×
Quebec
Hierdie artikel handel oor die Kanadese provinsie. Sien gerus Quebec (dubbelsinnig) vir 'n lys van artikels wat met dieselfde titel geassosieer word.
Province de Québec

(Vlag van ) (Landswapen van )
Leuse : Je me souviens
Ander provinsies en gebiede van Kanada
Land Kanada
Hoofstad Quebecstad
46°49′N71°12′W /46.817°N 71.200°W /46.817; -71.200
Grootste stad Montreal
Goewerneur-generaal J. Michel Doyon
Eerste Minister François Legault (CAQ)
Oppervlakte 1 542 056 km²
- Land 1 183 128 vk km
- Water 176 928 vk km (11,5%)
Bevolking (1 Julie 2019)
- Totaal 8 484 965 inw.
- Digtheid 5,5 inw./vk km
Toelating tot die Kanadese Federasie
- Datum 1 Julie 1867
Verteenwoordiging in die Parlement
- Parlement 75
- Senaat 24
Posafkorting QC
Voorsetsel by poskode G H J
Tydsone UTC -51
Internet-domein .quebec.ca
1 UTC-4 op die eilandgroep îles de la Madeleine

Quebec (Frans: Québec, [keˈbɛk],(hulp·inligting)) is een van die tien provinsies van Kanada, met 'n landoppervlakte van 1 540 687 vierkante kilometer en 'n merendeels Franssprekende bevolking wat op 1 Julie 2019 op 8 484 965 beraam is. Dit is die enigste van Kanada se provinsies waar uitsluitlik Frans erkenning geniet as ampstaal. Met sy eie taal, kultuur, tradisies en instellings, vorm Quebec 'n afsonderlike Franssprekende nasie in Kanada.

Noorderlig oor Saguenay-Lac-Saint-Jean
Land van water, ingenieursvernuf en hoëtegnologie: Grootskaalse hidroëlektriese projekte soos die Complexe de la Baie-James (die foto toon die La Grande 4-aanleg) voorsien Quebec en dele van die VSA van krag
St-Clément, 'n klein nedersetting in die administratiewe streek Bas-Saint-Laurent

Die provinsie het grense met die Verenigde State in die suide, die provinsie Ontario in die weste en die provinsie Nieu-Brunswyk (Frans: Nouveau-Brunswick) in die ooste. Sowat die helfte van die grondgebied bestaan uit mere en riviere – die provinsie besit 16 persent van die wêreld se varswaterreserwes. Die noorde (Grand-Nord québécois) is arkties en yl bevolk, terwyl die vlaktes van die Sint-Laurensrivier (Frans: Fleuve Saint-Laurent) tot die gematigde sone behoort.

Quebec is Kanada se tweede mees bevolkte provinsie na Ontario. Die grootste deel van die bevolking is in stedelike gebiede langs die Sint-Laurensrivier tussen Montreal as die provinsie se ekonomiese en industriële spilpunt en die administratiewe hoofstad Quebecstad saamgetrek. Meer as die helfte van die Québécois, soos die bewoners in Frans genoem word, woon in die metropolitaanse gebied van Groter Montreal op en rondom Montrealeiland.

Groter gemeenskappe Engelssprekendes is in die weste van Montrealeiland saamgetrek, terwyl belangrike anglofone minderhede ook in streke soos die Outaouais, Estrie (ook die Eastern Townships genoem) en Gaspé aangetref word. Die uiterste noorde, die Nord-du-Québec-streek wat sowat die helfte van Quebec se oppervlakte beslaan, is yl bevolk en word merendeels deur Indiaanse en Inuït- gemeenskappe bewoon.

Alhoewel Kanada op federale vlak Engels en Frans as amptelike tale erken, bly die status van ampstaal in Quebec beperk tot Frans. As 'n gebied wat sy historiese en kulturele oorsprong in die eertydse Franse kolonies in Noord-Amerika het, is die provinsie tans die enigste gebied op die vasteland met 'n Franssprekende meerderheid en provinsiale regering en 'n Franse regstelsel, die Code civil.

Selfregering speel 'n belangrike rol in die politiek van Quebec – die amptelike opposisie, die Sosiaal-Demokratiese Parti Québécois, is 'n voorstander van nasionale onafhanklikheid. Regeringspartye, wat die wegbreek van Kanada as politieke agenda verkondig het, het al twee referendums (in 1980 en 1995) oor hierdie saak gehou, tog het 'n klein meerderheid Québécois teen die voorstel gestem. In 2006 het die Kanadese Laerhuis 'n simboliese mosie aanvaar waardeur die Franssprekende Québécois as 'n "nasie binne die verenigde Kanada" erken is.

Inhoud

Die sneeu-uil is die nasionale voël van Quebec

Quebec se vlag, die fleurdelisé, is 'n wit kruis op 'n blou agtergrond (die simbool van 'n christelike nasie) met vier lelies (Fleur de Lys) wat die Franse monargie versinnebeeld. Dit is die koninklike vlag wat die leër van generaal Montcalm, Marquis de Saint-Véran by hulle oorwinning in die slag van Carillon in 1758 gebruik het. Aangesien dit die simbool van die voormalige koningshuis van die Bourbone is, word dit in Frankryk sedert die Franse Rewolusie as kontrarewolusionêr beskou.

Die fleurdelisé-vlag het op 21 Januarie 1948 die ou Britse Union Jack op die toring van die parlementsgebou vervang as amptelike vlag van die provinsie.

Die Nasionale Leuse is "Je me souviens" (Ek herinner my) – 'n trotse verwysing na die provinsie se kleurryke geskiedenis. Gilles Vigneault se lied "Gens du pays" word dikwels as die nie-amptelike volkslied van die provinsie beskou.

Die nasionale blom is die Iris versicolor (blouvlag-iris), en die nasionale voël is die sneeu-uil.

Die Heilige Anna en Johannes die Doper is die beskermheiliges van Frans-Kanada. 24 Junie, la Saint-Jean, is Quebec se nasionale fees en word sedert 1977 amptelik Fête nationale du Québec genoem.

'n Welkomsgroet aan die grens
L'Île-aux-Basques naby Trois-Pistoles, een van die eilande in die Sint-Laurensrivier

Quebec lê in die ooste van Kanada en word deur die Engelstalige provinsie Ontario en die Hudsonbaai in die weste, die Atlantiese Oseaan met die Labradorsee, die provinsie Newfoundland en Labrador (Frans: Terre-Neuve) en die provinsie Nouveau-Brunswick in die ooste, die Verenigde State (met die deelstate Maine, New Hampshire, Vermont en New York) in die suide en die Arktiese Oseaan in die noorde begrens.

Quebec is Kanada se grootste provinsie en beslaan 15,5 persent van die land se totale oppervlakte en sowat drie keer die oppervlakte van Frankryk. Die provinsie vorm 'n reusagtige landmassa, wat van die 45ste noordelike breedtegraad tot by die Arktiese See strek. Die grootste deel van die gebied, veral die noordelike gebiede van Nouveau-Québec, is egter yl bevolk. Meer as 90 persent van Quebec se oppervlakte lê binne die Kanadese Skild, 'n baie ou geologiese gebied, wat geskiedkundig ook as die Ungava-gewes bekend staan. Die Laurentides-gebergte noord van Montreal is die oudste bergreeks ter wêreld.

In die jare 1898 en 1912 besluit die Kanadese Parlement om die groot noordelike gebiede, Le Grand Nord Québécois, by die provinsie te voeg. 'n Groot deel van die noord-oostelike gebiede maak oorspronklik deel uit van die Noordwes-Territorium. Hierdie gebiede sluit ook die Jamesbaai in, waar sommige van die grootste Kanadese hidrokragsentrales teen die La Granderivier opgerig is. Hulle word deur die maatskappy Hydro-Québec beheer, 'n onderneming in besit van die provinsie.

Die gebied noord van die 55ste breedtegraad, Nunavik, is die tuisland van die Inuït.

Die Sint-Laurensrivier is die lewensaar van die provinsie. Langs die rivier lê die digbevolkte sentrale gedeelte van die povinsie met die stede Montreal en Quebecstad. Die Sint-Laurens verbind danksy die Sint-Laurenswaterweg sedert 1959 die Groot Mere tussen Kanada en die Verenigde State met die Atlantiese Oseaan. Naas die Sint-Laurens beskik Quebec met sy een miljoen mere en riviere oor enorme reserwes van varswater.

Goue herfskleure
'n Wintertoneel in Quebec: die windmeul van Pointe-Claire op Montreal-eiland

Quebec kan in drie verskillende klimaatstreke verdeel word. Die suide en weste van die provinsie, waar die grootste deel van die bevolking gekonsentreer is, het 'n vogtige kontinentale klimaat met warm somers en lang, koue winters met sneeuval. Die belangrikste klimatiese invloede is lugmassas wat vanuit Wes- en Noord-Kanada in oostelike rigting en vanuit die suidelike en sentrale Verenigde State in noordelike rigting beweeg.

Vanweë die invloed van stormstelsels, wat hulle oorsprong in die sentrum van die Noord-Amerikaanse vasteland en in die Atlantiese Oseaangebied het, kom hoë neerslae dwarsdeur die jaar voor. Die meeste gebiede kry jaarliks meer as 1 000 millimeter, met sneeuvalle van meer as 300 sentimeter in baie streke. Uiterste weerstoestande soos tornado's en swaar donderbuie kom soms gedurende die somermaande voor.

Die meeste streke in die hartland van Quebec het 'n subarktiese klimaat. Die winters is hier lank, terwyl ook die laagste temperature in Oos-Kanada hier aangeteken word. Die somers is warm, maar baie kort vanweë die gebied se noordelike ligging en die groter invloed van Arktiese lugmassas. Afgesien van 'n aantal hoër geleë streke kry die sentrale gedeelte van Quebec ietwat minder neerslae as die suide.

Die noordelike geweste van Quebec word deur 'n Arktiese klimaat gekenmerk wat baie koue winters en kort koel somers behels. Die hoofsaaklike klimatiese invloede in hierdie gebied is die seestromings in die Arktiese Oseaan (soos die Labrador-stroming) en kontinentale lugmassas uit die hoë Arktiese noorde.

Franse setlaars moes hul voete in 'n geheel nuwe omgewing kom vind. Die koloniale boukuns is aangepas by die vereistes van Quebec se strawwe winters: Maison Morisset het in 1678 in Sainte-Famille, 'n nedersetting in die administratiewe streek Capitale-Nationale, ontstaan
Fêtes de la Nouvelle-France ("Nieu-Frankryk-fees") in Quebecstad
Die museumdorp Village Québécois d'Antan in Drummondville gee 'n indruk van die alledaagse lewe in 19de eeuse Quebec

Die bevolking van die Province du Québec bestaan uit die afstammelinge van die Franssprekende en Engelssprekende setlaars en die Eerste Nasies (Premières Nations of Amerindians, veral Iroquois en Hurone, en Inuïete). Die Franssprekende bevolking van ses miljoen is merendeels afstammelinge van die oorspronklike Franse setlaarbevolking van sowat 10 000 siele. Alhoewel hulle 'n Noord-Amerikaanse leefstyl volg, word hul politieke kultuur en denke deur Europa bepaal.

Daarbenewens het immigrante van dwarsoor die wêreld hulle in Quebec gevestig. Sedert 1945 het 650 000 immigrante uit 80 lande 'n nuwe tuiste in Quebec gevind. 83% van die totale bevolking praat Frans, sowat 12% is Engelstalig. Daar is minderhede van Han-Sjinese, Portugees-, Grieks- en Italiaanstaliges. Die grootste deel van die Québécois leef langs die Fleuve Saint-Laurent (Saint-Laurentrivier).

Voor die aankoms van die Franse setlaars was die gebied van die huidige provinsie die tuiste van 'n aantal Indiaanse stamme – die Eerste Nasies. Die Provinsie Quebec erken vandag elf nasies op sy gebied – die Inuït, die Mohawks (Irokese of Iroquois), die Innus, die Cri's, die Algonkins, die Atikamekw, die Micmacs, die Hurone, die Abenaki's, die Malesiete en die Naskapi's.

Die elf stamme van die Eerste Nasies het vandag sowat 70 000 lede en streef daarna om hul eie taal en kultuur te bewaar. Die Iroquois en Hurone is albei lede van die Irokese taalfamilie. Die naam "Huroon" is afgelei van die eienaardige kapsels van die mans. Die Franse woord l'huire, wat eintlik die opgesette borstels van 'n vark beskryf, word tot "Huroon" vervorm.

In die tydperk tussen 1627 en 1663 het die Franse bevolking van Quebec van 100 tot 2 500 toegeneem. Die eerste setlaars se geledere is binne 35 jaar versterk deur sowat 1 250 immigrante, en danksy die natuurlike bevolkingsgroei het hierdie syfer verdubbel. Die Franse setlaars het veral uit die kusgebiede en hawestede van Noord- en Wes-Frankryk en die hoofstad Parys gekom. Die geskiedkundige provinsies, wat die grootste rol in die volksplanting in Quebec gespeel het, was Normandië, Aunis, Perche, Île-de-France, Poitou, Maine, Saintonge, Anjou en Bretagne.

Die bevolking van Quebec het in die derde kwartaal van 2007 met 0,25 persent gegroei, en alhoewel hierdie syfer minder as die gemiddelde van Kanada is, het die aantal geboortes merkbaar toegeneem. Vir die eerste keer sedert die 1980's is die natuurlike bevolkingsgroei sedert die begin van die jaar 2006 steeds hoër as die gemiddelde natuurlike bevolkingsaanwas vir die hele land.

Die Franse taal het die taalstryd in die sewentigerjare gewen: opskrifte en kennisgewings moes gewoonlik eentalig Frans wees. Die afskaling van Engels word vandag nie meer stelselmatig deurgevoer nie; Engelstalige opskrifte behoort egter steeds kleiner te wees as die Franse. Immigrante word deur die provinisiale regering gekies; in 'n poging om die persentasie Franstaliges te vergroot het baie Noord-Afrikane in die afgelope jare 'n verblyfpermit gekry.

Immigrasie

In 2003 is 37 619 immigrante aanvaar, veral uit Franssprekende lande en voormalige Franse kolonies. Die belangrikste lande van herkoms is Frankryk, België, Haïti, Libanon, Marokko, Sirië en Algerië. Die aantal immigrante het in 2010 gestyg tot 54 000.

In 2011 het die Minister vir Immigrasie en Kulturele Gemeenskappe, Kathleen Weil, aangekondig dat Quebec in die periode tussen 2012 en 2015 sowat 200 000 immigrante sal aanvaar. Vanaf 2015 is 'n jaarlikse immigrasiekwota van 50 000 vasgestel.

Die tien grootste munisipaliteite volgens bevolking

Montreal
Quebecstad
Munisipaliteit 2010 2006 2001 1996
Montreal 1 667 700*** 1 637 563 1 812 723 1 774 846
Quebecstad 508 349*** 500 691* 507 986 504 605
Laval 395 814 376 845 343 005 330 393
Gatineau 255 000*** 245 000** 226 696 217 591
Longueuil 232 516 230 678 348 091 373 009
Sherbrooke 153 384*** 150 751* 146 689 135 501
Saguenay 144 746**** 146 641** 148 050 153 476
Lévis 136 066*** 130 008* 121 999 118 344
Trois-Rivières 131 338**** 126 323 122 395 124 417
Terrebonne 101 558*** 94 703 80 531 75 110

* Bevolking soos in 2007
** Bevolking soos in 2008
*** Bevolking soos in 2009
**** Bevolking soos in 2011

Die Franse taal in Quebec

Chasse-neige of sneeuploeg behoort tot die kernwoordeskat

Alhoewel taal tans as die belangrikste kulturele band beskou word wat Quebec en ander dele van Franko-Amerika steeds met Frankryk as die historiese Moederland verbind, het vier eeue van aparte ontwikkeling bygedra tot die ontstaan van 'n variëteit van gesproke – en soms ook geskrewe – Frans wat van die Europese oorsprongstaal in sommige opsigte verskil, net soos Engels in Noord-Amerika van sy Britse eweknie en Portugees in Brasilië van Europese Portugees.

Naas die uitspraak van Frans in Quebec, wat in sommige opsigte dié van 17de eeuse Frans bewaar het (alhoewel sprekers van formele Frans in Quebec dikwels moeilik onderskei kan word van Europese sprekers van Standaardfrans), toon Kanadese Frans, veral in sy gesproke vorm, verskille as gevolg van

  • leenwoorde en leenuitdrukkings wat uit Indiaanse tale en Engels oorgeneem is,
  • die bewaring van uitdrukkings en woorde wat in Europese Frans as argaïes beskou word, en
  • grammatikale en sintaktiese kenmerke wat in Europese Frans as foutief beskou sou word, en
  • neologismes soos dépanneur (Engels: convenience store) en courriel ('n verkorting van courrier électronique, "e-pos") wat in Europese Frans onbekend is en waarna as canadianismes verwys word.
Claude Bernou se kaart van Nieu-Frankryk (1681)
De Champlain se landing in Quebecstad. Skildery deur George Agnew Reid (1909)
Die provinsie Quebec in 1774
  • 1534: Jacques Cartier sit voet aan wal in Gaspé en neem die land namens François I, koning van Frankryk, in besit.
  • 1608: Samuel de Champlain land aan die noordoewer van die Sint-Laurensrivier, naby die Indiaanse dorp Kébec.
  • 1642: Paul Chomedey de Maisonneuve stig Ville-Marie, 'n dorpie wat later bekend staan as Montreal.
  • 1660–1713: Die kolonie wat nou Nieu-Frankryk genoem word groei langs die Sint-Laurentrivier en in Akadië (gebied aan die Atlantiese Oseaan).
  • 1759: Die Britse oorwinning op die Abraham-vlaktes lei tot die einde van die Franse heerskappy in Noord-Amerika.
  • 1763: Frankryk staan sy kolonies in Noord-Amerika aan die Britse kroon af. Nieu-Frankryk het in hierdie tydperk net 55 000 inwoners, in vergelyking met Nieu-Engeland se een miljoen.
  • 1791: Grondwet (Constitutional Act) voer 'n parlamentêre stelsel in; Frankokanadiërs se reg op 'n vaderland word erken en Kanada word in 'n Engelstalige (Ontario) en 'n Franstalige provinsie (Quebec) verdeel.
  • 1837–1838: Die opstand van die Patriotes in Quebec maak duidelik dat talle burgers die Britse gesag nie aanvaar nie.
  • 1867: British North America Act: Die Federasie van Kanadese provinsies (Quebec, Ontario, New Brunswick en Nova Scotia) word gestig.
  • 1967: Die Franse President Charles de Gaulle besoek die Expo-tentoonstelling in Montreal; sy strydkreet "Vive le Québec libre!" is die beginpunt van die nuwe skeidingsbeweging wat 'n onafhanklike Quebec ten doel het.
  • 1968: 'n Aantal skeidingsbewegings smelt saam en vorm die nuwe Parti Québécois.
  • 1969: Loi pour promouvoir la langue française au Québec: Frans word onderwystaal vir alle nie-Engelstalige Québécois.
  • 1974: Loi sur la langue officielle: Frans word die uitsluitende ampstaal van Quebec.
  • 1976: Met die oorwinning van die Parti Québécois onder leiding van René Lévesque word die onafhanklikheisbeweging in Quebec 'n nasionale vraagstuk vir Kanada.
  • 1980: 'n Meerderheid van die bevolking stem teen onderhandelinge met die federale regering oor die onafhanklikheid van Quebec.
  • 1995: 49.4% van die Québécois stem vir 'n onafhanklike staat. Die Kanadese Parlement erken op 30 Oktober 1995 Quebec se status as 'n besondere gemeenskap (distinct society).
  • 2003: Die oorwinning van die Parti Libéral in die provinsiale verkiesing is 'n teenslag vir die skeidingsbeweging.
  • 2007: Die regering van die Eerste Minister Jean Charest (Liberale Party) behaal op 26 Maart 'n naelskraap oorwinning in die provinsiale verkiesing, maar is nou die eerste minderheidsregering in Quebec sedert 1878. Die Action démocratique het as die tweede grootste party en nuwe amptelike opposisie na vore getree, terwyl die Parti Québécois net die derde grootste party geword het.
Die hoofkantoor van die Banque de Montréal (BDM) in Place d'Armes

Die provinsie beskik oor 'n pos-moderne ekonomie wat 'n gemaklike handelsoorskot handhaaf. Ingevolge die vrye handel-ooreenkoms met die Verenigde State in 1987 het Quebec se uitvoere, waarvan sowat 85 persent vir die VSA-mark bestem is, aansienlik gestyg. In 2002 het Quebec produkte en dienste ter waarde van 83,4 miljard VSA-dollar ingevoer, terwyl sy uitvoere tot 92,2 miljard VSA-dollar gestyg het. Die bruto geografiese produk per capita was in 2002 27 601 VSA-dollar.

Die vallei van die Saint-Laurentrivier is 'n vrugbare landbougebied vir vrugte, groente en graan. Quebec is die belangrikste produsent en uitvoerder van esdoringstroop. Veeteelt is 'n verdere basis van die landbou.

Groot natuurlike hulpbronne en bloeiende nywerhede verseker dat die inwoners van Quebec tot die welvarendstes wêreldwyd behoort. Quebec se bosbou, waterkragsentrales, elektroniese, telekommunikasie, lug- en ruimtevaartnywerheid is beduidende uitvoerders, veral na die VSA.

Die hoëtegnologie-bedrywe in Montreal sluit lugvaartondernemings soos die straler-vervaardiger Bombardier, die stralerenjin-vervaardiger Pratt and Whitney en die vlugnabootser-vervaardiger CAE in. Hierdie wêreldbekende ondernemings en talle toeleweringsbedrywe maak van Quebec se lugvaartnywerheid die vierde grootste wêreldwyd.

Die premier van Quebec, François Legault
L'Assemblée nationale du Québec, die parlement van Quebec, vergader in die Hôtel du Parlement te Quebecstad
Die parlementsaal

Quebec se regeringstelsel is geskoei op die Britse Westminster-stelsel, met 'n eenkamerparlement, die Nasionale Vergadering van Quebec (Assemblée nationale du Québec). Die 125 afgevaardigdes word in 125 kiesafdelings volgens die meerderheidskiesstelsel verkies. Die voorsitter van dié party, wat die meeste setels in 'n verkiesing gewen het, word as eerste minister (premier ministre) aangewys, net soos die lede van die Ministersraad (kabinet).

Die vise-goewerneur mag die parlement na konsultasie met die eerste minister binne 'n bepaalde tydperk van maksimaal vyf jaar ontbind en 'n nuwe verkiesing uitskryf. Tot en met 1968 was daar 'n tweede kamer van die parlement, die Wetgewende Raad, met benoemde lede. Quebec was die laaste Kanadese provinsie wat sy tweede parlementskamer afgeskaf het.

Die amp van eerste minister word sedert 23 April 2014 deur Philippe Couillard beklee nadat sy Liberale Party (Parti libéral du Québec, PLQ) met 41,5 persent van die uitgebragte stemme 'n oorwinning in die provinsiale verkiesing behaal en sewentig setels in Quebec se parlement, die Nasionale Vergadering, het. Die vorige regering is tussen 2012 en 2014 deur die separatistiese Parti Québécois (PQ) met 54 setels in die parlement as 'n minderheidsregering gevorm.

Naas die Liberale Party is die sosiaal-demokratiese PQ met 30, die konserwatiewe Coalition Avenir Québec ("Koalisie Toekoms Quebec") met 22 en die links-alternatiewe Québec solidaire met drie setels in die Nasionale Vergadering verteenwoordig. Die huidige vise-goewerneur en verteenwoordiger van koningin Elizabeth II as staatshoof is Pierre Duchesne.

Volgens die Kanadese grondwet word Quebec met 75 setels in die Kanadese Laerhuis en 24 setels in die Senaat verteenwoordig. Die provinsiale verteenwoordigers is lede van partye wat net op federale vlak in die politieke lewe meeding, maar nie by die provinsiale politiek betrokke is nie.

Montreal-styl gerookte vleis van Schwartz in Montreal
'n Tradisionele bûche de Noël

Naas sy natuurskoon en ryk kulturele erfenis is dit Quebec se gastronomiese tradisies wat van die provinsie 'n gewilde trekpleister vir Noord-Amerikaanse en oorsese fynproewers maak. Ondanks sterk Italiaanse, Asiatiese, Midde-Oosterse en Amerikaanse invloede is Quebec se eetgewoontes diep gewortel in die kookkuns van sy Franse moederland. Die 17de eeuse setlaars, wat hulle in die destydse Nieu-Frankryk gevestig het, het hul tradisionele kookgereedskap – kookpotte en -panne wat van gietyster gemaak is – saamgebring waarin eenvoudige plattelandse kos berei is. Hierdie tradisie is later ook deur Ierse immigrante gedeel.

Die lewe in 'n vreemde omgewing is vir die eerste setlaars verder bemoeilik deur Quebec se lang en bitter koue winters. Daar was baie monde om te voed, maar min kos beskikbaar. Die vroeë Kanadese het die voorkeur gegee aan kos met 'n hoë voedingswaarde, soos in Quebec se gunstelingdisse steeds weerspieël word. Die meeste gesinne het die tradisionele resepte van hul voorvaders bewaar om hulle aan nuwe generasies oor te dra.

So is tourtières en ragouts (bredies), pâtés (pasteie) en terrines, soupes (soos die soupe aux pois of ertjiessop), tartes (soos die tarte au sucre of suikertert) en galettes bo aan die lys – geregte wat hul oorsprong in die noordweste van Frankryk het en daar al sedert die 15de eeu voorgesit is. Dié gunstelingdisse word in Quebec steeds op feesdae en vir gesins- en kleingroepbyeenkomste berei.

Tourtières is die gewildste klaargemaakte kos wat dwarsdeur die jaar in winkels te koop aangebied word. Pâtés en terrines is 'n vaste bestanddeel van onthaaletes. 'n Groot verskeidenheid terte en ander gebak is in bakkerye te koop, met die tradisionele Kersfeeskoek bûche de Noël – met sjokolade-botterroom en versierings wat dit op 'n yule log laat lyk – as die kulinêre hoogtepunt van Kersaand.

Ander merkwaardige kookmetodes, wat hul oorsprong in 15de eeuse Frankryk het, is die gebruik van kruie en speserye soos kaneel en naeltjies vir vleisgeregte; die gebruik van gesoute kruie; vleisaftreksels wat van bene gekook word; die gebruik van brood en broodkrummels in baie resepte; die gewoonte om broodpoedin of Franse braaibrood van ou brood te berei; die gebruik van geroosterde meel as spesery en as verdikker; die gebruik van gedroogde groentes vir tradisionele sopdisse soos ertjiessop; die vermenging van vars en gedroogde vrugte in nageregte soos appel-en-rosyntjiestert en dadeltert; en die gebruik van heuning en neute as spesery in nageregte.

  1. (PDF). Geargiveer vanaf (PDF) op 30 September 2020. Besoek op3 September 2020.
  2. Hoogste Hof van Kanada – 5 Mei 2010 op Wayback Machine – "Ons moet erken dat die twee volke wat Kanada gestig het, gelykwaardig is, en dat Quebec binne die Kanadese Federasie 'n selfstandige samelewing vorm wat deur oor sy eie taal, kultuur, instellings en al die eienskappe van 'n afsonderlike nasionale gemeenskap beskik", vertaling van: « On devra reconnaître que les deux peuples qui ont fondé le Canada sont foncièrement égaux et que le Québec forme à l’intérieur de l’ensemble fédéral canadien une société distincte par la langue, la culture, les institutions et qui possède tous les attributs d’une communauté nationale distincte. »
  3. . Geargiveer vanaf op 21 Desember 2007. Besoek op25 Desember 2007.
  4. Julian Armstrong: Made in Quebec. A Culinary Journey. Kindle-uitgawe. HarperCollins e-books 2014, pos. 71
Wiki-webtuistes

Amptelike webtuistes

  • (fr)(en)
Toerisme

  • (en)
Musiek

Demografie en wetenskaplike genealogie


Publikasie datum: Augustus 21, 2021

quebec, hierdie, artikel, handel, kanadese, provinsie, sien, gerus, dubbelsinnig, artikels, dieselfde, titel, geassosieer, word, province, québec, vlag, landswapen, leuse, souviensander, provinsies, gebiede, kanadaland, kanadahoofstad, stad, 200grootste, stad,. Hierdie artikel handel oor die Kanadese provinsie Sien gerus Quebec dubbelsinnig vir n lys van artikels wat met dieselfde titel geassosieer word Province de Quebec Vlag van Landswapen van Leuse Je me souviensAnder provinsies en gebiede van KanadaLand KanadaHoofstad Quebecstad 46 49 N 71 12 W 46 817 N 71 200 W 46 817 71 200Grootste stad MontrealGoewerneur generaal J Michel DoyonEerste Minister Francois Legault CAQ Oppervlakte 1 542 056 km Land 1 183 128 vk km Water 176 928 vk km 11 5 Bevolking 1 Julie 2019 Totaal 8 484 965 inw Digtheid 5 5 inw vk kmToelating tot die Kanadese Federasie Datum 1 Julie 1867Verteenwoordiging in die Parlement Parlement 75 Senaat 24Posafkorting QCVoorsetsel by poskode G H JTydsone UTC 51Internet domein quebec ca1 UTC 4 op die eilandgroep iles de la Madeleine Quebec Frans Quebec keˈbɛk luister hulp inligting is een van die tien provinsies van Kanada met n landoppervlakte van 1 540 687 vierkante kilometer en n merendeels Franssprekende bevolking wat op 1 Julie 2019 op 8 484 965 beraam is 1 Dit is die enigste van Kanada se provinsies waar uitsluitlik Frans erkenning geniet as ampstaal Met sy eie taal kultuur tradisies en instellings vorm Quebec n afsonderlike Franssprekende nasie in Kanada 2 Noorderlig oor Saguenay Lac Saint Jean Land van water ingenieursvernuf en hoetegnologie Grootskaalse hidroelektriese projekte soos die Complexe de la Baie James die foto toon die La Grande 4 aanleg voorsien Quebec en dele van die VSA van krag St Clement n klein nedersetting in die administratiewe streek Bas Saint Laurent Die provinsie het grense met die Verenigde State in die suide die provinsie Ontario in die weste en die provinsie Nieu Brunswyk Frans Nouveau Brunswick in die ooste Sowat die helfte van die grondgebied bestaan uit mere en riviere die provinsie besit 16 persent van die wereld se varswaterreserwes Die noorde Grand Nord quebecois is arkties en yl bevolk terwyl die vlaktes van die Sint Laurensrivier Frans Fleuve Saint Laurent tot die gematigde sone behoort Quebec is Kanada se tweede mees bevolkte provinsie na Ontario Die grootste deel van die bevolking is in stedelike gebiede langs die Sint Laurensrivier tussen Montreal as die provinsie se ekonomiese en industriele spilpunt en die administratiewe hoofstad Quebecstad saamgetrek Meer as die helfte van die Quebecois soos die bewoners in Frans genoem word woon in die metropolitaanse gebied van Groter Montreal op en rondom Montrealeiland Groter gemeenskappe Engelssprekendes is in die weste van Montrealeiland saamgetrek terwyl belangrike anglofone minderhede ook in streke soos die Outaouais Estrie ook die Eastern Townships genoem en Gaspe aangetref word Die uiterste noorde die Nord du Quebec streek wat sowat die helfte van Quebec se oppervlakte beslaan is yl bevolk en word merendeels deur Indiaanse en Inuit gemeenskappe bewoon Alhoewel Kanada op federale vlak Engels en Frans as amptelike tale erken bly die status van ampstaal in Quebec beperk tot Frans As n gebied wat sy historiese en kulturele oorsprong in die eertydse Franse kolonies in Noord Amerika het is die provinsie tans die enigste gebied op die vasteland met n Franssprekende meerderheid en provinsiale regering en n Franse regstelsel die Code civil Selfregering speel n belangrike rol in die politiek van Quebec die amptelike opposisie die Sosiaal Demokratiese Parti Quebecois is n voorstander van nasionale onafhanklikheid Regeringspartye wat die wegbreek van Kanada as politieke agenda verkondig het het al twee referendums in 1980 en 1995 oor hierdie saak gehou tog het n klein meerderheid Quebecois teen die voorstel gestem In 2006 het die Kanadese Laerhuis n simboliese mosie aanvaar waardeur die Franssprekende Quebecois as n nasie binne die verenigde Kanada erken is 3 Inhoud 1 Simbole van die provinsie 2 Geografie 3 Klimaat 4 Bevolking 4 1 Immigrasie 4 2 Die tien grootste munisipaliteite volgens bevolking 4 3 Die Franse taal in Quebec 5 Geskiedenis 6 Ekonomie 7 Regering en politiek 8 Kookkuns 9 Verwysings 10 Eksterne skakelsSimbole van die provinsie Wysig Die sneeu uil is die nasionale voel van Quebec Quebec se vlag die fleurdelise is n wit kruis op n blou agtergrond die simbool van n christelike nasie met vier lelies Fleur de Lys wat die Franse monargie versinnebeeld Dit is die koninklike vlag wat die leer van generaal Montcalm Marquis de Saint Veran by hulle oorwinning in die slag van Carillon in 1758 gebruik het Aangesien dit die simbool van die voormalige koningshuis van die Bourbone is word dit in Frankryk sedert die Franse Rewolusie as kontrarewolusioner beskou Die fleurdelise vlag het op 21 Januarie 1948 die ou Britse Union Jack op die toring van die parlementsgebou vervang as amptelike vlag van die provinsie Die Nasionale Leuse is Je me souviens Ek herinner my n trotse verwysing na die provinsie se kleurryke geskiedenis Gilles Vigneault se lied Gens du pays word dikwels as die nie amptelike volkslied van die provinsie beskou Die nasionale blom is die Iris versicolor blouvlag iris en die nasionale voel is die sneeu uil Die Heilige Anna en Johannes die Doper is die beskermheiliges van Frans Kanada 24 Junie la Saint Jean is Quebec se nasionale fees en word sedert 1977 amptelik Fete nationale du Quebec genoem Geografie Wysig n Welkomsgroet aan die grens L Ile aux Basques naby Trois Pistoles een van die eilande in die Sint Laurensrivier Quebec le in die ooste van Kanada en word deur die Engelstalige provinsie Ontario en die Hudsonbaai in die weste die Atlantiese Oseaan met die Labradorsee die provinsie Newfoundland en Labrador Frans Terre Neuve en die provinsie Nouveau Brunswick in die ooste die Verenigde State met die deelstate Maine New Hampshire Vermont en New York in die suide en die Arktiese Oseaan in die noorde begrens Quebec is Kanada se grootste provinsie en beslaan 15 5 persent van die land se totale oppervlakte en sowat drie keer die oppervlakte van Frankryk Die provinsie vorm n reusagtige landmassa wat van die 45ste noordelike breedtegraad tot by die Arktiese See strek Die grootste deel van die gebied veral die noordelike gebiede van Nouveau Quebec is egter yl bevolk Meer as 90 persent van Quebec se oppervlakte le binne die Kanadese Skild n baie ou geologiese gebied wat geskiedkundig ook as die Ungava gewes bekend staan Die Laurentides gebergte noord van Montreal is die oudste bergreeks ter wereld In die jare 1898 en 1912 besluit die Kanadese Parlement om die groot noordelike gebiede Le Grand Nord Quebecois by die provinsie te voeg n Groot deel van die noord oostelike gebiede maak oorspronklik deel uit van die Noordwes Territorium Hierdie gebiede sluit ook die Jamesbaai in waar sommige van die grootste Kanadese hidrokragsentrales teen die La Granderivier opgerig is Hulle word deur die maatskappy Hydro Quebec beheer n onderneming in besit van die provinsie Die gebied noord van die 55ste breedtegraad Nunavik is die tuisland van die Inuit Die Sint Laurensrivier is die lewensaar van die provinsie Langs die rivier le die digbevolkte sentrale gedeelte van die povinsie met die stede Montreal en Quebecstad Die Sint Laurens verbind danksy die Sint Laurenswaterweg sedert 1959 die Groot Mere tussen Kanada en die Verenigde State met die Atlantiese Oseaan Naas die Sint Laurens beskik Quebec met sy een miljoen mere en riviere oor enorme reserwes van varswater Klimaat Wysig Goue herfskleure n Wintertoneel in Quebec die windmeul van Pointe Claire op Montreal eiland Quebec kan in drie verskillende klimaatstreke verdeel word Die suide en weste van die provinsie waar die grootste deel van die bevolking gekonsentreer is het n vogtige kontinentale klimaat met warm somers en lang koue winters met sneeuval Die belangrikste klimatiese invloede is lugmassas wat vanuit Wes en Noord Kanada in oostelike rigting en vanuit die suidelike en sentrale Verenigde State in noordelike rigting beweeg Vanwee die invloed van stormstelsels wat hulle oorsprong in die sentrum van die Noord Amerikaanse vasteland en in die Atlantiese Oseaangebied het kom hoe neerslae dwarsdeur die jaar voor Die meeste gebiede kry jaarliks meer as 1 000 millimeter met sneeuvalle van meer as 300 sentimeter in baie streke Uiterste weerstoestande soos tornado s en swaar donderbuie kom soms gedurende die somermaande voor Die meeste streke in die hartland van Quebec het n subarktiese klimaat Die winters is hier lank terwyl ook die laagste temperature in Oos Kanada hier aangeteken word Die somers is warm maar baie kort vanwee die gebied se noordelike ligging en die groter invloed van Arktiese lugmassas Afgesien van n aantal hoer gelee streke kry die sentrale gedeelte van Quebec ietwat minder neerslae as die suide Die noordelike geweste van Quebec word deur n Arktiese klimaat gekenmerk wat baie koue winters en kort koel somers behels Die hoofsaaklike klimatiese invloede in hierdie gebied is die seestromings in die Arktiese Oseaan soos die Labrador stroming en kontinentale lugmassas uit die hoe Arktiese noorde Bevolking Wysig Franse setlaars moes hul voete in n geheel nuwe omgewing kom vind Die koloniale boukuns is aangepas by die vereistes van Quebec se strawwe winters Maison Morisset het in 1678 in Sainte Famille n nedersetting in die administratiewe streek Capitale Nationale ontstaan Fetes de la Nouvelle France Nieu Frankryk fees in Quebecstad Die museumdorp Village Quebecois d Antan in Drummondville gee n indruk van die alledaagse lewe in 19de eeuse Quebec Die bevolking van die Province du Quebec bestaan uit die afstammelinge van die Franssprekende en Engelssprekende setlaars en die Eerste Nasies Premieres Nations of Amerindians veral Iroquois en Hurone en Inuiete Die Franssprekende bevolking van ses miljoen is merendeels afstammelinge van die oorspronklike Franse setlaarbevolking van sowat 10 000 siele Alhoewel hulle n Noord Amerikaanse leefstyl volg word hul politieke kultuur en denke deur Europa bepaal Daarbenewens het immigrante van dwarsoor die wereld hulle in Quebec gevestig Sedert 1945 het 650 000 immigrante uit 80 lande n nuwe tuiste in Quebec gevind 83 van die totale bevolking praat Frans sowat 12 is Engelstalig Daar is minderhede van Han Sjinese Portugees Grieks en Italiaanstaliges Die grootste deel van die Quebecois leef langs die Fleuve Saint Laurent Saint Laurentrivier Voor die aankoms van die Franse setlaars was die gebied van die huidige provinsie die tuiste van n aantal Indiaanse stamme die Eerste Nasies Die Provinsie Quebec erken vandag elf nasies op sy gebied die Inuit die Mohawks Irokese of Iroquois die Innus die Cri s die Algonkins die Atikamekw die Micmacs die Hurone die Abenaki s die Malesiete en die Naskapi s Die elf stamme van die Eerste Nasies het vandag sowat 70 000 lede en streef daarna om hul eie taal en kultuur te bewaar Die Iroquois en Hurone is albei lede van die Irokese taalfamilie Die naam Huroon is afgelei van die eienaardige kapsels van die mans Die Franse woord l huire wat eintlik die opgesette borstels van n vark beskryf word tot Huroon vervorm In die tydperk tussen 1627 en 1663 het die Franse bevolking van Quebec van 100 tot 2 500 toegeneem Die eerste setlaars se geledere is binne 35 jaar versterk deur sowat 1 250 immigrante en danksy die natuurlike bevolkingsgroei het hierdie syfer verdubbel Die Franse setlaars het veral uit die kusgebiede en hawestede van Noord en Wes Frankryk en die hoofstad Parys gekom Die geskiedkundige provinsies wat die grootste rol in die volksplanting in Quebec gespeel het was Normandie Aunis Perche Ile de France Poitou Maine Saintonge Anjou en Bretagne Die bevolking van Quebec het in die derde kwartaal van 2007 met 0 25 persent gegroei en alhoewel hierdie syfer minder as die gemiddelde van Kanada is het die aantal geboortes merkbaar toegeneem Vir die eerste keer sedert die 1980 s is die natuurlike bevolkingsgroei sedert die begin van die jaar 2006 steeds hoer as die gemiddelde natuurlike bevolkingsaanwas vir die hele land 4 Die Franse taal het die taalstryd in die sewentigerjare gewen opskrifte en kennisgewings moes gewoonlik eentalig Frans wees Die afskaling van Engels word vandag nie meer stelselmatig deurgevoer nie Engelstalige opskrifte behoort egter steeds kleiner te wees as die Franse Immigrante word deur die provinisiale regering gekies in n poging om die persentasie Franstaliges te vergroot het baie Noord Afrikane in die afgelope jare n verblyfpermit gekry Immigrasie Wysig In 2003 is 37 619 immigrante aanvaar veral uit Franssprekende lande en voormalige Franse kolonies Die belangrikste lande van herkoms is Frankryk Belgie Haiti Libanon Marokko Sirie en Algerie Die aantal immigrante het in 2010 gestyg tot 54 000 In 2011 het die Minister vir Immigrasie en Kulturele Gemeenskappe Kathleen Weil aangekondig dat Quebec in die periode tussen 2012 en 2015 sowat 200 000 immigrante sal aanvaar 5 Vanaf 2015 is n jaarlikse immigrasiekwota van 50 000 vasgestel Die tien grootste munisipaliteite volgens bevolking Wysig Montreal Quebecstad Munisipaliteit 2010 2006 2001 1996Montreal 1 667 700 1 637 563 1 812 723 1 774 846Quebecstad 508 349 500 691 507 986 504 605Laval 395 814 376 845 343 005 330 393Gatineau 255 000 245 000 226 696 217 591Longueuil 232 516 230 678 348 091 373 009Sherbrooke 153 384 150 751 146 689 135 501Saguenay 144 746 146 641 148 050 153 476Levis 136 066 130 008 121 999 118 344Trois Rivieres 131 338 126 323 122 395 124 417Terrebonne 101 558 94 703 80 531 75 110 Bevolking soos in 2007 Bevolking soos in 2008 Bevolking soos in 2009 Bevolking soos in 2011 Die Franse taal in Quebec Wysig Chasse neige of sneeuploeg behoort tot die kernwoordeskat Alhoewel taal tans as die belangrikste kulturele band beskou word wat Quebec en ander dele van Franko Amerika steeds met Frankryk as die historiese Moederland verbind het vier eeue van aparte ontwikkeling bygedra tot die ontstaan van n varieteit van gesproke en soms ook geskrewe Frans wat van die Europese oorsprongstaal in sommige opsigte verskil net soos Engels in Noord Amerika van sy Britse eweknie en Portugees in Brasilie van Europese Portugees Naas die uitspraak van Frans in Quebec wat in sommige opsigte die van 17de eeuse Frans bewaar het alhoewel sprekers van formele Frans in Quebec dikwels moeilik onderskei kan word van Europese sprekers van Standaardfrans toon Kanadese Frans veral in sy gesproke vorm verskille as gevolg van leenwoorde en leenuitdrukkings wat uit Indiaanse tale en Engels oorgeneem is die bewaring van uitdrukkings en woorde wat in Europese Frans as argaies beskou word en grammatikale en sintaktiese kenmerke wat in Europese Frans as foutief beskou sou word en neologismes soos depanneur Engels convenience store en courriel n verkorting van courrier electronique e pos wat in Europese Frans onbekend is en waarna as canadianismes verwys word Geskiedenis Wysig Claude Bernou se kaart van Nieu Frankryk 1681 De Champlain se landing in Quebecstad Skildery deur George Agnew Reid 1909 Die provinsie Quebec in 1774 1534 Jacques Cartier sit voet aan wal in Gaspe en neem die land namens Francois I koning van Frankryk in besit 1608 Samuel de Champlain land aan die noordoewer van die Sint Laurensrivier naby die Indiaanse dorp Kebec 1642 Paul Chomedey de Maisonneuve stig Ville Marie n dorpie wat later bekend staan as Montreal 1660 1713 Die kolonie wat nou Nieu Frankryk genoem word groei langs die Sint Laurentrivier en in Akadie gebied aan die Atlantiese Oseaan 1759 Die Britse oorwinning op die Abraham vlaktes lei tot die einde van die Franse heerskappy in Noord Amerika 1763 Frankryk staan sy kolonies in Noord Amerika aan die Britse kroon af Nieu Frankryk het in hierdie tydperk net 55 000 inwoners in vergelyking met Nieu Engeland se een miljoen 1791 Grondwet Constitutional Act voer n parlamentere stelsel in Frankokanadiers se reg op n vaderland word erken en Kanada word in n Engelstalige Ontario en n Franstalige provinsie Quebec verdeel 1837 1838 Die opstand van die Patriotes in Quebec maak duidelik dat talle burgers die Britse gesag nie aanvaar nie 1867 British North America Act Die Federasie van Kanadese provinsies Quebec Ontario New Brunswick en Nova Scotia word gestig 1967 Die Franse President Charles de Gaulle besoek die Expo tentoonstelling in Montreal sy strydkreet Vive le Quebec libre is die beginpunt van die nuwe skeidingsbeweging wat n onafhanklike Quebec ten doel het 1968 n Aantal skeidingsbewegings smelt saam en vorm die nuwe Parti Quebecois 1969 Loi pour promouvoir la langue francaise au Quebec Frans word onderwystaal vir alle nie Engelstalige Quebecois 1974 Loi sur la langue officielle Frans word die uitsluitende ampstaal van Quebec 1976 Met die oorwinning van die Parti Quebecois onder leiding van Rene Levesque word die onafhanklikheisbeweging in Quebec n nasionale vraagstuk vir Kanada 1980 n Meerderheid van die bevolking stem teen onderhandelinge met die federale regering oor die onafhanklikheid van Quebec 1995 49 4 van die Quebecois stem vir n onafhanklike staat Die Kanadese Parlement erken op 30 Oktober 1995 Quebec se status as n besondere gemeenskap distinct society 2003 Die oorwinning van die Parti Liberal in die provinsiale verkiesing is n teenslag vir die skeidingsbeweging 2007 Die regering van die Eerste Minister Jean Charest Liberale Party behaal op 26 Maart n naelskraap oorwinning in die provinsiale verkiesing maar is nou die eerste minderheidsregering in Quebec sedert 1878 Die Action democratique het as die tweede grootste party en nuwe amptelike opposisie na vore getree terwyl die Parti Quebecois net die derde grootste party geword het Ekonomie Wysig Die hoofkantoor van die Banque de Montreal BDM in Place d Armes Die provinsie beskik oor n pos moderne ekonomie wat n gemaklike handelsoorskot handhaaf Ingevolge die vrye handel ooreenkoms met die Verenigde State in 1987 het Quebec se uitvoere waarvan sowat 85 persent vir die VSA mark bestem is aansienlik gestyg In 2002 het Quebec produkte en dienste ter waarde van 83 4 miljard VSA dollar ingevoer terwyl sy uitvoere tot 92 2 miljard VSA dollar gestyg het Die bruto geografiese produk per capita was in 2002 27 601 VSA dollar Die vallei van die Saint Laurentrivier is n vrugbare landbougebied vir vrugte groente en graan Quebec is die belangrikste produsent en uitvoerder van esdoringstroop Veeteelt is n verdere basis van die landbou Groot natuurlike hulpbronne en bloeiende nywerhede verseker dat die inwoners van Quebec tot die welvarendstes wereldwyd behoort Quebec se bosbou waterkragsentrales elektroniese telekommunikasie lug en ruimtevaartnywerheid is beduidende uitvoerders veral na die VSA Die hoetegnologie bedrywe in Montreal sluit lugvaartondernemings soos die straler vervaardiger Bombardier die stralerenjin vervaardiger Pratt and Whitney en die vlugnabootser vervaardiger CAE in Hierdie wereldbekende ondernemings en talle toeleweringsbedrywe maak van Quebec se lugvaartnywerheid die vierde grootste wereldwyd Regering en politiek Wysig Die premier van Quebec Francois Legault L Assemblee nationale du Quebec die parlement van Quebec vergader in die Hotel du Parlement te Quebecstad Die parlementsaal Quebec se regeringstelsel is geskoei op die Britse Westminster stelsel met n eenkamerparlement die Nasionale Vergadering van Quebec Assemblee nationale du Quebec Die 125 afgevaardigdes word in 125 kiesafdelings volgens die meerderheidskiesstelsel verkies Die voorsitter van die party wat die meeste setels in n verkiesing gewen het word as eerste minister premier ministre aangewys net soos die lede van die Ministersraad kabinet Die vise goewerneur mag die parlement na konsultasie met die eerste minister binne n bepaalde tydperk van maksimaal vyf jaar ontbind en n nuwe verkiesing uitskryf Tot en met 1968 was daar n tweede kamer van die parlement die Wetgewende Raad met benoemde lede Quebec was die laaste Kanadese provinsie wat sy tweede parlementskamer afgeskaf het Die amp van eerste minister word sedert 23 April 2014 deur Philippe Couillard beklee nadat sy Liberale Party Parti liberal du Quebec PLQ met 41 5 persent van die uitgebragte stemme n oorwinning in die provinsiale verkiesing behaal en sewentig setels in Quebec se parlement die Nasionale Vergadering het Die vorige regering is tussen 2012 en 2014 deur die separatistiese Parti Quebecois PQ met 54 setels in die parlement as n minderheidsregering gevorm Naas die Liberale Party is die sosiaal demokratiese PQ met 30 die konserwatiewe Coalition Avenir Quebec Koalisie Toekoms Quebec met 22 en die links alternatiewe Quebec solidaire met drie setels in die Nasionale Vergadering verteenwoordig Die huidige vise goewerneur en verteenwoordiger van koningin Elizabeth II as staatshoof is Pierre Duchesne Volgens die Kanadese grondwet word Quebec met 75 setels in die Kanadese Laerhuis en 24 setels in die Senaat verteenwoordig Die provinsiale verteenwoordigers is lede van partye wat net op federale vlak in die politieke lewe meeding maar nie by die provinsiale politiek betrokke is nie Kookkuns Wysig Montreal styl gerookte vleis van Schwartz in Montreal n Tradisionele buche de Noel Naas sy natuurskoon en ryk kulturele erfenis is dit Quebec se gastronomiese tradisies wat van die provinsie n gewilde trekpleister vir Noord Amerikaanse en oorsese fynproewers maak Ondanks sterk Italiaanse Asiatiese Midde Oosterse en Amerikaanse invloede is Quebec se eetgewoontes diep gewortel in die kookkuns van sy Franse moederland Die 17de eeuse setlaars wat hulle in die destydse Nieu Frankryk gevestig het het hul tradisionele kookgereedskap kookpotte en panne wat van gietyster gemaak is saamgebring waarin eenvoudige plattelandse kos berei is Hierdie tradisie is later ook deur Ierse immigrante gedeel Die lewe in n vreemde omgewing is vir die eerste setlaars verder bemoeilik deur Quebec se lang en bitter koue winters Daar was baie monde om te voed maar min kos beskikbaar Die vroee Kanadese het die voorkeur gegee aan kos met n hoe voedingswaarde soos in Quebec se gunstelingdisse steeds weerspieel word Die meeste gesinne het die tradisionele resepte van hul voorvaders bewaar om hulle aan nuwe generasies oor te dra So is tourtieres en ragouts bredies pates pasteie en terrines soupes soos die soupe aux pois of ertjiessop tartes soos die tarte au sucre of suikertert en galettes bo aan die lys geregte wat hul oorsprong in die noordweste van Frankryk het en daar al sedert die 15de eeu voorgesit is Die gunstelingdisse word in Quebec steeds op feesdae en vir gesins en kleingroepbyeenkomste berei Tourtieres is die gewildste klaargemaakte kos wat dwarsdeur die jaar in winkels te koop aangebied word Pates en terrines is n vaste bestanddeel van onthaaletes n Groot verskeidenheid terte en ander gebak is in bakkerye te koop met die tradisionele Kersfeeskoek buche de Noel met sjokolade botterroom en versierings wat dit op n yule log laat lyk as die kulinere hoogtepunt van Kersaand Ander merkwaardige kookmetodes wat hul oorsprong in 15de eeuse Frankryk het is die gebruik van kruie en speserye soos kaneel en naeltjies vir vleisgeregte die gebruik van gesoute kruie vleisaftreksels wat van bene gekook word die gebruik van brood en broodkrummels in baie resepte die gewoonte om broodpoedin of Franse braaibrood van ou brood te berei die gebruik van geroosterde meel as spesery en as verdikker die gebruik van gedroogde groentes vir tradisionele sopdisse soos ertjiessop die vermenging van vars en gedroogde vrugte in nageregte soos appel en rosyntjiestert en dadeltert en die gebruik van heuning en neute as spesery in nageregte 6 Verwysings Wysig Institut de la statistique du Quebec La population des regions administratives des MRC et des municipalites du Quebec en 2019 PDF Geargiveer vanaf die oorspronklike PDF op 30 September 2020 Besoek op 3 September 2020 Hoogste Hof van Kanada Opposisie Quebec verwysing na n resolusie om wysiging van die Grondwet in 1982 Geargiveer 5 Mei 2010 op Wayback Machine Ons moet erken dat die twee volke wat Kanada gestig het gelykwaardig is en dat Quebec binne die Kanadese Federasie n selfstandige samelewing vorm wat deur oor sy eie taal kultuur instellings en al die eienskappe van n afsonderlike nasionale gemeenskap beskik vertaling van On devra reconnaitre que les deux peuples qui ont fonde le Canada sont foncierement egaux et que le Quebec forme a l interieur de l ensemble federal canadien une societe distincte par la langue la culture les institutions et qui possede tous les attributs d une communaute nationale distincte Parliament of Canada Hansard of 39th Parliament 1st Session No 087 Routine Proceedings The Quebecois Statistique Canada Statistics Canada The Daily 19 Desember 2007 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Desember 2007 Besoek op 25 Desember 2007 Radio Canada 15 April 2011 Quebec souhaite ouvrir ses portes a 200 000 immigrants d ici 2015 Julian Armstrong Made in Quebec A Culinary Journey Kindle uitgawe HarperCollins e books 2014 pos 71Eksterne skakels WysigWikimedia Commons bevat media in verband met Quebec Wiki webtuistes en Toerisme inligting oor Quebec op WikivoyageAmptelike webtuistes fr en Amptelike webwerf van die Regering van Quebec Gouvernement du Quebec Toerisme en Bonjour QuebecMusiek en University of Washington Canadian Studies Center Quebecois Music Geargiveer 15 Januarie 2020 op Wayback MachineDemografie en wetenskaplike genealogieDiscover Magazine 24 Januarie 2011 The genomic heritage of French Canadians CBC Canada The Story of Us Most French Canadians are descended from these 800 women Kanada Provinsies en gebiede Alberta Brits Columbie Manitoba Newfoundland en Labrador Nieu Brunswyk Nova Scotia Ontario Prins Edward Eiland Quebec Saskatchewan Noordwestelike gebiede Nunavut Yukon Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Quebec amp ol,