×
Richard Strauss

Richard Georg Strauss (11 Junie 18648 September 1949) was 'n vooraanstaande Duitse komponis van die laat-Romantiese en vroeë moderne eras. Hy is veral bekend om sy operas soos Der Rosenkavalier en Salome, sy lieder waaronder veral sy Vier Laaste Lieder en sy toongedigte en orkeswerke. Strauss was ook 'n gesiene komponis in die hele Duitsland en Oostenryk.

Richard Strauss
1918-skildery van Strauss deur Max Liebermann.
Agtergrondinligting
GeboortenaamRichard Georg Strauss
Gebore11 Junie 1864
München, Beiere
Sterf8 September 1949
Garmisch-Partenkirchen (Wes-Duitsland)
GenresRomantiek, moderne
Beroep(e)Komponis

Richard Georg Strauss, die seun van 'n briljante horingblaser, is op 11 Junie 1864 in München gebore. Op 4-jarige leeftyd het Strauss klavierlesse begin neem en toe hy 6 was, het hy ook vioollesse begin neem en selfs sy eerste lied gekomponeer. Tussen 1875 en 1880 het Strauss onderrig in die musiekteorie ontvang. Sy eerste orkeswerk, Feesmars in E-mol, is reeds in 1876 voltooi, hoewel dit eers in 1881 vir die eerste maal uitgevoer is.

Van 1882 af het Strauss aan die Universiteit van München in die filosofie, estetika, kunsgeskiedenis en letterkunde gestudeer. Sy Suite vir Blasers, opus 4 (1881), het die aandag van die gevierde dirigent Hans von Bülow (1830-1894) getrek en in 1885 is Strauss as Von Bülow se assistent-dirigent van die hoforkes te Meinigen aangestel. Hier het hy 6 maande lank vertoef en vir 'n groot deel van die tyd was hy in Von Bülow se afwesigheid in volle beheer van die orkes.

Na Meinigen was Strauss om die beurt dirigent te München (1886), Weimar (1889), München (1894), Berlyn (1898; van 1908 af Koninklike Pruisiese Algemene Musiekdirekteur) en Wenen (1919). Hy het ook dikwels as gasdirigent opgetree en vanaf 1924, toe hy finansieel onafhanklik geword het, het hy slegs as gasdirigent opgetree.

Gedurende die laaste kwart van die 19e eeu was Wagner en Brahms Strauss se musikale modelle. In 1887 het hy in München sy simfoniese gedig Aus ltalien ("Uit ltalie"), opus 16, gedirigeer. Die werk is nie entoesiasties ontvang nie, maar in 1889 het hy in Weimar sy briljante toondig Don Juan gedirigeer, en daarmee het sy loopbaan as komponis eintlik begin.

In 1894 is Strauss met die sopraan Pauline de Ahna (oorl. 1950) getroud en hulle het hulle in München gevestig, waar Pauline haar man se sake so behartig het dat hy meer tyd vir komposisie gehad het. Intussen het Strauss sy simfoniese gedigte Macbeth (1890), Tod und Verklärung ("Dood en verheerliking"; 1890) en Till Eulenspiegels lustige Streiche ("Tyl Uilspieël se vrolike streke"; 1895) voltooi.

Die eerste open baring van sy begaafdheid as operakomponis is merkbaar in Salome (1905), waarvan die libretto op 'n teks van Oscar Wilde gebaseer is. In Salome word die verderflike omstandighede rondom die onthoofding van Johannes die Doper, sowel as die onthoofding self, behandel, en hoewel gehore tot vandag toe geskok word deur die grusame realisme van Strauss se uitbeelding, het sy musikale oorspronklikheid dadelik aandag getrek.

Met Elektra (1909) het Strauss se assosiasie met die digter Hugo von Hofmannsthal (1874-1929) begin. Von Hofmannsthal het ook die libretto's van Der Rosenkavalier (1911), Ariadne auf Naxos (1912), Die Frau ohne Schatten ("Die vrou sonder skaduwee"; 1919) en Arabella (1933) geskryf. Strauss se suksesvolste opera, Der Rosenkavalier, het aan sowel hom as Von Hofmannsthal 'n fortuin besorg, maar die ander operas het minder byval gevind.

Na Von Hofmannsthal se dood in 1929 is die teks van Die schweigsame Frau ("Die swygsame vrou"; 1935) deur Stefen Zweig (1881-1942) geskryf en die van Daphne (1838) deur Joseph Gregor (1888-1960). Strauss het self die libretto vir sy opera Capriccio (1942) geskryf. Belangrike werke uit sy laaste jare is die Tweede Horingkonsert (1943), die Hobokonsert (1946) en die Vier Letzte Lieder ("Vier laaste liedere"; 1848).

Afgesien van laasgenoemde het Strauss ook nagenoeg 200 ander kunsliedere gekomponeer, waarvan 'n groot aantal as hoogtepunte van die liederkuns beskou word. Ook die Burlesk vir klavier en orkes (1885), die Sinfonia domestica (1905) en Eine Alpensinfonie (1915) is belangrik. Strauss was die laaste van die groot Romantiese komponiste.

Hy het die vermoë besit om eenvoudige melodieë op onvergeetlike en dikwels verhewe wyse uit te spin tot 'n oorweldigende klimaks. Hierdie kenmerk van sy musiek word opvallend geïllustreer aan die begin van Also sprach Zarathustra en in die trio naby die slot van Der Rosenkavalier. Hy was 'n briljante orkestreerder en 'n voortreflike dirigent. Albei die wêreldoorloë het ʼn verwoestende uitwerking op Strauss se lewe gehad en hy het nooit werklik herstel na die verwoesting van sy vier mees geliefde operageboue (in Wenen, Berlyn, München en Dresden) tydens die Tweede Wêreldoorlog (1939-1945) nie. Strauss is op 8 September 1949 in Beiere oorlede.

Publikasie datum: September 27, 2021

richard, strauss, richard, georg, strauss, junie, 1864, september, 1949, vooraanstaande, duitse, komponis, laat, romantiese, vroeë, moderne, eras, veral, bekend, operas, soos, rosenkavalier, salome, lieder, waaronder, veral, vier, laaste, lieder, toongedigte, . Richard Georg Strauss 11 Junie 1864 8 September 1949 was n vooraanstaande Duitse komponis van die laat Romantiese en vroee moderne eras Hy is veral bekend om sy operas soos Der Rosenkavalier en Salome sy lieder waaronder veral sy Vier Laaste Lieder en sy toongedigte en orkeswerke Strauss was ook n gesiene komponis in die hele Duitsland en Oostenryk Richard Strauss1918 skildery van Strauss deur Max Liebermann AgtergrondinligtingGeboortenaamRichard Georg StraussGebore11 Junie 1864 Munchen BeiereSterf8 September 1949 Garmisch Partenkirchen Wes Duitsland GenresRomantiek moderneBeroep e Komponis Richard Georg Strauss die seun van n briljante horingblaser is op 11 Junie 1864 in Munchen gebore Op 4 jarige leeftyd het Strauss klavierlesse begin neem en toe hy 6 was het hy ook vioollesse begin neem en selfs sy eerste lied gekomponeer Tussen 1875 en 1880 het Strauss onderrig in die musiekteorie ontvang Sy eerste orkeswerk Feesmars in E mol is reeds in 1876 voltooi hoewel dit eers in 1881 vir die eerste maal uitgevoer is Van 1882 af het Strauss aan die Universiteit van Munchen in die filosofie estetika kunsgeskiedenis en letterkunde gestudeer Sy Suite vir Blasers opus 4 1881 het die aandag van die gevierde dirigent Hans von Bulow 1830 1894 getrek en in 1885 is Strauss as Von Bulow se assistent dirigent van die hoforkes te Meinigen aangestel Hier het hy 6 maande lank vertoef en vir n groot deel van die tyd was hy in Von Bulow se afwesigheid in volle beheer van die orkes Na Meinigen was Strauss om die beurt dirigent te Munchen 1886 Weimar 1889 Munchen 1894 Berlyn 1898 van 1908 af Koninklike Pruisiese Algemene Musiekdirekteur en Wenen 1919 Hy het ook dikwels as gasdirigent opgetree en vanaf 1924 toe hy finansieel onafhanklik geword het het hy slegs as gasdirigent opgetree Gedurende die laaste kwart van die 19e eeu was Wagner en Brahms Strauss se musikale modelle In 1887 het hy in Munchen sy simfoniese gedig Aus ltalien Uit ltalie opus 16 gedirigeer Die werk is nie entoesiasties ontvang nie maar in 1889 het hy in Weimar sy briljante toondig Don Juan gedirigeer en daarmee het sy loopbaan as komponis eintlik begin In 1894 is Strauss met die sopraan Pauline de Ahna oorl 1950 getroud en hulle het hulle in Munchen gevestig waar Pauline haar man se sake so behartig het dat hy meer tyd vir komposisie gehad het Intussen het Strauss sy simfoniese gedigte Macbeth 1890 Tod und Verklarung Dood en verheerliking 1890 en Till Eulenspiegels lustige Streiche Tyl Uilspieel se vrolike streke 1895 voltooi Die eerste open baring van sy begaafdheid as operakomponis is merkbaar in Salome 1905 waarvan die libretto op n teks van Oscar Wilde gebaseer is In Salome word die verderflike omstandighede rondom die onthoofding van Johannes die Doper sowel as die onthoofding self behandel en hoewel gehore tot vandag toe geskok word deur die grusame realisme van Strauss se uitbeelding het sy musikale oorspronklikheid dadelik aandag getrek Met Elektra 1909 het Strauss se assosiasie met die digter Hugo von Hofmannsthal 1874 1929 begin Von Hofmannsthal het ook die libretto s van Der Rosenkavalier 1911 Ariadne auf Naxos 1912 Die Frau ohne Schatten Die vrou sonder skaduwee 1919 en Arabella 1933 geskryf Strauss se suksesvolste opera Der Rosenkavalier het aan sowel hom as Von Hofmannsthal n fortuin besorg maar die ander operas het minder byval gevind Na Von Hofmannsthal se dood in 1929 is die teks van Die schweigsame Frau Die swygsame vrou 1935 deur Stefen Zweig 1881 1942 geskryf en die van Daphne 1838 deur Joseph Gregor 1888 1960 Strauss het self die libretto vir sy opera Capriccio 1942 geskryf Belangrike werke uit sy laaste jare is die Tweede Horingkonsert 1943 die Hobokonsert 1946 en die Vier Letzte Lieder Vier laaste liedere 1848 Afgesien van laasgenoemde het Strauss ook nagenoeg 200 ander kunsliedere gekomponeer waarvan n groot aantal as hoogtepunte van die liederkuns beskou word Ook die Burlesk vir klavier en orkes 1885 die Sinfonia domestica 1905 en Eine Alpensinfonie 1915 is belangrik Strauss was die laaste van die groot Romantiese komponiste Hy het die vermoe besit om eenvoudige melodiee op onvergeetlike en dikwels verhewe wyse uit te spin tot n oorweldigende klimaks Hierdie kenmerk van sy musiek word opvallend geillustreer aan die begin van Also sprach Zarathustra en in die trio naby die slot van Der Rosenkavalier Hy was n briljante orkestreerder en n voortreflike dirigent Albei die wereldoorloe het ʼn verwoestende uitwerking op Strauss se lewe gehad en hy het nooit werklik herstel na die verwoesting van sy vier mees geliefde operageboue in Wenen Berlyn Munchen en Dresden tydens die Tweede Wereldoorlog 1939 1945 nie Strauss is op 8 September 1949 in Beiere oorlede Sien ook WysigLys van komponisteEksterne skakels WysigWereldspektrum 1982 ISBN 0908409672 volume 26 bl 219 220 Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Richard Strauss Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Richard Strauss amp ol,