×
Rem

'n Rem word gebruik om die snelheid van 'n bewegende voorwerp te verminder, of om te voorkom dat die voorwerp in beweging kom. Remme word ook gebruik om die snelheid van byvoorbeeld elektromotore te reguleer en dit binne sekere perke te hou.

'n Skyfrem

Die werking van 'n rem berus op die omsetting van kinetiese energie (bewegingsenergie) in ander vorme van energie. Die omsetting van warmte (wrywingsenergie) word die meeste gebruik. Vir die omsetting na warmte word 'n remskoen gewoonlik teen ʼn draaiende onderdeel (as, skyf, trommel) gedruk waardeur wrywing die beweging teenwerk. Die remskoen het 'n remvoering wat van ʼn hittebestande wrywingsmateriaal gemaak is. Die wrywingsmateriaal bestaan gewoonlik uit asbesweefsel wat met metaaldraad gewapen is.

Die krag waarmee 'n remskoen teen 'n draaiende onderdeel druk, kan meganies, pneumaties, elektries of hidroulies oorgedra word. Om beskadiging en oormatige slytasie te voorkom, moet daar voldoende afvoer van warmte kan plaasvind. 'n Wye verskeidenheid remstelsels word in die praktyk gebruik. 'n Eenvoudige rem is byvoorbeeld die blokrem met 'n hol kant wat teen ʼn draaiende as of wiel gedruk word. Die trommelrem is doeltreffender as die blokrem en bestaan uit 2 halfronde remskoene wat van binne teen 'n trommel druk.

Dit bied die voordeel dat die trommel goed afgesluit kan word teen water en stof. By trommelremme word warmte egter moeilik afgevoer. 'n Skyfrem bestaan uit ʼn metaalskyf wat weerskante deur ʼn remblok vasgedruk word. Die skyfrem het 'n groot verkoelende oppervlak en kan maklik versien word. Skyfremme word veral by die voorwiele van motorvoertuie gebruik. 'n Bandrem bestaan uit 'n band wat met wrywingsmateriaal beklee is. Die band word met behulp van ʼn hefboom of stilstaande trommels styfgetrek om 'n draaiende onderdeel te rem. Bandremme word dikwels ook as koppelaars en as snelheidsreguleerders gebruik.

Inhoud

Die meeste remstelsels werk hidroulies of pneumaties. By motorvoertuie bied hidrouliese remme die voordeel dat die remkrag gelykmatig oor al die wiele verdeel word. Dit is gewoonlik ook met remkragbegrensers toegerus sodat die wiele nie vasslaan as die remme skielik aangeslaan word nie.

Pneumatiese remme werk deur middel van die lugdruk wat deur ʼn kompressor opgebou word. Die rembekragtiging vind plaas deur middel van vakuumsilinders wat hefbome in werking stel waarmee die remskoene teen die trommels of asse gedruk word. Rembekragtiging kan ook met behulp van elektromagnete verkry word. By spoorvoertuie (treine, lugspoortreine, moltreine) word die remskoene aan die bewegende kerns van solenoïede gemonteer en wanneer dit van 'n elektriese stroom voorsien word, druk die elektromagneet die remskoene teen die spore vas om die voertuig te rem.

In voertuie met elektromotoraandrywing word remming verkry deur die elektromotor in ʼn ontwikkelaar om te skakel. Hierdeur word terselfdertyd energiebesparing in die hand gewerk. ʼn Gelykstroommotor sal, op dieselfde manier as wat dit elektriese energie verbruik, elektriese energie lewer wanneer dit deur byvoorbeeld ʼn enjin aangedryf word. By 'n voertuig waarin die elektromotor gebruik word, word die elektromotor dan deur middel van die wiele (onderhewig aan die momentum van die voertuig) aangedryf wanneer dit na 'n ontwikkelaar omgeskakel word.

Sodoende word die kinetiese energie van die voertuig in elektriese energie omgesit. Vliegtuie, skepe en vuurpyle word ook gerem deur die aandrywing om te keer. By vliegtuie word die skroewe verstel en by skepe word die draairigting om die skroewe omgekeer. Vliegtuie word dikwels ook met behulp van valskerms gerem. By vuurpyle word die aksiereaksie-beginsel vir remming gebruik. Dit word gedoen deur die vuurpyl om te draai voordat dit land en die vuurpylmotore dan aan te skakel. Die stukrag word nou teen die vuurpyl se bewegingsrigting in gelewer, waardeur dit afgerem word.

Publikasie datum: Augustus 29, 2021

word, gebruik, snelheid, bewegende, voorwerp, verminder, voorkom, voorwerp, beweging, word, gebruik, snelheid, byvoorbeeld, elektromotore, reguleer, binne, sekere, perke, skyfrem, werking, berus, omsetting, kinetiese, energie, bewegingsenergie, ander, vorme, e. n Rem word gebruik om die snelheid van n bewegende voorwerp te verminder of om te voorkom dat die voorwerp in beweging kom Remme word ook gebruik om die snelheid van byvoorbeeld elektromotore te reguleer en dit binne sekere perke te hou n Skyfrem Die werking van n rem berus op die omsetting van kinetiese energie bewegingsenergie in ander vorme van energie Die omsetting van warmte wrywingsenergie word die meeste gebruik Vir die omsetting na warmte word n remskoen gewoonlik teen ʼn draaiende onderdeel as skyf trommel gedruk waardeur wrywing die beweging teenwerk Die remskoen het n remvoering wat van ʼn hittebestande wrywingsmateriaal gemaak is Die wrywingsmateriaal bestaan gewoonlik uit asbesweefsel wat met metaaldraad gewapen is Die krag waarmee n remskoen teen n draaiende onderdeel druk kan meganies pneumaties elektries of hidroulies oorgedra word Om beskadiging en oormatige slytasie te voorkom moet daar voldoende afvoer van warmte kan plaasvind n Wye verskeidenheid remstelsels word in die praktyk gebruik n Eenvoudige rem is byvoorbeeld die blokrem met n hol kant wat teen ʼn draaiende as of wiel gedruk word Die trommelrem is doeltreffender as die blokrem en bestaan uit 2 halfronde remskoene wat van binne teen n trommel druk Dit bied die voordeel dat die trommel goed afgesluit kan word teen water en stof By trommelremme word warmte egter moeilik afgevoer n Skyfrem bestaan uit ʼn metaalskyf wat weerskante deur ʼn remblok vasgedruk word Die skyfrem het n groot verkoelende oppervlak en kan maklik versien word Skyfremme word veral by die voorwiele van motorvoertuie gebruik n Bandrem bestaan uit n band wat met wrywingsmateriaal beklee is Die band word met behulp van ʼn hefboom of stilstaande trommels styfgetrek om n draaiende onderdeel te rem Bandremme word dikwels ook as koppelaars en as snelheidsreguleerders gebruik Inhoud 1 Kragoordrag 2 Lees ook 3 Bronnelys 4 Eksterne skakelsKragoordrag WysigDie meeste remstelsels werk hidroulies of pneumaties By motorvoertuie bied hidrouliese remme die voordeel dat die remkrag gelykmatig oor al die wiele verdeel word Dit is gewoonlik ook met remkragbegrensers toegerus sodat die wiele nie vasslaan as die remme skielik aangeslaan word nie Pneumatiese remme werk deur middel van die lugdruk wat deur ʼn kompressor opgebou word Die rembekragtiging vind plaas deur middel van vakuumsilinders wat hefbome in werking stel waarmee die remskoene teen die trommels of asse gedruk word Rembekragtiging kan ook met behulp van elektromagnete verkry word By spoorvoertuie treine lugspoortreine moltreine word die remskoene aan die bewegende kerns van solenoiede gemonteer en wanneer dit van n elektriese stroom voorsien word druk die elektromagneet die remskoene teen die spore vas om die voertuig te rem In voertuie met elektromotoraandrywing word remming verkry deur die elektromotor in ʼn ontwikkelaar om te skakel Hierdeur word terselfdertyd energiebesparing in die hand gewerk ʼn Gelykstroommotor sal op dieselfde manier as wat dit elektriese energie verbruik elektriese energie lewer wanneer dit deur byvoorbeeld ʼn enjin aangedryf word By n voertuig waarin die elektromotor gebruik word word die elektromotor dan deur middel van die wiele onderhewig aan die momentum van die voertuig aangedryf wanneer dit na n ontwikkelaar omgeskakel word Sodoende word die kinetiese energie van die voertuig in elektriese energie omgesit Vliegtuie skepe en vuurpyle word ook gerem deur die aandrywing om te keer By vliegtuie word die skroewe verstel en by skepe word die draairigting om die skroewe omgekeer Vliegtuie word dikwels ook met behulp van valskerms gerem By vuurpyle word die aksiereaksie beginsel vir remming gebruik Dit word gedoen deur die vuurpyl om te draai voordat dit land en die vuurpylmotore dan aan te skakel Die stukrag word nou teen die vuurpyl se bewegingsrigting in gelewer waardeur dit afgerem word Lees ook WysigSluitweer remstelsel Stukrag SkyfremBronnelys WysigWereldspektrum 1982 ISBN 0908409648 volume 23 bl 211Eksterne skakels Wysig Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Rem Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Rem amp ol,