fbpx
Wikipedia

President

President is 'n titel van 'n leier van een of ander organisasie, soos 'n land of maatskappy. Die term se Latynse oorsprong beteken letterlik "voorsitter", maar die woord dui deesdae gewoonlik op 'n beampte met uitvoerende bevoegdhede.

Presidentskap in 'n land dui gereeld op 'n demokraties verkose leier in 'n republiek wat die rol van regeringsleier en staatshoof vervul, maar daar is wel uitsonderings. In Israel en Duitsland, byvoorbeeld, is die presidente nie so magtig nie, en word hulle deur die parlement gekies en vervul hoofsaaklik 'n seremoniële rol. Soms gebruik diktators ook die titel vir hulself, soms met die titel "Lewenslange President".

Presidentskap in verskillende regeringsvorme

Presidensiële stelsel

In die presidensiële stelsel van regering geld die algemene geval waar die president die rol van regeringsleier en staatshoof vervul. In Suid-Afrika staan die regeringsleier en staatshoof sedert 1994 bekend as 'n president. Voorheen (1961–1994) was die amp bekend as die staatspresident. Die VSA en meeste lande in Latyns-Amerika volg ook hierdie stelsel.

Parlementêre stelsel

Ander state het 'n parlementêre stelsel van regering waar die president slegs die staatshoof is en die Eerste Minister die hoof van die regering is. Lande met sulke stelsels is Namibië, Finland, Duitsland, Indië, Ierland, Israel, Italië en Singapoer. Die president in 'n parlementêre stelsel vervul dus primêr 'n seremoniële rol.

"President van die regering" in parlementêre stelsels is 'n titel wat soms gebruik word vir die hoof van die regering, nie van die land nie. Die titel "president" word dus gebruik in die tradisionele betekenis van "voorsitter van die kabinet". Om verwarring te voorkom word daar soms internasionaal na sulke "presidente" eenvoudig verwys as eerste ministers. Daar is dan gewoonlik 'n aparte staatshoof wat as president of monarg dien.

Semi-presidensiële stelsel

'n Derde stelsel is die semi-presidensiële stelsel, ook bekend as die Franse stelsel, waarin daar ook 'n president en 'n eerste minister is. Anders as met die parlementêre stelsel kan die president noemenswaardige dag-tot-dag mag hê. Die verhouding tussen die president en die eerste minister kan grootliks afhang van die politieke samestelling van die nasionale vergadering, wat bepaal van watter politieke party die eerste minister aangestel moet word deur die president. Hierdie stelsel kan gesien word as 'n kombinasie van die presidensiële en parlementêre stelsels en is ontwikkel aan die begin van die Vyfde Republiek van Frankryk deur Charles de Gaulle. Verder word dit ook gebruik in Rusland, Sri Lanka en ander post-koloniale lande wat die Franse model nagemaak het.

Gesamentlike presidentskap

Slegs 'n klein minderheid van moderne republieke het nie 'n enkele staatshoof nie, byvoorbeeld:

  • Switserland, waar die leierskap van die staat gesamentlik gevestig is in 'n federale raad van sewe lede. Daar is wel 'n president wat lid is van hierdie raad soos gekies deur die algemene vergadering (parlement) vir 'n jaar; die president is bloot primus inter pares (eerste onder gelykes). Hierdie president word egter internasionaal as staatshoof hanteer.
  • Bosnië en Herzegowina, wat 'n drie-lid presidentskap het. Die aanstelling van president roteer tussen die drie lede.
  • San Marino, met twee Capitano Regente.

Sien ook

Verwysings

  • President by die Engelse Wikipedia
  • President by die Nederlandse Wikipedia

President
president, titel, leier, ander, organisasie, soos, land, maatskappy, term, latynse, oorsprong, beteken, letterlik, voorsitter, maar, woord, deesdae, gewoonlik, beampte, uitvoerende, bevoegdhede, skap, land, gereeld, demokraties, verkose, leier, republiek, rege. President is n titel van n leier van een of ander organisasie soos n land of maatskappy Die term se Latynse oorsprong beteken letterlik voorsitter maar die woord dui deesdae gewoonlik op n beampte met uitvoerende bevoegdhede Presidentskap in n land dui gereeld op n demokraties verkose leier in n republiek wat die rol van regeringsleier en staatshoof vervul maar daar is wel uitsonderings In Israel en Duitsland byvoorbeeld is die presidente nie so magtig nie en word hulle deur die parlement gekies en vervul hoofsaaklik n seremoniele rol Soms gebruik diktators ook die titel vir hulself soms met die titel Lewenslange President Inhoud 1 Presidentskap in verskillende regeringsvorme 1 1 Presidensiele stelsel 1 2 Parlementere stelsel 1 3 Semi presidensiele stelsel 1 4 Gesamentlike presidentskap 2 Sien ook 3 VerwysingsPresidentskap in verskillende regeringsvorme WysigPresidensiele stelsel Wysig In die presidensiele stelsel van regering geld die algemene geval waar die president die rol van regeringsleier en staatshoof vervul In Suid Afrika staan die regeringsleier en staatshoof sedert 1994 bekend as n president Voorheen 1961 1994 was die amp bekend as die staatspresident Die VSA en meeste lande in Latyns Amerika volg ook hierdie stelsel Parlementere stelsel Wysig Ander state het n parlementere stelsel van regering waar die president slegs die staatshoof is en die Eerste Minister die hoof van die regering is Lande met sulke stelsels is Namibie Finland Duitsland Indie Ierland Israel Italie en Singapoer Die president in n parlementere stelsel vervul dus primer n seremoniele rol President van die regering in parlementere stelsels is n titel wat soms gebruik word vir die hoof van die regering nie van die land nie Die titel president word dus gebruik in die tradisionele betekenis van voorsitter van die kabinet Om verwarring te voorkom word daar soms internasionaal na sulke presidente eenvoudig verwys as eerste ministers Daar is dan gewoonlik n aparte staatshoof wat as president of monarg dien Semi presidensiele stelsel Wysig n Derde stelsel is die semi presidensiele stelsel ook bekend as die Franse stelsel waarin daar ook n president en n eerste minister is Anders as met die parlementere stelsel kan die president noemenswaardige dag tot dag mag he Die verhouding tussen die president en die eerste minister kan grootliks afhang van die politieke samestelling van die nasionale vergadering wat bepaal van watter politieke party die eerste minister aangestel moet word deur die president Hierdie stelsel kan gesien word as n kombinasie van die presidensiele en parlementere stelsels en is ontwikkel aan die begin van die Vyfde Republiek van Frankryk deur Charles de Gaulle Verder word dit ook gebruik in Rusland Sri Lanka en ander post koloniale lande wat die Franse model nagemaak het Gesamentlike presidentskap Wysig Slegs n klein minderheid van moderne republieke het nie n enkele staatshoof nie byvoorbeeld Switserland waar die leierskap van die staat gesamentlik gevestig is in n federale raad van sewe lede Daar is wel n president wat lid is van hierdie raad soos gekies deur die algemene vergadering parlement vir n jaar die president is bloot primus inter pares eerste onder gelykes Hierdie president word egter internasionaal as staatshoof hanteer Bosnie en Herzegowina wat n drie lid presidentskap het Die aanstelling van president roteer tussen die drie lede San Marino met twee Capitano Regente Sien ook WysigSien president in Wiktionary die vrye woordeboek Demokrasie Eerste Dame Eerste Minister Goewerneur Generaal Monarg StaatspresidentVerwysings WysigPresident by die Engelse Wikipedia President by die Nederlandse WikipediaOntsluit van https af wikipedia org w index php title President amp oldid 2082234,