×
Richardsbaai

Richardsbaai (Engels: Richards Bay) is 'n stad aan die noordooskus van KwaZulu-Natal, Suid-Afrika. Die dorp is in 1969 gestig. Die N2 nasionale pad gaan ongeveer 25 km vanaf die dorp verby.

Richardsbaai
Cwebeni
Richards Bay
Richardsbaai se seiljaghawe
Richardsbaai
Richardsbaai se ligging in KwaZulu-Natal
Koördinate:28°48′00″S32°06′00″O /28.80000°S 32.10000°O /-28.80000; 32.10000Koördinate:28°48′00″S32°06′00″O /28.80000°S 32.10000°O /-28.80000; 32.10000
Land Suid-Afrika
ProvinsieKwaZulu-Natal
DistrikKing Cetshwayo
MunisipaliteituMhlathuze
Stigting1969
Oppervlak
• Totaal142,78 km2 (55,13 vk. myl)
Bevolking
(2011)
• Totaal57 387
• Digtheid402/km2 (1 040/vk. m.)
Rasverdeling(2011)
Wit mense30.1%
Indiërs/Asiërs18.2%
Bruin mense3.2%
Swart mense48.0%
Ander0.4%
Taal(2011)
Zoeloe40.6%
Engels33.8%
Afrikaans21.5%
Ander4.1%
Poskode(strate)
3900
Skakelkode035

Inhoud

19de eeu

Richardsbaai is in 1879 vir die eerste keer as hawe gebruik tydens die Anglo-Zoeloe-oorlog toe sir Frederick Richards, kommandeur van die Kaapse vlootstasie, voorrade binne die baai afgelaai het vir die landsmagte wat teen die Zoeloes geveg het. Alhoewel die Zoeloes se naam Cwebeni (by die lagune) vir die dorp is, het dit bekend geraak as Richardsbaai na sir Frederick se landing.

Een van die vroegste verwysings na Richardsbaai is in die skeepsjoernaal van Portugese seevaarders onderweg na Delagoabaai (Maputo). Hulle het dit Rio dos Peixes genoem - rivier van baie vis. Omdat die strandmeer van die Mhlatuzerivier so vlak was (op plekke maar 'n meter diep) is dit nooit as hawe gebruik nie, maar dit was 'n gewilde visvangplek. Die naam Richardsbaai het vir die eerste keer op Britse kaarte voorgekom na die oorlog tussen die Britte en die Zoeloes, toe die meer in 1879 as landingsplek vir voorraad aangewys is.

20ste eeu

Richardsbaai se moontlikhede as diepseehawe is vroeg in die 20ste eeu vir die eerste keer wetenskaplik ondersoek toe die Britse koloniale regering in die Kaapkolonie naas Durban nog hawens in die noorde wou ontwikkel. 'n Bekende haweingenieur van die tyd, Cathcart Methven, het in 1903 opdrag gekry om St. Luciabaai en Richardsbaai se moontlikhede te ondersoek. Methven het berig dat die strandmeer van Richardsbaai, sowat 193 km noord van Durban, byna twee keer so groot as dié van Durban was.

Hy het gereken dat die gety daar ook sterker as by Durban was, en dit sou help om sand uit die strandmeer weg te werk. Hoewel dit 'n ingewikkelde projek sou wees, kon 'n goeie hawe by Richardsbaai volgens Methven teen 'n bedrag van R1 600 000 ontwikkel word. Die destydse regering het dit as te duur beskou, en die projek is op die langebaan geskuif.

Daarna is daar dekades Iank nie weer aan Richardsbaai as moontlike hawe gedink nie. Intussen het die druk op Durban se hawe so verhoog dat dit uiteindelik meer verkeer en vrag moes hanteer as die hawens van Tafelbaai, Mosselbaai, Port Elizabeth en Oos-Londen saam. Durban se hawe was ook nie geskik vir uitbreiding om die haweverkeer van die toekoms - supertenkskepe van tot 250 000 ton – te hanteer nie.

In Desember 1970 het die Transvaalse Steenkooleienaarsvereniging toestemming verkry om 109 miljoen ton steenkool uit die gebied Ogies-Broodsnyersplaas in Transvaal uit te voer en in 1971 het die groep 'n kontrak met maatskappye in Japan gesluit vir die lewering van 2,6 miljoen ton steenkool per jaar.

In Mei 1972 het die Volksraad die bou van 'n nuwe hawe in Richardsbaai gemagtig. Die nuwe hawe was maar een aspek van die ontwikkelingsplan. Die Suid-Afrikaanse Spoorweë en Hawens (nou Transnet) het in 1971 skriftelik onderneem om die nodige spoorlyn- en hawegeriewe vir die uitvoer van 3 miljoen ton steenkool per jaar teen April 1976 gereed te hê.

Daar was verskeie ondersoeke na Richardsbaai se hawepotensiaal; die finale besluit is eers in die 1960's geneem om 'n diepseehawe te ontwikkel. Die hawe is spesifiek vir die hantering van massavrag soos steenkool en antrasiet gebou en is in 1976 voltooi. Daar is ook 'n nuwe spoorlyn gebou wat die dorp met Gauteng verbind het. Later is ook 'n olie- en gaspyplyn vanaf die aanlêplek van die tenkskepe tot in Gauteng gebou. Die vermoë van die hawe is aanvanklik beplan om vaartuie van 190 000 ton te kon hanteer.

Richardsbaai self is 'n soutwaterlagune van 3 500 ha waar 'n geweldige aantal watervoëls, asook seekoeie en krokodille tuis is.

In die lagune het die jagter John Dunn in 1891 die grootste krokodil (6.7 m) geskiet wat ooit in Suid-Afrika aangeteken is. Ook uit hierdie lagune het Huberta, die swerwende seekoei, in 1928 haar lang reis langs die ooskus aangepak. Die slagting van diere hier het egter so toegeneem dat die owerhede moes ingryp. In 1935 is die Richardsbaai-natuurreservaat geproklameer en in 1943 is dit deur die Richardsbaaipark gevolg. Daar is ook 'n berm oor die lagune gebou om 'n deel daarvan te bewaar, en die dorp is 'n gewilde vakansiebestemming weens die aangename weerstoestande.

Omrede Richardsbaai 'n relatiewe nuwe stad is, is die stad en toegangspaaie goed beplan. Daar is 'n lughawe buite die stad wat dit met stede soos Johannesburg en Durban verbind. Die ontwikkeling van die hawe het ook verskeie swaar nywerhede na die dorp gelok. Dit sluit 'n aluminiumsmeltery (Alusaf), 'n kunsmisfabriek, pulpmeule en houtspaanderaanleg in. Daar word ook groot neerslae titaan noord en suid van die baai gemyn.

  1. . Sensus 2011.

Publikasie datum: Augustus 29, 2021

richardsbaai, engels, richards, stad, noordooskus, kwazulu, natal, suid, afrika, dorp, 1969, gestig, nasionale, gaan, ongeveer, vanaf, dorp, verby, cwebeni, richards, seiljaghawe, ligging, kwazulu, natalkoördinate, 80000, 10000, 80000, 10000, koördinate, 80000. Richardsbaai Engels Richards Bay is n stad aan die noordooskus van KwaZulu Natal Suid Afrika Die dorp is in 1969 gestig Die N2 nasionale pad gaan ongeveer 25 km vanaf die dorp verby Richardsbaai Cwebeni Richards BayRichardsbaai se seiljaghaweRichardsbaai Richardsbaai se ligging in KwaZulu NatalKoordinate 28 48 00 S 32 06 00 O 28 80000 S 32 10000 O 28 80000 32 10000 Koordinate 28 48 00 S 32 06 00 O 28 80000 S 32 10000 O 28 80000 32 10000Land Suid AfrikaProvinsieKwaZulu NatalDistrikKing CetshwayoMunisipaliteituMhlathuzeStigting1969Oppervlak 1 Totaal142 78 km2 55 13 vk myl Bevolking 2011 1 Totaal57 387 Digtheid402 km2 1 040 vk m Rasverdeling 2011 1 Wit mense30 1 Indiers Asiers18 2 Bruin mense3 2 Swart mense48 0 Ander0 4 Taal 2011 1 Zoeloe40 6 Engels33 8 Afrikaans21 5 Ander4 1 Poskode strate 3900Skakelkode035 Inhoud 1 Geskiedenis 1 1 19de eeu 1 2 20ste eeu 2 Die hawe 3 Die meer 4 Infrastruktuur 5 Sien ook 6 Verwysings 7 BronneGeskiedenis Wysig19de eeu Wysig Richardsbaai is in 1879 vir die eerste keer as hawe gebruik tydens die Anglo Zoeloe oorlog toe sir Frederick Richards kommandeur van die Kaapse vlootstasie voorrade binne die baai afgelaai het vir die landsmagte wat teen die Zoeloes geveg het Alhoewel die Zoeloes se naam Cwebeni by die lagune vir die dorp is het dit bekend geraak as Richardsbaai na sir Frederick se landing Een van die vroegste verwysings na Richardsbaai is in die skeepsjoernaal van Portugese seevaarders onderweg na Delagoabaai Maputo Hulle het dit Rio dos Peixes genoem rivier van baie vis Omdat die strandmeer van die Mhlatuzerivier so vlak was op plekke maar n meter diep is dit nooit as hawe gebruik nie maar dit was n gewilde visvangplek Die naam Richardsbaai het vir die eerste keer op Britse kaarte voorgekom na die oorlog tussen die Britte en die Zoeloes toe die meer in 1879 as landingsplek vir voorraad aangewys is 20ste eeu Wysig Richardsbaai se moontlikhede as diepseehawe is vroeg in die 20ste eeu vir die eerste keer wetenskaplik ondersoek toe die Britse koloniale regering in die Kaapkolonie naas Durban nog hawens in die noorde wou ontwikkel n Bekende haweingenieur van die tyd Cathcart Methven het in 1903 opdrag gekry om St Luciabaai en Richardsbaai se moontlikhede te ondersoek Methven het berig dat die strandmeer van Richardsbaai sowat 193 km noord van Durban byna twee keer so groot as die van Durban was Hy het gereken dat die gety daar ook sterker as by Durban was en dit sou help om sand uit die strandmeer weg te werk Hoewel dit n ingewikkelde projek sou wees kon n goeie hawe by Richardsbaai volgens Methven teen n bedrag van R1 600 000 ontwikkel word Die destydse regering het dit as te duur beskou en die projek is op die langebaan geskuif Daarna is daar dekades Iank nie weer aan Richardsbaai as moontlike hawe gedink nie Intussen het die druk op Durban se hawe so verhoog dat dit uiteindelik meer verkeer en vrag moes hanteer as die hawens van Tafelbaai Mosselbaai Port Elizabeth en Oos Londen saam Durban se hawe was ook nie geskik vir uitbreiding om die haweverkeer van die toekoms supertenkskepe van tot 250 000 ton te hanteer nie In Desember 1970 het die Transvaalse Steenkooleienaarsvereniging toestemming verkry om 109 miljoen ton steenkool uit die gebied Ogies Broodsnyersplaas in Transvaal uit te voer en in 1971 het die groep n kontrak met maatskappye in Japan gesluit vir die lewering van 2 6 miljoen ton steenkool per jaar In Mei 1972 het die Volksraad die bou van n nuwe hawe in Richardsbaai gemagtig Die nuwe hawe was maar een aspek van die ontwikkelingsplan Die Suid Afrikaanse Spoorwee en Hawens nou Transnet het in 1971 skriftelik onderneem om die nodige spoorlyn en hawegeriewe vir die uitvoer van 3 miljoen ton steenkool per jaar teen April 1976 gereed te he Die hawe WysigDaar was verskeie ondersoeke na Richardsbaai se hawepotensiaal die finale besluit is eers in die 1960 s geneem om n diepseehawe te ontwikkel Die hawe is spesifiek vir die hantering van massavrag soos steenkool en antrasiet gebou en is in 1976 voltooi Daar is ook n nuwe spoorlyn gebou wat die dorp met Gauteng verbind het Later is ook n olie en gaspyplyn vanaf die aanleplek van die tenkskepe tot in Gauteng gebou Die vermoe van die hawe is aanvanklik beplan om vaartuie van 190 000 ton te kon hanteer Die meer WysigRichardsbaai self is n soutwaterlagune van 3 500 ha waar n geweldige aantal watervoels asook seekoeie en krokodille tuis is In die lagune het die jagter John Dunn in 1891 die grootste krokodil 6 7 m geskiet wat ooit in Suid Afrika aangeteken is Ook uit hierdie lagune het Huberta die swerwende seekoei in 1928 haar lang reis langs die ooskus aangepak Die slagting van diere hier het egter so toegeneem dat die owerhede moes ingryp In 1935 is die Richardsbaai natuurreservaat geproklameer en in 1943 is dit deur die Richardsbaaipark gevolg Daar is ook n berm oor die lagune gebou om n deel daarvan te bewaar en die dorp is n gewilde vakansiebestemming weens die aangename weerstoestande Infrastruktuur WysigOmrede Richardsbaai n relatiewe nuwe stad is is die stad en toegangspaaie goed beplan Daar is n lughawe buite die stad wat dit met stede soos Johannesburg en Durban verbind Die ontwikkeling van die hawe het ook verskeie swaar nywerhede na die dorp gelok Dit sluit n aluminiumsmeltery Alusaf n kunsmisfabriek pulpmeule en houtspaanderaanleg in Daar word ook groot neerslae titaan noord en suid van die baai gemyn n SAR Klas 7E3 Reeks 2 staan op Richardsbaai n SAR Klas 35 200 by Richardsbaai se steenkoolterminaal Sien ook WysigLys van dorpe in Suid AfrikaVerwysings Wysig 1 0 1 1 1 2 1 3 Hoofplek Richardsbaai Sensus 2011 Bronne WysigWereldspektrum 1982 ISBN 0908409656 volume 24 bl 22 Erasmus B P J 1995 Op Pad in Suid Afrika Jonathan Ball Uitgewers ISBN 1 86842 026 4 Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Richardsbaai amp ol,