×
Pous Innocentius XII

Innocentius XII was die 242ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk van 1691 tot 1700. Hy het die pos van kardinaal-nepoot afgeskaf en het nepotisme en simonie in die Kerk probeer uitroei.

Pous Innocentius XII
Geboortenaam Antonio Pignatelli
Pontifikaat begin 12 Julie 1691
Pontifikaat eindig 27 September 1700
Voorganger Alexander VIII
Opvolger Clemens XI
Gebore 13 Maart 1615
Spinazzola, Italië
Sterf 27 September 1700
Rome, Italië
Ander pouse genaamd Innocentius

Inhoud

Pous Innocentius XII is gebore as Antonio Pignatelli (del Rastrello) op 13 Maart 1615 in Spinazzola, Italië. Hy was die seun van die markies van Spinazzola en sy vrou Porzia Carafa, prinses van Minervino. Sy ma was die dogter van Fabrizio Carafa, hertog van Andria. Hy is gedoop in die kerk van San Giovanni Battista (Johannes die Doper) in Cosenza. Hy begin sy studies by die Jesuïte in Rome. Hy werk reeds op 20-jarige ouderdom vir die Kurie in Rome onder Pous Urbanus VIII en word vervolgens vise-legaat in Urbino, inkwisiteur in Malta in 1646 en goewerneur in Perouse. Hy word op 14 Oktober 1652 verkies as titulêr aartsbiskop van Larissa met dispensasie omdat hy nog nie priester is nie en word gewy op 27 Oktober 1652 deur kardinaal Marco Antonio Franciotti. Op 21 Mei 1660 word hy nuntius in Pole en 9 Maart 1668 nuntius in Wene, Oostenryk . Pous Innocentius XI stel hom aan as kardinaal op 1 September 1681. Op 12 Januarie 1682 word hy biskop van Faenza en op 30 September 1686 word hy aartsbiskop van Napels. Op 12 Julie 1691 volg hy Pous Alexander VIII op en word gekroon op 15 Julie 1691 deur kardinaal Urbano Saccetti. Hy regeer tot sy dood op 27 September 1700 en word opgevolg deur Pous Clemens XI. Die naam ‘Innocentius’ beteken 'onskuldige'.

Kerklike loopbaan

Die konklaaf vir die verkiesing van die 242ste pous het vyf maande geduur. Nog die Franse en nog die Duitse kardinale kon die vereiste meerderheid vir hulle kandidaat kry nie en Pignatelli is as kompromis-kandidaat verkies.

Pous Innocentius XII het dadelik begin met hervormings. Hy was sterk gekant teen die beleid van nepotisme wat die Vatikaan reeds lank gepla het. In die bul Romanum decet Pontificem van 22 Junie 1692 skaf hy die pos van kardinaal-nepoot af en verbied alle toekomstige pouse om geldelike steun aan hulle familie te gee en stel die maksimum aantal familielede wat kardinaal mag word op slegs een. Hy weier om die aartsbiskop van Tarente as kardinaal aan te stel omdat die aartsbiskop 'n familielid van hom was. Hy het ook streng opgetree teen die simonie van die Apostoliese kamer en het sy eie huishouding baie sober ingerig. Hy het priesters aangesê om die soetane (Rooms Katolieke priesterkleed) te dra en om 'n geestelike lewe te lei.

In die Kerklike Staat het hy ook hervormings aangebring veral wat betref die regstelsel waar hy die Forum Innocentianum (Forum vir die Onskuldiges) gestig het.

In 1693 oorreed hy die Franse biskoppe on die Galliese Vryhede op te gee waarna hy toe weer nuwe Franse biskoppe aangestel het. Sy buitelandse beleid was, anders as die sy voorgangers, meer gerig op Frankryk as op die Duitse ryk. Die relasies met die Duitse keiser Leopold I het daardeur versleg. Op aandrang van koning Lodewyk XIV veroordeel die pous in die brief "Cum Alias" van 12 Maart 1699 die "Maximes des saints" saamgestel deur die vooraanstaande mistieke aartsbiskop Fénelon van Kameryk. Die werk was een van die steunpilare van 'n ketterse Christelike dogma oor perfeksie wat bekend gestaan het as kwiëtisme. Fénelon het hom dadelik aan die pous se besluit onderwerp. Die pous het die Spaanse koning Carlos II aangeraai om sy neef, Lodewyk XIV van Anjou, as sy erfgenaam aan te wys. Dit het na die dood van Carlos gelei tot die Spaanse suksessie oorlog.

Tot die invoering van die kalenderhervormings van Pous Gregorius XIII en ook daarna het groot dele van Europa nuwe jaar op 6 Januarie gevier. Ou jaar was op 24 Desember sodat die tyd tussen 24 Desember en 6 Januarie aan geen jaar behoort het nie en as "dooie tyd" of "tussen-jaar-tyd" bekend gestaan het. Pous Innocentius XII het in 1691 ou jaar op 31 Desember en nuwe jaar op 1 Januarie vasgestel en weggedoen met die "dooie tyd".

Pous Innocentius XII was die laaste pous van die moderne era wat 'n baard gedra het.

Die kollege van kardinale

Pous Innocentius XII het 30 nuwe kardinale aangestel in vier konsistories.

Die konsistorie van 12 Desember 1695

  • Giacomo Antonio Morigia, C.R.S.P., aartsbiskop van Florence.
  • Sebastiano Antonio Tanara, titulêr aartsbiskop van Damasco.
  • Giacomo Boncompagni, aartsbiskop van Bologna.
  • Giovanni Giacomo Cavallerini, titulêr aartsbiskop van Nicea.
  • Federico Caccia, aartsbiskop van Milaan.
  • Taddeo Luigi dal Verme, biskop van Fano.
  • Baldassare Cenci, senior, aartsbiskop van Larissa.
  • Tommaso Maria Ferrari, O.P., meester van die Apostoliese paleis.
  • Giuseppe Sacripante, referendaris van die tribunaal van die Apostoliese Signatura.
  • Celestino Sfondrati, O.S.B.
  • Enrico Noris, O.E.S.A., kurator van die Vatikaanse biblioteek.
  • Giambattista Spinola, iunior, goewerneur van Rome.
  • Domenico Tarugi, ouditeur van die heilige Roomse Rota.
  • Henri Albert de la Grange d'Arquien.

Die konsistorie van 22 Julie 1697

  • Luiz de Sousa, aartsbiskop van Lissabon.
  • Giorgio Cornaro, aartsbiskop van Rodi.
  • Pierre-Armand du Camboust de Coislin, biskop van Orléans.
  • Fabrizio Paolucci, biskop van Ferrara.
  • Alfonso Aguilar Fernández de Córdoba.
  • Vincenzo Grimani.

Die konsistorie van 14 November 1699

  • Niccolò Radulovich, aartsbiskop van Chieti.
  • Giuseppe Archinto, aartsbiskop van Milaan.
  • Andrea Santacroce, titulêr aartsbiskop van Seleucia.
  • Marcello d'Aste, titulêr aartsbiskop van Athene.
  • Daniello Marco Delfino, biskop van Brescia.
  • Sperello Sperelli, voormalige former biskop van Terni.
  • Giovanni Maria Gabrielli, O.Cist., hoof van sy orde.

Die konsistorie van 21 Junie 1700

  • Louis-Antoine de Noailles, aartsbiskop van Parys.
  • Johannes Philipp von Lamberg, biskop van Passau.
  • Francisco Antonio de Borja-Centelles y Ponce de León, aartsdeken van Calatrava.

Saligverklarings

Heiligverklarings

Bulle, briewe, ensiklieke en dekrete

  • 22 Junie 1692 – "Romanum decet Pontificem" - teen nepotisme.
  • 12 Maart 1699 - "Cum Alias" – teen kwiëtisme.
  • 18 Mei 1699 – "Regi saeculorum" – oor die Jubeljaar 1700.
  • Artaud de Montor, Alexis, Chevalier de. (1911) The lives and times of the popes (vertaal vanaf "Les vies des papes") The Catholic publication Society of America, New York. Heruitgee: Kessinger Publishing. papal_library/default.asp
  • Duff, Eamon (2001). Saints and Sinners: A History of the Popes, Yale University Press. ISBN 0-300-09165-6.
  • Maxwell-Stuart, P. G. (2002). Chronicle of the Popes: The Reign-by-Reign Record of the Papacy from St. Peter to the Present, Thames & Hudson. ISBN 0-500-01798-0.
  1. Innocent XII. (2008). Encyclopædia Britannica. Deluxe Edition. Chicago: Encyclopædia Britannica.
  2. Ott, M. (1910). Pope Innocent XII. In The Catholic Encyclopedia. New York: Robert Appleton Company. Besoek: 12 Januarie, 2011 by:
Die Engelse Wikisource bevat bronmateriaal oor hierdie onderwerp onder die titel:
  • in die Catholic Encyclopedia (Engels)
  • in die Catholic Forum (Engels)
  • (met Literatuurverwysings) in die Biographisch-Bibliographisches Kirchenlexikon (Duits)
  • in "Popes through the Ages" deur J. Brusher S.J. (Engels)
  • in die Vatican History (in Duits).
  • in die "Cardinals of the Holy Roman Church".
  • in die Catholic Hierarchy (Engels)
  • in die Giga Catholic Information (Engels).

Saamgestel en vertaal uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse wikipedia en aangevul uit ander bronne soos aangedui.

Voorafgegaan deur
Alexander VIII
Pous (Pontifex Maximus)
1691 – 1700
Opgevolg deur
Clemens XI

Basis URL: fr:Innocent XII

Publikasie datum: September 26, 2021

pous, innocentius, innocentius, 242ste, pous, rooms, katolieke, kerk, 1691, 1700, kardinaal, nepoot, afgeskaf, nepotisme, simonie, kerk, probeer, uitroei, geboortenaam, antonio, pignatellipontifikaat, begin, julie, 1691pontifikaat, eindig, september, 1700voorg. Innocentius XII was die 242ste pous van die Rooms Katolieke Kerk van 1691 tot 1700 Hy het die pos van kardinaal nepoot afgeskaf en het nepotisme en simonie in die Kerk probeer uitroei Pous Innocentius XIIGeboortenaam Antonio PignatelliPontifikaat begin 12 Julie 1691Pontifikaat eindig 27 September 1700Voorganger Alexander VIIIOpvolger Clemens XIGebore 13 Maart 1615 Spinazzola ItalieSterf 27 September 1700 Rome ItalieAnder pouse genaamd Innocentius Inhoud 1 Biografie 1 1 Kerklike loopbaan 2 Pontifikaat 2 1 Die kollege van kardinale 2 1 1 Die konsistorie van 12 Desember 1695 2 1 2 Die konsistorie van 22 Julie 1697 2 1 3 Die konsistorie van 14 November 1699 2 1 4 Die konsistorie van 21 Junie 1700 2 2 Saligverklarings 2 3 Heiligverklarings 2 4 Bulle briewe ensiklieke en dekrete 3 Bibliografie 4 Verwysings 5 Eksterne skakels 6 Nota 7 OpvolgingBiografie WysigPous Innocentius XII 1 is gebore as Antonio Pignatelli del Rastrello op 13 Maart 1615 in Spinazzola Italie Hy was die seun van die markies van Spinazzola en sy vrou Porzia Carafa prinses van Minervino Sy ma was die dogter van Fabrizio Carafa hertog van Andria Hy is gedoop in die kerk van San Giovanni Battista Johannes die Doper in Cosenza Hy begin sy studies by die Jesuite in Rome Hy werk reeds op 20 jarige ouderdom vir die Kurie in Rome onder Pous Urbanus VIII en word vervolgens vise legaat in Urbino inkwisiteur in Malta in 1646 en goewerneur in Perouse Hy word op 14 Oktober 1652 verkies as tituler aartsbiskop van Larissa met dispensasie omdat hy nog nie priester is nie en word gewy op 27 Oktober 1652 deur kardinaal Marco Antonio Franciotti Op 21 Mei 1660 word hy nuntius in Pole en 9 Maart 1668 nuntius in Wene Oostenryk Pous Innocentius XI stel hom aan as kardinaal op 1 September 1681 Op 12 Januarie 1682 word hy biskop van Faenza en op 30 September 1686 word hy aartsbiskop van Napels Op 12 Julie 1691 volg hy Pous Alexander VIII op en word gekroon op 15 Julie 1691 deur kardinaal Urbano Saccetti Hy regeer tot sy dood op 27 September 1700 en word opgevolg deur Pous Clemens XI Die naam Innocentius beteken onskuldige Kerklike loopbaan Wysig 14 Oktober 1652 Tituler aartsbiskop van Larissa in Thessalie 21 Mei 1660 Apostoliese nuntius in Pole 9 Maart 1668 Apostoliese nuntius in Wene 4 Mei 1671 Aartsbiskop van Lecce 22 September 1681 Kardinaal priester van S Pancrazio 12 Januarie 1682 Biskop van Faenza 30 September 1686 Aartsbiskop van Napels 12 Julie 1691 Pous van Rome Pontifikaat WysigDie konklaaf vir die verkiesing van die 242ste pous het vyf maande geduur Nog die Franse en nog die Duitse kardinale kon die vereiste meerderheid vir hulle kandidaat kry nie en Pignatelli is as kompromis kandidaat verkies Pous Innocentius XII 2 het dadelik begin met hervormings Hy was sterk gekant teen die beleid van nepotisme wat die Vatikaan reeds lank gepla het In die bul Romanum decet Pontificem van 22 Junie 1692 skaf hy die pos van kardinaal nepoot af en verbied alle toekomstige pouse om geldelike steun aan hulle familie te gee en stel die maksimum aantal familielede wat kardinaal mag word op slegs een Hy weier om die aartsbiskop van Tarente as kardinaal aan te stel omdat die aartsbiskop n familielid van hom was Hy het ook streng opgetree teen die simonie van die Apostoliese kamer en het sy eie huishouding baie sober ingerig Hy het priesters aangese om die soetane Rooms Katolieke priesterkleed te dra en om n geestelike lewe te lei In die Kerklike Staat het hy ook hervormings aangebring veral wat betref die regstelsel waar hy die Forum Innocentianum Forum vir die Onskuldiges gestig het In 1693 oorreed hy die Franse biskoppe on die Galliese Vryhede op te gee waarna hy toe weer nuwe Franse biskoppe aangestel het Sy buitelandse beleid was anders as die sy voorgangers meer gerig op Frankryk as op die Duitse ryk Die relasies met die Duitse keiser Leopold I het daardeur versleg Op aandrang van koning Lodewyk XIV veroordeel die pous in die brief Cum Alias van 12 Maart 1699 die Maximes des saints saamgestel deur die vooraanstaande mistieke aartsbiskop Fenelon van Kameryk Die werk was een van die steunpilare van n ketterse Christelike dogma oor perfeksie wat bekend gestaan het as kwietisme Fenelon het hom dadelik aan die pous se besluit onderwerp Die pous het die Spaanse koning Carlos II aangeraai om sy neef Lodewyk XIV van Anjou as sy erfgenaam aan te wys Dit het na die dood van Carlos gelei tot die Spaanse suksessie oorlog Tot die invoering van die kalenderhervormings van Pous Gregorius XIII en ook daarna het groot dele van Europa nuwe jaar op 6 Januarie gevier Ou jaar was op 24 Desember sodat die tyd tussen 24 Desember en 6 Januarie aan geen jaar behoort het nie en as dooie tyd of tussen jaar tyd bekend gestaan het Pous Innocentius XII het in 1691 ou jaar op 31 Desember en nuwe jaar op 1 Januarie vasgestel en weggedoen met die dooie tyd Pous Innocentius XII was die laaste pous van die moderne era wat n baard gedra het Die kollege van kardinale Wysig Pous Innocentius XII het 30 nuwe kardinale aangestel in vier konsistories Die konsistorie van 12 Desember 1695 Wysig Giacomo Antonio Morigia C R S P aartsbiskop van Florence Sebastiano Antonio Tanara tituler aartsbiskop van Damasco Giacomo Boncompagni aartsbiskop van Bologna Giovanni Giacomo Cavallerini tituler aartsbiskop van Nicea Federico Caccia aartsbiskop van Milaan Taddeo Luigi dal Verme biskop van Fano Baldassare Cenci senior aartsbiskop van Larissa Tommaso Maria Ferrari O P meester van die Apostoliese paleis Giuseppe Sacripante referendaris van die tribunaal van die Apostoliese Signatura Celestino Sfondrati O S B Enrico Noris O E S A kurator van die Vatikaanse biblioteek Giambattista Spinola iunior goewerneur van Rome Domenico Tarugi ouditeur van die heilige Roomse Rota Henri Albert de la Grange d Arquien Die konsistorie van 22 Julie 1697 Wysig Luiz de Sousa aartsbiskop van Lissabon Giorgio Cornaro aartsbiskop van Rodi Pierre Armand du Camboust de Coislin biskop van Orleans Fabrizio Paolucci biskop van Ferrara Alfonso Aguilar Fernandez de Cordoba Vincenzo Grimani Die konsistorie van 14 November 1699 Wysig Niccolo Radulovich aartsbiskop van Chieti Giuseppe Archinto aartsbiskop van Milaan Andrea Santacroce tituler aartsbiskop van Seleucia Marcello d Aste tituler aartsbiskop van Athene Daniello Marco Delfino biskop van Brescia Sperello Sperelli voormalige former biskop van Terni Giovanni Maria Gabrielli O Cist hoof van sy orde Die konsistorie van 21 Junie 1700 Wysig Louis Antoine de Noailles aartsbiskop van Parys Johannes Philipp von Lamberg biskop van Passau Francisco Antonio de Borja Centelles y Ponce de Leon aartsdeken van Calatrava Saligverklarings Wysig 13 Februarie 1692 Maria van Cerevellon 31 Desember 1693 Joanna van Portugal 31 Desember 1693 Peter Gambacorta van Pisa 24 Julie 1694 Humiliana de Cerchi 24 November 1694 Osanna Andreasi 29 Oktober 1695 Helen Enselmini van Arcella 11 Augustus 1697 Maria de la Cabeza 17 Julie 1700 Augustine GazotichHeiligverklarings Wysig 5 September 1696 Zita van LuccaBulle briewe ensiklieke en dekrete Wysig 22 Junie 1692 Romanum decet Pontificem teen nepotisme 12 Maart 1699 Cum Alias teen kwietisme 18 Mei 1699 Regi saeculorum oor die Jubeljaar 1700 Bibliografie WysigArtaud de Montor Alexis Chevalier de 1911 The lives and times of the popes vertaal vanaf Les vies des papes The Catholic publication Society of America New York Heruitgee Kessinger Publishing http www saint mike org library papal library default asp Duff Eamon 2001 Saints and Sinners A History of the Popes Yale University Press ISBN 0 300 09165 6 Maxwell Stuart P G 2002 Chronicle of the Popes The Reign by Reign Record of the Papacy from St Peter to the Present Thames amp Hudson ISBN 0 500 01798 0 Verwysings Wysig Innocent XII 2008 Encyclopaedia Britannica Deluxe Edition Chicago Encyclopaedia Britannica Ott M 1910 Pope Innocent XII In The Catholic Encyclopedia New York Robert Appleton Company Besoek 12 Januarie 2011 by http www newadvent org cathen 08022a htmEksterne skakels Wysig Die Engelse Wikisource bevat bronmateriaal oor hierdie onderwerp onder die titel Catholic Encyclopedia 1913 Pope Innocent XII CE Inskrywing in die Catholic Encyclopedia Engels CF Inskrywing in die Catholic Forum Engels BBKL Inskrywing met Literatuurverwysings in die Biographisch Bibliographisches Kirchenlexikon Duits PTA Inskrywing in Popes through the Ages deur J Brusher S J Engels VH Inskrywing in die Vatican History in Duits CA Inskrywing in die Cardinals of the Holy Roman Church Inskrywing in die Catholic Hierarchy Engels Inskrywing in die Giga Catholic Information Engels Wikimedia Commons bevat media in verband met Innocentius XII Nota WysigSaamgestel en vertaal uit die Nederlandse Engelse Duitse en Franse wikipedia en aangevul uit ander bronne soos aangedui Opvolging WysigVoorafgegaan deur Alexander VIII Pous Pontifex Maximus 1691 1700 Opgevolg deur Clemens XI Basis URL fr Innocent XIIOntsluit van https af wikipedia org w index php title Pous Innocentius XII amp ol,