fbpx Kwark
Wikipedia

Kwark

Kwarke of quarks is een van die twee basiese soorte bestanddele van materie in die Standaardmodel van deeltjiefisika. Die ander is leptone. Hulle het ook antideeltjies, bekend as antikwarke.

Die deeltjies van die Standaardmodel.

Kwarke en antikwarke is die enigste elementêre deeltjies wat deur al vier fundamentele wisselwerkings op mekaar inwerk. Nog ’n belangrike eienskap van kwarke word inperking genoem, waarvolgens individuele kwarke nooit op hul eie in die natuur waargeneem kan word nie omdat hulle altyd in saamgestelde deeltjies genaamd hadrone (soos protone en neutrone) ingeperk is; ’n uitsondering is die bokwark, wat verval deur die swak wisselwerking voor ’n gebonde toestand kan vorm.

Die bestaan van kwarke is in 1964 voorspel deur die fisikus Murray Gell-Mann, en daarvoor het hy in 1969 die Nobelprys ontvang.

Inhoud

Daar is ses soorte kwarke: vir elke generasie van elementêre deeltjies ’n paar. Die drie pare word aangedui deur die name op en af; sjarme en vreemd; bo en onder. Die eerste een van ’n paar het ’n elektriese lading van +23 en die tweede een ’n lading van -13. Elke antikwark het die teenoorgestelde lading as sy ooreenstemmende kwark. Kwarke het ’n spin van ±12 en is dus fermione.

Die bestanddele van materie.

Alledaagse, normale materie word opgebou uit die ligste kwarke, op en af. Die volgende kwarke, sjarme en vreemd, kom ook voor in deeltjies uit kosmiese straling. Die bo- en onderkwarke kom slegs in uiterste toestande voor: in deeltjieversnellers en by die Oerknal. Hulle het veel meer energie (is "swaarder") as die op en af.

Kwarke is nog nooit individueel waargeneem nie, net in saamgestelde deeltjies. Eksperimente in deeltjieversnellers dui wel op die bestaan van kwarke. Hulle is die boustene van deeltjies wat hadrone genoem word. ’n Meson bestaan uit ’n kwark en ’n antikwark; ’n barion bestaan uit 3 kwarke of 3 antikwarke. Protone is opgebou uit drie kwarke, waarvan een ’n afkwark en twee opkwarke is; die totale lading is dan +1 elementêre lading. Neutrone bestaan uit twee afkwarke en een opkwark, met ’n totale lading van 0.

Kwarke word bymekaargehou deur gluone (van die Engelse woord glue). Daar word aangeneem dat die aantrekkingskrag tussen kwarke groter word namate die afstand groter word.

In die kwarkteorie is daar ook deeltjies wat uit byvoorbeeld drie opkwarke bestaan. Omdat kwarke fermione is, is dit teenstrydig met die uitsluitingsbeginsel van Pauli (daar kan nie drie fermione in dieselfde toestand bestaan nie). Om dit te omseil is die begrip kleur ingestel – dit het egter niks met ware kleur te doen nie. Die drie kleure is rooi, groen en blou. Antikwarke het ’n anti-kleurlading (anti-rooi, anti-groen en anti-blou). Gluone kan kleur "vervoer", waardeur hulle die eienskap van ’n kwark kan verander.

Deeltjies wat uit kwarke opgebou is, moet kleurneutraal wees. So is die drie kleure rooi, groen en blou saam wit (kleurneutraal); ’n kleur en sy ooreenstemmende anti-kleur is ook kleurneutraal. Dit dui daarop dat ’n kwark nooit op sy eie kan bestaan nie; ’n enkele kwark kan nooit kleurneutraal wees nie. Die kleurteorie is bloot teoreties en is nooit waargeneem nie (alle waarneembare deeltjies is immers kleurneutraal).

Hieronder is ’n tabel met al die bekende kwarke. Hul lading het die lading van ’n elektron (e) as eenheid. Daar moet in gedagte gehou word dat daar drie variante van elke kwark voorkom (die drie kleure) en dat elke kwark ’n antideeltjie het. Daar is dus altesaam 18 kwarke en 18 antikwarke.

Generasie Swak isospin Kwark Naam Engelse naam Simbool Lading (e) Massa ( MeV/c2)
1 +12 Iz=+12 op up u +23 1,5 tot 4,0
12 Iz=−12 af down d 13 4 tot 8
2 12 S=−1 vreemd strange s 13 80 tot 130
+12 C=1 sjarme charm c +23 1150 tot 1350
3 12 B′=−1 onder bottom b 13 4100 tot 4400
+12 T=1 bo top t +23 172 500 ± 2300
  • Massa van die bokwark volgens
  • Massa van die ander kwarke volgens .
Hierdie artikel is vertaal uit die Nederlandse Wikipedia

Kwark
kwark, quarks, twee, basiese, soorte, bestanddele, materie, standaardmodel, deeltjiefisika, ander, leptone, hulle, antideeltjies, bekend, antikwarke, deeltjies, standaardmodel, antikwarke, enigste, elementêre, deeltjies, deur, vier, fundamentele, wisselwerking. Kwarke of quarks is een van die twee basiese soorte bestanddele van materie in die Standaardmodel van deeltjiefisika Die ander is leptone Hulle het ook antideeltjies bekend as antikwarke Die deeltjies van die Standaardmodel Kwarke en antikwarke is die enigste elementere deeltjies wat deur al vier fundamentele wisselwerkings op mekaar inwerk Nog n belangrike eienskap van kwarke word inperking genoem waarvolgens individuele kwarke nooit op hul eie in die natuur waargeneem kan word nie omdat hulle altyd in saamgestelde deeltjies genaamd hadrone soos protone en neutrone ingeperk is n uitsondering is die bokwark wat verval deur die swak wisselwerking voor n gebonde toestand kan vorm Die bestaan van kwarke is in 1964 voorspel deur die fisikus Murray Gell Mann en daarvoor het hy in 1969 die Nobelprys ontvang Inhoud 1 Soorte 2 Voorkoms 3 Eienskappe 4 Verwysings 5 Eksterne skakelsSoorte WysigDaar is ses soorte kwarke vir elke generasie van elementere deeltjies n paar Die drie pare word aangedui deur die name op en af sjarme en vreemd bo en onder Die eerste een van n paar het n elektriese lading van 2 3 en die tweede een n lading van 1 3 Elke antikwark het die teenoorgestelde lading as sy ooreenstemmende kwark Kwarke het n spin van 1 2 en is dus fermione Voorkoms Wysig Die bestanddele van materie Alledaagse normale materie word opgebou uit die ligste kwarke op en af Die volgende kwarke sjarme en vreemd kom ook voor in deeltjies uit kosmiese straling Die bo en onderkwarke kom slegs in uiterste toestande voor in deeltjieversnellers en by die Oerknal Hulle het veel meer energie is swaarder as die op en af Kwarke is nog nooit individueel waargeneem nie net in saamgestelde deeltjies Eksperimente in deeltjieversnellers dui wel op die bestaan van kwarke Hulle is die boustene van deeltjies wat hadrone genoem word n Meson bestaan uit n kwark en n antikwark n barion bestaan uit 3 kwarke of 3 antikwarke Protone is opgebou uit drie kwarke waarvan een n afkwark en twee opkwarke is die totale lading is dan 1 elementere lading Neutrone bestaan uit twee afkwarke en een opkwark met n totale lading van 0 Kwarke word bymekaargehou deur gluone van die Engelse woord glue Daar word aangeneem dat die aantrekkingskrag tussen kwarke groter word namate die afstand groter word In die kwarkteorie is daar ook deeltjies wat uit byvoorbeeld drie opkwarke bestaan Omdat kwarke fermione is is dit teenstrydig met die uitsluitingsbeginsel van Pauli daar kan nie drie fermione in dieselfde toestand bestaan nie Om dit te omseil is die begrip kleur ingestel dit het egter niks met ware kleur te doen nie Die drie kleure is rooi groen en blou Antikwarke het n anti kleurlading anti rooi anti groen en anti blou Gluone kan kleur vervoer waardeur hulle die eienskap van n kwark kan verander Deeltjies wat uit kwarke opgebou is moet kleurneutraal wees So is die drie kleure rooi groen en blou saam wit kleurneutraal n kleur en sy ooreenstemmende anti kleur is ook kleurneutraal Dit dui daarop dat n kwark nooit op sy eie kan bestaan nie n enkele kwark kan nooit kleurneutraal wees nie Die kleurteorie is bloot teoreties en is nooit waargeneem nie alle waarneembare deeltjies is immers kleurneutraal Eienskappe WysigHieronder is n tabel met al die bekende kwarke Hul lading het die lading van n elektron e as eenheid Daar moet in gedagte gehou word dat daar drie variante van elke kwark voorkom die drie kleure en dat elke kwark n antideeltjie het Daar is dus altesaam 18 kwarke en 18 antikwarke Generasie Swak isospin Kwark Naam Engelse naam Simbool Lading e Massa MeV c2 1 1 2 Iz 1 2 op up u 2 3 1 5 tot 4 0 1 2 Iz 1 2 af down d 1 3 4 tot 82 1 2 S 1 vreemd strange s 1 3 80 tot 130 1 2 C 1 sjarme charm c 2 3 1150 tot 13503 1 2 B 1 onder bottom b 1 3 4100 tot 4400 1 2 T 1 bo top t 2 3 172 500 2300Massa van die bokwark volgens Tevatron Electroweak Working Group Massa van die ander kwarke volgens Particle Data Group Verwysings Wysig Hierdie artikel is vertaal uit die Nederlandse WikipediaEksterne skakels Wysig Wikiwoordeboek het n inskrywing vir kwark Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Kwark amp ol,