proceedings of the Royal Society of London. 13 (0): 491–493. doi:. JSTOR .Onbekende parameter |coauthors= geïgnoreer (help)
  7. Dunlop, Storm (2005). Atlas of the Night Sky. HarperCollins. ISBN 0-00-717223-0.
  8. Karttunen, Hannu (2003). Fundamental Astronomy. Springer. p. 314. ISBN 3-540-00179-4.
  9. O'Dell, C. R. (2007). "The Three-Dimensional Ionization Structure and Evolution of NGC 6720, The Ring Nebula". Astronomical Journal. 134 (4): 1679–1692. Bibcode:. doi:.Onbekende parameter |coauthors= geïgnoreer (help)

Koördinate:

Publikasie datum: September 26, 2021

ring, newel, bekend, messier, 6720, geleë, sterrebeeld, lier, goeie, voorbeeld, planetêre, newel, bestaan, geïoniseerde, weggeskiet, deur, rooireus, deur, laaste, stadium, evolusie, beweeg, witdwerg, word, messier, bron, nasa, stsci, aura, soort, newel, planet. Die Ring newel ook bekend as Messier 57 en NGC 6720 is gelee in die sterrebeeld Lier 1 Dit is n goeie voorbeeld van n planetere newel en bestaan uit n dop geioniseerde gas wat weggeskiet is deur n rooireus wat deur die laaste stadium van sy evolusie beweeg het om n witdwerg te word Ring newelMessier 57 die Ring newel Bron Nasa STScI AURA Soort newel Planetere newelSterrebeeld LierMessier naam Messier 57Waarnemingsdata Epog J2000 Regte klimming 18h 53m 35 079sDeklinasie 33º 01 45 03 Skynmagnitude m 8 8Absolute magnitude M 0 2 0 7 1 8BesonderhedeAfstand ligjaar 2 300Skynbare grootte 230 230 Massa 0 2 M Ander nameMessier 57 NGC 6720 GC 4447Portaal Sterrekunde Dit is in Januarie 1779 deur die Franse sterrekundige Antoine Darquier de Pellepoix ontdek Inhoud 1 Geskiedenis 2 Eienskappe 2 1 Newelkern 3 Verwysings 4 Eksterne skakelsGeskiedenis WysigDe Pellepoix het met die ontdekking van die newel in Januarie 1779 berig dit is so groot soos Jupiter en lyk soos n planeet wat wegkwyn Later dieselfde maand het nog n Franse sterrekundige Charles Messier die newel onafhanklik ontdek terwyl hy op soek was na komete en hy het dit in sy katalogus van komeetagtige voorwerpe opgeneem Messier en die Duits gebore William Herschel het gespekuleer dat die newel gevorm word deur talle dowwe sterre wat nie deur n teleskoop onderskei kon word nie 2 3 In 1800 het die Duitser Friedrich von Hahn aangekondig dat hy die dowwe ster in die middel van die newel n paar jaar tevore ontdek het Hy het gese die binnekant van die ring het intussen verander en hy kon nie meer die sentrale ster vind nie 4 In 1864 het die Engelse amateur sterrekundige William Huggins die spektrums van verskeie newels bestudeer en ontdek dat party van hulle onder meer M57 spektrums het van helder emissielyne wat eie is aan fluoresserende gloeiende gasse Hy het die afleiding gemaak dat die meeste planetere newels nie uit sterre bestaan soos voorheen vermoed is nie maar dat hulle newelagtige gebiede is 5 6 Die Ring newel is in 1886 vir die eerste keer gefotografeer deur die Hongaarse sterrekundige Eugene von Gothard 4 Eienskappe Wysig Die ligging van M57 in die sterrebeeld Lier Messier 57 is gelee suid van die helder ster Vega wat die noordwestelike punt van die Somerdriehoek asterisme vorm Die klein hoekige newelskyf het n grootte van 1 5 1 boogminute en moet dus met n groter teleskoop bestudeer word 7 M57 is 2 300 ligjare 700 parsek van die Aarde af Dit het n skynbare magnitude van 8 8 Foto s wat oor n tydperk van 50 jaar geneem is wys 8 die newel brei uit teen rofweg 1 boogsekonde per eeu Dit word verlig deur n sentrale witdwerg of kern met n skynbare helderheid van 15 75 mag 9 en n massa van sowat 1 2 M sonmassas Al die binneste dele van die newel het n blou groen tint wat veroorsaak word deur die dubbelgeioniseerde suurstofemissielyn by 495 7 en 500 7 nm Dit word net gesien in toestande van baie lae digtheid In die buitenste rand van die newel word deel van die rooierige tint veroorsaak deur waterstofemissies by 656 3 nm Verbode lyne van geioniseerde stikstof of N II dra by tot die roeierigheid by 654 8 en 658 3 nm 8 Newelkern Wysig In die afgelope 2 000 jaar het die sentrale ster van die Ring newel sy rooireusfase agtergelaat nadat hy sy voorraad waterstof opgebruik het Dit produseer nie meer energie deur kernfusie nie en verander nou in n kompakte witdwerg Die newelkern bestaan nou hoofsaaklik uit koolstof en suurstof met n dun buitenste laag van ligter elemente Sy massa is sowat 0 61 0 62 sonmassa met n oppervlaktemperatuur van 125 000 5 000 Kelvin Dit is tans 200 keer so helder soos die Son hoewel sy skynbare magnitude net 15 75 is 9 Verwysings Wysig Coe Steven R 2007 Nebulae and how to observe them Astronomers observing guides Springer p 111 ISBN 1 84628 482 1 http books google com books id roXyxpcc9MsC amp pg PA111 Garfinkle Robert A 1997 Star hopping Your Visa to Viewing the Universe Cambridge University Press ISBN 0 521 59889 3 OCLC 37355269 Messier Charles 1780 Catalogue des Nebuleuses amp des amas d Etoiles Connoissance des Temps for 1783 pp 225 249 4 0 4 1 Steinicke Wolfgang 2010 Observing and Cataloguing Nebulae and Star Clusters From Herschel to Dreyer s New General Catalogue Cambridge University Press pp 42 43 ISBN 0 521 19267 6 http books google com books id wyWjVWYWoO8C amp pg PA43 Frommert Hartmut William Huggins February 7 1824 May 12 1910 in Engels Students for the Exploration and Development of Space Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Augustus 2011 Besoek op 11 April 2008 Onbekende parameter coauthors geignoreer help Huggins W 1863 1864 On the Spectra of Some of the Nebulae And On the Spectra of Some of the Fixed Stars Proceedings of the Royal Society of London 13 0 491 493 doi 10 1098 rspl 1863 0094 JSTOR 112077 Onbekende parameter coauthors geignoreer help Dunlop Storm 2005 Atlas of the Night Sky HarperCollins ISBN 0 00 717223 0 8 0 8 1 Karttunen Hannu 2003 Fundamental Astronomy Springer p 314 ISBN 3 540 00179 4 9 0 9 1 O Dell C R 2007 The Three Dimensional Ionization Structure and Evolution of NGC 6720 The Ring Nebula Astronomical Journal 134 4 1679 1692 Bibcode 2007AJ 134 1679O doi 10 1086 521823 Onbekende parameter coauthors geignoreer help Eksterne skakels WysigM57 Calar Alto sterrewag Geargiveer 12 Desember 2009 op Wayback Machine NightSkyInfo com M57 deepskyobserving com M57 SEDS Ring newel op WikiSky DSS2 SDSS GALEX IRAS Hydrogen a X Ray Astrophoto Sky Map Artikels en foto s Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Ring newel Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia Koordinate 18h 53m 35 079s 33 01 45 03 Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Ring newel amp ol,