×
Alpha Centauri

Alpha Centauri (α Cen) is die helderste ster in die suidelike sterrebeeld Sentour (Centaurus) en bevind hom tans in die G-wolk. Hoewel dit met die blote oog soos ’n enkele voorwerp lyk, is Alpha Centauri eintlik ’n dubbelster, Alpha Centauri AB of α Cen AB. Sy gesamentlike skynbare magnitude van −0,27 maak dit die derde helderste ster aan die naghemel ná Sirius (−1,46 mag) en Canopus (−0,72 mag).

Alpha Centauri AB
Die posisie van Alpha Centauri A en Alpha Centauri B, met Proxima in 'n rooi sirkel.
Sterrebeeld Sentour
Spektraaltipe G2V / K1V
Soort Dubbelster
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming A / B: 14h 39m 36,4951s /
14h 39m 35,0803s
Deklinasie −60° 50′ 02,308″ / −60° 50′ 13,761″
Skynmagnitude (m) -0,01 / 1,33
B-V-kleurindeks 0,88
U-B-kleurindeks 0,68
Besonderhede
Massa (M) 1,1 / 0,907
Radius (R) 1,2227 / 0,865
Ligsterkte (L) 1,519 / 0,5
Ouderdom (jaar) 6 miljard
Temperatuur (K) 5 790 / 5 260
Afstand (ligjaar) 4,366
Eienskappe
Veelvoudigheid Drievoudige stelsel saam met Proxima Centauri
Planete B: Alpha Centauri Bb
Ander name
AB: Rigil Kentaurus, Rigil Kent, Toliman, Bungula, FK5 538, CP(D)−60°5483, GC 19728, CCDM J14396-6050
A:α1 Centauri, GJ 559 A, HR 5459, HD 128620, GCTP 3309.00, LHS 50, SAO 252838, HIP 71683
B: α2 Centauri, GJ 559 B, HR 5460, HD 128621, LHS 51, HIP 71681
C: Proxima Centauri, α Cen C, LHS 49, HIP 70890

Die posisie van Alpha Centauri in die sterrebeeld Sentour.

Portaal Sterrekunde

Die individuele komponente van die dubbelster word Alpha Centauri A (α Cen A, ook bekend as Rigil Kentaurus) en Alpha Centauri B (α Cen B) genoem. Eersgenoemde het ’n massa en ligsterkte van onderskeidelik 110% en 151,9% van die Son s’n en laasgenoemde onderskeidelik 90,7% en 44,5%. Tydens die twee sterre se wentelbaan om hul massamiddelpunt, wissel die afstand tussen hulle van omtrent die afstand tussen die Son en Pluto tot die afstand tussen die Son en Saturnus. Hulle is 1,34 parsek of 4,37 ligjare van die Son af.

’n Derde ster, bekend as Proxima Centauri, Proxima of Alpha Centauri C (α Cen C), is moontlik wat swaartekrag betref, verbind aan Alpha Centauri AB. Proxima is nader aan die Son –1,29 parsek of 4,24 ligjare. Dit is dus ons naaste ster, hoewel dit nie met die blote oog gesien kan word nie. Dit is sowat 0,06 parsek of 0,2 ligjare van Alpha Centauri AB af. Daar word soms na die drie sterre saam verwys as ’n driesterstelsel, α Cen AB-C.

Proxima Centauri b, ’n eksoplaneet min of meer so groot soos die Aarde, is in Augustus 2016 in die bewoonbare sone van Proxima Centauri ontdek. Dit kan die bestemming wees van toekomstige interstellêre verkenning, onder meer met ’n vloot miniatuur-verkenningstuie bekend as StarChips wat op die oomblik ontwikkel word as deel van die Breakthrough Starshot-projek.

Die stelsel het minstens nog een planeet, die aardgrootte Alpha Centauri Bb. Dit het ’n massa van minstens 113% dié van die Aarde en wentel in 3,236 dae om Alpha Centauri B. Dit het ’n geskatte oppervlaktemperatuur van 1 500 kelvin (K), wat te warm is om bewoonbaar te wees.

Inhoud

Alpha Centauri gesien vanaf die Digitized Sky Survey 2.

As ’n mens met die blote oog daarna kyk, lyk Alpha Centauri met sy skynbare magnitude van −0,27 soos ’n enkele ster wat dowwer as Sirius en Canopus is. As enkelster is Alpha Centauri A die vierde helderste ster naas eersgenoemde twee en Arcturus. Dit het ’n magnitude van −0,01. Alpha Centauri B (1,33 mag) is die 21ste helderste ster.

Alpha Centauri A is die primêre komponent van die dubbelster en is effens groter en helderder as die Son. Dit is ’n son-tipe hoofreeksster met ’n soortgelyke gelerige kleur en ’n spektraaltipe van G2V. Sy massa is 10% meer as die Son s’n en sy radius 23% groter. Sy rotasiesnelheid is 2,7 km/s−1 en sy rotasieperiode 22 dae in vergelyking met die Son se 25 dae.

Alpha Centauri B is die metgesel of sekondêre komponent. Dit is effens kleiner en dowwer as die Son. Dié hoofreeksster is van spektraaltipe K1V, en daarom is hy meer oranje as Alpha Centauri A. Sy massa is 90% van die Son s’n en sy radius 14%. Sy rotasiespoed is 1,1 km/s−1 en sy rotasieperiode 41 dae. Hoewel hy dowwer as A is, straal hy meer energie uit in die X-straleband.

Alpha Centauri C, ook bekend as Proxima Centauri, se spektraaltipe is M5Ve of M5VIe, wat daarop dui dat hy óf ’n klein hoofreeksster (tipe V) óf ’n subdwergster (VI) is. Sy massa is sowat 0,123 sonmassas, of 129 Jupiter-massas.

Die α Cen-stelsel is omtrent so oud soos die Son, of effens ouer – die ouderdom word gewoonlik aangegee as tussen 4,5 en 7 miljard jaar.

Die relatiewe grootte van die Alpha Centauri-stelsel in vergelyking met die Son.

Die onderskeie komponente van die Alpha Centauri AB-dubbelster is te naby aan mekaar om met die blote oog te onderskei, maar tydens ’n groot deel van hul wenteling om hul massamiddelpunt kan hulle met ’n verkyker of klein teleskoop onderskei word.

Aan die suidelike naghemel vorm Alpha Centauri die buitenste ster van die "Aanwysers" of "Suidelike Aanwysers" – die lyn deur Beta Centauri (Hadar/Agena) wys reguit na die Suiderkruis. Die Aanwysers onderskei die ware Suiderkruis maklik van die dowwer asterisme bekend as die Vals Kruis.

Suid van breedtegraad 29º S, verdwyn Alpha Centauri nooit onder die horison nie. Onder sowat 29° N tot by die ewenaar lê dit in die noordelike somer naby die suidelike horison. Verder noord kan dit nie gesien word nie.

Van die Aarde af gesien, lê Proxima Centauri 2,2° suidwes van Alpha Centauri AB. Dit lyk gewoonlik soos ’n dieprooi ster van 13,1 mag in ’n gebied met min sterre en ’n redelik goeie teleskoop is nodig om dit te sien. Dit is ’n opvlamster en kan onverwags vinnig helderder word tot sowat 11 mag.

Al die komponente van Alpha Centauri het taamlike eiebewegings teen die agtergrondhemel, soortgelyk aan dié van die sterre Sirius en Arcturus. Dit het tot gevolg dat die sterposisies oor die eeue heen stelselmatig verander het. Sulke sterbewegings was onbekend aan die antieke sterrekundiges. Hulle het geglo alle sterre het ’n vasgestelde posisie aan die naghemel, soos gestel in die werke van die filosoof Aristoteles. Edmond Halley het in 1718 gevind dat sommige sterre aansienlik weggeskuif het van hul antieke posisies. Die helder ster Arcturus (α Boo) in die sterrebeeld Veewagter het in 1 800 jaar ’n verskil van byna 0,5° getoon, dieselfde as die helderste ster, Sirius, in die Groot Hond (α CMa). Halley het die werke van Ptolemaeus en Hipparchos gebruik as verwysing. Halley se eiebewegings was hoofsaaklik vir noordelike sterre en die suidelike Alpha Centauri s’n is eers in die 19de eeu vasgestel.

Die Skots gebore waarnemer Thomas James Henderson het in die 1830's aan die Kaap die Goeie Hoop die ware afstand van Alpha Centauri ontdek. Hy het gou besef die stelsel het ’n buitengewone hoë eiebeweging, en daarom moes sy waargenome ware snelheid deur die ruimte baie vinniger gewees het. Hy het vasgestel die gemiddelde eiebewegings is −3678 mas/j of −3,678 boogsekondes per jaar in regte klimming en +481,84 mas/j of 0,48184 boogsekondes per jaar in deklinasie. Aangesien eiebeweging toeneem, is die beweging van Alpha Centauri sowat 6,1 boogminute elke eeu, en 61,3 boogminute of 1,02° elke millennium. Hierdie bewegings is onderskeidelik sowat ’n vyfde en twee keer die deursnee van ’n volmaan. Deur middel van spektroskopie is die gemiddelde radiale snelheid vasgestel op25.1 ± 0.3 km/s in die rigting van die Sonnestelsel.

Gebaseer op Alpha Centauri se eiebewegings en radiale snelhede, sal die ster geleidelik helderder word en net noord van die Suiderkruis verbybeweeg voordat dit noordwes sal beweeg, nader aan die hemelewenaar en weg van die galaktiese vlak. Teen omstreeks 29700 n.C. sal Alpha Centauri 1 parsek of 3,26 ligjare weg wees in die hedendaagse sterrebeeld Noordelike Waterslang. Dan sal dit ’n statiese radiale snelheid van 0 km/s en ’n maksimum skynbare magnitude van −0,86 bereik (wat ooreenstem met die huidige magnitude van Canopus). Selfs al is hy op sy naaste aan die Aarde, sal sy skynbare helderheid nooit dié van Sirius oortref nie (dié sal oor die volgende 60 000 jaar ook helderder word en die helderste ster van die Aarde af wees vir die volgende 210 000 jaar).

Die Alpha Centauristelsel sal daarna wegbeweeg van die Sonnestelsel af. Oor sowat 100 000 jaar sal dit eindelik uit sig uit verdwyn.

’n Kunstenaarsvoorstelling van die planeet om Alpha Centauri B.

Alpha Centauri Bb

Op 16 Oktober 2012 het navorsers ná drie jaar van navorsing aangekondig dat ’n aardgrootte planeet in ’n wentelbaan om Alpha Centauri B waargeneem is gebaseer op die radiale-snelheid-tegniek. Die planeet het ’n minimum massa van 1,13 keer dié van die Aarde. Dit is nie in die bewoonbare sone van die ster nie – sy wentelbaan is baie na aan die ster (net 0,04 AE) en sy wenteltyd is 3,236 dae. Sy oppervlaktemperatuur word geskat op sowat 1 200° Celsius (sowat 1 500 kelvin), heeltemal te warm vir vloeibare water. Die oppervlaktemperatuur van Venus, die warmste planeet in die Sonnestelsel, is maar sowat 462 °C (735 K).

Moontlike ander planete

Die ontdekking van eksoplanete om ander stelsels, ook dubbelsterre, laat die moontlikheid dat daar nog planete in die Alpha Centauri-stelsel is. Hulle kan óf om een van die enkelsterre wentel óf in ’n wye baan om die dubbelster. Aangesien die sterre baie met die Son ooreenstem, onder meer wat ouderdom en metaalinhoud betref, stel sterrekundiges besonder belang daarin om nog planete in die Alpha Centauri-stelsel te ontdek. Verskeie soektogte is tans aan die gang.

  1. Ducati, J. R. (2002). "VizieR Online Data Catalog: Catalogue of Stellar Photometry in Johnson's 11-color system". CDS/ADC Collection of Electronic Catalogues. 2237: 0. Bibcode:.
  2. 21 November 2013 op Wayback Machine, Our Local Galactic Neighborhood, Nasa
  3. , Into the Interstellar Void, Centauri Dreams
  4. Söderhjelm, Staffan (1999). "Visual binary orbits and masses post Hipparcos". Astronomy and Astrophysics. 341 (1): 121–40. Bibcode:.
  5. Chang, Kenneth (24 Augustus 2016). . New York Times (in Engels). vanaf die oorspronklike op 4 Januarie 2020. Besoek op24 Augustus 2016.
  6. Dumusque, X. (2012-10-17). (PDF). Nature. 490. doi:. Besoek op2012-10-17.Onbekende parameter |coauthors= geïgnoreer (help)
  7. Eric Hand, Nature, 16 Oktober 2012. URL besoek op 16 Oktober 2012.
  8. Burnham, Robert (1978). Burnham's Celestial Handbook. Courier Dover. p. 549. ISBN 0-486-23567-X.
  9. Research Consortium on Nearby Stars (17 September 2007). . (in Engels). Georgia State University. Geargiveer vanaf op 29 Maart 2013. Besoek op6 November 2007.External link in |work= (help)
  10. . Australia Telescope, Outreach and Education. Commonwealth Scientific and Industrial Research Organisation. 21 Desember 2004. Besoek op2012-01-16.
  11. Kervella, Pierre (15 Maart 2003). (in Engels). ESO. Geargiveer vanaf op 4 Februarie 2009. Besoek op6 Junie 2008.Onbekende parameter |coauthors= geïgnoreer (help)
  12. Bazot, M. (2007). "Asteroseismology of α Centauri A. Evidence of rotational splitting". Astronomy and Astrophysics. 470 (1): 295–302. arXiv:. Bibcode:. doi:.Onbekende parameter |coauthors= geïgnoreer (help)
  13. Datin, Kellie; Dewarf, LE.; Guinan, EF.; Carton, JM. (Januarie 2009). "FUSE Observations of alpha Centauri B". American Astronomical Society. American Astronomical Society. 213: 200. Bibcode:.AS1-onderhoud: meer as een naam: authors list (link)
  14. . SIMBAD. Centre de Données astronomiques de Strasbourg. Besoek op2008-08-11. — some of the data is located under "Measurements".
  15. E. E. Mamajek; L. A. Hillenbrand (2008). "Improved Age Estimation for Solar-Type Dwarfs Using Activity-Rotation Diagnostics". Astrophysical Journal. 687 (2): 1264. arXiv:. Bibcode:. doi:.AS1-onderhoud: meer as een naam: authors list (link)
  16. Hartung, E.J.; Frew, David; Malin, David (1994). "Astronomical Objects for Southern Telescopes". Cambridge University Press.
  17. Norton, A.P., Ed. I. Ridpath (1986). Norton's 2000.0 :Star Atlas and Reference Handbook. Longman Scientific and Technical. pp. 39–40.AS1-onderhoud: meer as een naam: authors list (link)
  18. Mitton, Jacquelin (1993). The Penguin Dictionary of Astronomy. Penguin Books. p. 148.
  19. Matthews, R.A.J.; Gilmore, Gerard (1993). "Is Proxima really in orbit about α Cen A/B?". Monthly Notices of the Royal Astronomical Society. 261: L5. Bibcode:.
  20. ESA: Hipparcos Site. (in Engels). vanaf die oorspronklike op 1 Augustus 2016. Besoek op21 Maart 2013.
  21. Aristotle. (in Engels). vanaf die oorspronklike op 9 Junie 2019.
  22. Berry, A., "A History of Astronomy", Dover, 1989, pp. 357–358
  23. Pannekoek, A., "A Short History of Astronomy", Dover, 1989
  24. Holberg, JB (2007). Sirius: Brightest Diamond in the Night Sky. Praxis Publishing. pp. 41–42. ISBN 0-387-48941-X.
  25. Newton R.R., "The Crime of Claudius Ptolemy", T. Baltimore: Johns Hopkins University Press, (1977)
  26. Pannekoek, A., "A Short History of Astronomy", Dover, 1989, p. 157
  27. Grasshoff, G. (1990). The History of Ptolemy's Star Catalogue. Springer. pp. 319–394. ISBN 0-387-97181-5.
  28. Aitken, R.G., "The Binary Stars", Dover, 1961, p. 235.
  29. Astronomical Society of South Africa. (in Engels). Geargiveer vanaf op 26 Julie 2009. Besoek op21 Maart 2013.
  30. Henderson, H. (1839). "On the parallax of α Centauri". Monthly Notices of the Royal Astronomical Society. 4: 168. Bibcode:.
  31. Pannekoek, A., "A Short History of Astronomy", Dover, 1989, p. 333
  32. Maclear, M. (1851). "Determination of Parallax of α1and α2 Centauri". Astronomische Nachrichten. 32 (16): 243. Bibcode:. doi:.
  33. Nordström, B. (2004). "The Geneva-Copenhagen survey of the Solar neighbourhood. Ages, metallicities, and kinematic properties of ~14000 F and G dwarfs". Astronomy and Astrophysics. 418 (3): 989–1019. arXiv:. Bibcode:. doi:.Onbekende parameter |coauthors= geïgnoreer (help)
  34. , The Geneva-Copenhagen Survey of Solar neighbourhood, J. Holmberg et al., 2007, Centre de Données astronomiques de Strasbourg ID . URL besoek op 19 November 2008
  35. Matthews, R.A.J. (1994). "The Close Approach of Stars in the Solar Neighbourhood". Quarterly Journal of the Royal Astronomical Society. 35: 1–8. Bibcode:.
  36. Sky and Telescope, April 1998 (p60), gebaseer op data van Hipparcos.
  37. jobs. (in Engels). Nature.com. doi:. vanaf die oorspronklike op 1 Februarie 2020. Besoek op17 Oktober 2012.
  38. Overbye, Dennis (17 Oktober 2012). (in Engels). New York Times. vanaf die oorspronklike op 3 Maart 2020. Besoek op17 Oktober 2012.
  39. Palmer, Jason (17 Oktober 2012). (in Engels). BBC. vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op17 Oktober 2012.
  40. . Universe Today. vanaf die oorspronklike op 21 April 2008. Besoek op2008-04-19.

Koördinate:

Publikasie datum: September 26, 2021

alpha, centauri, helderste, ster, suidelike, sterrebeeld, sentour, centaurus, bevind, tans, wolk, hoewel, blote, soos, enkele, voorwerp, eintlik, dubbelster, gesamentlike, skynbare, magnitude, maak, derde, helderste, ster, naghemel, sirius, canopus, abdie, pos. Alpha Centauri a Cen is die helderste ster in die suidelike sterrebeeld Sentour Centaurus en bevind hom tans in die G wolk 2 3 Hoewel dit met die blote oog soos n enkele voorwerp lyk is Alpha Centauri eintlik n dubbelster Alpha Centauri AB of a Cen AB Sy gesamentlike skynbare magnitude van 0 27 maak dit die derde helderste ster aan die naghemel na Sirius 1 46 mag en Canopus 0 72 mag Alpha Centauri ABDie posisie van Alpha Centauri A en Alpha Centauri B met Proxima in n rooi sirkel Sterrebeeld SentourSpektraaltipe G2V K1VSoort DubbelsterWaarnemingsdata Epog J2000 Regte klimming A B 14h 39m 36 4951s 14h 39m 35 0803sDeklinasie 60 50 02 308 60 50 13 761 Skynmagnitude m 0 01 1 33B V kleurindeks 0 88 1 U B kleurindeks 0 68 1 BesonderhedeMassa M 1 1 0 907Radius R 1 2227 0 865Ligsterkte L 1 519 0 5Ouderdom jaar 6 miljardTemperatuur K 5 790 5 260Afstand ligjaar 4 366EienskappeVeelvoudigheid Drievoudige stelsel saam met Proxima CentauriPlanete B Alpha Centauri BbAnder nameAB Rigil Kentaurus Rigil Kent Toliman Bungula FK5 538 CP D 60 5483 GC 19728 CCDM J14396 6050 A a1 Centauri GJ 559 A HR 5459 HD 128620 GCTP 3309 00 LHS 50 SAO 252838 HIP 71683 B a2 Centauri GJ 559 B HR 5460 HD 128621 LHS 51 HIP 71681 C Proxima Centauri a Cen C LHS 49 HIP 70890 Die posisie van Alpha Centauri in die sterrebeeld Sentour Portaal Sterrekunde Die individuele komponente van die dubbelster word Alpha Centauri A a Cen A ook bekend as Rigil Kentaurus en Alpha Centauri B a Cen B genoem Eersgenoemde het n massa en ligsterkte van onderskeidelik 110 en 151 9 van die Son s n en laasgenoemde onderskeidelik 90 7 en 44 5 Tydens die twee sterre se wentelbaan om hul massamiddelpunt wissel die afstand tussen hulle van omtrent die afstand tussen die Son en Pluto tot die afstand tussen die Son en Saturnus Hulle is 1 34 parsek of 4 37 ligjare van die Son af 4 n Derde ster bekend as Proxima Centauri Proxima of Alpha Centauri C a Cen C is moontlik wat swaartekrag betref verbind aan Alpha Centauri AB Proxima is nader aan die Son 1 29 parsek of 4 24 ligjare Dit is dus ons naaste ster hoewel dit nie met die blote oog gesien kan word nie Dit is sowat 0 06 parsek of 0 2 ligjare van Alpha Centauri AB af Daar word soms na die drie sterre saam verwys as n driesterstelsel a Cen AB C Proxima Centauri b n eksoplaneet min of meer so groot soos die Aarde is in Augustus 2016 in die bewoonbare sone van Proxima Centauri ontdek 5 Dit kan die bestemming wees van toekomstige interstellere verkenning onder meer met n vloot miniatuur verkenningstuie bekend as StarChips wat op die oomblik ontwikkel word as deel van die Breakthrough Starshot projek 5 Die stelsel het minstens nog een planeet die aardgrootte Alpha Centauri Bb Dit het n massa van minstens 113 die van die Aarde en wentel in 3 236 dae om Alpha Centauri B 6 Dit het n geskatte oppervlaktemperatuur van 1 500 kelvin K wat te warm is om bewoonbaar te wees 7 Inhoud 1 Eienskappe 2 Waarneming 3 Eiebeweging 4 Planete 4 1 Alpha Centauri Bb 4 2 Moontlike ander planete 5 Sien ook 6 Verwysings 7 Bronne 8 Eksterne skakelsEienskappe Wysig Alpha Centauri gesien vanaf die Digitized Sky Survey 2 As n mens met die blote oog daarna kyk lyk Alpha Centauri met sy skynbare magnitude van 0 27 8 soos n enkele ster wat dowwer as Sirius en Canopus is As enkelster is Alpha Centauri A die vierde helderste ster naas eersgenoemde twee en Arcturus Dit het n magnitude van 0 01 9 Alpha Centauri B 1 33 mag is die 21ste helderste ster Alpha Centauri A is die primere komponent van die dubbelster en is effens groter en helderder as die Son Dit is n son tipe hoofreeksster met n soortgelyke gelerige kleur 10 en n spektraaltipe van G2V 9 Sy massa is 10 meer as die Son s n en sy radius 23 groter 11 Sy rotasiesnelheid is 2 7 km s 1 en sy rotasieperiode 22 dae 12 in vergelyking met die Son se 25 dae Alpha Centauri B is die metgesel of sekondere komponent Dit is effens kleiner en dowwer as die Son Die hoofreeksster is van spektraaltipe K1V 13 9 en daarom is hy meer oranje as Alpha Centauri A 10 Sy massa is 90 van die Son s n en sy radius 14 11 Sy rotasiespoed is 1 1 km s 1 en sy rotasieperiode 41 dae 12 Hoewel hy dowwer as A is straal hy meer energie uit in die X straleband Alpha Centauri C ook bekend as Proxima Centauri se spektraaltipe is M5Ve 9 of M5VIe wat daarop dui dat hy of n klein hoofreeksster tipe V of n subdwergster VI is Sy massa is sowat 0 123 sonmassas 14 of 129 Jupiter massas 11 Die a Cen stelsel is omtrent so oud soos die Son of effens ouer die ouderdom word gewoonlik aangegee as tussen 4 5 en 7 miljard jaar 15 Waarneming Wysig Die relatiewe grootte van die Alpha Centauri stelsel in vergelyking met die Son Die onderskeie komponente van die Alpha Centauri AB dubbelster is te naby aan mekaar om met die blote oog te onderskei maar tydens n groot deel van hul wenteling om hul massamiddelpunt kan hulle met n verkyker of klein teleskoop onderskei word 16 Aan die suidelike naghemel vorm Alpha Centauri die buitenste ster van die Aanwysers of Suidelike Aanwysers die lyn deur Beta Centauri Hadar Agena 17 wys reguit na die Suiderkruis 16 Die Aanwysers onderskei die ware Suiderkruis maklik van die dowwer asterisme bekend as die Vals Kruis 18 Suid van breedtegraad 29º S verdwyn Alpha Centauri nooit onder die horison nie Onder sowat 29 N tot by die ewenaar le dit in die noordelike somer naby die suidelike horison 17 Verder noord kan dit nie gesien word nie Van die Aarde af gesien le Proxima Centauri 2 2 suidwes van Alpha Centauri AB 19 Dit lyk gewoonlik soos n dieprooi ster van 13 1 mag in n gebied met min sterre en n redelik goeie teleskoop is nodig om dit te sien Dit is n opvlamster en kan onverwags vinnig helderder word tot sowat 11 mag 9 Eiebeweging WysigAl die komponente van Alpha Centauri het taamlike eiebewegings teen die agtergrondhemel soortgelyk aan die van die sterre Sirius en Arcturus Dit het tot gevolg dat die sterposisies oor die eeue heen stelselmatig verander het 20 Sulke sterbewegings was onbekend aan die antieke sterrekundiges Hulle het geglo alle sterre het n vasgestelde posisie aan die naghemel soos gestel in die werke van die filosoof Aristoteles 21 Edmond Halley het in 1718 gevind dat sommige sterre aansienlik weggeskuif het van hul antieke posisies 22 Die helder ster Arcturus a Boo in die sterrebeeld Veewagter het in 1 800 jaar n verskil van byna 0 5 getoon 23 dieselfde as die helderste ster Sirius in die Groot Hond a CMa 24 Halley het die werke van Ptolemaeus en Hipparchos gebruik as verwysing 25 26 27 Halley se eiebewegings was hoofsaaklik vir noordelike sterre en die suidelike Alpha Centauri s n is eers in die 19de eeu vasgestel 28 Die Skots gebore waarnemer Thomas James Henderson het in die 1830 s aan die Kaap die Goeie Hoop die ware afstand van Alpha Centauri ontdek 29 30 Hy het gou besef die stelsel het n buitengewone hoe eiebeweging 31 en daarom moes sy waargenome ware snelheid deur die ruimte baie vinniger gewees het 32 28 Hy het vasgestel die gemiddelde eiebewegings is 3678 mas j of 3 678 boogsekondes per jaar in regte klimming en 481 84 mas j of 0 48184 boogsekondes per jaar in deklinasie 33 Aangesien eiebeweging toeneem is die beweging van Alpha Centauri sowat 6 1 boogminute elke eeu en 61 3 boogminute of 1 02 elke millennium Hierdie bewegings is onderskeidelik sowat n vyfde en twee keer die deursnee van n volmaan 19 Deur middel van spektroskopie is die gemiddelde radiale snelheid vasgestel op 25 1 0 3 km s in die rigting van die Sonnestelsel 34 35 Gebaseer op Alpha Centauri se eiebewegings en radiale snelhede sal die ster geleidelik helderder word en net noord van die Suiderkruis verbybeweeg voordat dit noordwes sal beweeg nader aan die hemelewenaar en weg van die galaktiese vlak Teen omstreeks 29700 n C sal Alpha Centauri 1 parsek of 3 26 ligjare weg wees in die hedendaagse sterrebeeld Noordelike Waterslang 36 Dan sal dit n statiese radiale snelheid van 0 km s en n maksimum skynbare magnitude van 0 86 bereik wat ooreenstem met die huidige magnitude van Canopus Selfs al is hy op sy naaste aan die Aarde sal sy skynbare helderheid nooit die van Sirius oortref nie die sal oor die volgende 60 000 jaar ook helderder word en die helderste ster van die Aarde af wees vir die volgende 210 000 jaar 37 Die Alpha Centauristelsel sal daarna wegbeweeg van die Sonnestelsel af 36 Oor sowat 100 000 jaar sal dit eindelik uit sig uit verdwyn Planete Wysig n Kunstenaarsvoorstelling van die planeet om Alpha Centauri B Alpha Centauri Bb Wysig Op 16 Oktober 2012 het navorsers na drie jaar van navorsing aangekondig dat n aardgrootte planeet in n wentelbaan om Alpha Centauri B waargeneem is gebaseer op die radiale snelheid tegniek 38 39 Die planeet het n minimum massa van 1 13 keer die van die Aarde 6 Dit is nie in die bewoonbare sone van die ster nie sy wentelbaan is baie na aan die ster net 0 04 AE en sy wenteltyd is 3 236 dae 6 Sy oppervlaktemperatuur word geskat op sowat 1 200 Celsius sowat 1 500 kelvin 40 41 heeltemal te warm vir vloeibare water Die oppervlaktemperatuur van Venus die warmste planeet in die Sonnestelsel is maar sowat 462 C 735 K Moontlike ander planete Wysig Die ontdekking van eksoplanete om ander stelsels ook dubbelsterre laat die moontlikheid dat daar nog planete in die Alpha Centauri stelsel is Hulle kan of om een van die enkelsterre wentel of in n wye baan om die dubbelster Aangesien die sterre baie met die Son ooreenstem onder meer wat ouderdom en metaalinhoud betref stel sterrekundiges besonder belang daarin om nog planete in die Alpha Centauri stelsel te ontdek Verskeie soektogte is tans aan die gang 42 Sien ook WysigLys van naaste sterreVerwysings Wysig 1 0 1 1 Ducati J R 2002 VizieR Online Data Catalog Catalogue of Stellar Photometry in Johnson s 11 color system CDS ADC Collection of Electronic Catalogues 2237 0 Bibcode 2002yCat 2237 0D http interstellar jpl nasa gov interstellar probe introduction neighborhood html Geargiveer 21 November 2013 op Wayback Machine Our Local Galactic Neighborhood Nasa http www centauri dreams org p 14203 Into the Interstellar Void Centauri Dreams Soderhjelm Staffan 1999 Visual binary orbits and masses post Hipparcos Astronomy and Astrophysics 341 1 121 40 Bibcode 1999A amp A 341 121S 5 0 5 1 Chang Kenneth 24 Augustus 2016 One Star Over a Planet That Might Be Another Earth New York Times in Engels Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Januarie 2020 Besoek op 24 Augustus 2016 6 0 6 1 6 2 Dumusque X 2012 10 17 An Earth mass planet orbiting Alpha Centauri B PDF Nature 490 doi 10 1038 nature11572 Besoek op 2012 10 17 Onbekende parameter coauthors geignoreer help The exoplanet next door Earth sized world discovered in nearby a Centauri star system Eric Hand Nature 16 Oktober 2012 URL besoek op 16 Oktober 2012 Burnham Robert 1978 Burnham s Celestial Handbook Courier Dover p 549 ISBN 0 486 23567 X 9 0 9 1 9 2 9 3 9 4 Research Consortium on Nearby Stars 17 September 2007 The One Hundred Nearest Star Systems RECONS in Engels Georgia State University Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Maart 2013 Besoek op 6 November 2007 External link in work help 10 0 10 1 The Colour of Stars Australia Telescope Outreach and Education Commonwealth Scientific and Industrial Research Organisation 21 Desember 2004 Besoek op 2012 01 16 11 0 11 1 11 2 Kervella Pierre 15 Maart 2003 A Family Portrait of the Alpha Centauri System in Engels ESO Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Februarie 2009 Besoek op 6 Junie 2008 Onbekende parameter coauthors geignoreer help 12 0 12 1 Bazot M 2007 Asteroseismology of a Centauri A Evidence of rotational splitting Astronomy and Astrophysics 470 1 295 302 arXiv 0706 1682 Bibcode 2007A amp A 470 295B doi 10 1051 0004 6361 20065694 Onbekende parameter coauthors geignoreer help Datin Kellie Dewarf LE Guinan EF Carton JM Januarie 2009 FUSE Observations of alpha Centauri B American Astronomical Society American Astronomical Society 213 200 Bibcode 2009AAS 21340609D AS1 onderhoud meer as een naam authors list link SIMBAD query result V V645 Cen Flare Star SIMBAD Centre de Donnees astronomiques de Strasbourg Besoek op 2008 08 11 some of the data is located under Measurements E E Mamajek L A Hillenbrand 2008 Improved Age Estimation for Solar Type Dwarfs Using Activity Rotation Diagnostics Astrophysical Journal 687 2 1264 arXiv 0807 1686 Bibcode 2008ApJ 687 1264M doi 10 1086 591785 AS1 onderhoud meer as een naam authors list link 16 0 16 1 Hartung E J Frew David Malin David 1994 Astronomical Objects for Southern Telescopes Cambridge University Press 17 0 17 1 Norton A P Ed I Ridpath 1986 Norton s 2000 0 Star Atlas and Reference Handbook Longman Scientific and Technical pp 39 40 AS1 onderhoud meer as een naam authors list link Mitton Jacquelin 1993 The Penguin Dictionary of Astronomy Penguin Books p 148 19 0 19 1 Matthews R A J Gilmore Gerard 1993 Is Proxima really in orbit about a Cen A B Monthly Notices of the Royal Astronomical Society 261 L5 Bibcode 1993MNRAS 261L 5M ESA Hipparcos Site High Proper Motion Stars 2004 in Engels Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Augustus 2016 Besoek op 21 Maart 2013 Aristotle De Caelo On the Heavens Book II Part 11 2004 in Engels Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Junie 2019 Berry A A History of Astronomy Dover 1989 pp 357 358 Pannekoek A A Short History of Astronomy Dover 1989 Holberg JB 2007 Sirius Brightest Diamond in the Night Sky Praxis Publishing pp 41 42 ISBN 0 387 48941 X Newton R R The Crime of Claudius Ptolemy T Baltimore Johns Hopkins University Press 1977 Pannekoek A A Short History of Astronomy Dover 1989 p 157 Grasshoff G 1990 The History of Ptolemy s Star Catalogue Springer pp 319 394 ISBN 0 387 97181 5 28 0 28 1 Aitken R G The Binary Stars Dover 1961 p 235 Astronomical Society of South Africa Henderson Thomas FRS 2008 in Engels Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Julie 2009 Besoek op 21 Maart 2013 Henderson H 1839 On the parallax of a Centauri Monthly Notices of the Royal Astronomical Society 4 168 Bibcode 1839MNRAS 4 168H Pannekoek A A Short History of Astronomy Dover 1989 p 333 Maclear M 1851 Determination of Parallax of a1and a2 Centauri Astronomische Nachrichten 32 16 243 Bibcode 1851AN 32 243 doi 10 1002 asna 18510321606 European Space Agency The Hipparcos and Tycho Catalogues Search facility 2008 Nordstrom B 2004 The Geneva Copenhagen survey of the Solar neighbourhood Ages metallicities and kinematic properties of 14000 F and G dwarfs Astronomy and Astrophysics 418 3 989 1019 arXiv astro ph 0405198 Bibcode 2004A amp A 418 989N doi 10 1051 0004 6361 20035959 Onbekende parameter coauthors geignoreer help HD 128620 1 The Geneva Copenhagen Survey of Solar neighbourhood J Holmberg et al 2007 Centre de Donnees astronomiques de Strasbourg ID V 117A URL besoek op 19 November 2008 36 0 36 1 Matthews R A J 1994 The Close Approach of Stars in the Solar Neighbourhood Quarterly Journal of the Royal Astronomical Society 35 1 8 Bibcode 1994QJRAS 35 1M Sky and Telescope April 1998 p60 gebaseer op data van Hipparcos jobs The exoplanet next door Nature News amp Comment in Engels Nature com doi 10 1038 nature11572 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Februarie 2020 Besoek op 17 Oktober 2012 Planetary Habitability Laboratory UPR Arecibo A Planetary System Around Our Nearest Star is Emerging Overbye Dennis 17 Oktober 2012 New Planet in Neighborhood Astronomically Speaking in Engels New York Times Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Maart 2020 Besoek op 17 Oktober 2012 Palmer Jason 17 Oktober 2012 Exoplanet around Alpha Centauri is nearest ever in Engels BBC Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020 Besoek op 17 Oktober 2012 Why Haven t Planets Been Detected around Alpha Centauri Universe Today Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 April 2008 Besoek op 2008 04 19 Bronne Wysig Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse WikipediaEksterne skakels Wysig Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Alpha Centauri Simbad waarnemingsdata Wentelbane van sigbare dubbelsterre The Imperial Star Alpha Centauri Geskiedenis van Alpha Centauri Koordinate 14h 39m 36 4951s 60 50 02 308 Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Alpha Centauri amp ol,