×
Aksiale presessie

Aksiale presessie, meestal net presessie genoem, is ’n stadige en onafgebroke verandering in die oriëntasie van ’n hemelliggaam se rotasie-as wat deur swaartekrag veroorsaak word. Dit verwys veral na die geleidelike verskuiwing in die oriëntasie van die Aarde se rotasie-as, wat soos dié van ’n slingerende tol verskuif en ’n kringloop in sowat 26 000 jaar voltooi. So ’n tydperk word in die sterrekunde ’n "Groot Jaar" genoem.

Die presessiebeweging van die Aarde. Die Aarde roteer (wit pyle) een keer per dag om sy rotasie-as (rooi). Hierdie as roteer self stadigaan (wit sirkel) en voltooi een kringloop elke sowat 26 000 jaar.
Die presessie-siklus van byna 26 000 jaar soos gesien vanaf ’n punt naby die Aarde. Die huidige noordelike poolster is Polaris (bo). Oor sowat 8 000 jaar sal dit die helder ster Deneb (links) wees, en oor sowat 12 000 jaar Vega (middel links). (Die Aarde se rotasie is nie volgens skaal nie.)

Inhoud

Die presessie van die Aarde se as het ’n paar waarneembare uitwerkings. Een daarvan is dat dit lyk of die posisie van die noordelike en die suidelike hemelpool in sirkels beweeg teen die agtergrond van "vaste" sterre. (Die hemelpole is die Aarde se pole wat tot in die ruimte verleng word; dit roteer dus saam met die Aarde se pole.) So ’n sirkel neem 25 772 jaar om te voltooi.

Hoewel die huidige noordelike poolster dus Polaris is, sal dit mettertyd verander en ander sterre sal die noordelike poolster word. Daar is nie tans ’n duidelike suidelike poolster nie, maar mettertyd sal presessie tot gevolg hê dat daar ook aan die suidelike sterrehemel ’n poolster is.

Saam met die hemelpole skuif die skynbare oriëntasie van die hele sterrehemel, soos gesien van ’n spesifieke punt op Aarde. Die koördinate van hemelliggame verander dus voortdurend. Daarom hou ’n voorwerp se lugkoördinate verband met die jaar van waarneming. Sterrekundiges dui die koördinate aan met verwysing na ’n spesifieke jaar, bekend as ’n epog. Koördinate van verskillende epogs moet wiskundig aangepas word met betrekking tot mekaar, of om ooreen te stem met ’n standaard-epog. Die huidige standaard-epog is J2000, wat staan vir 1 Januarie 2000 om 12:00 UTC.

  1. Hohenkerk, C.Y., Yallop, B.D., Smith, C.A., & Sinclair, A.T. "Celestial Reference Systems" in Seidelmann, P.K. (red.) Explanatory Supplement to the Astronomical Almanac. Sausalito: University Science Books. bl. 99.
  2. , Western Washington University Planetarium, URL besoek op 30 Desember 2008
  3. Moulton, Forest Ray (1916). . Macmillan Co., New York. pp. 125–126.; at
  • by
  • Skroefdraad (Waarom sommige skroewe/boute geneig is om los te draai by roterende masjiene)

Publikasie datum: Oktober 14, 2021

aksiale, presessie, meestal, presessie, genoem, stadige, onafgebroke, verandering, oriëntasie, hemelliggaam, rotasie, deur, swaartekrag, veroorsaak, word, verwys, veral, geleidelike, verskuiwing, oriëntasie, aarde, rotasie, soos, dié, slingerende, verskuif, kr. Aksiale presessie meestal net presessie genoem is n stadige en onafgebroke verandering in die orientasie van n hemelliggaam se rotasie as wat deur swaartekrag veroorsaak word Dit verwys veral na die geleidelike verskuiwing in die orientasie van die Aarde se rotasie as wat soos die van n slingerende tol verskuif en n kringloop in sowat 26 000 jaar voltooi 1 So n tydperk word in die sterrekunde n Groot Jaar genoem Die presessiebeweging van die Aarde Die Aarde roteer wit pyle een keer per dag om sy rotasie as rooi Hierdie as roteer self stadigaan wit sirkel en voltooi een kringloop elke sowat 26 000 jaar Die presessie siklus van byna 26 000 jaar soos gesien vanaf n punt naby die Aarde Die huidige noordelike poolster is Polaris bo Oor sowat 8 000 jaar sal dit die helder ster Deneb links wees en oor sowat 12 000 jaar Vega middel links Die Aarde se rotasie is nie volgens skaal nie Inhoud 1 Uitwerking 2 Verwysings 3 Eksterne skakels 4 Kyk ookUitwerking WysigDie presessie van die Aarde se as het n paar waarneembare uitwerkings Een daarvan is dat dit lyk of die posisie van die noordelike en die suidelike hemelpool in sirkels beweeg teen die agtergrond van vaste sterre Die hemelpole is die Aarde se pole wat tot in die ruimte verleng word dit roteer dus saam met die Aarde se pole So n sirkel neem 25 772 jaar om te voltooi Hoewel die huidige noordelike poolster dus Polaris is sal dit mettertyd verander en ander sterre sal die noordelike poolster word 2 Daar is nie tans n duidelike suidelike poolster nie maar mettertyd sal presessie tot gevolg he dat daar ook aan die suidelike sterrehemel n poolster is Saam met die hemelpole skuif die skynbare orientasie van die hele sterrehemel soos gesien van n spesifieke punt op Aarde Die koordinate van hemelliggame verander dus voortdurend Daarom hou n voorwerp se lugkoordinate verband met die jaar van waarneming Sterrekundiges dui die koordinate aan met verwysing na n spesifieke jaar bekend as n epog Koordinate van verskillende epogs moet wiskundig aangepas word met betrekking tot mekaar of om ooreen te stem met n standaard epog 3 Die huidige standaard epog is J2000 wat staan vir 1 Januarie 2000 om 12 00 UTC Verwysings Wysig Hohenkerk C Y Yallop B D Smith C A amp Sinclair A T Celestial Reference Systems in Seidelmann P K red Explanatory Supplement to the Astronomical Almanac Sausalito University Science Books bl 99 Astro 101 Precession of the Equinox Western Washington University Planetarium URL besoek op 30 Desember 2008 Moulton Forest Ray 1916 An Introduction to Astronomy Macmillan Co New York pp 125 126 at Google booksEksterne skakels WysigD Alembert en Euler se debat oor die oplossing vir die presessieby Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse WikipediaKyk ook WysigSkroefdraad Waarom sommige skroewe boute geneig is om los te draai by roterende masjiene Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Aksiale presessie amp ol,