×
Regte klimming

In sterrekunde is regte klimming (simbool α) een van die twee rigtingkoördinate van 'n punt aan die hemelbol volgens die stelsel waarmee hemelliggame se posisie bepaal word. Die ander koördinaat is deklinasie.

Regte klimming (blou) en deklinasie (groen) soos gesien van buite die hemelbol.

Regte klimming in sterrekunde kan vergelyk word met lengtegrade in geografie. Die regte klimming se afstand word ooswaarts al langs die hemelewenaar gemeet van die lentepunt (waar die Son die hemelewenaar tydens die lente-dag-en-nagewening in Maart kruis) tot by die uursirkel van die spesifieke voorwerp (die punt op die hemelewenaar waarteenoor die voorwerp lê). Regte klimming word in 'n aaneenlopende volle sirkel gemeet.

Die eenhede wat gebruik word om dit aan te dui, is meestal uur ( h ), minute ( m ) en sekondes ( s ), met 24h gelyk aan 'n volle sirkel. Aangesien 'n volle sirkel 360° het, is 1h van regte klimming gelyk aan124 hiervan, of 15 grade, 1m van regte klimming is gelyk aan 15 boogminute en 1s van regte klimming is gelyk aan 15 boogsekondes.

Die Aarde se as draai stadig weswaarts om die pole van die sonnebaan en voltooi een kringloop in sowat 26 000 jaar. Hierdie effek, bekend as presessie, veroorsaak dat die koördinate van "vaste hemelliggame voortdurend verander, al is dit baie stadig. Daarom hou lugkoördinate (insluitende regte klimming) verband met die jaar van waarneming. Sterrekundiges dui die koördinate aan met verwysing na 'n spesifieke jaar, bekend as 'n epog. Koördinate van verskillende epogs moet wiskundig aangepas word met betrekking tot mekaar, of om ooreen te stem met 'n standaard-epog.

Die huidige standaard-epog is J2000, wat staan vir 1 Januarie 2000 om 12:00 Aardtyd. Die "J" dui aan dat dit 'n Juliaanse epog is. Voorheen is die opeenvolgende Besseliaanse epogs B1875.0, B1900.0 en B1950.0 gebruik.

  1. U.S. Naval Observatory Nautical Almanac Office (1992). Seidelmann, P. Kenneth (red.). Explanatory Supplement to the Astronomical Almanac. University Science Books, Mill Valley, CA. p. 735. ISBN 0-935702-68-7.
  2. Moulton, Forest Ray (1916). . Macmillan Co., New York. pp. 125–126.; at
  3. Moulton (1916), p. 126.
  4. Moulton (1918), ble. 92-95.
  5. Nautical Almanac Office, U.S. Naval Observatory Nautical Almanac Office; H.M. Nautical Almanac Office, U.K. Hydrographic Office (2008). "Time Scales and Coordinate Systems, 2010". The Astronomical Almanac for the Year 2010. U.S. Govt. Printing Office. p. B2,. ISBN 9700707740829 Kontroleer |isbn=-waarde: invalid prefix (help).CS1 maint: extra punctuation (link)
  • , James B. Kaler, Universiteit van Illinois
  • , Universiteit van Nebraska-Lincoln
  • Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Publikasie datum: September 26, 2021

regte, klimming, sterrekunde, regte, klimming, simbool, twee, rigtingkoördinate, punt, hemelbol, volgens, stelsel, waarmee, hemelliggame, posisie, bepaal, word, ander, koördinaat, deklinasie, blou, deklinasie, groen, soos, gesien, buite, hemelbol, sterrekunde,. In sterrekunde is regte klimming simbool a een van die twee rigtingkoordinate van n punt aan die hemelbol volgens die stelsel waarmee hemelliggame se posisie bepaal word Die ander koordinaat is deklinasie Regte klimming blou en deklinasie groen soos gesien van buite die hemelbol Regte klimming in sterrekunde kan vergelyk word met lengtegrade in geografie Die regte klimming se afstand word ooswaarts al langs die hemelewenaar gemeet van die lentepunt waar die Son die hemelewenaar tydens die lente dag en nagewening in Maart kruis tot by die uursirkel van die spesifieke voorwerp die punt op die hemelewenaar waarteenoor die voorwerp le 1 Regte klimming word in n aaneenlopende volle sirkel gemeet 2 Die eenhede wat gebruik word om dit aan te dui is meestal uur h minute m en sekondes s met 24h gelyk aan n volle sirkel Aangesien n volle sirkel 360 het is 1h van regte klimming gelyk aan 1 24 hiervan of 15 grade 1m van regte klimming is gelyk aan 15 boogminute en 1s van regte klimming is gelyk aan 15 boogsekondes 3 Invloed van presessie WysigDie Aarde se as draai stadig weswaarts om die pole van die sonnebaan en voltooi een kringloop in sowat 26 000 jaar Hierdie effek bekend as presessie veroorsaak dat die koordinate van vaste hemelliggame voortdurend verander al is dit baie stadig Daarom hou lugkoordinate insluitende regte klimming verband met die jaar van waarneming Sterrekundiges dui die koordinate aan met verwysing na n spesifieke jaar bekend as n epog Koordinate van verskillende epogs moet wiskundig aangepas word met betrekking tot mekaar of om ooreen te stem met n standaard epog 4 Die huidige standaard epog is J2000 wat staan vir 1 Januarie 2000 om 12 00 Aardtyd Die J dui aan dat dit n Juliaanse epog is Voorheen is die opeenvolgende Besseliaanse epogs B1875 0 B1900 0 en B1950 0 gebruik 5 Verwysings Wysig U S Naval Observatory Nautical Almanac Office 1992 Seidelmann P Kenneth red Explanatory Supplement to the Astronomical Almanac University Science Books Mill Valley CA p 735 ISBN 0 935702 68 7 Moulton Forest Ray 1916 An Introduction to Astronomy Macmillan Co New York pp 125 126 at Google books Moulton 1916 p 126 Moulton 1918 ble 92 95 Nautical Almanac Office U S Naval Observatory Nautical Almanac Office H M Nautical Almanac Office U K Hydrographic Office 2008 Time Scales and Coordinate Systems 2010 The Astronomical Almanac for the Year 2010 U S Govt Printing Office p B2 ISBN 9700707740829Kontroleer isbn waarde invalid prefix help CS1 maint extra punctuation link Eksterne skakels WysigGids tot die hemelbol James B Kaler Universiteit van Illinois Hemelewenaar koordinatestelsel Universiteit van Nebraska Lincoln Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse WikipediaOntsluit van https af wikipedia org w index php title Regte klimming amp ol,