×
Pous Paulus III

Paulus III was die 220ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk van 1534 tot 1549. Hy het pouslike troon bestyg in die era na die plundering van Rome in 1527 en die begin van die Reformasie. Tydens sy bewind begin die Kontrareformasie met die stigting van nuwe ordes soos die Jesuïete. Hy roep die Konsilie van Trente byeen in 1545. Hy was 'n beskermheer van die kunste en het veral nepotisme gebruik om sy mag en die van sy familie uit te brei.

Pous Paulus III
Geboortenaam Alessandro Farnese
Pontifikaat begin 13 Oktober 1534
Pontifikaat eindig 10 November 1549
Voorganger Clemens VII
Opvolger Julius III
Gebore 29 Februarie 1468
Canino, Italië
Sterf 10 November 1549
Rome, Italië
Ander pouse genaamd Paulus

Inhoud

Pous Paulus III is gebore as Alessandro Farnese op 29 Februarie 1468 in Canino, Italië. Hy was die oudste seun van Pier Luigi Farnese en sy vrou Giovanna Caetani. Guillia (die skone) Farnese was sy suster en Pous Bonifatius VIII was ook 'n lid van die Caetani familie. Die Farnese familie was reeds belangrik toe hy aan die bewind gekom het, maar hy het die rykdom en aansien van die familie aansienlik versterk. Alessandro word opgelei aan die Universiteit van Pisa en aan die hof van Lorenzo de' Medici. Op 20 September 1493 benoem Pous Alexander VI hom as kardinaal. Op 28 Maart 1509 word hy biskop van Parma, op 15 Junie 1519 biskop van Frascati waar hy op 2 Julie 1519 as biskop gewy word. Op 9 Desember 1523 word hy biskop van Palestrina, op 29 Desember 1523 biskop van Sabina en op 20 Mei 1524 biskop van Porto en Santa Rufina. Onder Pous Clemens VII word hy op 15 Junie 1524 kardinaal-biskop van Ostia en dekaan van die kollege van kardinale. Op 13 Oktober 1534 volg hy Pous Clemens VII op en word gekroon op 3 November 1534 deur kardinaal Innocenzo Cibo. Hy regeer tot sy dood op 10 November 1549 en word opgevolg deur Pous Julius III. Die naam ‘Paulus’ beteken 'die kleintjie'.

Pous Paulus III het vier buite-egtelike kinders gehad voordat hy pous geword het. Die kind van sy minnares Silvia Ruffini, Pier Luigi Farnese het hy hertog van Parma gemaak. Die drie ander se name was Ranuccio, Constanza en Paolo. By sy eerste optrede as pous op 18 Desember 1534 benoem hy sy kleinseuns Alessandro Farnese en Guido Ascano Sforza tot kardinaal hoewel hulle slegs veertien en sestien jaar oud was.

Die pous met kardinaal Alessandro Farnese en hertog Ottavio Farnese

Beskermheer van die kunste

Tydens pous Paulus se bewind het Michelangelo die "Laaste Oordeel' in die Sistynse Kapel in 1541 voltooi. Hy het ook die Farnese paleis in die sentrum van Rome laat bou. Aanvanklik was Antonio da Sang junior die argitek, maar later het Michelangelo oorgeneem en die bouwerk is deur Giacomo della Porta voltooi. Hy het ook die "Villa Farnese" in Caprarola laat bou. Hy gee ook aan Michelangelo die opdrag vir sy fresko's "Kruisiging van Petrus" en "Bekering van Paulus". Die Venesiese skilder Titiaan skilder in 1543 'n portret van die pous en ook die bekende portret van die pous met sy kleinseuns kardinaal Alessandro en hertog Ottavio Farnese. Hy gee Michelangelo opdrag om die bronsbeeld van keiser Marcus Aurelius na die Capitoline heuwel te verskuif, waar dit die middelpunt van die piazza Campidoglio sou word.

Pouslike politiek

Op 2 Junie 1536 vaardig die pous 'n bul uit om 'n konsilie in Mantua in 1537 byeen te roep. Die Duitse Protestante state wou egter nie deelneem en die hertog van Mantua het sake ook bemoeilik. Die pous het die konsilie eers vir 'n jaar uitgestel en later heeltemal afgestel. Op 29 Mei 1537 publiseer Paulus die bul "Sublimus Dei" teen die praktyk om die inheemse volke van die Amerikas (Indiane) tot slawe te maak. In 1536 stel die pous 'n kommissie aan wat die kerk se administrasie ondersoek het. In 1537 publiseer die kommissie sy verslag "Concilium de emendenda ecclesia". Dit het groot wantoestande in die kurie, die kerkadministrasie en publieke aanbidding aan die kaak gestel. Hoewel die pous probeer het om die toestande te verbeter, het dit geen of weinig gevolg gehad nie. Op 21 Julie 1542 stig pous Paulus III deur sy bul "Licet ab initio" die "Congregatio Romanae et Universalis Inquisitiones" wat die Inkwisisie sentraliseer.

Die pous wou sy kleinseun Ottavio Farnese graag hertog van Camerino maak. Hy het die hertogdom in 1540 ontneem van die hertog van Urbino. Hy het ook die belasting druk skerp verhoog. Dit het aanleiding gegee tot oproerigheid in die kerklike staat. Perugia wou onafhanklik word, maar word onderdruk deur Paulus se seun Pier Luigi Farnese. Die burgers van Colonna is verslaan en Ascanio is onder die pouslike ban geplaas.

Op 27 September 1540 is die orde van die Jesuïete onder leiding van Ignatius van Loyola goedgekeur met die bul "Regimini militantis ecclesiae". Die orde sou late 'n baie groot invloed kry in die kontrareformasie.

Die Reformasie

Op aandrang van keiser Karel V het die pous kardinaal Morone na Hagenau en Worms gestuur vir samesprekings in 1540. In 1541 het kardinaal Contarini die konferensie van Regensburg gelei. Die bekende frase "slegs deur geloof word ons gered" is deur Contarini en die konferensie vasgelê. Dit het egter ook die Roomse leer oor "goeie werke" bevat. In Rome het die konsistorie van 27 Mei 1541 dit verwerp en Martin Luther wou dit ook nie aanvaar nie omdat dit nie aangedui het dat die Kerk voorheen sou fouteer het. Dit het tot die finale breuk met die Protestantisme gelei. Die keiser het egter nog nie opgegee nie en opnuut aangedring op 'n konsilie. Op 15 Maart 1545 na verskeie vertragings word die konsilie van Trente uiteindelik byeengeroep deur die bul "Laetere Hierusalem". Die eerste sessie van die konsilie het op 13 Desember 1545 plaasgevind en die laaste op 13 Maart 1547.

Die keiser het volgehou om Protestantisme te onderdruk. In Keulen het die pous Hermann von Wied geëkskommunikeer op 16 April 1546 en die keiser het Hermann gedwing om af te tree in Februarie 1547. Die Protestante stede van die Schmalkaldiese Liga is onderdruk en met sy oorwinning in die Slag van Muhlberg op 24 April 1547 het Karel die suide van Duitsland grotendeels herwin vir die Katolisisme

Op 17 Desember 1537 plaas die pous koning Hendrik VIII van Engeland onder 'n interdik, wat aanleiding gee tot die totstandkoming van die Anglikaanse Kerk.

Die kollege van kardinale

Pous Paulus III het 71 nuwe kardinale aangestel in 12 konsistories.

Die konsistorie van 18 Desember 1534

  • Alessandro Farnese, junior, kardinaal-nepoot, verkose biskop van Parma.
  • Guido Ascanio Sforza di Santa Fiora, kardinaal-nepoot, verkose biskop van Montefiascone.

Die konsistorie van 21 Mei 1535

  • Nikolaus von Schönberg, aartsbiskop van Capua.
  • Girolamo Ghinucci, biskop van Worcester, Engeland
  • Giacomo Simoneta, biskop van Pesaro.
  • John Fisher, biskop van Rochester, Engeland.
  • Jean du Bellay, biskop van Parys, Frankryk.
  • Gasparo Contarini, Venesiese edelman.
  • Marino Ascanio Caracciolo, biskop van Catania, Sisilië.

Die konsistorie van 22 Desember 1536

  • Gian Pietro Carafa, aartsbiskop van Chieti. (later Pous Paulus IV)
  • Giovanni Maria Ciocchi del Monte, aartsbiskop van Manfredonia. (later Pous Julius III)
  • Ennio Filonardi, biskop van Veroli.
  • Jacopo Sadoleto, biskop van Carpentras, Frankryk.
  • Cristoforo Giacobazzi, biskop van Cassano.
  • Charles de Hémard de Denonville, biskop van Mâcon, Frankryk.
  • Rodolfo Pio, biskop van Faenza.
  • Reginald Pole, apostoliese protonotarius.
  • Rodrigo Luis de Borja y de Castre-Pinós, nasaat van Pous Alexander VI, priester van Rome.
  • Girolamo Aleandro, aartsbiskop van Brindisi en Oria.
  • Niccolò Caetani, apostoliese protonotarius.

Die konsistorie van 18 Oktober 1538

  • Pedro Sarmiento, aartsbiskop van Compostela, Spanje.

Die konsistorie van 20 Desember 1538

  • Juan Álvarez de Toledo, O.P., biskop van Burgos.
  • Pedro Fernández Manrique, biskop van Córdoba, Spanje
  • Robert de Lénoncourt, biskop van Châlons, Frankryk.
  • David Beaton, biskop van Mirepoix, Frankryk, ambassadeur in Frankryk.
  • Ippolito II d'Este, verkose aartsbiskop van Milaan.
  • Pietro Bembo, senator van Venesië.

Die konsistorie van 19 Desember 1539

  • Federico Fregóso, aartsbiskop van Salerno.
  • Pierre de La Baume, biskop van Geneve.
  • Antoine Sanguin de Meudon, biskop van Orléans.
  • Uberto Gàmbara, biskop van Tortona.
  • Pierpaolo Parisio, biskop van Nusco.
  • Marcello Cervini, biskop van Nicastro, later Pous Marcellus II.
  • Bartolomeo Guidiccioni, biskop van Teramo.
  • Ascanio Parisani, biskop van Rimini.
  • Dionisio Neagrus Laurerio, O.S.M., generaal van die Orde van die dienaars van Maria.
  • Enrique de Borja y Aragón, nasaat van Pous Alexander VI, verkose biskop van Squillace.
  • Giacomo Savelli, apostoliese protonotarius.
  • Miguel da Silva, biskop van Viseu, Portugal.

Die konsistorie van 2 Junie 1542

  • Giovanni Girolamo Morone, biskop van Modena.
  • Marcello Crescenzi, biskop van Marsico.
  • Giovanni Vincenzo Acquaviva d'Aragona, biskop van Melfi.
  • Pomponio Cecci, biskop van Sutri en Nepi.
  • Roberto Pucci, biskop van Pistoia.
  • Tommaso Badia, O.P., meester van die Heilige Paleis.
  • Gregorio Cortese, O.S.B., kongregasie van Sint Giustino van Padua.
  • Cristoforo Madruzzo, prins-biskop van Trente.

Die konsistorie van 19 Desember 1544

  • Gaspar de Ávalos de la Cueva, aartsbiskop van Compostela.
  • Francisco Mendoza de Bobadilla, biskop van Coria, Spanje.
  • Bartolomé de la Cueva y Toledo, priester van Segovia, Spanje.
  • Georges d'Armagnac, biskop van Rodez, ambassadeur van koning Frans I van Frankryk in Rome.
  • Jacques d'Annebaut, biskop van Lisieux, Frankryk.
  • Otto Truchsess von Waldburg, biskop van Augsburg, Beiere.
  • Andrea Cornaro, verkose biskop van Brescia.
  • Francesco Sfondrati, aartsbiskop van Amalfi.
  • Federico Cesi, biskop van Todi, broer van kardinaal Paolo Emilio Cesi.
  • Durante Duranti, biskop van Cassano.
  • Niccolò Ardinghelli, biskop van Fossombrone.
  • Girolamo Recanati Capodiferro, verkose biskop van Sint-Jean de Maurienne.
  • Tiberio Crispo, verkose biskop van Sessa Aurunca.

Die konsistorie van 16 Desember 1545

  • Pedro Pacheco de Villena, biskop van Jaén.
  • Georges II d'Amboise, aartsbiskop van Rouen, Frankryk.
  • Henrique de Portugal, aartsbiskop van Evora, Portugal.
  • Ranuccio Farnese, O. S. Io. Hieros., administrateur van die gemeente van Napels.

Die konsistorie van 27 Julie 1547

  • Charles I de Guise de Lorraine, aartsbiskop van Reims, Frankryk.
  • Giulio della Rovere, priester van Urbino.

Die konsistorie van 9 Januarie 1548

  • Charles II de Bourbon-Vendôme, verkose biskop van Saintes, Frankryk.

Die konsistorie van 8 April 1549

  • Girolamo Verallo, aartsbiskop van Rossano.
  • Giovanni Angelo de' Medici, aartsbiskop van Ragusa. Later Pous Pius IV
  • Filiberto Ferrero, biskop van Ivrea.
  • Bernardino Maffei, verkose biskop van Massa Maritima.

Bulle, Ensiklieke en Dekrete

  • 29 Mei 1537 – Sublimus Dei – Teen die verslawing van die Indiane.
  • 28 Oktober 1538 – In apostolatus culmine – Oprigting van die Universiteit van Santo Domingo op Hispaniola.
  • 27 September 1540 – Regimini militantis ecclesiae – Oprigting van die Jesuïte.
  • 21 Julie 1542 – Licet ab initio – Stigting van die Congregatio Romanae et Universalis Inquisitiones.
  • 15 Maart 1545 – Laetere Hierusalem – Oproep na die konsilie van Trente.
  • Duff, Eamon (2001). Saints and Sinners: A History of the Popes, Yale University Press. ISBN 0-300-09165-6.
  • Maxwell-Stuart, P. G. (2002). Chronicle of the Popes: The Reign-by-Reign Record of the Papacy from St. Peter to the Present, Thames & Hudson. ISBN 0-500-01798-0.
  1. Paul III. (2008). Encyclopædia Britannica. Deluxe Edition. Chicago: Encyclopædia Britannica.
  2. Loughlin, J. (1911). Pope Paul III. In The Catholic Encyclopedia. New York: Robert Appleton Company. Besoek Oktober 19, 2009 by:
Die Engelse Wikisource bevat bronmateriaal oor hierdie onderwerp onder die titel:
  • in die Catholic Encyclopedia (Engels)
  • in die Catholic Forum (Engels)
  • in die Catholic Hierarchy (Engels)
  • (met Literatuurverwysings) in die Biographisch-Bibliographisches Kirchenlexikon (Duits)
  • in "Popes through the Ages" deur J. Brusher S.J. (Engels)
  • 'n Databasis van pouslike ensiklieke, dekrete en bulle (in Engels)
  • in die Vatican History (in Duits).
  • in die "Cardinals of the Holy Roman Church".

Saamgestel en vertaal uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse wikipedia en aangevul uit ander bronne soos aangedui.

Voorafgegaan deur
Clemens VII
Pous (Pontifex Maximus)
1534 – 1549
Opgevolg deur
Julius III
Voorafgegaan deur
Philipp von Luxemburg
Kardinaal-biskop van Frascati
1519 – 1523
Opgevolg deur
Antonio Maria Ciocchi del Monte
Voorafgegaan deur
Niccolo Fieschi
Kardinaal-biskop van Porto
1523 – 1523
Opgevolg deur
Antonio Maria Ciocchi del Monte
Voorafgegaan deur
Francesco Soderini
Kardinaal-biskop van Palestrina
1523 – 1523
Opgevolg deur
Antonio Maria Ciocchi del Monte
Voorafgegaan deur
Niccolo Fieschi
Kardinaal-biskop van Sabina
1524 – 1524
Opgevolg deur
Antonio Maria Ciocchi del Monte
Voorafgegaan deur
Niccolo Fieschi
Kardinaal-biskop van Ostia
1524 – 1534
Opgevolg deur
Giovanni Piccolomini
Voorafgegaan deur
Niccolo Fieschi
Karinaal-dekaan
1524 – 1534
Opgevolg deur
Giovanni Piccolomini

Basis-URL: en:Pope Paul III

Publikasie datum: September 03, 2021

pous, paulus, paulus, 220ste, pous, rooms, katolieke, kerk, 1534, 1549, pouslike, troon, bestyg, plundering, rome, 1527, begin, reformasie, tydens, bewind, begin, kontrareformasie, stigting, nuwe, ordes, soos, jesuïete, roep, konsilie, trente, byeen, 1545, bes. Paulus III was die 220ste pous van die Rooms Katolieke Kerk van 1534 tot 1549 Hy het pouslike troon bestyg in die era na die plundering van Rome in 1527 en die begin van die Reformasie Tydens sy bewind begin die Kontrareformasie met die stigting van nuwe ordes soos die Jesuiete Hy roep die Konsilie van Trente byeen in 1545 Hy was n beskermheer van die kunste en het veral nepotisme gebruik om sy mag en die van sy familie uit te brei Pous Paulus IIIGeboortenaam Alessandro FarnesePontifikaat begin 13 Oktober 1534Pontifikaat eindig 10 November 1549Voorganger Clemens VIIOpvolger Julius IIIGebore 29 Februarie 1468 Canino ItalieSterf 10 November 1549 Rome ItalieAnder pouse genaamd Paulus Inhoud 1 Biografie 2 Pontifikaat 2 1 Beskermheer van die kunste 2 2 Pouslike politiek 2 3 Die Reformasie 2 4 Die kollege van kardinale 2 4 1 Die konsistorie van 18 Desember 1534 2 4 2 Die konsistorie van 21 Mei 1535 2 4 3 Die konsistorie van 22 Desember 1536 2 4 4 Die konsistorie van 18 Oktober 1538 2 4 5 Die konsistorie van 20 Desember 1538 2 4 6 Die konsistorie van 19 Desember 1539 2 4 7 Die konsistorie van 2 Junie 1542 2 4 8 Die konsistorie van 19 Desember 1544 2 4 9 Die konsistorie van 16 Desember 1545 2 4 10 Die konsistorie van 27 Julie 1547 2 4 11 Die konsistorie van 9 Januarie 1548 2 4 12 Die konsistorie van 8 April 1549 2 5 Bulle Ensiklieke en Dekrete 3 Bibliografie 4 Verwysings 5 Eksterne skakels 6 Nota 7 OpvolgingBiografie WysigPous Paulus III 1 is gebore as Alessandro Farnese op 29 Februarie 1468 in Canino Italie Hy was die oudste seun van Pier Luigi Farnese en sy vrou Giovanna Caetani Guillia die skone Farnese was sy suster en Pous Bonifatius VIII was ook n lid van die Caetani familie Die Farnese familie was reeds belangrik toe hy aan die bewind gekom het maar hy het die rykdom en aansien van die familie aansienlik versterk Alessandro word opgelei aan die Universiteit van Pisa en aan die hof van Lorenzo de Medici Op 20 September 1493 benoem Pous Alexander VI hom as kardinaal Op 28 Maart 1509 word hy biskop van Parma op 15 Junie 1519 biskop van Frascati waar hy op 2 Julie 1519 as biskop gewy word Op 9 Desember 1523 word hy biskop van Palestrina op 29 Desember 1523 biskop van Sabina en op 20 Mei 1524 biskop van Porto en Santa Rufina Onder Pous Clemens VII word hy op 15 Junie 1524 kardinaal biskop van Ostia en dekaan van die kollege van kardinale Op 13 Oktober 1534 volg hy Pous Clemens VII op en word gekroon op 3 November 1534 deur kardinaal Innocenzo Cibo Hy regeer tot sy dood op 10 November 1549 en word opgevolg deur Pous Julius III Die naam Paulus beteken die kleintjie Pontifikaat WysigPous Paulus III 2 het vier buite egtelike kinders gehad voordat hy pous geword het Die kind van sy minnares Silvia Ruffini Pier Luigi Farnese het hy hertog van Parma gemaak Die drie ander se name was Ranuccio Constanza en Paolo By sy eerste optrede as pous op 18 Desember 1534 benoem hy sy kleinseuns Alessandro Farnese en Guido Ascano Sforza tot kardinaal hoewel hulle slegs veertien en sestien jaar oud was Die pous met kardinaal Alessandro Farnese en hertog Ottavio Farnese Beskermheer van die kunste Wysig Tydens pous Paulus se bewind het Michelangelo die Laaste Oordeel in die Sistynse Kapel in 1541 voltooi Hy het ook die Farnese paleis in die sentrum van Rome laat bou Aanvanklik was Antonio da Sang junior die argitek maar later het Michelangelo oorgeneem en die bouwerk is deur Giacomo della Porta voltooi Hy het ook die Villa Farnese in Caprarola laat bou Hy gee ook aan Michelangelo die opdrag vir sy fresko s Kruisiging van Petrus en Bekering van Paulus Die Venesiese skilder Titiaan skilder in 1543 n portret van die pous en ook die bekende portret van die pous met sy kleinseuns kardinaal Alessandro en hertog Ottavio Farnese Hy gee Michelangelo opdrag om die bronsbeeld van keiser Marcus Aurelius na die Capitoline heuwel te verskuif waar dit die middelpunt van die piazza Campidoglio sou word Pouslike politiek Wysig Op 2 Junie 1536 vaardig die pous n bul uit om n konsilie in Mantua in 1537 byeen te roep Die Duitse Protestante state wou egter nie deelneem en die hertog van Mantua het sake ook bemoeilik Die pous het die konsilie eers vir n jaar uitgestel en later heeltemal afgestel Op 29 Mei 1537 publiseer Paulus die bul Sublimus Dei teen die praktyk om die inheemse volke van die Amerikas Indiane tot slawe te maak In 1536 stel die pous n kommissie aan wat die kerk se administrasie ondersoek het In 1537 publiseer die kommissie sy verslag Concilium de emendenda ecclesia Dit het groot wantoestande in die kurie die kerkadministrasie en publieke aanbidding aan die kaak gestel Hoewel die pous probeer het om die toestande te verbeter het dit geen of weinig gevolg gehad nie Op 21 Julie 1542 stig pous Paulus III deur sy bul Licet ab initio die Congregatio Romanae et Universalis Inquisitiones wat die Inkwisisie sentraliseer Die pous wou sy kleinseun Ottavio Farnese graag hertog van Camerino maak Hy het die hertogdom in 1540 ontneem van die hertog van Urbino Hy het ook die belasting druk skerp verhoog Dit het aanleiding gegee tot oproerigheid in die kerklike staat Perugia wou onafhanklik word maar word onderdruk deur Paulus se seun Pier Luigi Farnese Die burgers van Colonna is verslaan en Ascanio is onder die pouslike ban geplaas Op 27 September 1540 is die orde van die Jesuiete onder leiding van Ignatius van Loyola goedgekeur met die bul Regimini militantis ecclesiae Die orde sou late n baie groot invloed kry in die kontrareformasie Die Reformasie Wysig Op aandrang van keiser Karel V het die pous kardinaal Morone na Hagenau en Worms gestuur vir samesprekings in 1540 In 1541 het kardinaal Contarini die konferensie van Regensburg gelei Die bekende frase slegs deur geloof word ons gered is deur Contarini en die konferensie vasgele Dit het egter ook die Roomse leer oor goeie werke bevat In Rome het die konsistorie van 27 Mei 1541 dit verwerp en Martin Luther wou dit ook nie aanvaar nie omdat dit nie aangedui het dat die Kerk voorheen sou fouteer het Dit het tot die finale breuk met die Protestantisme gelei Die keiser het egter nog nie opgegee nie en opnuut aangedring op n konsilie Op 15 Maart 1545 na verskeie vertragings word die konsilie van Trente uiteindelik byeengeroep deur die bul Laetere Hierusalem Die eerste sessie van die konsilie het op 13 Desember 1545 plaasgevind en die laaste op 13 Maart 1547 Die keiser het volgehou om Protestantisme te onderdruk In Keulen het die pous Hermann von Wied geekskommunikeer op 16 April 1546 en die keiser het Hermann gedwing om af te tree in Februarie 1547 Die Protestante stede van die Schmalkaldiese Liga is onderdruk en met sy oorwinning in die Slag van Muhlberg op 24 April 1547 het Karel die suide van Duitsland grotendeels herwin vir die Katolisisme Op 17 Desember 1537 plaas die pous koning Hendrik VIII van Engeland onder n interdik wat aanleiding gee tot die totstandkoming van die Anglikaanse Kerk Die kollege van kardinale Wysig Pous Paulus III het 71 nuwe kardinale aangestel in 12 konsistories Die konsistorie van 18 Desember 1534 Wysig Alessandro Farnese junior kardinaal nepoot verkose biskop van Parma Guido Ascanio Sforza di Santa Fiora kardinaal nepoot verkose biskop van Montefiascone Die konsistorie van 21 Mei 1535 Wysig Nikolaus von Schonberg aartsbiskop van Capua Girolamo Ghinucci biskop van Worcester Engeland Giacomo Simoneta biskop van Pesaro John Fisher biskop van Rochester Engeland Jean du Bellay biskop van Parys Frankryk Gasparo Contarini Venesiese edelman Marino Ascanio Caracciolo biskop van Catania Sisilie Die konsistorie van 22 Desember 1536 Wysig Gian Pietro Carafa aartsbiskop van Chieti later Pous Paulus IV Giovanni Maria Ciocchi del Monte aartsbiskop van Manfredonia later Pous Julius III Ennio Filonardi biskop van Veroli Jacopo Sadoleto biskop van Carpentras Frankryk Cristoforo Giacobazzi biskop van Cassano Charles de Hemard de Denonville biskop van Macon Frankryk Rodolfo Pio biskop van Faenza Reginald Pole apostoliese protonotarius Rodrigo Luis de Borja y de Castre Pinos nasaat van Pous Alexander VI priester van Rome Girolamo Aleandro aartsbiskop van Brindisi en Oria Niccolo Caetani apostoliese protonotarius Die konsistorie van 18 Oktober 1538 Wysig Pedro Sarmiento aartsbiskop van Compostela Spanje Die konsistorie van 20 Desember 1538 Wysig Juan Alvarez de Toledo O P biskop van Burgos Pedro Fernandez Manrique biskop van Cordoba Spanje Robert de Lenoncourt biskop van Chalons Frankryk David Beaton biskop van Mirepoix Frankryk ambassadeur in Frankryk Ippolito II d Este verkose aartsbiskop van Milaan Pietro Bembo senator van Venesie Die konsistorie van 19 Desember 1539 Wysig Federico Fregoso aartsbiskop van Salerno Pierre de La Baume biskop van Geneve Antoine Sanguin de Meudon biskop van Orleans Uberto Gambara biskop van Tortona Pierpaolo Parisio biskop van Nusco Marcello Cervini biskop van Nicastro later Pous Marcellus II Bartolomeo Guidiccioni biskop van Teramo Ascanio Parisani biskop van Rimini Dionisio Neagrus Laurerio O S M generaal van die Orde van die dienaars van Maria Enrique de Borja y Aragon nasaat van Pous Alexander VI verkose biskop van Squillace Giacomo Savelli apostoliese protonotarius Miguel da Silva biskop van Viseu Portugal Die konsistorie van 2 Junie 1542 Wysig Giovanni Girolamo Morone biskop van Modena Marcello Crescenzi biskop van Marsico Giovanni Vincenzo Acquaviva d Aragona biskop van Melfi Pomponio Cecci biskop van Sutri en Nepi Roberto Pucci biskop van Pistoia Tommaso Badia O P meester van die Heilige Paleis Gregorio Cortese O S B kongregasie van Sint Giustino van Padua Cristoforo Madruzzo prins biskop van Trente Die konsistorie van 19 Desember 1544 Wysig Gaspar de Avalos de la Cueva aartsbiskop van Compostela Francisco Mendoza de Bobadilla biskop van Coria Spanje Bartolome de la Cueva y Toledo priester van Segovia Spanje Georges d Armagnac biskop van Rodez ambassadeur van koning Frans I van Frankryk in Rome Jacques d Annebaut biskop van Lisieux Frankryk Otto Truchsess von Waldburg biskop van Augsburg Beiere Andrea Cornaro verkose biskop van Brescia Francesco Sfondrati aartsbiskop van Amalfi Federico Cesi biskop van Todi broer van kardinaal Paolo Emilio Cesi Durante Duranti biskop van Cassano Niccolo Ardinghelli biskop van Fossombrone Girolamo Recanati Capodiferro verkose biskop van Sint Jean de Maurienne Tiberio Crispo verkose biskop van Sessa Aurunca Die konsistorie van 16 Desember 1545 Wysig Pedro Pacheco de Villena biskop van Jaen Georges II d Amboise aartsbiskop van Rouen Frankryk Henrique de Portugal aartsbiskop van Evora Portugal Ranuccio Farnese O S Io Hieros administrateur van die gemeente van Napels Die konsistorie van 27 Julie 1547 Wysig Charles I de Guise de Lorraine aartsbiskop van Reims Frankryk Giulio della Rovere priester van Urbino Die konsistorie van 9 Januarie 1548 Wysig Charles II de Bourbon Vendome verkose biskop van Saintes Frankryk Die konsistorie van 8 April 1549 Wysig Girolamo Verallo aartsbiskop van Rossano Giovanni Angelo de Medici aartsbiskop van Ragusa Later Pous Pius IV Filiberto Ferrero biskop van Ivrea Bernardino Maffei verkose biskop van Massa Maritima Bulle Ensiklieke en Dekrete Wysig 29 Mei 1537 Sublimus Dei Teen die verslawing van die Indiane 28 Oktober 1538 In apostolatus culmine Oprigting van die Universiteit van Santo Domingo op Hispaniola 27 September 1540 Regimini militantis ecclesiae Oprigting van die Jesuite 21 Julie 1542 Licet ab initio Stigting van die Congregatio Romanae et Universalis Inquisitiones 15 Maart 1545 Laetere Hierusalem Oproep na die konsilie van Trente Bibliografie WysigDuff Eamon 2001 Saints and Sinners A History of the Popes Yale University Press ISBN 0 300 09165 6 Maxwell Stuart P G 2002 Chronicle of the Popes The Reign by Reign Record of the Papacy from St Peter to the Present Thames amp Hudson ISBN 0 500 01798 0 Verwysings Wysig Paul III 2008 Encyclopaedia Britannica Deluxe Edition Chicago Encyclopaedia Britannica Loughlin J 1911 Pope Paul III In The Catholic Encyclopedia New York Robert Appleton Company Besoek Oktober 19 2009 by http www newadvent org cathen 11579a htmEksterne skakels Wysig Die Engelse Wikisource bevat bronmateriaal oor hierdie onderwerp onder die titel Catholic Encyclopedia 1913 Pope Paul III CE Inskrywing in die Catholic Encyclopedia Engels CF Inskrywing in die Catholic Forum Engels Inskrywing in die Catholic Hierarchy Engels BBKL Inskrywing met Literatuurverwysings in die Biographisch Bibliographisches Kirchenlexikon Duits PTA Inskrywing in Popes through the Ages deur J Brusher S J Engels Bulle n Databasis van pouslike ensiklieke dekrete en bulle in Engels VH Inskrywing in die Vatican History in Duits CA Inskrywing in die Cardinals of the Holy Roman Church Wikimedia Commons bevat media in verband met Paulus III Nota WysigSaamgestel en vertaal uit die Nederlandse Engelse Duitse en Franse wikipedia en aangevul uit ander bronne soos aangedui Opvolging WysigVoorafgegaan deur Clemens VII Pous Pontifex Maximus 1534 1549 Opgevolg deur Julius IIIVoorafgegaan deur Philipp von Luxemburg Kardinaal biskop van Frascati 1519 1523 Opgevolg deur Antonio Maria Ciocchi del MonteVoorafgegaan deur Niccolo Fieschi Kardinaal biskop van Porto 1523 1523 Opgevolg deur Antonio Maria Ciocchi del MonteVoorafgegaan deur Francesco Soderini Kardinaal biskop van Palestrina 1523 1523 Opgevolg deur Antonio Maria Ciocchi del MonteVoorafgegaan deur Niccolo Fieschi Kardinaal biskop van Sabina 1524 1524 Opgevolg deur Antonio Maria Ciocchi del MonteVoorafgegaan deur Niccolo Fieschi Kardinaal biskop van Ostia 1524 1534 Opgevolg deur Giovanni PiccolominiVoorafgegaan deur Niccolo Fieschi Karinaal dekaan 1524 1534 Opgevolg deur Giovanni Piccolomini Basis URL en Pope Paul IIIOntsluit van https af wikipedia org w index php title Pous Paulus III amp ol,