×
Rigel

Rigel, ook bekend onder sy Bayer-naam, Beta Orionis (β Ori, β Orionis), is die helderste ster in die sterrebeeld Jagter (Orion) en die sewende helderste ster aan die naghemel, met ’n skynbare magnitude van 0,13. Dit is eintlik ’n drie- of vierdubbele sterstelsel; die primêre ster (Rigel A) is ’n blou-wit superreus met ’n geraamde ligsterkte van tussen 120 000 en 279 000 keer dié van die Son, na gelang van die metode wat in die berekening gebruik word. Die waterstof in sy kern is uitgeput en die ster het uitgeswel tot tussen 79 en 115 keer die Son se radius. Dit pulseer van tyd tot tyd en word geklassifiseer as ’n Alpha Cygni-ster.

Rigel
Rigel se ligging (in die rooi sirkel).
Sterrebeeld Jagter
Spektraaltipe A: B8 Iae
B: B9V + B9V
Soort A: blousuperreus
B: dubbelster
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming A: 05h 14m 32.27210s
B: 05h 14m 32.049s
Deklinasie A: −08° 12′ 05.8981″
B: −08° 12′ 14.78″
Skynmagnitude (m) A: 0,13
B: 6,67
Absolute magnitude (M) −7,92±0,28
B-V-kleurindeks A: -0,03
B: -0,03
U-B-kleurindeks A: -0,66
B: -0,66
Besonderhede
Massa (M) A:21±3
Ba: 3,84
Bb: 2,94
Radius (R) A:78,9±7,4
Ligsterkte (L) A:1,20+0,25−0,21×105
Ouderdom (jaar) A: 8 miljoen
Temperatuur (K) A:12 100±150
Eienskappe
Veranderlikheid A: Alpha Cygni
B: Alpha Cygni
Veelvoudigheid 3-4 sterre, o.a. A, Ba en Bb
Ander name
Rigel, Algebar, Elgebar, β Ori, 19 Ori, HD 34085, HR 1713, HIP 24436, SAO 131907
Portaal Sterrekunde
Rigel en die refleksienewel IC 2118. Rigel B is nie sigbaar nie vanweë die helderheid van die primêre ster.

’n Metgeselster, Rigel B, is 500 keer dowwer as die superreus Rigel A en is net met ’n teleskoop sigbaar. Rigel B is self ’n dubbelster wat uit twee blou-wit hoofreekssterre van spektraaltipe B9V bestaan waarvan die massa na raming onderskeidelik 3,9 en 2,9 keer dié van die Son is. Dit lyk of Rigel B ook ’n baie nabygeleë visuele metgesel, Rigel C, het wat feitlik nes hy lyk.

Inhoud

Rigel se skynbare magnitude is 0,13 en dit is die sewende helderste ster buiten die Son. Dit is ’n onreëlmatig pulserende ster met ’n visuele speling van tussen magnitude 0,05 en 0,18. Hoewel Rigel die Bayer-naam "beta" het, is dit feitlik altyd helderder as Alpha Orionis (Betelgeuse). Die ster se spektrum dien sedert 1943 as een van die stabiele ankerpunte waarvolgens ander sterre geklassifiseer word. Rigel is die derde mees inherente helder eerste-magnitude-ster ná Deneb en Betelgeuse. Dit het ’n B-V-kleurindeks van-0,03, wat beteken dit lyk wit of effens blou-wit.

Op 12 Desember om middernag en 24 Januarie om 21:00 is Rigel die sigbaarste in die somernaglug van die Suidelike Halfrond en die winternaglug van die Noordelike Halfrond. In die Suidelike Halfrond is dit die eerste helder ster van die Jagter wat sigbaar word.

In sterrenavigasie is Rigel een van die belangrikste sterre omdat dit helder is, asook maklik opspoorbaar en ekwatoriaal, wat beteken dit kan op al die wêreld se oseane gesien word (met uitsondering van streke binne 8° van die Noordpool af).

Rigel se plek op die Hertzsprung-Russell-diagram is bo in die middel.

Moravveji en kollegas het Rigel A se helderheid op 120 000 keer dié van die Son geraam. Sy oppervlaktemperatuur is omtrent 12 100 K. Dit is ’n blousuperreus wat al die waterstof in sy kern opgebrand en die hoofreeks verlaat het. Dit het uitgesit en verhelder namate dit oor die Hertzsprung-Russell-diagram beweeg het. Przybilla het geraam dit het sowat drie sonmassas verloor sedert dit sewe miljoen tot nege miljoen jaar gelede sy bestaan as ’n ster van 24 ± 3 sonmassas begin het. Dit sal ’n rooisuperreus word en eindelik as ’n tipe II-supernova ontplof. Dit is een van die naaste bekende potensiële supernova-voorlopersterre aan die Aarde.

Rigel se veranderlikheid is ingewikkeld en word veroorsaak deur sterpulserings soortgelyk aan dié van Deneb, die prototipe van Alpha Cygni-sterre. Omdat dit helder is en ook deur ’n streek van newelagtigheid beweeg, verlig Rigel verskeie stofwolke naby hom, veral IC 2118 (die Heksekopnewel).

Rigel word ook verbind met die Orion-newel wat, hoewel in dieselfde rigting van die Aarde af, amper twee keer so ver van die Aarde af is. Ondanks die groot afstandsverskil, bring ’n projeksie van Rigel se baan deur die ruimte vir sy verwagte ouderdom hom na aan die newel. Daarom word die ster soms geklassifiseer as ’n buitekantse lid van die Orion OB1-assosiasie.

Dit lyk of die metgeselle Rigel Ba, Bb en C almal van dieselfde Klas B-hoofreekssterre met ’n massa van drie tot vier sonmassas is, maar hul eienskappe is nie goed bekend nie.

Johann Bayer het die naam "Beta Orionis" in 1603 aan die ster gegee. Hoewel beta gewoonlik die tweede helderste ster van ’n sterrebeeld is, is Rigel feitlik altyd helderder as Alpha Orionis (Betelgeuse). Die sterrekundige James B. Kaler meen Bayer het Rigel waargeneem op ’n seldsame tyd toe Betelgeuse helderder was.

Die ster se tradisonele naam, "Rigel", kom van die Arabies vir been of voet (van Orion). In 2016 het die Internasionale Astronomiese Unie se sternaamwerkgroep (WGSN) dié naam vir die ster goedgekeur.

  1. Moravveji, Ehsan; Guinan, Edward F.; Shultz, Matt; Williamson, Michael H.; Moya, Andres (March 2012). "Asteroseismology of the nearby SN-II Progenitor: Rigel. Part I. The MOST High-precision Photometry and Radial Velocity Monitoring". The Astrophysical Journal. 747 (1): 108–115. arXiv:. Bibcode:. doi:.
  2. Tokovinin, A. A. (1997). "MSC – a catalogue of physical multiple stars". A & A Supplement series. 124: 75. Bibcode:. doi:.
  3. van Leeuwen, F. (November 2007). "Validation of the new Hipparcos reduction". Astronomy and Astrophysics. 474 (2): 653–664. arXiv:. Bibcode:. doi:.
  4. DENIS Consortium (2005). "VizieR Online Data Catalog: The DENIS database (DENIS Consortium, 2005)". VizieR On-line Data Catalog: B/denis. Oorspronklik gepubliseer in: 2005yCat.2263....0T. 1. Bibcode:.
  5. Ducati, J. R. (2002). "VizieR Online Data Catalog: Catalogue of Stellar Photometry in Johnson's 11-color system". CDS/ADC Collection of Electronic Catalogues. 2237: 0. Bibcode:.
  6. Sanford, Roscoe F. (1942). "The Spectrographic Orbit of the Companion to Rigel". Astrophysical Journal. 95: 421. Bibcode:. doi:.
  7. Nicolet, B. (1978). "Photoelectric photometric Catalogue of homogeneous measurements in the UBV System". Astronomy and Astrophysics Supplement Series. 34: 1–49. Bibcode:.
  8. Przybilla, N. (2010). "Mixing of CNO-cycled matter in massive stars". Astronomy and Astrophysics. 517: A38. arXiv:. Bibcode:. doi:.
  9. Moravveji, Ehsan; Moya, Andres; Guinan, Edward F. (April 2012). "Asteroseismology of the nearby SN-II Progenitor: Rigel. Part II. ε-mechanism Triggering Gravity-mode Pulsations?". The Astrophysical Journal. 749 (1): 74–84. Bibcode:Check |bibcode= length (help). doi:.
  10. . Results for Rigel (in Engels). vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op10 April 2008.
  11. Garrison, R. F. (December 1993). "Anchor Points for the MK System of Spectral Classification". Bulletin of the American Astronomical Society. 25: 1319. Bibcode:.
  12. , Australia Telescope, Outreach and Education (Commonwealth Scientific and Industrial Research Organisation), 21 Desember 2004, , besoek op 28 Junie 2014
  13. Schaaf, Fred (2008). "Appendix C". The Brightest Stars. Hoboken, New Jersey: Wiley. p. 257. ISBN 0-471-70410-5.
  14. Ellyard, David; Tirion, Wil (2008) [1993]. The Southern Sky Guide (3rd uitg.). Port Melbourne, Victoria: Cambridge University Press. pp. 58–59. ISBN 978-0-521-71405-1.
  15. Przybilla, N.; et al. (January 2006). "Quantitative spectroscopy of BA-type supergiants". Astronomy and Astrophysics. 445 (3): 1099–1126. arXiv:. Bibcode:. doi:.
  16. Waelkens, C.; Aerts, C.; Kestens, E.; Grenon, M.; Eyer, L. (1998). "Study of an unbiased sample of B stars observed with Hipparcos: the discovery of a large amount of new slowly pulsating B star". Astronomy and Astrophysics. 330: 215–21. Bibcode:.AS1-onderhoud: meer as een naam: authors list (link)
  17. Jedicke, Peter; Levy, David H. (1992). "Regal Rigel". The New Cosmos. Waukesha: Kalmbach Books. pp. 48–53.
  18. Kaler, James B. (26 September 2009). . Stars (in Engels). vanaf die oorspronklike op 1 Februarie 2020. Besoek op1 Februarie 2019.
  19. (PDF). Besoek op28 Julie 2016.
  • by "Astronomy Picture of the Day"
  • Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Koördinate:

Publikasie datum: Augustus 08, 2021

rigel, bekend, onder, bayer, naam, beta, orionis, orionis, helderste, ster, sterrebeeld, jagter, orion, sewende, helderste, ster, naghemel, skynbare, magnitude, eintlik, drie, vierdubbele, sterstelsel, primêre, ster, blou, superreus, geraamde, ligsterkte, tuss. Rigel ook bekend onder sy Bayer naam Beta Orionis b Ori b Orionis is die helderste ster in die sterrebeeld Jagter Orion en die sewende helderste ster aan die naghemel met n skynbare magnitude van 0 13 Dit is eintlik n drie of vierdubbele sterstelsel die primere ster Rigel A is n blou wit superreus met n geraamde ligsterkte van tussen 120 000 en 279 000 keer die van die Son na gelang van die metode wat in die berekening gebruik word Die waterstof in sy kern is uitgeput en die ster het uitgeswel tot tussen 79 en 115 keer die Son se radius Dit pulseer van tyd tot tyd en word geklassifiseer as n Alpha Cygni ster RigelRigel se ligging in die rooi sirkel Sterrebeeld JagterSpektraaltipe A B8 Iae 1 B B9V B9V 2 Soort A blousuperreus B dubbelsterWaarnemingsdata Epog J2000 Regte klimming A 05h 14m 32 27210s 3 B 05h 14m 32 049s 4 Deklinasie A 08 12 05 8981 3 B 08 12 14 78 4 Skynmagnitude m A 0 13 5 B 6 67 6 Absolute magnitude M 7 92 0 28 1 B V kleurindeks A 0 03 7 B 0 03 7 U B kleurindeks A 0 66 7 B 0 66 7 BesonderhedeMassa M A 21 3 8 Ba 3 84 2 Bb 2 94 2 Radius R A 78 9 7 4 1 Ligsterkte L A 1 20 0 25 0 21 105 1 Ouderdom jaar A 8 miljoenTemperatuur K A 12 100 150 8 EienskappeVeranderlikheid A Alpha Cygni 9 B Alpha Cygni 9 Veelvoudigheid 3 4 sterre o a A Ba en BbAnder nameRigel Algebar Elgebar b Ori 19 Ori HD 34085 HR 1713 HIP 24436 SAO 131907 10 Portaal SterrekundeRigel en die refleksienewel IC 2118 Rigel B is nie sigbaar nie vanwee die helderheid van die primere ster n Metgeselster Rigel B is 500 keer dowwer as die superreus Rigel A en is net met n teleskoop sigbaar Rigel B is self n dubbelster wat uit twee blou wit hoofreekssterre van spektraaltipe B9V bestaan waarvan die massa na raming onderskeidelik 3 9 en 2 9 keer die van die Son is Dit lyk of Rigel B ook n baie nabygelee visuele metgesel Rigel C het wat feitlik nes hy lyk Inhoud 1 Sigbaarheid 2 Eienskappe 3 Name 4 Verwysings 5 Eksterne skakelsSigbaarheid WysigRigel se skynbare magnitude is 0 13 en dit is die sewende helderste ster buiten die Son Dit is n onreelmatig pulserende ster met n visuele speling van tussen magnitude 0 05 en 0 18 Hoewel Rigel die Bayer naam beta het is dit feitlik altyd helderder as Alpha Orionis Betelgeuse Die ster se spektrum dien sedert 1943 as een van die stabiele ankerpunte waarvolgens ander sterre geklassifiseer word 11 Rigel is die derde mees inherente helder eerste magnitude ster na Deneb en Betelgeuse Dit het n B V kleurindeks van 0 03 wat beteken dit lyk wit of effens blou wit 12 Op 12 Desember om middernag en 24 Januarie om 21 00 is Rigel die sigbaarste in die somernaglug van die Suidelike Halfrond en die winternaglug van die Noordelike Halfrond 13 In die Suidelike Halfrond is dit die eerste helder ster van die Jagter wat sigbaar word 14 In sterrenavigasie is Rigel een van die belangrikste sterre omdat dit helder is asook maklik opspoorbaar en ekwatoriaal wat beteken dit kan op al die wereld se oseane gesien word met uitsondering van streke binne 8 van die Noordpool af Eienskappe Wysig Rigel se plek op die Hertzsprung Russell diagram is bo in die middel Moravveji en kollegas het Rigel A se helderheid op 120 000 keer die van die Son geraam 1 Sy oppervlaktemperatuur is omtrent 12 100 K Dit is n blousuperreus wat al die waterstof in sy kern opgebrand en die hoofreeks verlaat het Dit het uitgesit en verhelder namate dit oor die Hertzsprung Russell diagram beweeg het Przybilla het geraam dit het sowat drie sonmassas verloor sedert dit sewe miljoen tot nege miljoen jaar gelede sy bestaan as n ster van 24 3 sonmassas begin het 15 Dit sal n rooisuperreus word en eindelik as n tipe II supernova ontplof 9 Dit is een van die naaste bekende potensiele supernova voorlopersterre aan die Aarde 1 Rigel se veranderlikheid is ingewikkeld en word veroorsaak deur sterpulserings soortgelyk aan die van Deneb die prototipe van Alpha Cygni sterre 16 Omdat dit helder is en ook deur n streek van newelagtigheid beweeg verlig Rigel verskeie stofwolke naby hom veral IC 2118 die Heksekopnewel 17 Rigel word ook verbind met die Orion newel wat hoewel in dieselfde rigting van die Aarde af amper twee keer so ver van die Aarde af is Ondanks die groot afstandsverskil bring n projeksie van Rigel se baan deur die ruimte vir sy verwagte ouderdom hom na aan die newel Daarom word die ster soms geklassifiseer as n buitekantse lid van die Orion OB1 assosiasie Dit lyk of die metgeselle Rigel Ba Bb en C almal van dieselfde Klas B hoofreekssterre met n massa van drie tot vier sonmassas is maar hul eienskappe is nie goed bekend nie 2 Name WysigJohann Bayer het die naam Beta Orionis in 1603 aan die ster gegee Hoewel beta gewoonlik die tweede helderste ster van n sterrebeeld is is Rigel feitlik altyd helderder as Alpha Orionis Betelgeuse 13 Die sterrekundige James B Kaler meen Bayer het Rigel waargeneem op n seldsame tyd toe Betelgeuse helderder was 18 Die ster se tradisonele naam Rigel kom van die Arabies vir been of voet van Orion In 2016 het die Internasionale Astronomiese Unie se sternaamwerkgroep WGSN die naam vir die ster goedgekeur 19 Verwysings Wysig 1 0 1 1 1 2 1 3 1 4 1 5 Moravveji Ehsan Guinan Edward F Shultz Matt Williamson Michael H Moya Andres March 2012 Asteroseismology of the nearby SN II Progenitor Rigel Part I The MOST High precision Photometry and Radial Velocity Monitoring The Astrophysical Journal 747 1 108 115 arXiv 1201 0843 Bibcode 2012ApJ 747 108M doi 10 1088 0004 637X 747 2 108 2 0 2 1 2 2 2 3 Tokovinin A A 1997 MSC a catalogue of physical multiple stars A amp A Supplement series 124 75 Bibcode 1997A amp AS 124 75T doi 10 1051 aas 1997181 3 0 3 1 van Leeuwen F November 2007 Validation of the new Hipparcos reduction Astronomy and Astrophysics 474 2 653 664 arXiv 0708 1752 Bibcode 2007A amp A 474 653V doi 10 1051 0004 6361 20078357 4 0 4 1 DENIS Consortium 2005 VizieR Online Data Catalog The DENIS database DENIS Consortium 2005 VizieR On line Data Catalog B denis Oorspronklik gepubliseer in 2005yCat 2263 0T 1 Bibcode 2005yCat 102002D Ducati J R 2002 VizieR Online Data Catalog Catalogue of Stellar Photometry in Johnson s 11 color system CDS ADC Collection of Electronic Catalogues 2237 0 Bibcode 2002yCat 2237 0D Sanford Roscoe F 1942 The Spectrographic Orbit of the Companion to Rigel Astrophysical Journal 95 421 Bibcode 1942ApJ 95 421S doi 10 1086 144412 7 0 7 1 7 2 7 3 Nicolet B 1978 Photoelectric photometric Catalogue of homogeneous measurements in the UBV System Astronomy and Astrophysics Supplement Series 34 1 49 Bibcode 1978A amp AS 34 1N 8 0 8 1 Przybilla N 2010 Mixing of CNO cycled matter in massive stars Astronomy and Astrophysics 517 A38 arXiv 1005 2278 Bibcode 2010A amp A 517A 38P doi 10 1051 0004 6361 201014164 9 0 9 1 9 2 Moravveji Ehsan Moya Andres Guinan Edward F April 2012 Asteroseismology of the nearby SN II Progenitor Rigel Part II e mechanism Triggering Gravity mode Pulsations The Astrophysical Journal 749 1 74 84 Bibcode 2012ApJ 749 74M Check bibcode length help doi 10 1088 0004 637X 749 1 74 SIMBAD Astronomical Database Results for Rigel in Engels Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020 Besoek op 10 April 2008 Garrison R F December 1993 Anchor Points for the MK System of Spectral Classification Bulletin of the American Astronomical Society 25 1319 Bibcode 1993AAS 183 1710G The Colour of Stars Australia Telescope Outreach and Education Commonwealth Scientific and Industrial Research Organisation 21 Desember 2004 http outreach atnf csiro au education senior astrophysics photometry colour html besoek op 28 Junie 2014 13 0 13 1 Schaaf Fred 2008 Appendix C The Brightest Stars Hoboken New Jersey Wiley p 257 ISBN 0 471 70410 5 Ellyard David Tirion Wil 2008 1993 The Southern Sky Guide 3rd uitg Port Melbourne Victoria Cambridge University Press pp 58 59 ISBN 978 0 521 71405 1 Przybilla N et al January 2006 Quantitative spectroscopy of BA type supergiants Astronomy and Astrophysics 445 3 1099 1126 arXiv astro ph 0509669 Bibcode 2006A amp A 445 1099P doi 10 1051 0004 6361 20053832 Waelkens C Aerts C Kestens E Grenon M Eyer L 1998 Study of an unbiased sample of B stars observed with Hipparcos the discovery of a large amount of new slowly pulsating B star Astronomy and Astrophysics 330 215 21 Bibcode 1998A amp A 330 215W AS1 onderhoud meer as een naam authors list link Jedicke Peter Levy David H 1992 Regal Rigel The New Cosmos Waukesha Kalmbach Books pp 48 53 Kaler James B 26 September 2009 Rigel Stars in Engels Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Februarie 2020 Besoek op 1 Februarie 2019 Bulletin of the IAU Working Group on Star Names No 1 PDF Besoek op 28 Julie 2016 Eksterne skakels Wysig n Beeld van Rigel by Astronomy Picture of the Day Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Rigel Koordinate 05h 14m 32 272s 08 12 05 91 Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Rigel amp ol,